Dit was die kameelperd

Die kameelperd het dit gedoen.

 
Toe vyftien kamele, twee kwaggas, 'n bende llamas en 'n peloton boeppensvarkies van 'n sirkus in Amsterdam ontsnap het, het die polisie hulle fokus op die kameelperd gevestig.

Disney-film aanhangers dink miskien die ontsnappers het ou langes se nek gebruik om oor 'n heining te skarrel maar die waarheid is nie so opwindend  nie.

Die Nederlandse polisie sê hulle vermoed die kameelperd het die  hek oopgeskop.

En in nog 'n afwyking van 'n Disney-animasiedraaiboek, het die diere nie tot op Madagaskar of enige ander eksotiese eiland gevorder nie.

Die voortvlugtigesis almal aangekeer binne 'n paar blokke van die sirkus.

для грузовогоданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae