Wit ondersteuning vir Obama

Praag het onlangs berig oor die onderhoud wat Dinesh D’Souza met Obama se broer, George Obama, gevoer het. Dit blyk dat George eintlik heel anders deur D’Souza voorgestel word as wat hy in werklikheid is.

Die twee swart mans wat dieselfde pa deel, verskil in dié sin dat wittes uitsluitlik vir die een verantwoordelik was en net deels vir die ander een. George is die produk van Obama Senior se vierde huwelik. Terwyl Barack in die Withuis sit, die magtigste man op aarde, lê George, 30, in sy sinkkrot, dronk, bedwelmd en sonder ‘n ideologie van enige aard behalwe dat hy skynbaar gedoem is soos baie van sy rasgenote om vir die oomblik te lewe.

In die video-onderhoud met D’Souza word George baie meer vleiend voorgehou.

Besonderhede van sy swart leefstyl, is glo soortgelyk aan dié van hulle vader, die president se swart rolmodel. Dit het te voorskyn gekom toe hy ingestem het om te verskyn in ‘n dokumentêre film wat gemaak word deur een van Barack Obama se kritici, D’Souza, en ander verslaggewers besluit het om George te ontmoet.

George Hussein Obama spandeer in werklikheid sy tyd om wat plaaslike inwoners Chang’aa noem, te drink. Dit word uit mielies gedistilleer en gedokter met chemikalieë. As hy geld in die hande kry, gebruik hy glo ook heroïen en kokaïen.

George het ‘n memoir “geskryf” wat in 2012 die lig gesien het. Dit is egter nie seker of hy ‘n aandeel daarin gehad het nie. In die boek word vertel: “George kies om te lewe in die ghetto van Nairobi, waar hy die ghetto-bewoners help, en veral die krotbuurtkinders, om die uitdagings rondom hul lewens te oorkom.”

Dis maar een van die talle versinsels in die boek. George help niemand nie, stel ook belang nie en het verkies om die opbrengs van die boek uit te gee op prostitute, dwelms en drank.

Die boek haal George so aan: “My broer het opgestaan ​​om die leier van die magtigste land in die wêreld te wees. Hier in Kenia, is my doel om ‘n leier te wees onder die armste mense op die aarde. Diegene wat leef in die krotbuurte.” Dié stelling kan nie verder van die waarheid wees nie.

Die president se halfbroer, lê dronk in ‘n stinkende, vuil krot met riool wat in poele versamel in die stof. Hy staan op in die oggende om goedkoop Chang’aa te gaan koop en spandeer die res van die dag in ‘n bedwelmde toestand op sy smerige bed waarna hy dan prostitute met beloftes probeer lok.

In wat klink soos die draaiboek vir ‘n Hollywood-film, beweer hy, of die optmistiese spookskrywer altans, dat hy die “dryfkrag agter die transformasie van ‘n krotbuurtsokkerspan in Kenia is”, bekend as ‘Obama se kampioene’.

George kan egter skaars regop staan, laat staan ​​nog sin praat of in ‘n reguit lyn loop as gevolg van sy chroniese afhanklikheid van drank, en jare van dwelmmisbruik.

Ook is daar absoluut niks heldhaftigs of altruïsties oor sy motiewe vir sy leefstyl in die krotbuurt nie. Sy vernaamste rede is dat die sterk plaaslike doepa goedkoop en geredelik beskikbaar is, net soos kokaïen, heroïen en dagga.

Die krotbuurt genaamd Huruma is bekend vir sy Chang’aa-verslaafdes. Die drank wat met etanol en soms batterysuur behandel word om dit meer skop te gee, word gereeld die skuld vir die blindheid en die dood gegee. Die toestand waarin misbruikers verval word “klam brein” genoem.

Gereelde gebruikers ly dikwels aan lewer-en nierversaking, sowel as verstandelike gestremdheid. Lede van George se gemeenskap sê dat hy skaamteloos vir alkohol en kos bedel en onsamehangend is.

Die muzungu [witman] is slegs ‘n bron van geld vir die Amerikaanse president se broer. Hy en sy mededrinkers, wat hy aan algar voorstel as sy “veiligheidspersoneel”, eis herhaaldelik “kitu Kidogo” [‘n bedrag geld] by enige wit besoeker wat dit in die buurt waag.

Die geld van George se boek – ‘n beweerde agt miljoen Keniaanse sjieling (£61,000) wat hy as voorskot ontvang het, het hy binne twee maande op prostitute, drank, dwelms en in Mombasa by ‘n pragtige strand oord, verkwis.

Sy naam is sy enigste bron van inkomste, en hy is duidelik nie van plan om sy twee ontmoetings met sy broer te vergeet nie, alhoewel hy kort-kort kla dat dit ‘n “vloek” is om simpatie te probeer wen.

George, blykbaar sonder ‘n greintjie selfbewustheid, sê dat hy onder druk verkeer om sy ouer broer se voetspore te volg in die politiek. “As Barack president is, en ek is president van Kenia sal dit makliker wees om te ontmoet.” Hy sê dit is net sy armoede wat verhoed dat die twee van hulle met ‘n hegter verhouding het.

George volg iets van ‘n familietradisie: Die president se vader was ook glo ‘n berugte dronkaard en gereelde besoeker van die dorp se Chang’aa-kroeë.

Hy het ook ‘n goeie begin in die lewe gehad met wittes wat hulle oor hom ontferm het. Gebore in ‘n arm gesin naby Lake Victoria, was Barack senoir die eerste swarte wat ‘n beurs by ‘n toonaangewende universiteit in Hawaii ontvang het.

Dit was waar hy met Ann Dunham, ‘n Amerikaanse akademikus en antropoloog, Obama se moeder, te doene gekry het. Hy was reeds getroud met ‘n vrou in Kenia, maar het daaroor gelieg en met Ann in 1961 in die huwelik getree, toe sy reeds drie maande swanger met Barack was. Hy is in 1964 van haar geskei.

Hy is ses maande na die geboorte van George in ‘n motorongeluk in 1982 dood, toe hy dronk bestuur het.

George het grootgeword in ‘n middelklas-Nairobi-voorstad met sy ma, wat weer getroud is, met ‘n wit man, ‘n Franse hulpwerker. “Ek was die enigste man met ‘n wit pa in my straat. Ek wou dieselfde as die ander swart kinders wees,” sê hy.

Drink en daggarook vanaf die ouderdom van tien, tot hy vyf jaar later uit die kosskool gegooi is en daarna ‘n loopbaan as gewapende rower omdat hy verslaaf geraak het aan kokaïen en heroïen op 17.

Hy het as gewapende rower met sy “swart broeders” op straat gewoon, tot hy in 2003 tronk toe gestuur is daarvoor.

Natuurlik, is George nie die enigste Obama-broer wat dwelms gebruik het nie. President Obama was ‘n gewoonte dwelm-gebruiker in sy tiener- en twintigerjare. Hy het kokaïen gebruik en beskryf dit in sy outobiografie. Hy was ook ‘n lid van die “Choom Gang” – slang vir ‘n groep van daggarokers in Hawaii wat graag onder die invloed bestuur het.

Praag het terloops ‘n webwerf opgerig vier jaar gelede met hierdie en ander onvleiende inligting oor die president, maar dit is van Google verwyder nadat dit heelwat besoeke ontvang het.

 

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae