Vier swartes in Israel beseer na rasse-aanval

Vier swartes is in die hospitaal opgeneem in Israel, na aanleiding van ‘n brandstigtingaanslag op die gebou waarin hulle woon, volgens die polisie.

Die voorval, wat deur die polisie beskryf word as “baie ernstig,” het plaasgevind in ‘n ou twee-verdieping gebou in ‘n arm omgewing.

Polisie het gesê die brand is gestig in ‘n smal ingang wat lei tot verskeie woonstelle binne-in die gebou, waar 18 swart immigrantegesinne woon. Op die buitemure van die gebou, het iemand in Hebreeuse graffiti geskryf: “Verlaat die buurt.”

Die polisie woordvoerder Micky Rosenfeld het aan AFP gesê al die inwoners was van Afrika-oorsprong.

“Dit is duidelik dat die mense wat daar woon geteiken word en nie net die gebou nie,” het hy gesê, en bygevoeg dat ten minste vier mense na die hospitaal geneem is vir brandwonde en rookinaseming.

‘n Skerp styging in rassespanning het reeds gelei tot ‘n oproer in die suide van Tel Aviv, waar tien duisende swartes woon, nadat ‘n parlemenstlid na swartes as ‘n “kanker” verwys het.

topcargo кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae