praag.co.za

Ondersoek teen Comrades-wenner is rassisme

Written by

in

Die Comrades-wenner Ludwick Mamabolo wat word ondersoek vir moontlike verbode middels, is ‘n slagoffer van rassisme, sê sy familie.

“Hy het tweede gekom in sy eerste wedren in 2010 en niks is ondersoek nie. Dat hy sy werk opgeoffer het en afgerig is om die wedloop te wen, nou is daar skielik probleme. Is dit oor die feit dat hy swart is?” vra Mamabolo se pa soos aangehaal deur die Sowetan.

Mamabolo het die 89km ultra-marathon tussen Pietermaritzburg en Durban op 3 Junie, gewen maar het sedertdien positief getoets vir metielheksaneamien.

Hy sal na verwagting versoek dat sy B-monster getoets word.

Jeremia Mamabolo het gesê sy seun is vir baie jare al aan die gang en as hy opkikkers gebruik, sou dit reeds ontdek gewees het.

“Ludwick werk baie hard om die Comrades te wen,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat sy seun ‘n toegewyde lid van die Zion Christian Church is. Die atleet het na bewering ook ontken dat hy enige stimulante gebruik.

Олександр Фільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply