Malawi in ‘n krisis

Image

Bingu wa Mutharika

President Bingu wa Mutharika van Malawi het gister gedreig om die parlement te ontbind indien die huidige begrotingskrisis nie binne die volgende twee dae opgelos word nie. Die debat oor die 2008/08-begroting, wat al aan die einde van Junie afgehandel moes word, is verlede maand opgeskort aangesien die opposisie daarop aangedring het om eers debat te voer oor die wyse waarop die regerende party van hulle lede afgerokkel het.

“Ek gee hulle twee dae – vandag (Dinsdag) en môre – en as hulle nie ernstig begin om die begroting te bespreek nie, gaan ek die parlement ontbind,” het die president in ’n toespraak gesê wat deur die staatsbeheerde radiostasie uitgesaai is.

Hy meen die parlement het “irrelevant” geword wat die ontwikkeling in Malawi betref. Parlementsleiers sou laat gistermiddag vergader om oor die dreigement te besluit. Goodall Gondwe, minister van finansies, het in ’n onderhoud met Reuters gesê dat Malawi gevaar loop om geld van buitelandse skenkers te verloor indien die huidige situasie voortduur. “Ons is in ’n finansiële krisis en verdere vertragings om die begroting goed te keur sal ’n katastrofe wees,” meen Gondwe.

 

Op 13 Augustus het die regering ’n voorstel deur die opposisie verwerp dat ’n tydelike begroting vir ’n periode van drie maande aanvaar word terwyl die dispuut oor partyoorlopers besleg word. Volgens die begrotingsontwerp vir 2007/08 sal meer geld aan landelike areas spandeer word, staatsamptenare sal verhogings kry en meer sal op die gesondheidsektor en voedselproduksie spandeer word.

Malawi maak in ’n groot mate staat op hulp van skenkers. Volgens Gondwe verwag Malawi om $500 miljoen van die buiteland te ontvang ten einde by hul nasionale begroting van $1,2 miljard uit te kom. Frustrasie het die afgelope tyd in Malawi toegeneem oor die parlement se vertragingstaktiek en duisende mense het reeds aan betogings deelgeneem.

 

 

очки для плавания детские ценаЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae