Sjina wil Engels in media verbied

Basketbal sonder “NBA”? Die stand van die ekonomie sonder “GDP”? Dit kan die nuwe werklikheid vir televisiekykers word in Sjina, omdat Beijing die gebruik van Engelse afkortings op die lug wil verbied.

China Central Television, Beijing Televisie asook die staatsbeheerde China Daily het kennisgewing van die regering ontvang om die gebruik van sekere Engelse afkortings tydens Sjinese programme en in Sjinese berigte te vermy.

Uitsaaiers sal nou gevra word om die Sjinese ekwivalent te gee vir sulke afkortings soos NBA (National Basketball Association), die GDP (Bruto binnelandse produk), CPI (verbruikersprysindeks) en die WTO (Wêreld Handelsorganisasie).

Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel Engelse afkortings opgeneem is in die versoek wat die regering Woensdag uitgestuur het nie.

Versoeke aan die Staatsadministrasie vir Radio, film-en televisie vir kommentaar oor die verslag het onbeantwoord gebly.

Verlede maand het Huang Youyi – ‘n lid van die Sjinese Volkspolitieke Raadplegende Konferensie, ‘n liggaam wat die regering oor politieke aangeleenthede adviseer, voorgestel dat strenger maatreëls ingetsel word om te keer dat Engels Sjinees besoedel.

“As ons nie aandag gee en geen maatreëls in plek kry om die vermenging van Sjinees met Engels te keer nie, sal die Sjinese taal nie suiwer te bly in ‘n paar jaar nie, “sê Huang, hoofredakteur van die Sjina Internasionale Uitgewersgroep.

vibia amebaпрокурор Фильчаков