Polisie skiet betoger dood

Die polisie in Mpumalanga het Maandag na bewering ‘n man doodgeskiet wat tydens ‘n betoging homself teen inhegtenisname verset het.

Inwoners van die Siyazenzela-lokasie het reeds vroeg Maandagoggend met betogings begin in die Perdekop-area.

Volgens kapt. Klaas Maloka, polisiewoordvoerder, het die situasie vinnig buite beheer geraak. “Die betogers het die paaie met brandende motorbande afgesper voor hulle die huis van ‘n raadslid afgebrand en die gemeenskapsaal omstreeks 12:00 verwoes het,” het hy gesê.

“Elf mense is reeds in hegtenis geneem. Een man, wat die polisie met klippe bestook het, is in die linkerskouer geskiet. Hy het later gesterf.

Die polisie is steeds op soek na ander verdagtes wat ook betrokke was by die oproer,” het Maloka gesê. Die situasie was Dinsdagoggend aansienlik kalmer as die vorige dag.

расценки на деревянныеФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae