Arbeidsonrus by myn eis nog 2

Twee sekuriteitswagte is dood nadat hul motor Sondag in Nkaneng naby Marikana buite Rustenburg aan die brand gesteek is, het die Noordwes-polisie gesê.

Dié sterftes word verbind met die voortgesette konflik tussen twee mynwerkersvakbonde in die omgewing, het brig. Thulani Ngubane, ‘n polisiewoordvoerder, gesê.

“‘n Ondersoek oor hoe die wagte dood sal volg en verdere inligting sal bekendgemaak word.”

Vier mynwerkers is Vrydag en Saterdag tydens ‘n skietery gewond.

Ngubane het gesê twee ondersteuners van die nasionale mynwerkersvakbond (NUM) is na bewering Vrydag deur ondersteuners van ‘n ander unie, die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), geskiet.

Amcu-lede het glo vroeër Vrydag aan ‘n optog by die Karee-myn deelgeneem, en ‘n salarisverhoging van 12% geëis.

“NUM-werknemers is later die aand verhoed om te gaan werk. ‘n Skietery het plaasgevind en twee mense is gewond.”

Die Amcu-groep het volgens Ngubane weer by die Karee-hostel byeengekom en na Nkaneng beweeg, waar twee ander NUM-lede gewond is.

Sake van poging tot moord is geopen.

Amcu en die NUM veg vir beheer oor myne in Rustenburg.

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae