praag.co.za

Gas aan Afrika se ooskus verdwerg Saoedi-Arabië s’n

Written by

in

“Die gasontdekkings in Mosambiek en in Tanzanië is aansienlik en van wêreldgehalte, met die potensiaal vir bykomende ontdekkings, want daar is ook vooruitsigte vir olie,” het Duncan Clarke, die uitvoerende hoof van die olie-konsultasiemaatskappy, Global Pacific, gesê.

Grootskaalse ontdekkings van gas in Oos-Afrika is besig om die streek in ‘n reuse-rolspeler in die wêreldwye energiemark te verander, met beleggings van miljarde wat ekonomieë kan beïnvloed.

Beplande beleggings van miljarde rande kan die BBP (bruto binnelandse produk) van sommige lande, wat strek van Kenia tot Mosambiek, oorskry.

Oos-Afrika se kusstreek, wat tot by die Seychelles strek, beskik oor 12,5 biljoen kubieke meter natuurlike gas, het die Amerikaanse Geologiese Opname getoon.

Dit is sowat 50% meer as in Saoedi-Arabië.

 

Данильченко Харьков

Comments

Leave a Reply