Jeugliga voorspel grondgryp op wit boere

Die Grondwet moet gewysig word om die onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat, het die ANC-Jeugliga Dinsdag gesê.

“Al ons kwessies is daar vasgesluit in seksie 25 van die Grondwet,” het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANCJL, aan verslaggewers gesê in Centurion, Pretoria.

Die ANCJL het beleid bespreek by ‘n werkswinkel oor die naweek voor ‘n ANC-beleidskonferensie later vandeesmaand. Die liga het besluit ‘n “minister van grondonteiening sonder vergoeding” moet aangestel word.

Seksie 25 van die Grond verwys na eiendomsregte en stippel voorwaardes uit vir die onteiening van grond met vergoeding.

Lamola het gesê die ANC moet nie jammer daarvoor sê dat hulle die grondwet verander nie – wat ‘n twee-derdes meerderheid in die parlement benodig.

“Die ANC moet seksie 25 wysig sonder om om verskoning te vra aan enige belegger of enigiemand… die ANC moet sy eie grondwet wysig wanneer dit nodig is,” het hy gesê.

As wit Suid-Afrikaners nie grond aan arm swart mense oorhandig nie, kan grond gegryp word soos in Zimbabwe, het hy gewaarsku.

“Die aard van die ongelykhede… hulle skep ‘n situasie waar dit onmoontlik is vir ons om stabiliteit vol te hou,” het Lamola gesê.

Die ANCJL is nie ten gunste van ‘n jeugloonsubsidie nie en het gesê hy wil eerder ‘n werksoek-subsidie sien.

Dit sal behels dat werklose jongmense gevoed word sodat hulle die energie het om te studeer en na werk te soek. Lamola het gesê dít het in Brasilië gewerk.

Hy het gesê die nasionalisering van verskeie sektore van die ekonomie is onafwendbaar.

“Die hele wêreld beweeg in die rigting van nasionalisering… nasionalisering is onafwendbaar. Elke samelewing wat ernstig daaroor is om ongelykhede te verander… is besig om te nasionaliseer…”

Ondanks die ANCJL se oënskynlike disorganisasie, met drie van sy top-vyf-leiers wat geskors is, het Lamola gesê die liggaam is steeds invloedryk binne ANC-strukture.

“Die Jeugliga is steeds ‘n baie invloedryke liga en ‘n kritiese liggaam van mening… dit bly ‘n baie belangrike organisasie.”

Dit beteken die ANCJL sal ‘n verandering in leierskap by die ANC-verkiesingskonferensie in Mangaung in Desember beïnvloed, het hy gesê.

“Verandering by Mangaung is onafwendbaar… die ANCJL gaan die beleidskonferensie van die ANC beïnvloed,” het Lamola gesê.

топкарго кидалы

Verbruikers skuld munisipaliteite miljarde

Byna twee derdes van die R76,6 miljard wat aan Suid-Afrika se munisipaliteite geskuld word deur verbruikers, word deur huishoudings geskuld, het die Nasionale Tesourie gesê.

Volgens ‘n verslag wat Dinsdag vrygestel is, kan ‘n “sekere persentasie” hiervan waarskynlik nie ingevorder word nie.

Die verslag, wat omgaan met plaaslike regeringsuitgawes en spandering vir die periode tussen 1 Julie 2011 en 31 Maart vanjaar, het bevind dat die ekonomiese vertraging en die “substansiële toenames” in elektrisiteitstariewe ‘n impak het op die vermoë van verbruikers om te betaal vir dienste.

Die munisipale finansiële jaar eindig op 30 Junie.

In ‘n verklaring wat uitgereik is, het die Tesourie gesê altesaam R76,6 miljard word aan munisipaliteite geskuld.

“Rekeninge van huishoudings is die grootste komponent van verbruikers wat geld skuld – altesaam 64,9 persent, oftewel R49,8 miljard.

“Daar word aanvaar dat ‘n sekere persentasie van hierdie skuld waarskynlik onherkrygbaar is, aangesien munisipaliteite onherkrygbare skuld dikwels afskryf.”

лобановский александр биография

Oproer in NW raak gewelddadig

Oproer oor dienslewering in Moruleng het Dinsdag gewelddadig geraak toe woedende inwoners ‘n winkel en ‘n voertuig aan die brand gesteek het, het die polisie in Noordwes gesê

Ongeveer ‘n duisend oproermakers het omstreeks 19:00 die strate ingevaar, het brig. Thulani Ngubane gesê.

“Betogers het paaie afgesper en die polisie met klippe bestook.”

Hy het gesê die inwoners is kwaad omdat die plaaslike munisipaliteit nie verlede maand opgedaag het om ‘n griefskrif te ontvang nie.

“Betogers eis nou dat die griefskrif oorgehandig moet word, anders sal hulle aanhou om te betoog,” het Ngubane gesê.

Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die situasie is onstabiel.

“Ons verwag om binnekort baie mense in hegtenis geneem. Die polisie is ontplooi en sal in die gebiede wat deur onrus geraak word bly om die situasie te monitor.”

Александр Фильчаков прокурор

Nog kragverhogings kom

Verdere elektrisiteitsverhogings staar die verbuiker in die gesig, het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gesê.

Mbulelo Ncetea het Dinsdag Nersa se strategiese planne voorgelê aan die parlement.

Eskom het skuld gemaak om nog twee kragstasies te bou. “… Die land sal deur middel van die tariewe en ander maniere (die geld) terugbetaal,” het Ncetea gesê.

Eskom sal volgende maand sy tariefaansoek aan Nersa voorlê.

RSG berig dat die parlement se portefueljekomitee oor openbare ondernemings gesê het hy is tevrede met die vordering wat tot dusver met die konstruksie van die Medupi-kragstasie. Die kragstasie van R100 miljard sal na verwagting teen Desember 2013 begin elektrisiteit lewer.

Фильчаков прокурор харьков

Afrikaanse skole in Johannesburg geteiken

Die Vryheidsfront Plus is ingelig van nog ‘n Afrikaanse skool in Johannesburg, benewens die skole in die Randburg-omgewing, wat deur die onderwysowerhede geteiken word vir transformasie na Engels. Ouers van Laerskool Montanus in die Suide van Johannesburg het met sorg kennis geneem dat die skool geoormerk word vir transformasie deurdat graad een en twee klasse van volgende jaar af net in Engels onderrig gaan word. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, is hierdie deel van die program van die ANC om die Afrikaanse minderheid te ondermyn.

“Laerskool Montanus is die laaste Afrikaanse laerskool in die Suide van Johannesburg en ouers van graad een en twee leerlinge sal dus van volgende jaar af op hulle eie onkoste hulle kinders na ander Afrikaanse skole moet vervoer. Die naaste Afrikaanse laerskool blyk in Alberton te wees, maar meeste ouers woonagtig in die Suide is behoeftige mense wat nie die vervoeronkostes kan aangaan nie,” het Alberts gesê.

“Verder bestaan ‘n groot komponent van die inwoners in die Suide uit Afrikaners en bruin mense wat Afrikaanstalig is. Hierdie verwikkeling is duidelik ‘n oorlogsverklaring teen Afrikaanse minderhede in Johannesburg en die VF Plus gaan met die onderwysowerhede in die verband skakel om die kwessie aan te spreek,” het Alberts verduidelik.

Die Afrikaanse gemeenskap in Johannesburg-Suid is so gebelgd oor die transformasie-aanval op Laerskool Montanus dat hulle bereid is om ‘n publieke protesaksie te loods indien alle onderhandelinge sou faal. Die VF Plus steun die Afrikaanse gemeenskap ten volle.

прокурор Фильчаков

Facebook se dae is getel

Facebook gaan verdwyn as ‘n groot webmaatskappy in minder as ‘n dekade, het Eric Jackson, stigter van Ironfire Capital Maandag gesê op CNBC.

“Binne sewe tot agt jaar sal hulle verdwyn soos wat Yahoo verdwyn het,” het Jackson gesê. “Yahoo nog steeds besig om geld te maak, dis nog winsgewend, het nog 13 000 werknemers, maar dit is 10 persent van die waarde wat dit was op die hoogte in 2000. Vir alle praktiese doeleindes, het dit verdwyn.”

Jackson het gesê daar is drie geslagte van webmaatskappye. Die eerste geslag was groot webportale, soos Yahoo, waar inhoud saamgevoeg is in een plek. Die tweede was die sosiale webwerf Facebook. En die derde geslag maatskappye fokus geheel en al op die waarde in die mobiele platform, iets waarmee Facebook sal voortgaan om te sukkel, het Jackson gesê.

“As jy kyk oor die drie generasies, maak nie saak hoe suksesvol jy is in een geslag nie, lyk dit onmoontlik om te vertaal in sukses in die tweede generasie, maak nie saak hoeveel geld jy in die bank het nie, maak nie saak hoe baie slim PhD’s wat vir jou werk nie,” het Jackson gesê. “Kyk hoe Google gesukkel het om in te beweeg in die sosiale sfeer, en ek dink Facebook gaan dieselfde soort uitdagings teëkom om na die mobiele platform te beweeg.”

Verlede maand het Facebook erken sy mobiele uitdaging lê in regulerende liassering. Die maatskappy het gesê dat die groeiende aantal mobiele gebruikers dit vir Facebook moeilik maak om geld te verdien en “ons inkomste en finansiële resultate negatief beïnvloed.”

Jackson se kommentaar oor die toekoms van die sosiale netwerk kom op ‘n slegte tyd vir Facebook. Onrealistiese verwagtings is by beleggers geskep toe Facebook met die derde grootste notering in die Amerikaanse geskiedenis op Wall Street opgedaag het.

Ontleders en beleggers was erg teleurgesteld dat Facebook se aandeelprys op sy openingsdag skaars met 0,61% gestyg het ná ‘n rekordverhandeling van 575 miljoen aandele. Dit dui tans grootste twee-week verlies sedert 1995.

“Die wêreld beweeg vinniger, dit raak meer mededingend nie minder nie, en ek dink dat diegene wat in hul vorige geslag dominant was regtig ‘n harde tyd gaan hê om in hierdie nuwe geslag te beweeg,” het hy gesê. “Facebook kan ‘n klomp van die selfoonmaatskappye koop, maar hulle is nog steeds ‘n groot, lomp webwerf en dit verskil van ‘n foon app.”

данильченко юрій броніславович

Polisie folter kind

Polisiebeamptes in Noordwes word ondersoek vir aanranding nadat hulle na bewering ‘n kind gemartel het omdat hulle geglo het hy het inligting oor ‘n neef wat verdwyn het, het die polisie Maandag gesê.

Die polisie het die saak van aanranding geopen nadat die familie gehuiwer het om ‘n klag in te dien, aangesien hulle vergelding gevrees het, het brig. Thulane Ngubane gesê.

Die 12-jarige seun is na bewering met ‘n gordel geslaan en gedwing om in koue water te swem om te soek na sy vierjarige neef, Otlotleng Morake, het Ngubane gesê.

Hy is na bewering op die ore geslaan. Dit het sy gehoor verswak. Hy gil nou saans en vind dit moeilik om te slaap of om met die polisie te praat. Hy moes ook skooltyd inboet.

Ngubane, wat sy teleurstelling met die bewerings uitgespreek het, het gesê die kwessie is by die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (OPOD) aangemeld. Die OPOD se bevindinge sal bepaal watter stappe geneem sal word.

Die polisie is ook besig met hul eie interne ondersoek, het hy gesê.

Moses Dlamini, OPOD-woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Данильченко

Tuinier vermoor baas ‘oor lone’

‘n Voormalige swart tuinier beweer hy het sy bejaarde werkgewer vermoor tydens ‘n woede-uitbarsting omdat die werkgewer geweier het hom sy lone te betaal en glo gedreig het om hom dood te maak.

Jacob Pantsi Mmekwa (32) van Stinkwater het Maandag erken hy het sy 68-jarige werkgewer, Sarel Koekemoer, vermoor, maar het ontken dat hy hom van ‘n selfoon en vuurwapen beroof het.

‘n Tweede beskuldigde, die 21-jarige Levy Mthombeni, het erken dat hy op die toneel was en gesien het hoe Mmekwa Koekemoer doodsteek, maar het enige betrokkenheid by die moord of die roof ontken.

Koekemoer se dogter, Anja Swart, het getuig dat sy haar pa se lyk in sy badkamer gevind het nadat sy ondersoek gaan instel het, aangesien hy nie vir ete by haar huis opgedaag of sy telefoon geantwoord het nie.

Mmekwa het in ‘n pleitverduideliking gesê Koekemoer het nie sy salaris betaal nie en hy het leë beloftes gemaak om hom te betaal.

Dit het daartoe gelei dat sy vrou hom daarvan beskuldig het dat hy die geld uitgedrink het.

Op die dag van die misdaad het hy soos gewoonlik werk toe gegaan en ‘n sloot begin grawe, maar hy het Koekemoer toe oor die salaris gekonfronteer.

Hy was verras toe Koekemoer hom daarvan beskuldig het dat hy ‘n slypmasjien en ‘n boor gesteel het. ‘n Argument het gevolg.

Hy het beweer Koekemoer, wat met ‘n tuisgemaakte mes gewapen was, het probeer om sy honde op hom los te laat, hom aan die hemp gegryp, hom ‘n “k****r” genoem en gesê hy sal hom doodmaak.

“‘n Struweling het gevolg en ek het daarin geslaag om die mes by die oorledene af te vat.

“Hy was nou ongewapen, maar ek was woedend en het met die mes na hom geslaan. Die mes het hom iewers in sy keel getref,” het hy gesê.

Mmekwa het gesê hy het die perseel verlaat toe Koekemoer by sy huis ingehardloop het en nie weer teruggekeer het nie.

Mthombeni het egter ‘n totaal ander storie vertel in sy pleitverduideliking.

Volgens hom het Mmekwa hom gevra om hom daardie dag na Koekemoer se huis te vergesel.

Hulle het gaan drink nadat Koekemoer Mmekwa weggestuur het, maar hulle het later teruggekeer.

Mmekwa het die huis binnegegaan terwyl Mthombeni sigarette gaan koop het. Toe hy teruggekeer het, het Mmekwa hom by die huis ingenooi en gesê hy het Koekemoer vermoor, wie hy in die kombuis sien lê het.

Volgens Mthombeni het Mmekwa hom met ‘n vuurwapen gedreig en aan hom gesê om die huis te deursoek.

Toe hy teruggekeer het, het hy gesien hoe Mmekwa die oorledene na die badkamer sleep, op hom sit en hom in die nek steek.

Hy het gesê hy wou seker maak sy slagoffer is dood, aangesien die man hom geken het.

Die verhoor duur voort.

Фільчаков Олександр Васильович

Tshwane se groen GOP

“Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die Tshwane Munisipaliteit wat op 31 Mei 2012 tydens die maandelikse raadsitting bespreek is, is ‘n indrukwekkende en omvattende dokument”, het Kol. Piet Uys, raadslid vir die Vryheidsfront Plus in die Tshwane Metro, gesê.

Vryheidsfront Plus is veral tevrede met die aanduiding dat die munisipaliteit van plan is om sy fokus op die Groen Ekonomie te verskerp. Dit sluit die herwinning van afvalmateriaal in. Die GOP stel dit dat huishoudings aangemoedig sal word om afvalmateriaal by die huis en by besighede volgens soort en tipe te skei.

“Wanneer ons begin om dit te doen, sal ons voldoen aan die regulasies” het raadslid Uys gesê.

Tshwane genereer 3 miljoen ton afval per jaar . Tot 40% van die afval word deur huishoudings veroorsaak, nog 40% is organiese materiaal soos tuinafva, en die res bestaan uit bourommel en ligte industriële afval. ‘n Groot persentasie van hierdie afval kan en moet herwin word, soos dit beskryf is in die Wet op Afvalstowwe: Wetnommer 59 van 2008 en soos dit gereguleer word in Staatskoerant nommer 33935 van 21 Januarie 2011. Paragraaf 4.1 van die Regulasies lui soos volg: “Die skei van afval by die bron van die afval moet aangemoedig word en ondersteun word ooreenkomstig die relevante

afvalbestuursplanne. Verder:

a. Alle huishoudelike afval moet geskei word by die bron daarvan; die huishoudings in alle metropole en kleiner stede;

b. Die munisipaliteit moet duidelike riglyne aan huishoudings verskaf rakende die soorte afval, die sortering van die afval, die toepaslike houers en verwyderingskedules vir elke soort afval; en

c. Gemeenskapsbetrokkenheid in herwinning moet aangemoedig word”.

Indien Tshwane slegs ‘n derde van ons jaarlikse afval kan herwin, beteken dit 1 miljoen ton afval wat nie by die stortingsterrein afgelaai word nie.

Die stortingsterreine van die munsipaliteit is besig om al vinniger opgevul te word. ‘n Nuwe stortingsterrein word dringend in die suid-westelike streek benodig aangesien die afvalterrein in Valhalla reeds gesluit is. Kwaggasrand is in die laaste fase van sy lewe en Garskloof is reeds oorvol, maar word steeds gebruik.

Om ‘n nuwe stortingsterrein van ongeveer 50 ha te skep, sal tussen R1 miljoen en R10 miljoen per hektaar kos. ‘n Verdere R100 miljoen is nodig om die terrein te ontwikkel en die nodige infrastruktuur te skep.

Raadslid Uys het benadruk dat Tshwane Munisipaliteit nog nie ‘n beleid op die herwinning van afval opgetrek het nie, ten spyte van Wet 59 van 2008.

“Die VF Plus versoek dringend dat die hele kwessie van afvalbestuur wat die herwinning daarvan insluit as ‘n prioriteit beskou moet word, en dat ‘n konsep beleid op herwinning opgestel moet word voor die einde van 2012 sodat dit geproseseer en gefinaliseer kan word, vroeg in 2013”, het raadslid Uys gesê.

Лобановский

Vier swartes in Israel beseer na rasse-aanval

Vier swartes is in die hospitaal opgeneem in Israel, na aanleiding van ‘n brandstigtingaanslag op die gebou waarin hulle woon, volgens die polisie.

Die voorval, wat deur die polisie beskryf word as “baie ernstig,” het plaasgevind in ‘n ou twee-verdieping gebou in ‘n arm omgewing.

Polisie het gesê die brand is gestig in ‘n smal ingang wat lei tot verskeie woonstelle binne-in die gebou, waar 18 swart immigrantegesinne woon. Op die buitemure van die gebou, het iemand in Hebreeuse graffiti geskryf: “Verlaat die buurt.”

Die polisie woordvoerder Micky Rosenfeld het aan AFP gesê al die inwoners was van Afrika-oorsprong.

“Dit is duidelik dat die mense wat daar woon geteiken word en nie net die gebou nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat ten minste vier mense na die hospitaal geneem is vir brandwonde en rookinaseming.

‘n Skerp styging in rassespanning het reeds gelei tot ‘n oproer in die suide van Tel Aviv, waar tien duisende swartes woon, nadat ‘n parlemenstlid na swartes as ‘n “kanker” verwys het.

topcargo кидалы