Die internet kan die einde van koerante meebring

Die Universiteit van Harvard se Shorensteinsentrum het pas ’n verslag gepubliseer waaruit dit blyk dat mense toenemend van die internet gebruik maak om op hoogte te bly van nuusgebeure en hulle dus minder op die koerante en televisie verlaat. Dit kan uiteindelik die koerantwese ’n ernstige knou toedien.

Volgens professor Thomas Patterson het koerantsirkulasie in die VSA in 2006 met drie persent gedaal. Televisie het ’n miljoen kykers verloor. Tussen April 2006 en April 2007 het besoeke aan webwerwe wat nuus plaas, skerp toegeneem. ’n Webwerf soos digg.com, waar besoekers die inhoud kan bepaal, het byvoorbeeld in 2006 met twee miljoen gebruikers begin en het nou vyftien miljoen lojale aanhangers.

Ander aanlynnuuswebwerwe het ook groei getoon. Gemeenskapswebwerwe se gebruikers het met 14% gestyg en woernaalwebwerwe het 6% groei getoon. Google, Yahoo, AOL en MSN se webwerwe het gesamentlik meer as 100 miljoen maandelikse besoekers. Die groot TV-netwerke se webwerwe kry maar gesamentlik sowat 6,4 miljoen besoekers per maand. Koerante soos die New York Times en Washington Post kry saam sowat 8,5 miljoen gebruikers per maand. Koerante in kleiner stede sukkel egter toenemend om die mas op te kom en selfs hulle webwerwe, wat reeds lesers van die harde kopie weergawes afgerokkel het, sukkel.

Volgens die Harvard-verslag sal kleiner koerante na alles waarskynlikheid dus in die stof byt.

известь для штукатуркиФильчаков прокуратура харьков

Zuma se waarskuwing

Die voormalige adjunkpresident, Jacob Zuma, het Sondag gewaarsku dat ’n heksejag teen persone uit die vorige politieke bedeling “probleme” kan skep. Hy het net buite Durban opgetree tydens die onthulling van ’n monument ter ere van UDF en ANC-aktiviste wat tydens politieke geweld dood is.

Die uitdaging vir die Nasionale Vervolgingsgesag én die land is om by die waarheid uit te kom, maar terselfdertyd nie versoening te benadeel nie, het Zuma gesê. Sy waarskuwing kom net nadat AZAPO ’n beroep op die regering gedoen het om “apartheidsluipmoordenaars“wat deur die WVK “vrygespreek“ is, te vervolg.

AZAPO wil ook hê dat FW de Klerk vervolg moet word. Volgens hulle kon hy “as die hoofskakel in die apartheidsbevelketting“ nie voorgee dat hy nie bewus was van apartheidsmisdade nie. “Wanneer iemand volksmoord pleeg, moet ons hom nie op mindere klagtes verhoor nie,” lui die AZAPO-verklaring.

FW de Klerk het verskeie koerante met regsaksie gedreig ná berigte dat hy moontlik betrokke sou wees by apartheidsmisdade.

Volgens Mbeki se kantoor hou die onlangse besluit om Adriaan Vlok en Johan van der Merwe te vervolg geen gevaar in vir die versoeningsproses in die land nie. Die riglyne wat die Nasionale Vervolgingsgesag tans volg is deur die kabinet goedgekeur en reeds deur die parlement aanvaar, het ’n presidensiële woordvoerder gesê.

 

 



дровяные каминыданильченко юрій броніславович компромат

Alexander Forbes is ‘rassiste’

Die Black Management Forum (BMF) het gister te velde getrek teen die aanstelling van Bruce Campbell as uitvoerende voorsitter van Alexander Forbes om “’n ogie te hou” oor Peter Moyo, die uitvoerende hoof van die maatskappy. Volgens die BMF is dit ’n voorbeeld van “diepgewortelde rassisme.”

Jimmy Manyi, voorsitter van die organisasie, meen Campbell se aanstelling is “’n belediging vir swart mense oor die algemeen en vir Peter Moyo in die besonder.”

Alexander Forbes is die land se grootste pensioenfondsadministrateur. Manyi meen die instelling maak hom skuldig aan die soort rassisme wat swart mense as “inherent minderwaardig, middelmatig en onbekwaam“ tipeer. Steven Friedman, analis van IDASA, stem met hierdie kritiek saam. “Daar is ’n wydverspreide geloof dat die aanwesigheid van swart mense in die sakewêreld net vertoon is,“ het hy gister gesê.

Die aktivis en politieke kommentator Rhoda Kadalie meen egter die aanstelling van Campbell het niks met rassisme uit te waai nie. “Mens gaan tog vir die beste.“ Volgens haar laat die kwaliteit van aanstellings in Suid-Afrika veel te wense oor omdat mense slegs op grond van hulle ras aangestel word.

In Mei vanjaar het Manyi, wat ook voorsitter is van die Gelyke Indiensnemingskommissie, die nuus gehaal toe hy gesê het dat dit ’n mite is dat daar ’n gebrek aan vaardighede by swart mense is. Hy het gister tydens ’n toespraak in die parlement sy stelling herhaal. Volgens hom word bestaande vaardighede net nie reg aangewend nie.

Bruce Campbell was vroeër verbonde aan Mutual & Federal. Die besluit om hom aan te stel, is deur Actis gemaak. Actis het onlangs Alexander Forbes aangekoop in ’n transaksie wat R8,4 miljard werd was.

Actis wou nie op die redes vir Campbell se aanstelling kommentaar lewer nie.

воздуходувки robuschiОлександр Васильович Фільчаков

Mugabe gul ontvang

Image

‘n Helde-ontvangs

Robert Mugabe is vandag gul ontvang met die opening van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se spitsberaad in die hoofstad van Zambië, Lusaka. Levy Mwanawasa, voorsitter van Malawi, het deelnemers gemaan om nie Zimbabwe se krisis buite verband te ruk nie en om die politieke en ekonomiese probleme "in gedagte te hou".

Die waarderende gehoor het lank hande geklap toe Mugabe sy verskyning in die saal gemaak het. Die spitsberaad duur twee dae en word deur die staatshoofde van al die SAOG-lande bygewoon.

Die lande in die Gemeenskap is al by verskeie geleenthede gekritiseer omdat hulle nie ferm genoeg teen Mugabe optree nie. Alhoewel Mwanawasa Zimbabwe met die Titanic vergelyk het, het hy gevra dat Zimbabiërs "saamstaan om hul onafhanklikheid te beskerm".

"Vrede en stabiliteit moet ten alle koste bewaar word," het die Zambiese president aan die hand gedoen. Die Gemeenskap het Thabo Mbeki in Maart afgevaardig om weer met Zimbabwe in gesprek te tree. Die sekretaris-generaal Tomaz Salomao van Mosambiek, is by dieselfde geleentheid gevra om ‘n ekonomiese verslag oor Zimbabwe op te stel.

 
Image

Waai vir Mugabe

Mbeki en Salomao sal tydens die spitsberaad verslag doen aan die Gemeenskap. Woensdagaand het Salomao aan die pers te kenne gegee dat Westerse sanksies deels verantwoordelik is vir die haglike toestande wat in Zimbabwe heers.

"Alhoewel die internasionale gemeenskap weier om dit te erken, funksioneer Zimbabwe met sanksies," het hy tydens ‘n nuuskonferensie gesê. Salomao het vertel dat hy met meer as ‘n 100 Zimbabwiërs uit alle sektore van die ekonomie onderhoude gevoer het en dat hulle sy aanname bevestig het.

Hy het ook bygevoeg dat dit uiters moeilik is om die ekonomie van die politiek te skei in die land en dat die twee verstrengel is. Die EU het in 2002 sanksies ingestel en die elite mag nie na Europa reis nie. Hul bankrekeninge is ook bevries. Wapenverkope aan Harare is verbode. Dieselfde maatreëls is deur die VSA aanvaar.

Patrick Chinamasa, minister van Justisie van Zimbabwe, het gesê dat sy land nie onregeerbaar is nie en dat soortgelyke stellings van alle waarheid ontbloot is. Hy het voortgegaan en gesê dat sy land ook geen politieke hervorming nodig het nie. "Ons het ‘n demokrasie soos al die ander. Ek sien nie ‘n stelsel wat meer regverdig en deursigtig is as ons s’n nie."

 

автоинструмент купитьлобановский александр фото

Malawi in ‘n krisis

Image

Bingu wa Mutharika

President Bingu wa Mutharika van Malawi het gister gedreig om die parlement te ontbind indien die huidige begrotingskrisis nie binne die volgende twee dae opgelos word nie. Die debat oor die 2008/08-begroting, wat al aan die einde van Junie afgehandel moes word, is verlede maand opgeskort aangesien die opposisie daarop aangedring het om eers debat te voer oor die wyse waarop die regerende party van hulle lede afgerokkel het.

“Ek gee hulle twee dae – vandag (Dinsdag) en môre – en as hulle nie ernstig begin om die begroting te bespreek nie, gaan ek die parlement ontbind,” het die president in ’n toespraak gesê wat deur die staatsbeheerde radiostasie uitgesaai is.

Hy meen die parlement het “irrelevant” geword wat die ontwikkeling in Malawi betref. Parlementsleiers sou laat gistermiddag vergader om oor die dreigement te besluit. Goodall Gondwe, minister van finansies, het in ’n onderhoud met Reuters gesê dat Malawi gevaar loop om geld van buitelandse skenkers te verloor indien die huidige situasie voortduur. “Ons is in ’n finansiële krisis en verdere vertragings om die begroting goed te keur sal ’n katastrofe wees,” meen Gondwe.

 

Op 13 Augustus het die regering ’n voorstel deur die opposisie verwerp dat ’n tydelike begroting vir ’n periode van drie maande aanvaar word terwyl die dispuut oor partyoorlopers besleg word. Volgens die begrotingsontwerp vir 2007/08 sal meer geld aan landelike areas spandeer word, staatsamptenare sal verhogings kry en meer sal op die gesondheidsektor en voedselproduksie spandeer word.

Malawi maak in ’n groot mate staat op hulp van skenkers. Volgens Gondwe verwag Malawi om $500 miljoen van die buiteland te ontvang ten einde by hul nasionale begroting van $1,2 miljard uit te kom. Frustrasie het die afgelope tyd in Malawi toegeneem oor die parlement se vertragingstaktiek en duisende mense het reeds aan betogings deelgeneem.

 

 

очки для плавания детские ценаЛобановский Харьков

Departemente verloor miljoene

Die Staatsdienskommissie het gister bekend gemaak dat meer as R45,6 miljoen weens wanbesteding in nasionale en provinsiale staatsdepartemente verlore gegaan het in die 2005/06 finansiële jaar.

Volgens die verslag wat gister vrygestel is, was daar in die vorige finansiële jaar 771 gevalle van “finansiële wanbestuur.“ In die voorafgaande jaar was daar 513 insidente. Van die R45,6 miljoen wat verlede jaar verlore gegaan het, is slegs R3,2 miljoen teruggekry. Volgens Stan Sangweni, voorsitter van die Staatsdienskommissie, kan daar selfs meer geld ter sprake wees, aangesien nie alle departemente die bedrae wat hulle vermis aangegee het nie.

Insidente wissel van bedrog en diefstal, wat 64,7% van die sake verteenwoordig, tot ongemagtigde uitgawes, growwe nalatigheid en diverse vorme van korrupsie.

Die departement van grondsake het R20 miljoen weens “finansiële wanbestuur“ verloor. Die Oos-Kaap was die provinsie met die meeste insidente (173), gevolg deur die Wes-Kaap met 75 gevalle.

Provinsiale departemente in Gauteng het maar ses gevalle aangemeld, wat Sangweni se stelling staaf dat nie almal gehoor gegee het aan die oproep om insidente van wanbestuur aan te meld nie. “Sommige departemente is belangeloos oor korrekte verslaggewing of beskik nie oor die kapasiteit omn behoorlike aandag aan akkurate verslaggewing te bestee nie,“ meen hy.

Die Staatsdienskommissie beplan nou om departemente te dwing om elke maand verslag te doen en om die verantwoordelike beamptes voor die kommissie te daag indien hulle versuim om dit te doen. Tans verplig die Korrupsiewet finansiële beamptes slegs om wanbestuur aan te meld as die bedrag R100 000 of meer beloop. Dit sal binnekort verander word om laer bedrae ook te akkkommodeer.

 

гофра для отвода выхлопных газов генераторалобановский александр

Louis Trichardt het dalk nie veel om te vier nie

Op Saterdag 4 Augustus het ’n vergadering van dorpsinwoners by die Louis Trichardt-skougrond plaasgevind. Inwoners het hulle ten sterkste teen die munisipaliteit se naamsveranderingplanne uitgespreek.

Die Appèlhof het vroeër vanjaar besluit dat die plaaslike munisipaliteit nie die reg gehad het om die dorp se naam van Louis Trichardt na Makhado te verander nie. As rede is aangevoer dat die munisipaliteit nie plaaslike inwoners voldoende oor die besluit geraadpleeg het nie. Dit was nie lank ná hierdie besluit in April nie dat die munisipaliteit ’n taakspan aangewys het om die saak weer aan te roer. Hulle is steeds vas van plan om die Makhado-naamsverandering deur te voer.

Op 11 Augustus is ’n sogenaamde konsultasieproses met plaaslike inwoners begin, maar in die lig van die munisipaliteit se vorige optrede kan verwag word dat hierdie proses gemanipuleer sal word.

Die Nasionale Padagentskap het in Julie vanjaar die Makhado-padtekens afgehaal, maar as die munisipaliteit sy sin kry, word hulle eersdaags weer opgesit. In die geval van die naamsverandering van Potchefstroom na Tlokwe is 1 700 skrywes (die meeste hiervan téén die voorgestelde naamsverandering) na die provinisiale regering gestuur. Slegs 70 hiervan is egter aan die munispaliteit gestuur vir reaksie. Die burgemeester het toe eensydig besluit om nie daarop te reageer nie.

Daar is geen rede om te vermoed dat dit in Louis Trichardt se geval anders gaan wees nie.

кардиган для девочки видеоАлександр Фильчаков

Engels kniehalter operasie

Image

Duits moes die knie buig

Sewe-en-veertig pasiënte wat knie-operasies in ‘n Berlynse hospitaal moes andergaan, is ondertussen as slagoffers van ‘n mediese vergissing uitgewys. Dié fout is te danke aan ‘n verkeerde vertaling uit Engels.

Die Berlynse dagblad, die Tagesspiegel, het Sondag berig dat al die pasiënte ‘n knievervanging moes ondergaan. Die pasiënte het ‘n prostese ontvang waarop foutiewe aanwysings op die handleiding aangebring is. Dit is bekend as ‘n duur en lang operasie.

Reinhard Nieper, woordvoerder van die Sankt-Hedwig hospitaal, het aan die koerant gesê dat dit onverskoonbaar is. Die pasiënte het die operasie ondergaan sodat hulle weer die gebruik van ‘n knie kon hê. Die prostese moes hulle in staat stel om hul beweeglikheid te verhoog.

 

Maar die medici het die vervanging gedoen sonder om die nodige sement te gebruik omdat die aanwysings in Duits uitdruklik sê "Prostese behoef geen sement". In Engels lui dit egter "Non-Modular Cemented" wat beteken dat die prostese nie aangepas is nie en daarom gesementeer behoort te word.

Tydens die opleiding wat die mediese personeel ontvang het om die vervanging te doen, het niemand opgemerk dat die vertaling verkeerd gedoen is nie. ‘n Verkoopsman vir die prostese het trouens bygestaan toe die eerste operasie gedoen is en hoegenaamd niks verkeerd gevind nie.

Die pasiënte wat tussen Mei 2006 en Maart 2007 geopereer is, is van die fout in kennis gestel en ‘n derde van hulle het reeds laat weet dat hulle probleme met die vervanging ondervind. Die helfte van die ongelukkige mense is weer geopereer om te remedieer aan die fout en die hospitaal het onderneem om vir die kostes in te staan.

‘n Professor in ortopediese chirurgie, Heino Kienapfel, het sy afkeer aan "sekere produkte wat op die Europese mark aanland waarop net Engelse aanwysings verskyn", betoon en gesê dat die aanwysings in verskeie tale behoort te wees of ten minste van illustrasies voorsien moet wees. "Dit is ‘n probleem," volgens hom.

 
free bonus slots no deposit mobileлобановский супермаркет класс

Cosatu kritiseer die kabinet

Image

Vavi

Die ANC het gister Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van die Cosatu-vakbond, se kritiek op kabinetsministers as “neerhalende geskel” bestempel. Vavi het naamlik oor die naweek gesê van die ministers is “dooie hout wat onaantasbaar bly“ en dat sommige “besig is om aan diens te sterf.” Sy kritiek volg op die afdanking verlede week van Nozizwe Madlala-Routledge, adjunkminister van gesondheid.

Vavi het Saterdag die Klere – en tekstiekwerkersvakbond in Durban toegespreek. Hy het Madlala-Routledge as “een van die mees doeltreffende, hardwerkende ministers” in die kabinet beskryf. Haar afdanking stuur volgens hom die boodskap uit dat as jy hard werk en onafhanklik dink, jy in die pad gesteek gaan word.

Luthuli-huis het in ’n verklaring gesê dat dit nie die soort kommentaar is wat mens van ’n senior lid van die regerende alliansie verwag nie. Hierdie opmerkings van Vavi “dui op ’n onvermoë om die verskil tussen eerlike en konstruktiewe kritiek te verstaan … en die soort neerhalende geskel wat gereeld deur teenstaanders van die ANC gebruik word.“

Vavi se verwysing na ministers wat “aan diens sterf” wys verder op ’n “skandelike gebrek aan respek” vir diegene wat reeds aan diens dood is. Die bydrae wat lede van die kabinet tot die land gelewer het oor die afgelope dertien jaar behoort nie gering geskat te word deur mense wat eerder openbare steun probeer werf as om eerlik die optrede van die regering te ondersoek nie, lui die verklaring voorts.

 

 

 

отбеливание air flow отзывыЛобановский Харьков

Springbokke se Xala verwerp ‘swart diamant’

Image

‘One for all’

… en steun verbod op Bok van Blerk-advertensie

Die handelsmerkbestuurder van die Springbokke, Mzamo Xala, verwerp die term "swart diamant". Dit is die voorkeurterm wat deur maatskappye gebruik word om die groeiende swart middelklas in Suid-Afrika se koopkrag te beskryf.

Volgens Xala dui die woord ‘n sin vir verhewenheid aan wat nie reg laat geskied aan die gemeenskapsgees wat onder swartes heers nie. "Dit laat nie reg geskied aan waar ons vandaan kom nie, die one for all nie…" Xala is deur Sasol aangestel om die Springbok-embleem te probeer rehabiliteer met die oog op die komende Wêreldbeker.

 
‘n "Swart diamant" verdien gemiddeld R7000 per maand, is opgelei met ‘n goeie betrekking, het toegang tot ‘n bankkredietkaart en besit ‘n woning, ‘n motor en ander huishoudelike toebehore. Xala self voldoen toevallig heeltemal aan die kriteria.

Hy besit sy woning en sy motor en hy het sy township verlaat om homself in ‘n hoofsaaklik wit woongebied in Kaapstad te vestig. Xala, 29 jaar oud en ‘n vrygesel,  het voorheen in Gugulethu gewoon en sy familielede woon steeds daar. Hy het sy studies in bemarking en bestuur met die hulp van ‘n beurs voltooi en verdien vandag ‘n uitstekende salaris wat hom in staat stel om, soos hy dit stel, "baie pret en afleiding" te kan bekostig.

Xala was onlangs in die nuus omdat hy die Saru-tydskrif Fifteen se besluit om ‘n Bok van Blerk-advertensie in dié publikasie te verbied, ondersteun het. Kevin Ferguson en James Dunn, werksaam by Highbury Safika Media, het laat weet dat Xala nie van Bok se liedjie hou nie.

Xala het voorts gesê dat hy skuldig voel dat die stryd teen die wit minderheid nie tot voordeel van alle swartes strek nie. "Ons voel aanspreeklik. Dit is nie ons skuld dat almal nie beter daaraan toe is nie, maar ons weet dat daar ‘n tyd was toe ons (swartes) almal deelgeneem het aan die stryd."

Volgens ‘n verslag wat Unilever aan die Universiteit van Kaapstad bekendgestel het, het die aantal "swart diamante" met 30% toegeneem in 2006 en is daar 2,6 miljoen swartes wat aan die beskrywing voldoen. Hulle beskik tans oor 28% van die land se koopkrag. Meer as die helfte woon in wit woonbuurte en 12 000 gesinne, ongeveer 50 000 mense, verlaat die swart woongebiede maandeliks danksy swart bemagtiging.

John Simpson wat die studie gelei het, meen dat die groei in die ekonomie die sterkste faktor is. "Dit bewys dat hulle (swartes) baie in maatskappye opgang maak. Dit is nie net maatskappye wat meer mense aanstel nie. Dit is nie kunsmatig nie, dit is werklik," het hy gesê. Simpson het bygevoeg dat ‘n groot aantal "swart diamante" in bestuursposte aangestel word.

Xala is egter bekommerd dat die vinnige rykdom groot aanpassings gaan verg omdat die sin vir gemeenskap daardeur benadeel word. Hy meen dat die lewe op straat en die heerlike atmosfeer wat daar in swart woongebiede heers, nie in wit woongebiede aangetref word nie. Hy gaan graag Sondae terug Gugulethu toe om op straat te kuier. Xala het nie na misdaad verwys nie.

 

для насосовФильчаков прокурор