As gevolg van inflasie en reiskostes, benodig die koningin 'n bykomende twee miljoen pond per jaar om haar koninklike wonings te onderhou.
In vorige jare is haar versoeke om 'n ekstra een miljoen pond per jaar geweier.
Sy twyfel of haar jongste versoek om meer geld toegestaan gaan word want die Londense Olimpiese Spele in 2012 word as belangriker beskou.

Wit kinders is baie meer geneig om geboelie te word as enige ander etniese groep, het Britse navorsing aangetoon.
Die Nederlanders het pas reëls oor die gebruik van tabak in openbare ruimtes strenger gemaak.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moen het gister belowe om te bemiddel in die politieke krisis in Zimbabwe. Hy het bygevoeg dat die verkiesing wat internasionaal verwerp word, implikasies vir die hele Afrika het.