SAID wil Wiese oor R2miljard aanvat

Die sakeman Christo Wiese skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) R2 miljard, het die Sunday Times berig.

Die bedrag sluit glo ‘n belastingrekening van R1 miljard en verskeie boetes in. Wiese staan die eis teen. Die bedrag word deur die hof van die maatskappy waarmee hoofsaaklik handel gedryf word, Titan, geëis

Wiese, 71, die voorsitter van Shoprite en Pepkor, meen die eis teen hom is ongeldig.

“Dink julle die SAID was vir 50 jaar nie bewus van my bestaan nie? Ek kruip nie weg nie, so as julle dink ek skuld julle geld, stuur vir my ‘n rekening,” het Wiese volgens die koerant gesê.

Adrian Lackay, woordvoerder vir die SAID, wou nie kommentaar lewer oor die kwessie nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae