By die Volkskongres heers wantroue

ImageDis nog 'n maand voordat die Volkskongres formeel geloods word, maar 'n bakleiery woed glo reeds agter die skerms. Volgens die Mail & Guardian is Mluleki George vies dat Sam Shilowa die party probeer oorneem en hom uitgeskuif het na die posisie van tesourier en nasionale organiseerder.

Volgens 'n bron is die spanning besig om op te laai en wantroue "is besig om te wys". George voel glo dat hy stief behandel word nadat hy "hierdie ding al van Polokwane dryf".

George, die voormalige adjunkminister van verdediging, se ontevredenheid is by vergaderings geopper en bespreek. Om die skade van die jongste gerug te beperk, sê Volkskongreslede dat dit slegs 'n veldtog van die ANC is om die nuwe party te verdeel.

Anele Mda van die kongres sê sy het die volgende teksboodskap op haar selfoon ontvang: “Wat maak jy van Shilowa en Lekota vandag? Is hulle nie bedrieërs en uitverkopers nie? Ons moet hulle destabiliseer [verkeerd gespel in die oorspronklike boodskap] en grugte versprei dat die twee hoog[spelfout in die oorspronklike] maar George word nie vir leierskap oorweeg nie. As ons dit gewild maak sal dit werk…"

George het ontken dat hy uitgesluit voel, maar het ook die gerug gehoor. Shilowa het gesê dat hy nog nooit die gerug gehoor het nie.

купить инструмент в ложементахДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae