praag.co.za

Midvaal-beampte in die moeilikheid oor ‘kaffer’

Written by

in

‘n Senior beampte van die Midvaal-munisipaliteit gaan dissiplinêr verhoor word nadat hy na bewering na betogers as “kaffers” verwys het, het die munisipaliteit Woensdag gesê.

Volgens die munisipaliteit het dit verlede jaar tydens ‘n staking gebeur.

‘n Klag is teen Hendrik Brits aanhangig gemaak en hy is ook onmiddellik geskors, hangende ‘n dissiplinêre verhoor, het die munisipale bestuurder van Midvaal, Albert de Klerk, gesê

Die dissiplinêre verhoor sal Donderdag voortgaan.

De Klerk het gesê enige munisipale beampte van Midvaal wat skuldig bevind word aan rassisme, sal onmiddellik afgedank word.

Die SA Munisipale Werkersunie in Midvaal het gesê sy lede sal betoog buite die munisipale kantoor ter ondersteuning van die lede wat sal getuig.

Die unie het in Augustus verlede jaar die klag aanhangig gemaak, toe Brits na bewering die woord gebruik het.

лобановский александр игоревич

Comments

Leave a Reply