Mugabe gul ontvang

Image

‘n Helde-ontvangs

Robert Mugabe is vandag gul ontvang met die opening van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se spitsberaad in die hoofstad van Zambië, Lusaka. Levy Mwanawasa, voorsitter van Malawi, het deelnemers gemaan om nie Zimbabwe se krisis buite verband te ruk nie en om die politieke en ekonomiese probleme "in gedagte te hou".

Die waarderende gehoor het lank hande geklap toe Mugabe sy verskyning in die saal gemaak het. Die spitsberaad duur twee dae en word deur die staatshoofde van al die SAOG-lande bygewoon.

Die lande in die Gemeenskap is al by verskeie geleenthede gekritiseer omdat hulle nie ferm genoeg teen Mugabe optree nie. Alhoewel Mwanawasa Zimbabwe met die Titanic vergelyk het, het hy gevra dat Zimbabiërs "saamstaan om hul onafhanklikheid te beskerm".

"Vrede en stabiliteit moet ten alle koste bewaar word," het die Zambiese president aan die hand gedoen. Die Gemeenskap het Thabo Mbeki in Maart afgevaardig om weer met Zimbabwe in gesprek te tree. Die sekretaris-generaal Tomaz Salomao van Mosambiek, is by dieselfde geleentheid gevra om ‘n ekonomiese verslag oor Zimbabwe op te stel.

 
Image

Waai vir Mugabe

Mbeki en Salomao sal tydens die spitsberaad verslag doen aan die Gemeenskap. Woensdagaand het Salomao aan die pers te kenne gegee dat Westerse sanksies deels verantwoordelik is vir die haglike toestande wat in Zimbabwe heers.

"Alhoewel die internasionale gemeenskap weier om dit te erken, funksioneer Zimbabwe met sanksies," het hy tydens ‘n nuuskonferensie gesê. Salomao het vertel dat hy met meer as ‘n 100 Zimbabwiërs uit alle sektore van die ekonomie onderhoude gevoer het en dat hulle sy aanname bevestig het.

Hy het ook bygevoeg dat dit uiters moeilik is om die ekonomie van die politiek te skei in die land en dat die twee verstrengel is. Die EU het in 2002 sanksies ingestel en die elite mag nie na Europa reis nie. Hul bankrekeninge is ook bevries. Wapenverkope aan Harare is verbode. Dieselfde maatreëls is deur die VSA aanvaar.

Patrick Chinamasa, minister van Justisie van Zimbabwe, het gesê dat sy land nie onregeerbaar is nie en dat soortgelyke stellings van alle waarheid ontbloot is. Hy het voortgegaan en gesê dat sy land ook geen politieke hervorming nodig het nie. "Ons het ‘n demokrasie soos al die ander. Ek sien nie ‘n stelsel wat meer regverdig en deursigtig is as ons s’n nie."

 

автоинструмент купитьлобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae