DA huil krokodiltrane oor joernalis

Die Suider-Afrikaanse Vryskutvereniging (Safrea) en die DA het Sondag hulle skok en hartseer oor die dood van die joernalis en skrywer Heidi Holland uitgespreek.

“Safrea wil sy medelye met haar familie en vriende betuig in hierdie moeilike tyd,” het Helen Ueckermann, die voorsitter, in ‘n verklaring gesê.

Sy het gesê Holland se artikels in internasionale koerante soos The Telegraph, The New York Times en The Guardian, en haar bekroonde boeke, het van haar ‘n vryskutskrywer gemaak om mee rekening te hou.

Wilmot James, voorsitter van die DA, het ook sy hartseer uitgespreek: “Sy het sterk gestaan vir haar beginsels en was een van die land se vooraanstaande demokratiese stemme.”

James het gesê toe hy in 2008 protes teen Mugabe se vergrype by die Universiteit van Kaapstad as deel van die Ford Foundation se befondsing vir sy Difficult Dialogue-program aangebied het, het me. Holland “sonder aarseling by die dapper paneel van morele kritici” aangesluit. Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en dr Mamphela Ramphele was ook deel van die aanbieding waaraan Holland deelgeneem het.

Die 64-jarige Holland is Saterdag dood in haar huis in Melville, Johannesburg gevind. Sy het ‘n “kultureelryke” bed-en-ontbyt herberg uit haar huis bedryf, volgens James.

Helen Zille het Holland in 2009 ‘n “uitnemende voorbeeld van ‘n rassis” genoem, nadat Holland Zille vroeër ook as ‘n rassis beskryf het.

 

топкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae