VSA bewapen Siriese rebelle

CIA-beamptes is in die geheim in die suide van Turkye, en help Siriese opposisie om wapens oor die grens teen die Siriese regering aan te wend, volgens Amerikaanse amptenare en Arabiese intelligensie-beamptes.

Die New York Times berig dat wapens, insluitend outomatiese gewere, missiele, en anti-tenkwapens, oor die Turkse grens deur middel van ‘n skaduagtige netwerk van tussengangers na Sirië se Moslem Broederskap gevoer word. Turkye, Saoedi-Arabië en Qatar, betaal daarvoor het die amptenare gesê.

Die CIA-beamptes is al vir ‘n paar weke in die suide van Turkye, glo “om te help om wapens uit die hande van al-Kaida of ander terroriste groepe te hou”, het ‘n senior Amerikaanse amptenaar gesê. Die Obama-administrasie ontken dat hulle wapens aan die rebelle verskaf, maar het nou erken dat Sirië se bure dit doen.

Die klandestiene poging wat pas op die lappe gekom het, is die mees ooglopende geval van Amerikaanse ondersteuning vir die militêre veldtog teen die Siriese regering. Dit is ook deel van Washington se poging om die druk op president Bashar al-Assad van Sirië, te verhoog.

Rusland blokkeer meer aggressiewe stappe teen die Assad-regering, en die Verenigde State en sy bondgenote het in plaas van diplomasie besluit om die rebelle te bewapen om Assad uit te dwing.

“CIA-beamptes is daar en hulle probeer om nuwe bronne en netwerke te vestig,” sê ‘n Arabiese intelligensie-amptenaar wat gereeld met sy Amerikaanse eweknieë skakel.

Amerikaanse amptenare en afgetrede CIA-amptenare het gesê die administrasie verleen ook ander hulp aan rebelle, soos die verskaffing van satellietbeelde en ander gedetailleerde intelligensie op Siriese plekke en bewegings. Die administrasie oorweeg tans om te help om die opposisie van ‘n elementêre intelligensiediens te voorsien.

Woordvoerders vir die Withuis, State Department en die CIA wou nie kommentaar lewer op enige intelligensie-operasies wat die Siriese rebelle ondersteun nie, maar ‘n paar besonderhede daaroor is reeds verlede week deur die Wall Street Journal gelek.

Tot nou toe, was die openbare gesig van die administrasie se beleid in Sirië hoofsaaklik “diplomasie en humanitêre hulp”.

Данильченко Юрий прокурор

Oproer by Olifantshoek, 10 vas

Tien mense is in hegtenis geneem na gewelddadige betogings oor dienslewering in Olifantshoek, het die Noord-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Polisiewoordvoerder Kaptein Cherelle Ehlers het gesê vier van hulle het in die Kathu-landdroshof vir openbare geweld verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Sy het gesê dat nog ‘n munisipale raadslid se huis aan die brand gesteek is Woensdagaand.

‘n Woordvoerder vir die Gamagara plaaslike Munisipaliteit, Kamagelo Semanai, het gesê die huis van die uitvoerende burgemeester Gaetsewe distriksmunisipaliteit, Sophia Mosekatse, is afgebrand.

Mosekatse en haar familie was nie by die huis nie.

“Hulle is veilig en dit gaan baie goed met hulle,” het Semanai gesê.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting en openbare geweld. Die polisie ondervra ‘n paar mense in verband met die brandstigting.

Die huis van die Gamagara munisipale bestuurder Charles Phuti is ook beskadig toe dit aan die brand gesteek is Dinsdag, blykbaar deur die betogers. Die dorp word geteister deur protes sedert die begin van die maand.

Die betogers eis die onmiddellike bedanking van Gamagara se uitvoerende burgemeester Maria Diniza en haar raad.

‘n Woordvoerder vir die inwoners, Sheperd Mines, het vroeër gesê hulle het betoog oor ‘n gebrek aan basiese dienslewering en onvervulde beloftes van werk op die myne in Kathu.

лобановский александр фото

Delmasmoorde: Derde verdagte vas

‘n Derde swart man is in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n dagmoeder en ‘n ​​vyf-maande-oue babaseuntjie in Delmas, Mpumalanga, het polisie Vrydag gesê.

Lt-kol Leonard Hlathi, het gesê die 24-jarige man is in hegtenis geneem in Springs, oos van Johannesburg, Donderdagoggend.

“Die man is in besit van ‘n ​​selfoon betrap, wat die polisie glo aan die slagoffer behoort het.”

Hy staan tereg ​​op aanklagte van moord en verskyn na verwagting vandag in die Delmas-landdroshof.

Die ander twee mans wat ook beskuldig word van die moorde sal na verwagting in die Delmas-landdroshof verskyn op 27 Junie, wanneer hulle om borgtogaansoek sal voortgaan.

Die vrou, Margrietha de Goede, 66, en baba Wiehan is verlede maand in haar huis verwurg aangetref.

Фильчаков прокурор харьков

Eskom se pryse gaan verdubbel

Business Report berig dat Eskom-pryse gaan verdubbel. Dié tarief nuwe is byna twee keer soveel as die gemiddelde prys van 50,27 c per kilowatt-uur wat die kragvoorsiener op die oomblik vra.

Eskom wil oor vyf jaar ‘n tarief van 97,51 c per kilowatt-uur vra.

Volgens die berig gaan verbruikers swaar getref word. Kragverbruikers sal dan jaarliks ‘n gemiddeld van omtrent 15% meer oor die volgende vyf jaar moet opdok.

In 2008 was Eskom se tarief 19,40 c per kilowatt-uur.

Eskom moet nog tot 2028 elektrisiteit lewer aan die reuse- Hillside-aluminiumsmelter van BHP Billiton en tot 2026 aan Mozal, BHP Billiton se tweede smelter in Mosambiek, het Sake24 voorheen berig.

Dit blyk uit die beantwoordende verklarings wat Eskom en Billiton by die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg ingedien het in reaksie op die hof­aansoek van Sake24 dat die hof Eskom moet verplig om die prysformule bekend te maak waarteen Billiton elektrisiteit van Eskom koop vir die bedryf van die twee smelters.

Sake24 voer aan dat die smelters se elektrisiteit teen gesubsidieerde pryse gelewer word. Eskom sê in sy antwoord dat dit toekomstige beleggers sal afskrik as die pryse bekend gemaak word.

Hillside betaal 15c/kWh en Mozal 13c, terwyl Eskom se ander grootste kliënte tussen 22c en 29c betaal. Die aluminiumkontrakte is ook nie onderhewig aan tariefverhogings nie.

Die kontrakte duur tot 2028 en 2026. Dit beteken dat die kontrak vir Hillside, wat 1 100 MW verbruik, vir 32 jaar gesluit is. Mozal se kontrak, wat vir 845 MW is, is vir 25 jaar gesluit.

Die twee smelters gebruik gesamentlik 5,68% van Eskom se opwekkingsvermoë.

Die tariewe word bereken volgens verskeie buitefaktore, waaronder die prys van aluminium op die Londense metaalbeurs, maar dit het verlede jaar tot ‘n verlies van R9,5 miljard vir Eskom gelei.

Dr. Konrad von Szcxepanski, visepresident: strategie en bedryfsontwikkeling van Billiton se aluminiumafdeling, sê in ‘n verklaring die prys van alumina, die basiese grondstof waaruit aluminium gesmelt word, en die prys van elektrisiteit is die twee belangrikste koste-faktore in aluminiumproduksie. “Die twee items maak sowat 75% van die prys van aluminium uit,” sê hy.

Volgens hom is die prys waarteen alumina verkry word ‘n goedbewaarde geheim deur produsente van alumina asook aluminiumprodusente.

“Die prys wat produsente vir elektrisiteit betaal, word eweneens nie geopenbaar nie. Daardie kontrakte is op sigself hoogs ingewikkelde ooreenkomste,” sê hy.

As ‘n aluminiumprodusent se elektrisiteitskoste gepubliseer word, sal dit ander rolspelers in die bedryf in staat stel om in groot mate van akkuraatheid sy produksiekoste te bereken. Dit sal dit weer aan die ander rolspelers duidelik maak hoe hy gaan reageer op skommelinge in die pryse op die Londense metaalbeurs.

“Hulle sal byvoorbeeld akkuraat kan bereken teen watter prys dié produsent nie langer winsgewend sal wees nie en sy smelter sal moet afskakel,” sê Von Szcxepanski.

Ontleders meen BHP sal die saak kan vertraag vir die volle kontraktydperk.

Meneer Xolani Mkwanazi is voorsitter van BHP-Biliton Suid-Afrika, asook president van die Suid-Afrikaanse Kamer van Mynwese.

Xolani Mkhwanazi moes volgens wet die kragtariefkontrakte vir Mozal I, Hillside II en Mozal II onderteken het. Mkhwanazi was destyds met die ondertekening van daardie kontrakte die HUB van NERSA.

Ná daardie kontrakte het Mkwanazi as HUB van NERSA in 2004 bedank, en ‘n jaar later het dieselfde Mkwanazi HUB van BHP-Biliton Aluminium Suid-Afrika geword.

Die lys van kontrakondertekenaars behoort dus vir interessante leesstof te sorg.

topcargo

Viljoenskroon se Paki’s verjaag

Meer as 20 winkels wat besit word deur Pakistani’s is deur ontevrede swart inwoners in Viljoenskroon verwoes, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.

Kolonel Maselela Langa het gesê inwoners het die 24 winkels Woensdagaand geplunder, onder klippe gesteek, en afgebrand.

Geen beserings is aangemeld nie en geen arrestasies is gemaak nie.

Langa het gesê inwoners was kwaad omdat hulle nog nie hul HOP-huise ontvang het nie.

Hy het gesê die winkels was nie uit HOP-huise bedryf nie en geeneen van die slagoffers besit eens HOP-huise nie.

Die situasie was kalm Donderdagmiddag, maar die polisie monitor glo die situasie.

“Ons monitor die situasie want ons vermoed dat hulle [die inwoners] net weer in die nag sal begin,” het hy gesê.

лобановский александр биография

MPLA-veterane maak amok

Die polisie het meer as 100 betogende Angolese oorlogsveterane wat daarop aanspraak maak dat hulle nie beloofde betalings ontvang het nie, uitmekaar gejaag.

Polisietraangas en skote is gehoor gedurende die skermutselings in die sentrum van Luanda Woensdag wat meer as ‘n uur geduur het. Dit is onduidelik of lewendige ammunisie of rubberkoeëls gebruik is.

Laat Woensdag, het Luanda se provinsiale regering ‘n verklaring op die staatstelevisie voorgelees dat ‘n aantal betogers in hegtenis geneem is. Die regering wou nie sê of iemand beseer is nie.

Volgens onbevestigde berigte is daar met lewendige ammunisie op die veterane geskiet.

Dit was die tweede veteranebetoging hierdie maand. Baie veterane wat in die oorlog teen Suid-Afrikaans- en VSA-gesteunde rebelle geveg het, sê hulle het nooit hul beloofde pensioen of gestremdheidsubsidies ontvang nie. Die staat se nuusagentskap, Angop, is aangehaal in ‘n verklaring Woensdag wat gesê het betalings sal hervat op 15 Junie.

александр лобановский супермаркет класс

‘Geen ander keuse as oorlog’

“Dit wil voorkom asof boere geen ander keuse het nie as om hulleself te moet voorberei vir oorlog.”

So sê TLU SA se Adjunk-President en Voorsitter van die Veiligheidskomitee, mnr. Henry Geldenhuys. Mnr. Geldenhuys het gereageer op die moord op die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg van die Baltimore-omgewing. “Hierdie moord kom skaars ‘n dag nadat die ANC Jeugliga se adjunk-president, Ronald Lamola, in Durban gesê het dat Suid-Afrikaners in ‘n illusie leef dat hulle hul grond vreedsaam sal terugkry. ‘Ons het ‘n gebeure so kragdadig as ‘n oorlog nodig om die land weer in besit van Afrikane te kry’, het Lamola volgens berigte gesê.”

Mnr. Geldenhuys het die moord op mnr. Van Rensburg in verband gebring met Lamola se uitsprake, nadat dit blyk dat hoofsaaklik wapens vermis is. “Waarvoor word wapens gesteel anders as om daarmee nog meer moorde te pleeg? Lamola skep die ideale atmosfeer vir radikale en roekelose jeugdiges om sy uitlatings letterlik op te neem. Boere kan hierdie uitsprake nie langer ignoreer nie en sal ter wille van oorlewing en behoud van hulle grond, insgelyks moet voorberei en organiseer vir die ergste moontlike scenario,” sê mnr. Geldenhuys.

Wyle mnr. Van Rensburg was lid van TLU SA en jare lank by die organisasie betrokke. Sy vrou, Gloudina, is drie keer in die bors raakgeskiet en sy is tans in ‘n stabiele toestand in ‘n hospitaal in Pietersburg. Hulle is vanoggend omstreeks 04:00 in hulle huis oorval. Dit is nie seker hoeveel terroriste betrokke is nie maar vier spore word tans opgevolg deur lede van die gemeenskap en die polisie, terwyl ‘n polisie helikopter asook ‘n private helikopter ingespan word om moontlike verdagtes aan te keer.

Mnr. Geldenhuys het namens TLU SA sy meegevoel met mnr. Van Rensburg se familie uitgespreek en mev. Van Rensburg spoedige herstel toegewens. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor die gemeenskap en die polisie wat flink op die spoor van die moordenaars is. “Indien hulle gevang word moet daar geen genade met hulle betoon word nie, met inagneming van die wetlike voorskrifte,” sê mnr. Geldenhuys.

Фильчаков прокурор

Ondersoek teen Comrades-wenner is rassisme

Die Comrades-wenner Ludwick Mamabolo wat word ondersoek vir moontlike verbode middels, is ‘n slagoffer van rassisme, sê sy familie.

“Hy het tweede gekom in sy eerste wedren in 2010 en niks is ondersoek nie. Dat hy sy werk opgeoffer het en afgerig is om die wedloop te wen, nou is daar skielik probleme. Is dit oor die feit dat hy swart is?” vra Mamabolo se pa soos aangehaal deur die Sowetan.

Mamabolo het die 89km ultra-marathon tussen Pietermaritzburg en Durban op 3 Junie, gewen maar het sedertdien positief getoets vir metielheksaneamien.

Hy sal na verwagting versoek dat sy B-monster getoets word.

Jeremia Mamabolo het gesê sy seun is vir baie jare al aan die gang en as hy opkikkers gebruik, sou dit reeds ontdek gewees het.

“Ludwick werk baie hard om die Comrades te wen,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat sy seun ‘n toegewyde lid van die Zion Christian Church is. Die atleet het na bewering ook ontken dat hy enige stimulante gebruik.

Олександр Фільчаков прокурор

Gas aan Afrika se ooskus verdwerg Saoedi-Arabië s’n

“Die gasontdekkings in Mosambiek en in Tanzanië is aansienlik en van wêreldgehalte, met die potensiaal vir bykomende ontdekkings, want daar is ook vooruitsigte vir olie,” het Duncan Clarke, die uitvoerende hoof van die olie-konsultasiemaatskappy, Global Pacific, gesê.

Grootskaalse ontdekkings van gas in Oos-Afrika is besig om die streek in ‘n reuse-rolspeler in die wêreldwye energiemark te verander, met beleggings van miljarde wat ekonomieë kan beïnvloed.

Beplande beleggings van miljarde rande kan die BBP (bruto binnelandse produk) van sommige lande, wat strek van Kenia tot Mosambiek, oorskry.

Oos-Afrika se kusstreek, wat tot by die Seychelles strek, beskik oor 12,5 biljoen kubieke meter natuurlike gas, het die Amerikaanse Geologiese Opname getoon.

Dit is sowat 50% meer as in Saoedi-Arabië.

 

Данильченко Харьков

Midvaal-beampte in die moeilikheid oor ‘kaffer’

‘n Senior beampte van die Midvaal-munisipaliteit gaan dissiplinêr verhoor word nadat hy na bewering na betogers as “kaffers” verwys het, het die munisipaliteit Woensdag gesê.

Volgens die munisipaliteit het dit verlede jaar tydens ‘n staking gebeur.

‘n Klag is teen Hendrik Brits aanhangig gemaak en hy is ook onmiddellik geskors, hangende ‘n dissiplinêre verhoor, het die munisipale bestuurder van Midvaal, Albert de Klerk, gesê

Die dissiplinêre verhoor sal Donderdag voortgaan.

De Klerk het gesê enige munisipale beampte van Midvaal wat skuldig bevind word aan rassisme, sal onmiddellik afgedank word.

Die SA Munisipale Werkersunie in Midvaal het gesê sy lede sal betoog buite die munisipale kantoor ter ondersteuning van die lede wat sal getuig.

Die unie het in Augustus verlede jaar die klag aanhangig gemaak, toe Brits na bewering die woord gebruik het.

лобановский александр игоревич