Ruolie het Donderdag onder die $40 per vat verhandel, die laagste vlak in meer as vier jaar, ten spyte van OPUL se bekendmaking van 'n rekordvermindering in produksie.
New York se kontrak vir ligte ruolie in Januarie was 15 sent laer teen $30,91 per vat, effens hoër as die laagtepunt van $39,19.
Die kontrak het Woensdag gesluit op $40,06 per vat by die New York Merchantile Exchange, 'n verlaging van $3,54.
Brent ruolielewering vir Februarie het met 17 sent gestyg tot $45,70 per vat, effens hoër as die $45,35-laagtepunt, nadat dit met $1,12 gedaal het om Woensdag op $45,53 in Londen te sluit.
Die OPUL-groep, wat omtrent 40% van die wêreld se ru-olie produseer, het Woensdag 'n rekordverlaging van 2,2 miljoen vate aangekondig. Dit verteenwoordig omtrent 7% van hulle huidige produksiekwota.
Ministers van die kartel, wat in Oran, Algerië ontmoet het, het ingestem tot die vermindering van produksie om oliepryse te probeer onderskraag. Die pryse het gedaal van die rekordhoogtepunt van meer as $147 in Julie vanweë 'n verlaging in die vraag wat teweeggebring is deur die verlangsamende globale ekonomie.
Dit was die derde keer in drie maande wat OPUL produksie verlaag het en die grootste verlaging sedert die kartel produksiekwotas in 1982 ingestel het.

Twee mans is gearresteer nadat hulle klaarblyklik 'n minibus in Alexandra, noord van Johannesburg gekaap het, het polisie Woensdag gesê.
Die cholerakrisis in Zimbabwe het sowat 18 000 mense besmet
Die Britse pond het Woensdag tot nog 'n rekordlaagtepunt teen die Euro gedaal, tot 1,0984 Euro, wat sy onlangse swakheid vererger het ná die bekendmaking van nog slegte ekonomiese nuus.
Die swart hoofbestuurder van die MTN-groep, Phuthuma Nhleko, kan dalk R300-miljoen maak uit die groep se oorname van 'n struktuur wat opgerig is om swart eienaarskap van die maatskappy te bevorder.