EU wil Rusland se houvas op energie breek

Die Europese kommissie het ‘n nuwe maatskappy voorgestel om gas van sentraal Asië deur die Kaspiese see na Europa te bring, ‘n besluit wat waarskynlik spanning sal verhoog in Vrydag se vergadering van EU- en Russiese leiers.

 

Die Kaspiese roete wat die oprigting van ‘n nuwe pyplyn sal vereis, sal die EU in staat stel om verby Rusland te werk om die hulpbronne vanaf Kasakstan en Turkmenistan te kry. Verlede maand het die lande bekendgemaak dat hulle van die grootste natuurlike gas bronne ter wêreld ontdek het.

Die plan is voorgelê as die middelpunt van ‘n energiesekuriteitsplan om die EU-lidlande se afhanklikheid van Rusland te verminder.

Dié strategiese energieoorsig kom op ‘n baie delikate tyd terwyl die EU weer onderhandelings met Rusland wil hervat oor ekonomiese en energieooreenkomste wat verbreek is toe Rusland Georgië in Augustus verdedig het. Dit kom ook nadat skerp prysstygings ingetree het en interne konflik oor die EU-klimaatspakket afgekondig is wat lidlande sal dwing om kweekhuisgasse met 20% te sny teen 2020.

Die EU se strategiese energieoorsig het ook planne uitgesit om geboue meer energiebesparend te maak, noodolievoorrade op te bou, en elektrisiteit vanaf Noordseewindplase en sonplase vanaf die Middellandse See  aan die Europese energienetwerk te koppel.

Hulle het ook gevra vir ‘n nuwe konsortium, die Kaspiese Ontwikkelingskorporasie, wat ‘n poging gaan aanwend om gas in die omgewing te koop, om die ontwikkeling van nuwe produksie aan te moedig, en te belê in infrastruktuur, wat waarskynlik die trans-Kaspiese pyplyn sal insluit.

Die grootste struikelblok met die ontwikkeling van gasvoorsieningsroetes van die Kaspiese see, was die oormatige afhanklikheid van gas van Azerbaidjan, wat dalk nie in die ambisieuse produksiegroeivooruitsigte sal kan voorsien nie. Azerbaidjan word nou ook deur Rusland saggemaak vir die gasvoorrade daar.

Irak en Iran het beide groot gasbronne, maar dit is onwaarskynlik dat hulle in die voorsienbare toekoms groot uitvoerders van natuurlike gas sal word.

‘n Pyplyn oor die Kaspiese See gaan die prentjie verander deur die bronne van Turkmenistan en Kazakstan beskikbaar te stel.             

play free gamesФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae