‘Die duiwel is dood’

Een van die twee mense wat beskuldig word daarvan dat hy AWB-leier Eugene Terre’Blanche vermoor het, is te midde van gelukwensinge en gejil van die swart skare Dinsdag kort ná etenstyd buite die hof gelei.

Polisie het die beskuldigde met ‘n baadjie wat oor sy kop gewikkel was om sy gesig uit die oog te hou, uit die hof en in ‘n wagtende Njala gehelp.

Dit was nie duidelik of die ander beskuldigde nog in die hof was nie aangesien die hofverrigtinge nie oop vir die media of die publiek was nie.

Die Nyala het die hof in konvooi verlaat met ‘n aantal van die polisievoertuie, sirenes al loeiende.

Die beskuldigde was in ‘n grys broek en ‘n wit gordel geklee.

Toe die voertuig wegry, het die skare gejuig, gejil en geskree. “Viva, Viva,” het hulle geskree, al springende met gebalse vuiste soos die konvooi weggery het.

“Hulle is ons helde – hulle het ons trots gemaak,” sê Simon Molefe gesê terwyl hy van blydskap op en af gespring het.

Verslaggewers moes wag om ingelig te word oor die hofverrigtinge, wat in camera plaasvind, omdat een van die beskuldigdes ‘n minderjarige is.

Vroeër het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se hoof,  Menzi Simelane, aan die media, verteenwoordigers van die gemeenskap, die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en die gemeenskapspolisiëringsforum verduidelik hoe hofverrigtinge sal ontvou.

Terre’Blanche is Saterdag op sy plaas op Ventersdorp vermoor.

Die meeste witmense het die misdaad aan die sing van die strydlied “Skiet die boer” deur die ANC-jeugliga president, Julius Malema, gekoppel terwyl ander het gesê dit was ‘n loongeskil.

Die twee plaaswerkers wat beweer dat hulle vir die moord verantwoordelik was, het hulleself Saterdag aan die polisie oorgegee.

Vroeër Dinsdag, moes die polisie wit AWB-ondersteuners en swart omstanders uitmekaar hou toe onenigheid tydens die sing van Die Stem en Nkosi Sikelel ‘iAfrika uitgebreek het.

Na die middagete, was geeneen van die AWB-ondersteuners meer te siene nie.

Die vyf-en-twintig-jarige George Mogoari sê Terre’Blanche se dood was “ayoba” (goed), en beweer dat die regse leier ‘n bedreiging vir die gemeenskap was.

“Baie van my vriende en familie was bang om Ventersdorp te besoek agv van die man,” het Mogoari gesê wat as ‘n messelaar by Terre’Blanche se huis in 2004 gewerk het .

Maar, alhoewel hy was bang vir Terre’Blanche, hy het nie geglo dat hy sou benadeel word deur hom nie.

Hy glo ook die moord was ‘n arbeidsgeskil, en nie’ n rasse-kwessie nie.

Albert Mombalo, 25, het gesê: “Selfs as hy wakker kan word, sal ek hom ‘n tweede keer doodmaak.”

Tebogo Tshepo en haar vriendin Mokotedi Tshenolo het gesê hulle voel nou vry en gelukkig.

“Ons is van mening Ventersdorp is ‘n baie beter plek. Die man het baie mense terroriseer en vermoor, “sê Tshenolo.

“Die duiwel is dood”.

free no deposit pokerДанильченко Юрий Брониславович Харьков