Derby-Lewis se vrylating ondersoek

Die kantoor van adv. Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, ondersoek die kwessie oor Clive Derby-Lewis se mediese parool, het die SABC berig.

“Ons hanteer dit as ‘n vroeë oplossing vir die saak. Die manier waarop ons dinge hier hanteer, is dat ek my ondersoek- of dispuutoplossingsmagte kan gebruik,” het Madonsela gesê.

Die 75-jarige Derby-Lewis het 18 jaar van sy 25 jaar vonnis uitgedien. Hy en Yanusz Walus is veroordeel vir die moord in 1993 op die voormalige SAKP-leier Chris Hani.

Sy aansoek om gewone parool is in 2008 sowel as 2010 geweier.

Volgens die uitsaaier, het sy prokureur gesê hy word vir prostaat- en velkanker behandel en sal weer oor twee jaar vir parool aansoek doen.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van korrektiewe dienste, het glo nie Derby-Lewis se aansoek om mediese parool ontvang nie.

Фильчаков прокурор

Marengediamante kan SA destabiliseer

Die Zimbabwiese minister van mynwese het aangekondig dat die produksie en verkope van die diamante uit die Marangediamantvelde oor die afgelope 5 jaar meer as 11 miljoen karaat beloop het ter waarde van meer as $200 miljoen, waarvan $174 miljoen glo aan die tesourie betaal is.

Dié stelling is so ooglopend vals, dat Eddie Cross,  MDC-LP vir Bulawayo Suid, wou uitvind wat die situasie eintlik is. Na drie maande van ondersoek het hy tot die gevolgtrekking gekom dat die produksie en verkope van Marange in 2010 $4 miljard beloop het en dat die syfers wat aan die kiesers voorgehou word net 5 persent daarvan is vir 5 jaar se produksie en verkope.

Die Marangevelde is een van die grootste diamantontdekkings in die geskiedenis van die bedryf. Geoloë wat die veld intensief bestudeer het, skat dat hulle tussen 2 en 7 miljard karaat van ruwe diamante bevat. Dit het ‘n nominale waarde van tussen $200 en $1400 miljard dollar.

In enige land is hierdie bedrae so groot dat hulle van belang sou wees, en in Zimbabwe is dit eenvoudig verstommend. Indien reg aangewend kan hospitale, skole en paaie herstel word. Trouens, ‘n hele omvattende heropbouprogram kan geloods word.

Zimbabwe het intussen pas gekwalifiseer vir lidmaatskap van die Kimberlyproses, indien hulle voldoen aan standaarde van deursigtigheid en aanspreeklikheid.

Dié gekwalifiseerde goedkeuring is egter voortydig aangesien die regering se rapportering oor hul diamantverkope ver te kort skiet in terme van die standaarde wat vereis word.

Daarbenewens is daar die kwessie dat die moontlike aanwending van hierdie massiewe hulpbron Zimbabwe verder kan ondermyn.

Daar is tans genoeg bewyse dat die mense wat die diamantvelde in Marange beheer gekoppel is aan vier groepe, volgens Cross. Hulle is senior figure in Zanu-PF, senior figure in die Zimbabwe-weermag en polisie en ‘n skaduagtige groep Mafiastylfigure wat op die rand van die globale diamant en onwettige handel opereer.

Die vierde skaduagtige groep waaroor niks bekend is nie, is die Chinese regeringsagentskappe wat die velde met Chinese arbeid ontgin; hierdie laaste groep is ook verbind aan die Zimbabwiese veiligheidsestablishment.

In dorpe en stede is daar oorgenoeg bewyse van groot luukse huise wat gebou word deur beamptes wat gekoppel is aan die plaaslike veiligheidsestablishment.

Baie hiervan sou Sandton se huiseienaars laat bloos. Dan is daar die uitspattige lewenstyl van daardie individue wat gekoppel is aan die myne. Die minister van mynwese in Zimbabwe spandeer baie miljoene dollars op die verkryging van ondernemings, eiendomme en voertuie die afgelope paar maande op ‘n salaris van $2000 per maand.

Die geldstroom is volgens Cross genoeg om regerings te kan destabiliseer wat verskil van die Zanu-PF-leiers, want die vloei van diamante en die inkomste wat daaruit voortspruit, word streng deur hulle beheer.

Dit is ‘n werklike bedreiging vir die hele streek asook vir ‘n oplossing vir Zimbabwe se voortgesette en eindelose krisis. Dit is selfs genoeg geld om Suid-Afrika te destabiliseer, waarsku Cross.

Bron: www.eddiecross.africanherd.com

лобановский александр дочь

Vavi: Sluipmoordbendes ondersteun tenderbedrog

Zwelinzima Vavi, Algemene Sekretaris van die Kongres van die Suid-Afrikaanse Vakverbonde, Cosatu, het by die Rooi Oktober-byeenkoms in Khayelitsha dié naweek gewaarsku dat sluipmoordbendes reeds in verskeie provinsies funksioneer om tenderbedrog te ondersteun.

Die federasie wil die “plaag van korrupsie uitroei”, van korrupte elemente wat politieke bewegings vir persoonlike gewin uitbuit, het hy gesê. Skuldiges, ongeag van hul politieke affiliasie of politieke en ekonomiese bande, moet vervolg word.

Die politiek van begunstiging, korrupsie en hebsug kan die revolusionêre beweging vernietig, het hy gemaan. Vavi sê die gevaarlike toename in faksievorming is steeds nie oor ideologie of politieke verskille nie, maar oor die toegang tot tenders.

Die ergste probleem is volgens die vakbondleier die opkoms van sluipmoordbendes in verskeie provinsies wat gekoppel is aan tenderbedrog en sluipmoorde op fluitjieblasers.

Daar is ‘n werklike gevaar dat die hele staat en samelewing opgeveil sal word aan die hoogste bod, wat Suid-Afrika in ‘n piesangrepubliek sal verander, het hy gewaarsku.

Cosatu het die oprigting van sy “Corruption Watch”, wat op Januarie 2012 van stapel gestuur word, aangekondig.

данильченко юрій Харків

Duur stralers, duur partytjies

Nie net duur stralers vir die president en sy adjunk nie, maar duur partytjies is aan die orde van die dag. Die ANC se 100ste verjaardagpartytjie gaan ten minste R100 miljoen kos.

Baleka Mbete, die ANC se nasionale voorsitter, het Dinsdag by ‘n mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg gesê dit is nie goedkoop nie, maar dis glo elke sent werd.

Nagenoeg 150 000 mense sal die eeufeesvieringe in Januarie in Bloemfontein bywoon wat al die afgelope twee jaar beplan word. Oudpres. Nelson Mandela sal ook die geleentheid bywoon as hy gesond genoeg is.

Die fees sal onder meer ‘n nagwaak, toekenningsparade, tradisionele reinigingseremonie en ‘n presiden­siële gala-aand insluit wat in die Mangaung-rugbystadion gehou sal word.

Talle Afrika-leiers sal die fees bywoon, asook voormalige lede van bevrydings- en ou anti-apartheidsbewegings wêreldwyd.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

OB slaan DA hard oor korrupsie

Die DA se aanspraak op skoon bestuur is ‘n nekslag toegedien nadat die Openbare Beskermer bevind het dat een van sy leiers miljoene gemaak het van saketransaksies met sy eie stadsraad.

Midvaal, die enigste DA-munisipaliteit in Gauteng, het deurentyd gespog met sy “goeie en skoon bestuur”. Maar Advokaat Thuli Madonsela gister aangekondig dat sy raad vir jare lank wette oortree het om geld te maak uit die belastingbetaler.

In ‘n verslag getiteld “Dit kan nie reg wees: Regstelling van self-belang in Midvaal”, het Madonsela hard geslaan met bevindinge oor die munisipaliteit se finansiële sake en sy uitgerekte onderhandelinge met die DA Midvaal-leier, André Odendaal en sy prokureursfirma, Odendaal en Summerton.

Madonsela se bevindings kan lei tot kriminele aanklagte teen Odendaal.

Sy het gesê dat sekere kwessies van ‘n kriminele aard rakende die saak hanteer word deur die polisie en die Spesiale Ondersoekeenheid.

Madonsela het gevra dat die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies ondersoek instel oor onetiese en onprofessionele gedrag by die firma.

Madonsela se ondersoek het in 2008 begin na aanleiding van klagtes deur die Vryheidsfront Plus-raadslid Kobus Hoffman en Midvaalinwoner Corrie Peyper. Hulle het beweerde ongerymdhede met betrekking tot Odendaal se werk met die munisipaliteit ontdek. Dit sluit onder meer die verkoop van die eiendom van belastingbetalers wat agterstallig is, in.

Madonsela het bevind dat Odendaal reëls van Munisipale Finansiële Bestuur, die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid, die Grondwet en die Oorgangswet op Plaaslike Regering oortree het.

Midvaal se DA-burgemeester, Timothy Nast, het gesê die munisipaliteit is verbind tot die herstel van enige foute wat gemaak word.

Die ANC se Gautengse woordvoerder Dumisa Ntuli het gesê dat die verslag “endemiese en geïnstitusionaliseerde wanadministrasie om die DA se afstootlike agenda te bevorder, bevestig. Dit nou is glashelder dat die DA-administrasie nie in staat is om die munisipaliteit te bestuur nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

Matriekseun boet vir roekelose ampsmotor

‘n Matriekseun van die Hoërskool Bastion in Krugersdorp sal waarskynlik nooit weer herstel nadat hy die naweek deur ‘n roekelose ampsvoertuig van ‘n LUR omgery is nie.

Die ampsvoertuig behoort aan Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising van die ANC. Die jaagtog het by die R28-roete by die kruising van Paarde-kraal- en Windsorweg tot ‘n ongeluk gelei.

Die Wit BMW X5, het teen die verkeersreëls, links van die verkeer verbygejaag, ‘n rooi verkeerslig verontagsaam en Thomas Ferreira (18) op sy motorfiets getref.

Thomas is steeds in ‘n kritieke toestand in die waaksaal van die Krugersdorp-hospitaal. Die geneesheer wat Thomas behandel, het aan sy ouers gesê die seun het waarskynlik ernstige breinskade opgedoen.

Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, sal die 18-jarige Thomas Ferreira se mediese koste dra nadat hy deur die ampsvoertuig van mnr. Humphrey Mmemezi, LUR vir plaaslike regering en behuising, omgery is, berig Beeld.

Mmemezi het nie die voertuig bestuur nie, maar het ook nie uit die motor geklim om die erg beseerde kind te help nie.

Daar is eers berig dat die LUR nie in die motor was nie.

Die bestuurder van die motor, ‘n sersant in die polisie se BBP-eenheid, sal volgens Mokonyane aangekla word.

 

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

ANC sal Malema glo nie uitskop nie

Die ANC skors tradisioneel slegs lede wat volgens die party nie meer gerehabiliteer kan word nie, het adjunkpresident Kgalema Motlanthe Dinsdag gesê.

“Die benadering van die ANC is dat slegs dié wat nie kan verbeter nie, weggewys word,” het hy aan die parlement se Persgaleryvereniging gesê.

“Die party het die vertroue dat hy sy lede kan regstel. Binne die ANC is die filosofie dat mense altyd reggestel kan word deur hul swak punte te ondermyn en hul sterk punte te ondersteun,” het hy gesê.

“Sodra [die ANC] sy hande van jou was, word jy geskors, maar dit gebeur slegs wanneer jy en ‘n klip saam in ‘n pot gesit word om gekook te word en die klip voor jou sag kook en reg om te eet. Dan word jy geskors.”

Motlanthe het dié woorde geuiter met die dissiplinêre verhoor teen Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, wat einde se kant toe staan.

Die party se Nasionale Dissiplinêre Komitee sal na verwagting later vandeesweek of vroeg volgende week ‘n beslissing maak oor aanklagte teen Malema dat hy die ANC se grondwet oortree het.

Данильченео

CCTV dink groot

China gaan ‘n Engelstalige tak van hul nasionale uitsaaier CCTV, in Washington open, in wat beskou word as ‘n aggressiewe uitbreidingsinisiatief in die hart van die VSA se politieke sentrum.

Die China Central Television saai die Kommunistiese bewind se nuus uit asook ander propagandaprogramme. Die nuutopgerigte uitsaaigeriewe sal as die hoofkwartier in die VSA dien. Hulle beplan om te begin uitsaai teen die middel van 2012 en sal ses ure van oorspronklike materiaal per dag aanbied, sê bronne wat gemoeid is met die projek.

CCTV het reeds ‘n uitsaai-ateljee in Nairobi, Kenia, opgerig vanwaar hulle ‘n Engelstalige diens vir Afrika sal aanbied. Hulle beplan voorts om in Europa ook uit te brei.

“Hulle het ‘n baie ambisieuse plan om die aanbiedinge in Engels aansienlik te vergroot,” sê een bron wat vertroud is met die planne. Die staatsuitsaaier wou nie kommentaar lewer nie.

Die uitbereiding is deel van ‘n omvattende inisiatief om China se internasionale beeld en invloed te verhoog. Volgens bronne is die Chinese regering bekommerd oor die dikwels negatiewe beeld wat van die land voorgehou word deur Westerse media-agentskappe.

“Die vier groot nuusagentskappe domineer byna 80% van die nuusvloei en as China hul sagte mag wil uitbrei, moet dit deur hulle eie media wees,” sê Dong Tiance, ‘n professor in joernalistiek by die Jinan-universiteit. “Die uitbou van ons internasionale uitsaaiwese sal ons in staat stel om ons invloed uit te brei en vir die wêreld ‘n geleentheid gee om ons te verstaan.”

CCTV het duisende vierkantemeter in New York Avenue gehuur, net drie blokke van Bloomberg se kantore af, en is tans besig om Amerikaanse personeel aan te stel. Hulle soek ook ‘n bekende gesig om die kanaal te lei soos Al Jazeera, die Arabiese nuuskanaal, in sy beginfase gedoen het.

Al Jazeera het die gesig van die bekende Sir David Frost gebruik in 2006 toe hulle geloods is.

Die Engelstalige diens van CCTV is reeds beskikbaar in areas waar Chinese woon, maar hulle wil die aantal Amerikaanse kykers laat groei.

прокурор харьковской области

Woonwaens gaan tolhekke aanvat

Die Vryheidsfront Plus gaan na aanleiding van die aankondiging deur SANRAL dat e-skyfies te koop is en dat die tolstelsel wel geloods gaan word in Februarie 2012, nou begin beplan vir publieke protes teen die stelsel.

“Die regering speel kat en muis met die publiek en dis nou tyd dat die padgebruikers in Gauteng opstaan teen immorele belastings en heffings soos toltariewe. Daarom gaan ons nou begin beplan vir publieke protes,” het adv Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Intussen het die Suid-Afrikaanse Woonwa en Kampeerklub Federasie (SAWKF) waarby die Suid-Afrikaanse Woonwa Assosiasie (SAWA) geaffilieer is, aangedui dat hulle die VF Plus se aksie gaan ondersteun. Dit is benewens die meer as 100 000 handtekening wat die party alreeds deur sy aanlynpetisie by www.tolhekpetisie.org.za ontvang het. Dit dui net weereens aan dat die publieke weerstand teen hierdie heffings baie groot is en die regering ‘n groot fout gaan maak met die implementering daarvan,” het Alberts bygevoeg.

Die SAWKF het 6500 lede. Die VF Plus en die SAWKF sal in begin Desember vergader om hulle plan van aksie te bespreek.

прокурор Фильчаков

Kleinfonteiner vermoor nadat hy wou help

‘n Jong man van Kleinfontein, Chris Conradie (23) is Vrydagaand in koele bloede doodgeskiet toe hy en twee vriende naby die swart plakkerskamp, Diepsloot, langs die N14-hoofweg tussen Krugersdorp en Pretoria stilgehou het om ‘n gestrande voertuig se insittendes te help.

Sy vriend Quintin Dekker (24) het met hom na ‘n hospitaal gejaag, terwyl Werner Buhr (25) die wonde probeer toegedruk het.

Conradie, Buhr en Dekker was omstreeks middernag op pad van Krugersdorp na Pretoria toe hulle by die R511-afrit stilgehou het omdat hulle gedink het dis ‘n ongeluk.

‘n BMW wat die linkerbaan gedeeltelik versper het, se ligte het geflits.

Nadat Conradie gaan ondersoek instel het, is daar op hulle geskiet. Hy het teruggehardloop na die kar maar skote is deur sy venster geskiet en hy is twee keer in die bors getref.

Buhr is in die been getref deur die agterruit. Dekker het van die toneel weggejaag na ‘n hospitaal. Hy het die polisie in die ry ontbied.

Dekker het aan Beeld gesê: “Ek het net probeer wegkom, want die skote het aanhou kom en kom en kom. Die Here het ons gelei om daar weg te kom, want ons al drie moes daar doodgegaan het.”

Conradie was by sy aankoms by die Unitas-hospitaal in Centurion reeds dood.

Conradie laat sy ouers en twee broers agter. Sy begrafnisdiens sal môre om 09:30 in die Kleinfontein-gemeenskapsaal in Kleinfontein, buite Pretoria, gehou word.

Conradie en Buhr werk albei in Zambië en was met vakansie in Suid-Afrika. Hulle sou Dinsdag terugvlieg om hulle werk by ‘n myn daar te hervat.

Александр Фильчаков Васильевич