Gedurende hulle vergadering in Durban oor die naweek wat op Sondag ten einde gekom het, het die ministers op die viering van die streek se eerste SAOG se Gesonde Lewensstyldag ooreengekom oor die beplanning vir Februarie 2009.
Die vergadering wat onder voorsitterskap van die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Barbara Hogan was, was gemik daarop om te kyk na vordering in die implimentering van SAOG-gesondheidsprogramme en om strategiese beleidsraamwerke vir die streek te oorweeg.
Beleidsraamwerke meer spesifiek vir MIV/Vigs, tuberkulose, malaria, ondersteuning vir weeskinders en seksuele en voortplantingsgesondheid is bespreek.
Die vergadering het ook opgemerk dat daar goeie vordering gemaak is in die voorkoming van moeder na kind en teen-retrovirale terapie programme.
Alle SAOG-ministers van gesondheid het hulle opnuut daaraan toegewy om uitdagings in gesondheidsorg aan te spreek, en om globale en kontinentale beloftes na te kom, asook gesondheidsnavorsing.
Die doel van die byeenkoms was om nuwe voorkomingstegnologie en behandelinge te skep.
Ten opsigte van malaria het lidlande gesê hulle beoog om hulle malariaprogramme te vergroot.
Tot op hede het 12 lidlande gesê hulle gebruik die binnenshuise besproeiingsprogramme as ‘n voorkomingstegniek, en hulle het ook die voorsiening van behandelde muskietnette verhoog.

Die SAOG-ministers van gesondheid het oor die naweek die belang daarvan uitgewys om aandag te gee aan nie -oordraagbare siektes, waarna soms verwys word as lewensstylsiektes, in erkenning van die groeiende las wat dit op die Afrikastreek plaas.
Dis nog 'n maand voordat die Volkskongres formeel geloods word, maar 'n bakleiery woed glo reeds agter die skerms. Volgens die Mail & Guardian is Mluleki George vies dat Sam Shilowa die party probeer oorneem en hom uitgeskuif het na die posisie van tesourier en nasionale organiseerder.
Suid-Afrika se goudproduksie het met 17,7% afgeneem van September 2007 tot September 2008. Dit benadruk die land se agteruitgang as een van die wêreld se grootste goudprodusente.
Prof. Fatima Meer, oud-ANC-styder met hegte bande ondermeer met Winnie Madikizela-Mandela, het gister haar steun toegesê aan die Volkskongres, wat onlangs uit die ANC weggebreek het.