Op 11 Augustus is ’n sogenaamde konsultasieproses met plaaslike inwoners begin, maar in die lig van die munisipaliteit se vorige optrede kan verwag word dat hierdie proses gemanipuleer sal word.
Die Nasionale Padagentskap het in Julie vanjaar die Makhado-padtekens afgehaal, maar as die munisipaliteit sy sin kry, word hulle eersdaags weer opgesit. In die geval van die naamsverandering van Potchefstroom na Tlokwe is 1 700 skrywes (die meeste hiervan téén die voorgestelde naamsverandering) na die provinisiale regering gestuur. Slegs 70 hiervan is egter aan die munispaliteit gestuur vir reaksie. Die burgemeester het toe eensydig besluit om nie daarop te reageer nie.
Daar is geen rede om te vermoed dat dit in Louis Trichardt se geval anders gaan wees nie.
