Tshwane se groen GOP

“Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) van die Tshwane Munisipaliteit wat op 31 Mei 2012 tydens die maandelikse raadsitting bespreek is, is ‘n indrukwekkende en omvattende dokument”, het Kol. Piet Uys, raadslid vir die Vryheidsfront Plus in die Tshwane Metro, gesê.

Vryheidsfront Plus is veral tevrede met die aanduiding dat die munisipaliteit van plan is om sy fokus op die Groen Ekonomie te verskerp. Dit sluit die herwinning van afvalmateriaal in. Die GOP stel dit dat huishoudings aangemoedig sal word om afvalmateriaal by die huis en by besighede volgens soort en tipe te skei.

“Wanneer ons begin om dit te doen, sal ons voldoen aan die regulasies” het raadslid Uys gesê.

Tshwane genereer 3 miljoen ton afval per jaar . Tot 40% van die afval word deur huishoudings veroorsaak, nog 40% is organiese materiaal soos tuinafva, en die res bestaan uit bourommel en ligte industriële afval. ‘n Groot persentasie van hierdie afval kan en moet herwin word, soos dit beskryf is in die Wet op Afvalstowwe: Wetnommer 59 van 2008 en soos dit gereguleer word in Staatskoerant nommer 33935 van 21 Januarie 2011. Paragraaf 4.1 van die Regulasies lui soos volg: “Die skei van afval by die bron van die afval moet aangemoedig word en ondersteun word ooreenkomstig die relevante

afvalbestuursplanne. Verder:

a. Alle huishoudelike afval moet geskei word by die bron daarvan; die huishoudings in alle metropole en kleiner stede;

b. Die munisipaliteit moet duidelike riglyne aan huishoudings verskaf rakende die soorte afval, die sortering van die afval, die toepaslike houers en verwyderingskedules vir elke soort afval; en

c. Gemeenskapsbetrokkenheid in herwinning moet aangemoedig word”.

Indien Tshwane slegs ‘n derde van ons jaarlikse afval kan herwin, beteken dit 1 miljoen ton afval wat nie by die stortingsterrein afgelaai word nie.

Die stortingsterreine van die munsipaliteit is besig om al vinniger opgevul te word. ‘n Nuwe stortingsterrein word dringend in die suid-westelike streek benodig aangesien die afvalterrein in Valhalla reeds gesluit is. Kwaggasrand is in die laaste fase van sy lewe en Garskloof is reeds oorvol, maar word steeds gebruik.

Om ‘n nuwe stortingsterrein van ongeveer 50 ha te skep, sal tussen R1 miljoen en R10 miljoen per hektaar kos. ‘n Verdere R100 miljoen is nodig om die terrein te ontwikkel en die nodige infrastruktuur te skep.

Raadslid Uys het benadruk dat Tshwane Munisipaliteit nog nie ‘n beleid op die herwinning van afval opgetrek het nie, ten spyte van Wet 59 van 2008.

“Die VF Plus versoek dringend dat die hele kwessie van afvalbestuur wat die herwinning daarvan insluit as ‘n prioriteit beskou moet word, en dat ‘n konsep beleid op herwinning opgestel moet word voor die einde van 2012 sodat dit geproseseer en gefinaliseer kan word, vroeg in 2013”, het raadslid Uys gesê.

Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae