Die film wat in Maart vrygestel is, het betogings en veroordeling in vele Moslemlande ontlok.
In 'n koerant het Wilders ook die Koran met Hitler se Mein Kampf vergelyk.
Nederlandse aanklaers het in 'n verklaring gesê die feit dat die kommentaar kwetsend en aanstootlik vir 'n groot aantal Moslems is, beteken nie dat sulke kommentaar strafbaar is nie. Hulle sien daarom geen rede om Wilders vir haatspraak of diskriminasie te vervolg nie.
