Cosatu kritiseer die kabinet

Image

Vavi

Die ANC het gister Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van die Cosatu-vakbond, se kritiek op kabinetsministers as “neerhalende geskel” bestempel. Vavi het naamlik oor die naweek gesê van die ministers is “dooie hout wat onaantasbaar bly“ en dat sommige “besig is om aan diens te sterf.” Sy kritiek volg op die afdanking verlede week van Nozizwe Madlala-Routledge, adjunkminister van gesondheid.

Vavi het Saterdag die Klere – en tekstiekwerkersvakbond in Durban toegespreek. Hy het Madlala-Routledge as “een van die mees doeltreffende, hardwerkende ministers” in die kabinet beskryf. Haar afdanking stuur volgens hom die boodskap uit dat as jy hard werk en onafhanklik dink, jy in die pad gesteek gaan word.

Luthuli-huis het in ’n verklaring gesê dat dit nie die soort kommentaar is wat mens van ’n senior lid van die regerende alliansie verwag nie. Hierdie opmerkings van Vavi “dui op ’n onvermoë om die verskil tussen eerlike en konstruktiewe kritiek te verstaan … en die soort neerhalende geskel wat gereeld deur teenstaanders van die ANC gebruik word.“

Vavi se verwysing na ministers wat “aan diens sterf” wys verder op ’n “skandelike gebrek aan respek” vir diegene wat reeds aan diens dood is. Die bydrae wat lede van die kabinet tot die land gelewer het oor die afgelope dertien jaar behoort nie gering geskat te word deur mense wat eerder openbare steun probeer werf as om eerlik die optrede van die regering te ondersoek nie, lui die verklaring voorts.

 

 

 

отбеливание air flow отзывыЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae