JKL ‘verlig’ oor ET se dood

Met die dood van Afrikaner Weerstandsbeweging leier Eugene Terre’Blanche het die Jong Kommunistiese Liga se Noordwestak Dinsdag ‘n “sug van verligting” geslaak omdat hierdie “hartelose mens” swartes uitgebuit en geterroriseer het.

“Ons doen ‘n beroep op die publiek, insluitende die media en ‘n paar politieke leiers en kommentators, om nie hierdie geval te verhoog na ‘n status waar dit hoort nie, het die KJL se provinsiale sekretaris in Noordwes, Mike Mokhutshane, in ‘n verklaring gesê.

Dit is nie ‘n politieke kwessie nie, maar ‘n “gewone moordgeval”, wat met enige persoon kon gebeur het, het hy gesê. “Ons verwerp alle verklarings waarin die dood aan die strydlied gesing deur [ANC Jeugliga president] cde Julius Malema op alle platforms toegeskryf word ”

Die “werklike kwessies” wat tot die moord gelei het was Terre’Blanche se uitbuiting van kinderarbeid en sy “enorme misbruik van en terrorisme teen” plaasarbeiders.

“Hierdie skielike brouhaha oor die dood van Terre’Blanche bevestig steeds ons mening dat die lewe van ‘n wit persoon meer belangrik is as dié van ‘n swart persoon in die land, “sê Mokhutshane.

“Dit is nie ‘n rasse-verklaring nie, maar ‘n aanduiding van die werklikheid omdat baie swart mense is alreeds vermoor is omdat hulle met bobbejane en diere deur wit mense verwar is en daar was nog nooit ‘n lawaai, [behalwe van Cosatu] op die moorde nie.”

Die JKL in Noordwes is bekommerd dat Terre’Blanche se moordenaars nie ‘n regverdige verhoor gaan kry as gevolg van die “quasi-politieke status” wat aan die moord verleen word nie.

“Ons sal ‘n voorlegging maak aan die regering, Cosatu en sy  geaffilieerde unie [Fawu] om regshulp te verskaf aan hierdie jong mense ten einde ‘n billike en regverdige verhoor vir hulle te verseker,” het Mokhutshane gesê.

“Ons sal ook skakel met die Noordwesregering om die beskikbaarheid van die polisie op ‘n 24-uur-basis in die omliggende gebiede van Ventersdorp te verhoog om maksimum sekuriteit te verseker aan gemeenskapslede. ”

Die JKL sê hulle weet wat die AWB in staat is om te doen. “Hulle het dit voorheen gedoen en daar is absoluut niks wat  sal voorkom dat hulle herhaal wat hulle gedoen het vóór 1994,  nie, toe ons mense in groot getalle by padblokkades [om middernag] vermoor is nie.”

best brand instagram accountsАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae