Anti-Israelse betogings sal na verwagting voortduur

Image

Pro-Palestynse betoging

Die Palestynse Solidariteitskomitee sal na verwagting vandag 'n optog na die Egiptiese ambassade hou in protes teen die land se “sameswering met Israel", is vandag in 'n verklaring beweer.

Nog betogers sou na verwagting vandag gedurende etenstyd die strate van Durban binnegevaar het in protes teen Israel se militêre offensief in Gasa.

“Duisende sal vandag in Durban marsjeer terwyl duisende ander die Egiptiese ambassade in Pretoria sal beleër,” het die organisasie se Melissa Hole gesê.

Vrydag se betogings dui die derde dag van soortgelyke betogings regoor die land aan.

Terwyl georganiseerde protesposte en betogings Woensdag traag begin het, het duisende mense gister die strate in Kaapstad gister op pad na die parlement ingeneem.

Betogers het t-hemde gedra met die slagspreuke “Sanksies teen Israel nou” en “Stop die slagting in Palestina” daarop en hulle het ook plakkate vertoon wat gelees het “Hitler het hulle geleer” en “Hamas ons salueer julle".

Nog 'n ander plakkaat wat deur betogers gedra is, het aangevoer: “Suid-Afrika, die koeëls en bomme wat julle aan Israel verkoop maak tans onskuldige babas in Palestina dood.”

купить липецк пневмоинструментДанильченко Юрий Харьков

Massiewe afname in voertuigverkope

ImageDie verkope van nuwe voertuie gedurende Desember het 'n massiewe afname getoon, sê die Nasionale Vereniging van Outomobielvervaardigers van Suid-Afrika (NVOVSA.)

Die verkope van nuwe voertuie vir Desember het op 32 765 gestaan, wat 'n ontsaglike daling van 12 162 voertuie of 27,1 persent teenoor die syfers van Desember 2007 toon, sê NVOVSA.

“Op die grondslag van marksegment, het voertuigverkope gedurende Desember 2008 (met die uitsondering van kleinvolumebusverkope) in elke segment skerp afgeneem teenoor die ooreenstemmende maand van Desember 2007,” het NVOVSA bygevoeg.

In kommentaar op die jaar 2008 het die assosiasie gesê die verkope van nuwe voertuie het erg teruggesak op die rug van laer verkope van nuwe motors, asook ligte- en mediumgroottehandelsvoertuie.

NVOVSA berig dat algehele verkope met 123 757 eenhede verswak het, oftewel met 20,3 persent tot 488 951 voertuie teenoor die 612 708 voertuie wat in 2007 verkoop is.

“Dit verteenwoordig die laagste jaarlikse bedryfsverkope sedert 2004,” sê NVOVSA.

095уФильчаков прокурор харьков

Nog ‘n moeilike jaar l? vir die rand voor

ImageDit is waarskynlik dat die jaar ook 'n moeilike een gaan wees vir die rand, het Rand-aksepbank Donderdag gesê.

"Die huidige tekort op die lopende rekening sal aanhou en befondsing raak al hoe moeiliker," het RAB se valutanavorsingspan gesê.

"Ons kyk na 'n USD/ZAR 10,50 teen die einde van die jaar, maar met wisselvallige verhandeling tussen 9,00 en 12,00," het RAB bygevoeg.

Onmiddellike druk was op die onderkant van die bestek, maar as mens verder kyk, lyk dit asof dinge meer in die guns van die hoër kant van die bestek neig, met veranderinge wat kan plaasving as gevolg van ontluikende markte wat verswak.

Die swakheid van die rand in 2008 en die ekonomiese afswaai sal help om die tekort op die lopende rekening te verminder, het RMB gesê.

"Inkomstebetalings aan buitelanders sal afneem soos wat plaaslike maatskappye, veral myne, dividendbetalings verminder. Invoergroei en die geassosieerde vervoer sal ook verlangsaam in samehang met die verswakking in plaaslike verbruik."

хрустальные люстрыtopcargo отзывы

Vrystaatse bordeelhotel toegemaak

'n Hotel wat beskou was as 'n nes van prostitusie en dwelmhandel in Bloemfontein is Donderdag in 'n klopjag deursoek en toegemaak, het die Vrystaatse polisie gesê.

Kaptein Magda Muller het gesê die sluiting van die Maitlandhotel het gekom nadat die minister van veiligheid en sekuriteit, Nathi Mthethwa, Bloemfontein Donderdag besoek het en deel uitgemaak het van die klopjag op die gebou.

Polisie het Donderdagmiddag terug gekeer en die gebou deursoek. Die gebou se ingang is met lemmetjiesdraad afgesper nadat al die inwoners na buite gebring is.

Muller het gesê omtrent 30 meisies, meeste van hulle minderjarig en 28 mans is ingeneem vir ondervraging om vas te stel of hulle betrokke is by prostitusie, dwelmhandel of verwante misdade.

Die hele blok om die hotel is tydens die operasie afgesper. Mense en kamers is deursoek.

Twee onwettige immigrante is gearresteer en dwelms, insluitend kokaïne en dagga, is gekonfiskeer.

'n Pistool is ook in die gebou gevind.  

портал для камина из гипсокартонаФильчаков прокурор харьков

Swak spooroorgange vir sterftes geblameer

Image

Spooroorgang

Die land se onveilige gelyk spooroorgange is verantwoordelik vir die onlagse vlaag sterftes van verskeie voetgangers en motoriste, het die vakunie Fedusa Donderdag gesê.

"Dit is totaal onaanvaarbaar dat menselewens so gering geag word dat daar geen onderhoud en opgradering gedoen word van die infrastruktuur in ons land nie," het Fedusa se woordvoerder, Dennis George, in 'n verklaring gesê.

"Ons het almal gesien hoedat infrastruktuur, en varal die spoorweginfrastruktuur konstant agteruitgaan."

Fedusa se kommer het ontstaan nadat vier mense van Gauteng Maandag dood is toe 'n trein hulle gehuurde motor getref het in Stellenbosch in die Wes-Kaap. In Park Rynie aan die KwaZulu-Natal suidkus is 'n 15-jarige meisie dood en 'n vrou ernstig beseer deur 'n trein toe hulle 'n spoorlyn te voet oorgesteek het.

free bet onАлександр Фильчаков прокурор

Massmart maak toename in verkope bekend

Vir die 26 weke tot 28 Desember 2008 het Massmart se totale verkope toegeneem met 13,2% teenoor die vorige periode. Die toename was R22,8 miljard, het die genoteerde handelaar Donderdag bekend gemaak.

Dit was met 'n inflasiekoers oor die afgelope 12 maande wat geskat is op 9,9%, het die groep gesê.

Vergelykende winkelverkope het met 11,9% toegeneem.

Vroeër het Pick 'n Pay gesê dat hulle nie teleurgesteld was met die feestyd se verkope nie.

"Ons was voorbereid vir goeie verkope oor die feesseisoen en kopers het verbasende vasbyt getoon, selfs in ekonomies moeilike tye en verkoopsyfers het ons skattings oortref," het Dennis Cope, die groep se finansiële direkteur, gesê.

play fortune tellerлобановский обыск

Nkunda se afsetting sal vredespogings versterk, s? mededinger

'n Bevelvoerder wat beweer het dat hy Laurent Nkunda as leier van die rebelle in die ooste van die DRK omvergewerp het, het Donderdag gesê die skuif sal die vredesproses in die omgewing aanhelp.

"Die voorsitter is omvergewerp, maar die NKVM bly soos dit is," het Bosco Ntaganda aan 'n perskonferensie gesê wat georganiseer is by sy hoofkwartier in die rebellebeheerde Masisi-hoogland.

"Nkunda het 'n rem geword in die vredesproses binne die NKVM. Ons het vir 'n lang tyd vir hom gesê dat hy moet uittree," het Ntaganda gesê, in sy eerste openbare kommentaar oor die krisis wat die Nasionale kongres vir die verdediging van die mense verdeel het. Nkunda het die organisasie in 2006 begin.

"Die verandering aan die topstruktuur sal help om vrede in die ooste van die DRK te bring," het Ntaganda aan verslaggewers gesê, en bygevoeg dat hy "die steun van die lede van die NKVM en bevelvoerders van die groot eenhede" geniet.

Nkunda het volgehou dat hy steeds die rebellebeweging se leier is.  

светильники купитьАлександр Фильчаков Васильевич

Tradisionele armbandvoorval ‘rassisties’, volgens ANC-vroueliga

Die voorval waarin 'n tradisionele Zoeloe-armband na bewering van 'n werknemer afgehaal is deur die bestuurder van die Vryheid-tak van die handelsgroep Pick 'n Pay, word deur die ANC se vroueliga as "rassisties" beskou.

Die organisasie se sekretaris, Nonhlanhla Khoza, het Donderdag gereageer op 'n koerantberig waarvolgens die werknemer se armband deur haar bestuurder afgesny is.

Sy het gesê selfs al word redes van "higiëne" voorgehou, glo die liga dat "die insident deur rassisme en onverdraagsaamheid vir die kultuur van swartmense  gemotiveer is".

Pick 'n Pay-woordvoerder, Tamra Veley, het aan Sapa gesê die insident was 'n misverstand en dat dit uit verband geruk is.

Sy het gesê die vrou het 'n armband wat van diervel gemaak was gedra het en is gevra om dit te verwyder wanneer sy met kos werk, aangesien dit onhigiënies was.

Khoza het egter gesê dit is 'n flou verskoning en dat die verwydering van so 'n armband in die Afrikakultuur 'n "sonde" was.

Die Progressiewe vrouebeweging van Suid-Afrika het gesê dat hulle ook ongelukkig was oor die insident en het dit as "laster" beskou.

Woordvoerder Weziwe Thusi het gesê dit was 'n teken dat sommige mans steeds geen respek het vir vroue nie.

"Die optrede is ook in teenstelling met die land se grondwet, wat alle gelowe as gelyk beskou en beskerming en respek waarborg. Dit maak die bestuurder se beweerde optrede lasterlik," het sy gesê.

Veley het gesê dat indien die insident enige iemand geaffronteer het, hulle om verskoning vra.

Die handelaar sou binnekort 'n verklaring vrystel.  

справка 086 у купитьФильчаков

Ses dood in ongeluk naby Brandfort

Ses mense is dood toe 'n bakkie 'n kop-aan-kopongeluk gehad het met 'n Intercape-bus naby Brandfort, het die Vrystaatse polisie Donderdag gesê.

Die ongeluk het om 09:00 gebeur toe 'n derde voertuig die bakkie, wat nege passasiers gedra het, verbygesteek het, het kaptein Magda Muller gesê.

Die bakkie het beheer verloor toe die ander voertuig hom verbygesteek het.

Daar was 'n getuie wat die insident gesien het, maar dit is nog nie duidelik hoe die bakkie beheer verloor het nie.

Die bestuurder van die bakkie ('n man van 47) en vyf van sy passasiers is dood. Nog drie van hulle is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem.

Die bestuurder van die bus, Gregory Henefore, van Port Elizabeth is ook ernstig beseer en is na die Mediclinic in Bloemfontein geneem.

Die bakke was op reis in die rigting van Theunissen en die Intercape-bus in die rigting van Brandfort.   

полиграф детектор лжи проверкаДанильченко Юрий Брониславович

MTN-Verizon-samesmelting goedgekeur

Die samesmelting tussen MTN en Verizon is goedgekeur deur die mededingingstribunaal, het 'n woordvoerder wat anoniem wou bly Donderdag gesê.

Sy het gesê dat 'n verklaring later in die dag deur die tribunaal uitgereik sou word.

In terme van die samesmeltingstransaksie tussen MTN en Verizon, het die IT maatskappy Verizon European Holdings sy belange in Verizon SA (69,38%) aan die selfoonoperateur MTN verkoop.

купить липецк стенды для правки дисковпрокурор Фильчаков