Volgens ‘n verslag wat Dinsdag vrygestel is, kan ‘n “sekere persentasie” hiervan waarskynlik nie ingevorder word nie.
Die verslag, wat omgaan met plaaslike regeringsuitgawes en spandering vir die periode tussen 1 Julie 2011 en 31 Maart vanjaar, het bevind dat die ekonomiese vertraging en die “substansiële toenames” in elektrisiteitstariewe ‘n impak het op die vermoë van verbruikers om te betaal vir dienste.
Die munisipale finansiële jaar eindig op 30 Junie.
In ‘n verklaring wat uitgereik is, het die Tesourie gesê altesaam R76,6 miljard word aan munisipaliteite geskuld.
“Rekeninge van huishoudings is die grootste komponent van verbruikers wat geld skuld – altesaam 64,9 persent, oftewel R49,8 miljard.
“Daar word aanvaar dat ‘n sekere persentasie van hierdie skuld waarskynlik onherkrygbaar is, aangesien munisipaliteite onherkrygbare skuld dikwels afskryf.”
