Mandela-telg betaal nie duur motorpaaiemente nie

Zondwa Mandela, die kleinseun van Nelson Mandela, weier om sy uitstaande skuld vir ‘n Mercedes-Benz aan Investec te betaal, het die Sunday Independent berig.

Hy weier glo ook om die voertuig aan die bank terug te gee.

Howard Tradonsky, woordvoerder vir Investec, het gesê die bank het in Oktober reeds die nodige dokumente gehad om die 2008 Mercedes Benz S320 CDI ter waarde van R669 000 terug te neem.

“Hy het dalk aan die begin ‘n paar paaiemente betaal,” het hy aan die koerant gesê.

“Ons hanteer mnr. Mandela nie anders as enige ander skuldenaars wat nie kan of wil betaal nie.”

Howard Blumenfeld, ‘n speurder in diens van Investec, het geen adres gehad om die dagvaarding af te lewer nie want niemand weet waar Zondwa hom bevind nie.

‘n Balju het die wonings van oudpres. Nelson Mandela en Winnie Madikizela-Mandela besoek in ‘n poging om hom te vind, maar kon hom nie opspoor nie.

Hy het egter telefonies met Zondwa kontak gemaak.

“Ek praat daagliks met hom [Zondwa]. Ek het vanoggend vir hom ‘n SMS gestuur,” het Blumenfeld gesê.

“Hy bly belowe geld gaan inkom en hy sal die bank terugbetaal. Maar dit gebeur nooit nie.”

Die Sunday Independent het ook gepoog om met Zondwa te skakel, sonder sukses.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae