Sjina wil Engels in media verbied

Basketbal sonder “NBA”? Die stand van die ekonomie sonder “GDP”? Dit kan die nuwe werklikheid vir televisiekykers word in Sjina, omdat Beijing die gebruik van Engelse afkortings op die lug wil verbied.

China Central Television, Beijing Televisie asook die staatsbeheerde China Daily het kennisgewing van die regering ontvang om die gebruik van sekere Engelse afkortings tydens Sjinese programme en in Sjinese berigte te vermy.

Uitsaaiers sal nou gevra word om die Sjinese ekwivalent te gee vir sulke afkortings soos NBA (National Basketball Association), die GDP (Bruto binnelandse produk), CPI (verbruikersprysindeks) en die WTO (Wêreld Handelsorganisasie).

Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel Engelse afkortings opgeneem is in die versoek wat die regering Woensdag uitgestuur het nie.

Versoeke aan die Staatsadministrasie vir Radio, film-en televisie vir kommentaar oor die verslag het onbeantwoord gebly.

Verlede maand het Huang Youyi – ‘n lid van die Sjinese Volkspolitieke Raadplegende Konferensie, ‘n liggaam wat die regering oor politieke aangeleenthede adviseer, voorgestel dat strenger maatreëls ingetsel word om te keer dat Engels Sjinees besoedel.

“As ons nie aandag gee en geen maatreëls in plek kry om die vermenging van Sjinees met Engels te keer nie, sal die Sjinese taal nie suiwer te bly in ‘n paar jaar nie, “sê Huang, hoofredakteur van die Sjina Internasionale Uitgewersgroep.

vibia amebaпрокурор Фильчаков

JKL ‘verlig’ oor ET se dood

Met die dood van Afrikaner Weerstandsbeweging leier Eugene Terre’Blanche het die Jong Kommunistiese Liga se Noordwestak Dinsdag ‘n “sug van verligting” geslaak omdat hierdie “hartelose mens” swartes uitgebuit en geterroriseer het.

“Ons doen ‘n beroep op die publiek, insluitende die media en ‘n paar politieke leiers en kommentators, om nie hierdie geval te verhoog na ‘n status waar dit hoort nie, het die KJL se provinsiale sekretaris in Noordwes, Mike Mokhutshane, in ‘n verklaring gesê.

Dit is nie ‘n politieke kwessie nie, maar ‘n “gewone moordgeval”, wat met enige persoon kon gebeur het, het hy gesê. “Ons verwerp alle verklarings waarin die dood aan die strydlied gesing deur [ANC Jeugliga president] cde Julius Malema op alle platforms toegeskryf word ”

Die “werklike kwessies” wat tot die moord gelei het was Terre’Blanche se uitbuiting van kinderarbeid en sy “enorme misbruik van en terrorisme teen” plaasarbeiders.

“Hierdie skielike brouhaha oor die dood van Terre’Blanche bevestig steeds ons mening dat die lewe van ‘n wit persoon meer belangrik is as dié van ‘n swart persoon in die land, “sê Mokhutshane.

“Dit is nie ‘n rasse-verklaring nie, maar ‘n aanduiding van die werklikheid omdat baie swart mense is alreeds vermoor is omdat hulle met bobbejane en diere deur wit mense verwar is en daar was nog nooit ‘n lawaai, [behalwe van Cosatu] op die moorde nie.”

Die JKL in Noordwes is bekommerd dat Terre’Blanche se moordenaars nie ‘n regverdige verhoor gaan kry as gevolg van die “quasi-politieke status” wat aan die moord verleen word nie.

“Ons sal ‘n voorlegging maak aan die regering, Cosatu en sy  geaffilieerde unie [Fawu] om regshulp te verskaf aan hierdie jong mense ten einde ‘n billike en regverdige verhoor vir hulle te verseker,” het Mokhutshane gesê.

“Ons sal ook skakel met die Noordwesregering om die beskikbaarheid van die polisie op ‘n 24-uur-basis in die omliggende gebiede van Ventersdorp te verhoog om maksimum sekuriteit te verseker aan gemeenskapslede. ”

Die JKL sê hulle weet wat die AWB in staat is om te doen. “Hulle het dit voorheen gedoen en daar is absoluut niks wat  sal voorkom dat hulle herhaal wat hulle gedoen het vóór 1994,  nie, toe ons mense in groot getalle by padblokkades [om middernag] vermoor is nie.”

best brand instagram accountsАлександр Фильчаков Васильевич

Polisie skiet betoger dood

Die polisie in Mpumalanga het Maandag na bewering ‘n man doodgeskiet wat tydens ‘n betoging homself teen inhegtenisname verset het.

Inwoners van die Siyazenzela-lokasie het reeds vroeg Maandagoggend met betogings begin in die Perdekop-area.

Volgens kapt. Klaas Maloka, polisiewoordvoerder, het die situasie vinnig buite beheer geraak. “Die betogers het die paaie met brandende motorbande afgesper voor hulle die huis van ‘n raadslid afgebrand en die gemeenskapsaal omstreeks 12:00 verwoes het,” het hy gesê.

“Elf mense is reeds in hegtenis geneem. Een man, wat die polisie met klippe bestook het, is in die linkerskouer geskiet. Hy het later gesterf.

Die polisie is steeds op soek na ander verdagtes wat ook betrokke was by die oproer,” het Maloka gesê. Die situasie was Dinsdagoggend aansienlik kalmer as die vorige dag.

расценки на деревянныеФільчаков Олександр Васильович

AWB wys nuwe leier aan

n Boer uit die Suid-Vrystaat is Dinsdag as die AWB se nuwe leier aangewys.

Steyn van Ronge, wat al meer as 20 jaar ‘n lid van die beweging is, het beloof om die Afrikaner Weerstandsbeweging se doel na te streef om terug te keer na God en die vereniging van die “volk”.

Sy verkiesing volg na die moord op AWB-leier Eugene Terre’Blanche op sy plaas, Saterdag te Ventersdorp.

Hy het gesê dat sedert Terre’Blanche se moord ontvang hulle “duisende” van nuwe lidmaatskapaansoeke. “Ons sal nie toelaat dat ‘n voorval van hierdie aard te weer gebeur nie,” het hy gesê.

Die organisasie beplan die uitvoering van ‘n veiligheidsplan, wat die beskerming van “ons mense”,  insluit sê hy, sonder om enige verdere besonderhede te verstrek.

Van Ronge het gesê Martie, Terre’Blanche se vrou, word deur haar gesin ondersteun en “hou goed onder die omstandighede.”

Hy het gesê dat enige optrede van die AWB in die uitvoering van sy veiligheidsplan binne die wette van die land sal geskied.

Die organisasie sal egter nie verantwoordelikheid neem vir individuele lede wat besluit om Terre’Blanche se dood te wreek in reaksie tot die opruiende uitsprake deur die ANC Jeugligaleier, Julius Malema, of die regering se “stadige reaksie op misdaad” nie.

“Duisende” mense van oral in die land word by Terre’Blanche se begrafnisdiens in die Afrikaanse Protestantse kerk in die dorp op Vrydagoggend verwag.

Hy sal begrawe word op sy plaas buite die stad na die tyd.

Van Ronge het buite Ventersdorp by Terre’Blanche se huis gepraat, aan die voorkant vanaf ‘n ossewa op die stoep, terwyl drie Duitse herdershonde op die grasperk baljaar het.

1 playФильчаков прокурор харьков

Moordenaars trek Terre’Blanche se broek af

Twee plaaswerkers, onderskeidelik 15 en 28, is Dinsdagmiddag amptelik in Ventersdorp in die landdroshof aangekla op vier aanklagte waaronder die moord van die AWB-leier, Eugene Terre’Blanche.

Volgens adv. George Baloyi van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is Chris Mahlangu (28) en ‘n minderjarige (wie se identiteit nie bekend gemaak kan word nie)  aangekla van moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede, crimen injuria en poging tot roof met verswarende omstandighede.

Die aanklag van crimen injuria is deur Baloyi verduidelik: “Na die moord het hulle Terre’Blanche se broek tot by sy knieë afgetrek om sy geslagsdele te ontbloot”.

Die saak is uitgestel tot 14 April. Die verdagtes het nog nie teen die aanklagte gepleit nie.

“Die saak is vir sewe dae uitgestel sodat die kriminele kapasiteit van die minderjarige verdagte bepaal kan word. Daar moet vasgestel word of hy daartoe in staat was om so iets self te doen en of hy instruksies ontvang het.”

Volgens Baloyi was daar Dinsdag twee sessies, een informeel en die ander formeel. In die informele sessie is die aanklagte geformuleer en die feite opgesom en in die tweede is onderhorigheid aan die nuwe wet se bepalinge uiteengesit.

Die hele verhoor sal in camera plaasvind as gevolg van die betrokkenheid van ‘n minderjarige.

Menzi Simelane, hoof van die NVG, het bevestig dat daar slegs een verhoor sal wees omdat inligting toon dat “slegs die twee verdagtes by die misdaad betrokke was”.

Die saak kan moontlik na die hooggeregshof verskuif word, maar die Ventersdorp-gemeenskap wil hê dit moet in die dorp self plaasvind.

Die regsverteenwoordiger van die 15-jarige, Zola Majavu, het ‘n boodskap van die jeugdige aan die gemeenskap gehad: “Moet asseblief nie my gesin kwaad aandoen nie.”

Gesinslede het aan Sapa gesê hulle is “getraumatiseer” en bang. Hulle vrees glo vir hul lewens.

Die jeugdige het nie Dinsdag geëet nie en sy moeder was glo te bang om die hofsaal te verlaat. Die regsverteenwoordiger het belowe om na haar veiligheid om te sien.

для покраскилобановский александр харьков

‘Die duiwel is dood’

Een van die twee mense wat beskuldig word daarvan dat hy AWB-leier Eugene Terre’Blanche vermoor het, is te midde van gelukwensinge en gejil van die swart skare Dinsdag kort ná etenstyd buite die hof gelei.

Polisie het die beskuldigde met ‘n baadjie wat oor sy kop gewikkel was om sy gesig uit die oog te hou, uit die hof en in ‘n wagtende Njala gehelp.

Dit was nie duidelik of die ander beskuldigde nog in die hof was nie aangesien die hofverrigtinge nie oop vir die media of die publiek was nie.

Die Nyala het die hof in konvooi verlaat met ‘n aantal van die polisievoertuie, sirenes al loeiende.

Die beskuldigde was in ‘n grys broek en ‘n wit gordel geklee.

Toe die voertuig wegry, het die skare gejuig, gejil en geskree. “Viva, Viva,” het hulle geskree, al springende met gebalse vuiste soos die konvooi weggery het.

“Hulle is ons helde – hulle het ons trots gemaak,” sê Simon Molefe gesê terwyl hy van blydskap op en af gespring het.

Verslaggewers moes wag om ingelig te word oor die hofverrigtinge, wat in camera plaasvind, omdat een van die beskuldigdes ‘n minderjarige is.

Vroeër het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se hoof,  Menzi Simelane, aan die media, verteenwoordigers van die gemeenskap, die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en die gemeenskapspolisiëringsforum verduidelik hoe hofverrigtinge sal ontvou.

Terre’Blanche is Saterdag op sy plaas op Ventersdorp vermoor.

Die meeste witmense het die misdaad aan die sing van die strydlied “Skiet die boer” deur die ANC-jeugliga president, Julius Malema, gekoppel terwyl ander het gesê dit was ‘n loongeskil.

Die twee plaaswerkers wat beweer dat hulle vir die moord verantwoordelik was, het hulleself Saterdag aan die polisie oorgegee.

Vroeër Dinsdag, moes die polisie wit AWB-ondersteuners en swart omstanders uitmekaar hou toe onenigheid tydens die sing van Die Stem en Nkosi Sikelel ‘iAfrika uitgebreek het.

Na die middagete, was geeneen van die AWB-ondersteuners meer te siene nie.

Die vyf-en-twintig-jarige George Mogoari sê Terre’Blanche se dood was “ayoba” (goed), en beweer dat die regse leier ‘n bedreiging vir die gemeenskap was.

“Baie van my vriende en familie was bang om Ventersdorp te besoek agv van die man,” het Mogoari gesê wat as ‘n messelaar by Terre’Blanche se huis in 2004 gewerk het .

Maar, alhoewel hy was bang vir Terre’Blanche, hy het nie geglo dat hy sou benadeel word deur hom nie.

Hy glo ook die moord was ‘n arbeidsgeskil, en nie’ n rasse-kwessie nie.

Albert Mombalo, 25, het gesê: “Selfs as hy wakker kan word, sal ek hom ‘n tweede keer doodmaak.”

Tebogo Tshepo en haar vriendin Mokotedi Tshenolo het gesê hulle voel nou vry en gelukkig.

“Ons is van mening Ventersdorp is ‘n baie beter plek. Die man het baie mense terroriseer en vermoor, “sê Tshenolo.

“Die duiwel is dood”.

free no deposit pokerДанильченко Юрий Брониславович Харьков

ET se moordenaars is ‘helde’

Die twee mense wat in hegtenis geneem is vir die moord op die AWB-leier Eugene Terre’Blanche, is Dinsdag as helde deur sommige dele van die Ventersdorpgemeenskap beskryf.

“Hierdie seuns was braaf, hulle het wat ander nie kans gesien het om te doen nie vir baie jare, gedoen,” het Mokotedi Zila gesê.
“Mense is gebreklik en ‘n paar is dood as gevolg van hom. Hy het vrees onder die mense gaande gemaak. Ons was nie dapper genoeg om hom in die oë te kyk nie, die twee is ons helde.”

“Hulle het die vyand van ons weggeneem.”

Emanuel Mathibethe, wou egter nie saamstem nie en sê Terre’Blanche was ‘n ander mens ná sy vrylating uit die tronk.

“Hy was ‘n baie stil persoon en het nooit mense geprovokeer nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is nie. Ek persoonlik glo dat hy berou gehad het oor sy sondes.”

Hy het gesê alhoewel daar lelike dinge is wat Terre’Blanche gedoen het, dit beter is dat hy onthou word vir die goeie dinge wat hy gedoen het in sy laaste dae.

“Hy was heeltemal ‘n nuwe persoon, baie rustig.”

Eddy Von Maltitz  van Weerstand teen Kommunisme sê die twee mense wat Terre’Blanche vermoor het, is omgekoop om die misdaad te pleeg.

“Iemand het geld op Terre’Blanche se kop, die twee was net gebruik word om die daad te pleeg.

“Dit is moeilik om die lyn tussen misdaad en politiek te trek, maar ek glo hy is doodgemaak om politieke redes,” het hy gesê, terwyl hy ‘n foto van honger kinders met die titel “Die resultaat van Kommunisme” omhoog gehou het.

Maltitz was in ‘n kakiehemp geklee,’ n replika van die AWB-uniform met “Honderd persent Boer” op die rugkant geskryf.

download casino games for freeФильчаков прокуратура харьков

‘Dis ‘n suiwer politieke moord’ – AWB

Die Afrikanerweerstandsbeweging (AWB) het Dinsdag ‘n beroep op president Jacob Zuma gedoen om die ANC-jeugliga se leier, Julius Malema, daarvan te weerhou om opruiende en rassistiese uitsprake te maak.

“Ons wil hê Jacob Zuma moet Malema keer want hy is besig om revolusie op te stook. Malema maak gedurig opruiende en rassistiese uitsprake… hy probeer rassehaat skep,” het die AWB-woordvoerder Pieter Steyn gesê.

Hy het buite die Ventersdorpse landdroshof gepraat waar ‘n 15-jarige swart jeugdige en ‘n 28-jarige swart man sou verskyn omdat hulle na bewering die AWB-leier Eugene Terre’Blanche vermoor het.

Steyn het gesê dat daar sedert 2004 meer as 2000 boere vermoor is.

“Die aanvalle is suiwer teen die Boerevolk gemik, dis ‘n metode van grondroof.

Ons het ‘n verklaring aan Zuma uitgereik waarin ons hom vra om te begin regeer. Die ANC het die land en nou moet hy begin om dit te regeer.”

Hy het gesê die moord kon nie oor ‘n arbeidsdispuut gegaan het nie aangesien ‘n mens nie ‘n panga saamvat om ‘n arbeidsdispuut by te lê nie.

“Dis ‘n suiwer politieke moord.”

Hy het gesê verklarings wat deur ‘n ander AWB-lid oor weerwraak vir die moord op Terre’Blanche gemaak is, is teruggetrek.

“Daardie persoon was baie naby aan mnr. Terre’Blanche en was geweldig ontsteld en emosioneel toe die verklaring gemaak is.

“Daardie persoon is tot orde geroep en daar sal geen weerwraak en geen rasseskeldtaal wees nie.”

Hy het gesê die party het vertroue in die regstelsel en dat polisie-ondersoeke tot dusver van “hoë gehalte” is.

Ongeveer 1000 mense het by die hof opgedaag, terwyl SAPA en ander nuusdienste berig het dat slegs “100 mense, sommige in hul khaki-uniforms, by die hof gewag het”.

“Ons verwag ‘n groot byeenkoms van ons lede maar daar sal geen marsjeerdery of skeltaal wees nie… ons sal ons lede dissiplineer en beheer.”

‘n Groot afvaardiging van die polisie, asook plaaslike en internasionale media, is insgelyks buite die hof opgemerk.

Volgens die polisie was die twee beskuldigdes teen 8-uur vanmôre reeds in die hofselle.

Die saak teen die twee beskuldigdes gaan in camera gehou word aangesien een van hulle ‘n minderjarige is.

детская спортивная одежда для мальчиковФільчаков прокурор

Verregses wen ver veld in Hongarye

‘n Verregse party in Hongarye, Jobbik, wat sewe jaar gelede eers afgelag is as “Nazi’s”, en in die nasionale verkiesing in 2006 skaars 2,2% van die stemme kon inpalm, het die internasionale gemeenskap aan die gons.

Gabor Vona, die jeugdige leier, se beloftes dat hy Hongarye gaan regruk, korrupsie gaan uitroei, die Roma se staatsafhanklikheid gaan tem en ontslae gaan raak van buitelandse parasiete, is beslis die boodskap wat middelklas Hongare wil hoor.

Duisende entoesiastiese ondersteuners sak toe op Vona se vergaderings waar hy belowe om “Hongarye se nasionale trots en identiteit te herstel”.

Waar Jobbik nie ‘n enkele parlementslid verkies kon kry in 2006 nie, voorspel kenners dat hulle die tweede sterkste party in die parlement gaan wees na afloop van die verkiesing. Die eerste van twee rondtes se stemmery sal oor ‘n week in aanvang neem.

Jobbik put uit die totale ineenstorting van die linkse idees in Hongarye. Die heersende linkse MSZP-party, wat die ekonomiese krisis in die land laat verdiep het deur korrupsie en wanbestuur, staar ‘n vernedering van regs in die gesig.

Die sentrum-regse Fidesz-party sal na verwagting die linkse MSZP uitwis. Vona se Jobbik kan voorts soveel as een uit elke vyf stemme trek.

Jobbik-ondersteuners sê ander partye staan in diens van buitelandse belange en hulle is anti-Hongaars.

In teenstelling met ander partye is Jobbik gretig om die Roma-misdaadprobleem aan te spreek. Die blote feit dat die Roma-kwessie ter sprake kom, het beskuldigings dat Jobbik terughunker na fascisme en Hitler se doodskampe in Europa laat weerklink. Die anti-Joodse vergrootglas is onder meer uitgehaal om die party te diskrediteer. Besware teen die rooi en wit embleem wat sou herinner aan 1944 en uniforms by byeenkomste word ook telkens bygehaal.

Die aanvallige Krisztina Morvai, ma van drie en advokaat, is verlede jaar tot lid van die Europese Parlement verkies. Deur haar betrokkenheid by Jobbik word sy voortdurend in Europa as ‘n Nazi afgemaak.

Soos die besadigde Vona met sy sagte stem dit stel: “Ons word voortdurend van rassisme beskuldig as ons eerlik van die Roma-probleem praat. Ons mag dalk mekaar se gevoelens seermaak as ons eerlik is, maar ons moet tersaaklik wees.”

Fidesz-ondersteuners is bekommerd oor die sukses van Jobbik. “As Jobbik in die regering toegelaat word, gaan dit ‘n ramp vir Hongarye wees. Ons gaan deur die res van Europa verwerp word.”

тамбов кресла,Олександр Васильович Фільчаков

ANC vind geen verband tussen strydlied en moord

Julius Malema se gebruik van die tradisionele ANC-strydliedjie met die woorde “skiet die boere” hou nie verband met die moord op Eugene Terre’Blanche nie, het die ANC Maandag gesê.

“Die ANC is bekommerd oor die gedurige uitlatings deur sommige politieke partye, veral die AWB, VF+ en AfriForum, wat die moord met Malema se gebruik van die struggle-liedjie ‘Ayesaba amagwala’ (lafaards hardloop) by onlangse openbare byeenkomste verbind,” het die ANC-woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Hy het gesê alle bewerings dat swartmense mense van enige ander ras, veral witmense, leed wil aandoen, is “ongegrond en onwaar”.

Mthembu het gesê die polisie kon geen verband tussen die gebruik van die lied en die moord op Terre’Blanche bevestig gedurende hulle voorlopige ondersoek na die saak nie.

Terre’Blanche is Saterdag vermoor ná ‘n beweerde loongeskil met twee van sy plaaswerkers.

‘n 21-jarige man en ‘n seun, 15, is in hegtenis geneem vir die moord, en sal Dinsdag in die hof verskyn.

“Ons glo die gedurige uitwysing van ‘n verband tussen die sing van die lied deur kameraad Malema en die moord op mnr. TerreBlanche is nie net moedswillig nie, maar opruiend, en word gebruik om polarisasie op grond van ras aan te hits op ‘n emosiebelaaide en sensitiewe tydstip,” het Mthembu gesê.

Hy het gesê die “voortdurende leuen” is ook op Malema persoonlik gerig.

“Ons is van mening dat hierdie doelgerigte veldtog teen die president van die ANC-jeugliga deur sekere organisasies in ons samelewing, insluitend die VF+, kan lei tot gevolge wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie.”

Volgens Mthembu is dit tyd vir alle Suid-Afrikaners om saam te staan, om te rou, en om Terre’Blanche te begrawe met die respek wat hy verdien sonder om ander sleg te sê of te blameer.

“Die ANC doen weereens ‘n beroep op alle politieke partye en die Suid-Afrikaanse samelewing om die ondersoek aan die polisie oor te laat.

“Laat ons nie bydra tot ‘n reeds sensitiewe klimaat ná die dood van mnr. TerreBlanche deur ongegronde en gevaarlike stellings te maak nie.”

дитячи игриФильчаков