Oproer in NW raak gewelddadig

Oproer oor dienslewering in Moruleng het Dinsdag gewelddadig geraak toe woedende inwoners ‘n winkel en ‘n voertuig aan die brand gesteek het, het die polisie in Noordwes gesê

Ongeveer ‘n duisend oproermakers het omstreeks 19:00 die strate ingevaar, het brig. Thulani Ngubane gesê.

“Betogers het paaie afgesper en die polisie met klippe bestook.”

Hy het gesê die inwoners is kwaad omdat die plaaslike munisipaliteit nie verlede maand opgedaag het om ‘n griefskrif te ontvang nie.

“Betogers eis nou dat die griefskrif oorgehandig moet word, anders sal hulle aanhou om te betoog,” het Ngubane gesê.

Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die situasie is onstabiel.

“Ons verwag om binnekort baie mense in hegtenis geneem. Die polisie is ontplooi en sal in die gebiede wat deur onrus geraak word bly om die situasie te monitor.”

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae