Hereroskedels in Duitsland terug na Namibië

Duitsland se boetedoening aan die Jodedom kan die riglyn wees wanneer die Ovahererovolk met die Duitse regering oor reparasie aan die slagoffers van die 1904-volksmoord onderhandel.

Hoeveel die Ovahererovolk as vergoeding gaan eis en wanneer die gesprek gaan begin, wou hoofman Kuaima Riruaku nie Vrydag op ‘n mediakonferensie in Katutura bekendmaak nie. Die opperhoof van die Ovaherero het op die vooraand van die terugbring van die eerste besending skedels uit Duitland, aan joernaliste gesê die bedrag kan bepaal word deur die Joodse model as riglyn te gebruik.

Die Konferensie vir Joodse Vergoedingseise teen Duitsland (Jewish Claims Conference) het sedert die stigting daarvan in 1951 reeds miljarde Amerikaanse dollar vir slagoffers van die slagting van Jode geëis.

‘n Groep van 62 mense bestaande uit die Ovaherero Volksmoordkomitee, die Nama Tegniese Komitee en die Ovaherero/Ovambanderu Raad vir Dialoog oor die 1904-1908 Volksmoord, kerklui en aktiviste het gister saam met die Minister van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, mnr. Kazenambo Kazenambo, na Duitsland vertrek. Hulle sal Vrydag die skedels van 11 Nama- en 9 Hereroslagoffers tydens ‘n plegtigheid in Berlyn in ontvangs neem en na Namibië bring.

Hy sê as die goeie betrekkinge tussen Duitsland en Namibië oor die skedels voortduur, hy geen twyfel het “dat die gesprek binnekort sal ontwikkel om ander ewe belangrike sake ook te bespreek” nie. Hoofman Riruaku het verwys na die mosie wat hy ses jaar gelede oor die kwessie van reparasie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê het en wat eenparig aanvaar is.

Volgens hom “is daar onsekerheid oor die lot van die mosie en is ‘n vars benadering oor die volgende fase van die proses” nou nodig. Hy het op ‘n vraag of hy die reparasiekwessie nou in Duitsland gaan aanroer, gesê “die Ovaherero kan nie die saak net daar laat nie – of dit nou deur gesprekke in camera of deur diplomatieke kanale is”.

“Duitsland het ons mense onthoof, hul skedels na Duitsland verskeep, toetse daarop gedoen en dit in museums gebêre. Nou belas hulle ons verder deur te verwag ons moet self betaal om die eerste van die skedels daar te gaan haal en terug te bring huis toe. Moet ons dit net so aanvaar?” wou een van die deelnemers aan die Facebook-debat oor die aangeleentheid weet.

Die afvaardiging keer op 4 Oktober met die skedels terug na Namibië, waarna ‘n spesiale plegtigheid volgende Woensdag by die Parlementstuine gehou sal word.

Lees die berig hier.

александр лобановский харьков

Twee wat liggaamsdele verkoop, vas

Twee mans is in Secunda in hegtenis geneem nadat hulle menslike liggaamsdele verkoop het, het die polisie in Mpumalanga Dinsdag gesê.

Die polisie het ‘n wenk ontvang en hulle as kopers voorgedoen. Hulle het die twee mans Maandag omstreeks 17:00 op ‘n pad in Secunda ontmoet, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.

Die mans het agt bloedbevlekte plastieksakke met menslike liggaamsdele in aan die beamptes gegee in ruil vir kontant.

“Die handelaars het gesê die dele was die plasentas van fetusse, maar ondersoeke het verklap wat werklik in die sakke was,” het Hlathi gesê.

Die mans, onderskeidelik 29 en 31 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Evander-landdroshof verskyn.

лобановский александр дочь

VSA kritiseer Israel

Die Amerikaanse regering het Israel se besluit om meer as duisend huise op grond in die Wesoewer te bou, skerp gekritiseer en sê dit is teenproduktief vir hernieude vredesamesprekings met die Palestyne.

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Hillary Clinton, sê dit lyk of die besluit dit selfs nog meer onwaarskynlik maak dat die twee partye sal reageer op ‘n versoek van die Europese Unie, Rusland, die VN en Amerika om hulle vredesamesprekings binne ‘n maand te hervat.

Die nuwe huise sal in Gilo gebou word. Dit is ‘n stedelike nedersetting wat Israel opgerig het op grond wat hy in die Wesoewer verower het na die oorlog in 1967.

“Ons is diep teleurgesteld,” het Vicoria Nuland, ‘n woordvoerder vir die Amerikaanse staatsdepartement, gesê.

Sy het ook gesê dat die skuif teenstrydig is met pogings om direkte samesprekings tussen Israel en die Palestyne te hervat.

Die Palestyne het daarop aangedring dat Israel enige bouwerk in Oos-Jerusalem en die naburige Wesbank stopsit, as ‘n voorwaarde vir vredesamesprekings tussen die twee groepe.

Sedert Israel Oos-Jerusalem oorgeneem het, het hulle sowat 10 Joodse enklaves gebou om hul beheer in die gebied te vestig.

Israel se anneksering van Oos-Jerusalem is nie internasionaal erken nie.

topcargo

De Doorns weer in opstand

Minstens sewe mense moet vandag in die hof verskyn, na ‘n gewelddadige betoging op die N-een snelweg naby De Doorns in die Boland.

‘n Groep betogers van die GG-informele nedersetting het motoriste met klippe bestook.

Die snelweg was gister vir etlike ure gesluit. Inwoners eis elektrisiteit en huise. Die toestand is volgens berigte weer kalm vanoggend.

‘n Woordvoerder van die polisie, Frederick van Wyk sê die sewe verdagtes sal aangekla word van openbare geweld, aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

De Doorns was reeds in die nuus nadat inwoners buitelanders aangeval en uitgedryf het tydens die opwelling van vreemdelinghaat ‘n paar jaar gelede.

лобановский александр игоревич

Wouter Basson weer voor

Ten spyte daarvan dat Wouter Basson nege jaar gelede in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek is, het die Gesondheidsberoeperaad weer in 2007 aanklagte van onetiese gedrag teen die hartspesialis wat die ou weermag se chemiese oorlogvoeringprogram – Project Coast – gelei het, gebring.

Basson het in 2008, die Pretoriase hooggeregshof genader om die verhoor teen hom te stop, en sê die Raad is bevooroordeeld en sal enige iets doen om hom te beskuldig van onprofessionele gedrag.

Verlede jaar het die hof Basson se aansoek van die hand gewys. Die raad het sy verhoor Maandag hervat.

Vroeër in die dag, is dr Ben Steyn, die militêre dokter wat by Basson in 1993 Project Coast oorgeneem het, geroep om te getuig oor sy 2008-aansoek by die Gesondheidsberoeperaad vir toestemming om ‘n vlieënier in chemiese navorsings-program vir die weermag te gebruik.

Steyn se getuienis is in camera gehoor, en sou na verwagting oor ‘n uur neem, maar het slegs ‘n paar minute geduur.

Volgens die Raad se hoofbestuurder vir regsdienste, Tshepo Boikanyo, het Steyn gesê dat hy regsadvies nodig het, en die toestemming van sy bevelvoerders om te getuig.

Basson se regspan, onder leiding van Jaap Cilliers SC – wat Basson reeds suksesvol verdedig het – het vroeër gevra dat Steyn se geklassifiseerde brief aan die Gesondheidsberoeperaad waarin hy aansoek gedoen het vir toestemming om die loodsstudie uit te voer, sowel as die raad se resolusie oor die aansoek, en ander korrespondensie tussen Steyn en die Raad, as getuienis toegelaat word.

Die staatsaanklaer het gesê Cilliers se aansoek om toegang tot die dokumente is onnodig en sal die verhoor verleng. Hy het gesê die dokumente het geen invloed op Basson se saak nie, omdat dit verband hou met ‘n tydperk lank voor Steyn se aansoek.

Maar Cilliers meen toegang tot hierdie dokumente is “uiters belangrik vir Basson se verweer en vir die komitee om ‘n behoorlike bevinding te maak.”

Фильчаков прокурор харьков

Afriforum is ‘n ‘rassistiese lobbygroep’

Adriaan Basson, assistentredakteur van City Press, het ‘n aanval geloods op Afriforum omdat die organisasie volgens hom geld invorder deur ” slagofferskap” te veins. Hy stel vrae aan Kallie Kriel oor hoekom Afriforum Afrikaners “mislei” in ‘n ope brief aan Kriel. Citipress is deel van Media24.

Basson meen Afrikaners se regte word nie bedreig nie. Hy het nie uitgebrei oor die regte van witmense nie, en slegs na Afrikaners verwys.

Basson se kritiek volg op die hakke van die aankondiging dat die DA se wit leiers sal moet terugstaan vir swart gesigte asook Bathabile Dlamini se uitsprake. Dlamini, minister van maatskaplike welsyn en lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, het eweneens ‘n striemende aanval op Afriforum gedoen.

Die organisasie beywer hom nie vir burgerregte nie, meen Basson, maar is ‘n “rassitiese lobbygroep” wat verhoudinge in Suid-Afrika wil polariseer en slegs Afrikaners se belange wil bevorder.

Samewerking met swart burgerregtegroepe, soos Abahlali baseMjondolo, ‘n drukgroep vir plakkers wat nie huise kan kry nie, en die Landless People’s Movement, sou heelwat kon vermag om die misverstand dat Afriforum ‘n pro-wit drukgroep is, uit die weg te ruim, glo hy.

Afriforum se “Burgerregtemanifes” volgens Basson, het die organisasie daartoe verbind om die bevordering van die regte van “al die inwoners van Suid-Afrika” na te streef en nie net die regte van Afrikaners nie. Die organisasie is ook in hul manifes daartoe daartoe om “skikkings vir die botsende belange van gemeenskappe op voortdurende grondslag te soek”, iets wat Afriforum nie doen nie.

Basson glo Afrikaners is tans gelukkiger as in 1994.

Kriel het in antwoord op Basson gesê: “Adriaan maak ‘n wanvoorstelling wanneer hy sê Afriforum mislei Afrikaners. Afrikaners eet lankal nie meer alles vir soetkoek op nie.”

Kriel het gesê die sukses van AfriForum se hofgedinge wys dat dié groep se vrese in werklikheid gegrond is.

“Afriforum wen byna elke saak in die hof. Die feit dat ons die sake wen waarmee ons hof toe gaan beteken dat ons binne die reg optree. Ek dink hoegenaamd nie ons mislei die publiek nie.” Kriel het gesê dis onregverdig om AfriForum te kritiseer vir sy sukses.

“As ons wil sê dis reg dat mense dat mense die hof gebruik om haatspraak aan te vat moet ons nie dubbele standaarde handhaaf en nou Afriforum uitsonder vir onbillike kritiek nie.”

 

александр лобановский класс

Swarte maak kennis met Kiwi-rassisme

Vata Ngobeni, ‘n swart Suid-Afrikaanse rugby-joernalis, is in die vroeë oggendure aangehou nadat die polisie in Taupo, Nieu-Seeland, hom in ‘n kroeg aangekeer het.

Die polisie het vermoed dat Ngobeni, ‘n werknemer by Pretoria News, ‘n dwelmhandelaar is. Hy is ook ‘n rugby-ontleder vir die SABC.

Ngobeni is Maandagoggend na ‘n polisiestasie geneem en deursoek. Hy moes al sy klere uittrek.

“Ek is nog nooit so verneder in my lewe nie,” het Ngobeni gesê.

Hy is kort ná die deursoeking weer vrygelaat.

“Ek het nog nooit hierdie soort behandeling gekry nie… om voor so baie mense as ‘n misdadiger uitgesonder te word, is iets wat ek nooit sal vergeet nie.”

Hy het aan die polisie verduidelik dat hy ‘n joernalis is wat die Springbokke se toer in Nieu-Seeland vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi dek.

‘n Polisiebeampte het gereageer en gesê Ngobeni pas by die profiel van ‘n dwelmhandelaar.

Polisiebeamptes op die toneel het gesê hulle het hom na die polisiestasie geneem want “standaardprosedures” is gevolg.

Taupo-inwoners wat teenwoordig was, sê hulle het simpatie met Ngobeni.

“… Daar is ‘n paar idiote in die varkfabriek (polisiestasie) in hierdie dorp,” het ‘n bejaarde man gesê.

‘n Ander ooggetuie het gesê die polisie is geneig om “ou motors met swart bestuurders” vas te trek.

Die polisie het Ngobeni later om verskoning gevra.

“Ek sal Taupo nooit weer besoek nie, dis vir seker,” het die swart joernalis gesê.

данильченко юрій броніславович компромат

Motlanthe in Sjina

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe kom Dinsdag in Sjina aan op ‘n besoek wat daarop gemik is om politieke en ekonomiese bande tussen die lande te versterk.

Te midde van ‘n trae internasionale ekonomie wend talle moondhede hulle tot die wêreld se naasgrootste ekonomie vir beleggings en handelsgeleenthede.

Suid-Afrika en Sjina het reeds sterk bilaterale betrekkinge sowel as samewerking binne die Brics-groep.

Die Oosterse reus ontkom egter nie heeltemal aan die woelinge in die internasionale ekonomie nie. Volgens berigte het Sjina se reuse vervaardigingsektor vir die derde agtereenvolgende maand gekrimp, wat tot verdere senuagtigheid op wêreldmarkte aanleiding gee.

Die Griekse minister van Finansies, Evangelos Venizelos het berigte verwerp dat hy die moontlikheid van beheerde wanbetaling met die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Christine Lagarde en die hoof van die Europese Sentrale Bank, Jean-Claude Trichet bespreek het.

Intussen is meer besonderhede bekend oor ‘n omvattende plan wat waarop gemik is om die skuldkrisis in die Euro-gebied op te los. Diegene wat die vergadering van die IMF in Washington bygewoon het sê banke en ander instellings wat Griekse skuldeisers is, sal ‘n verlies van 50 persent van die waarde van die skuld moet aanvaar.

Intussen het Europese aandeelpryse verstewig ná verlede week se verliese, terwyl beleggers reageer op die nuus van ‘n omvattende plan om die Europese skuldkrisis onder beheer te bring.

Die hoofbeurs in Frankfurt het met meer as drie persent gestyg. In reaksie hierop het die markte in New York ook stewiger geopen.

топкарго развод

Woon in ‘n balie… soos Diogenes

Skakel gerus in op praagTV eerskomende Vrydagaand 30 September om 20.00 vir ‘n interaktiewe praatjie deur dr. Dan Roodt oor die volgende onderwerp: “Diogenes, askese en Afrikanerdekadensie” by die volgende skakel:

http://www.livestream.com/praag

Askese, onthouding en die stryd van die mens teen sy drifte, asook materialisme, is onderliggend aan die Westerse beskawing en die Christelike etos. Die mees ekstreme voorbeeld van askese is sekerlik te vinde by die ou-Griekse filosoof, Diogenes van Sinope, wat in ‘n balie gewoon, geen besittings behalwe ‘n paar boeke gehad het nie en by mense om geld en kos gebedel het. Slegs fragmente van sy filosofie vanaf die vierde eeu voor Christus is aan ons oorgedra, maar daaruit kan ons sy totale lewensbeskouing aflei.

Ná ‘n uiteensetting van Diogenes se denke, word die vraag gevra: Is ware askese moontlik en watter nut het Diogenes se leer van onthouding vandag vir ons?

Tans beleef die Afrikaner die mees dekadente periode in sy geskiedenis en het hy willoos geraak voor die aanslag van propaganda, materialisme, plesier, vermaak, sport, dwelms en alkohol. Om die wil herbou, is askese en onthouding wel nodig.

Benewens Diogenes se siniese askese, word enkele ander vorme van ‘n eenvoudige, nederige lewenstyl bespreek, sowel Westers as Oosters. Watter asketiese ideaal behoort elkeen van ons na te streef?

Moenie die verrassende antwoord misloop nie! Besoek praagTV by http://www.livestream.com/praag eerskomende Vrydagaand 30 September om 20.00 en klets saam tydens hierdie direkte video-uitsending op die internet.

Фильчаков Александр Васильевич

Palestyne spartel, VSA geïsoleer

Die Palestyne se inisiatief om by die VN erkenning te soek as ‘n staat, en wat Maandag voor die Veiligheidsraad sal dien, staar ‘n opdraande stryd in die gesig om die nege stemme wat nodig is vir goedkeuring te beveilig.

Sonder daardie stemme in die 15-lid liggaam, sal die Verenigde State van Amerika die verleentheid van die aansoek gespaar bly, asook ‘n verdere terugslag vir die spartelende vredespogings in die Midde-Ooste.

As die formele besprekings begin, meen diplomate dat die Palestyne slegs ses stemme op die raad kon inpalm, naamlik die van China, Rusland, Brasilië, Libanon, Indië en Suid-Afrika.

Die lande, behalwe Libanon, maak deel uit van die Brics-blok van opkomende magte wie se ekonomiese en diplomatieke invloed gegroei het mbv globale handel en die Verenigde State en Europa wat die vooruitsigte van nog ‘n resessie trotseer.

Maar diplomate sê die Brics-lande het geen spesiale poging aangewend om hul aansienlike gewig te gebruik om die Palestynse kwessie af te dwing nie. Hulle het in wese dieselfde benadering as altyd gevolg.

Washington bly egter geïsoleerd op die Raad as gevolg van voortgesette steun vir Israel. Talle VN-lidstate glo die vredesonderhandelinge met die Palestyne is deur Israel gesaboteer.

Om sy isolasie op die Veiligheidsraad te belemtoon was Washington die enigste stem teen die nedersettingsresolusie. Die ander 14 lede – insluitend Washington se Europese bondgenote soos Brittanje en Frankryk – is gekant teen die Verenigde State en Israel se besluit om voort te gaan om Joodse nedersettings in sogenaamde Palestynse gebiede op te rig.

Alhoewel die Europeërs saamstem met Washington dat die Palestynse VN-bod onverstandig is, is die EU en die Amerikaners se posisies ver van mekaar.

Palestynse president Mahmoud Abbas het Vrydag vir VN-lidmaatskap aansoek gedoen namens ‘n Palestynse staat in die Wes-Oewer en die Gazastrook. Die hoofstad sal Oos-Jerusalem wees.

Die raad sal die Palestynse aansoek om lidmaatskap Maandag agter geslote deure bespreek, maar geen onmiddellike optrede word verwag nie, het diplomate gesê.

Normaalweg kan die raad nie meer as 35 dae neem om ‘n aansoek om lidmaatskap te hersien en te evalueer nie. In Julie is Suid-Soedan, die 193ste VN-lid en die mees onlangse land om by die wêreldliggaam aan te sluit, in ‘n kwessie van dae goedgekeur en deurgegee aan die Algemene Vergadering, wat die besluit bekragtig het.

Westerse diplomate op die Veiligheidsraad sê dit is nie die geval met die Palestynse aansoek nie. Die Verenigde State en Israel is heftig gekant teen die skuif.

Maar Abbas het aan verslaggewers gesê hy verwag dat die Raad ‘n besluit sal maak in die komende “weke, of maande”.

Palestynse minister van buitelandse sake Riyad al-Malki het erken sy afvaardiging het nie voldoende steun nie. Om te slaag, moet nege stemme ten gunste en geen veto van die vyf permanente lede van die Raad – Brittanje, China, Frankryk, Rusland en die Verenigde State, uitgebring word nie.

“Ons is besig om na dit [die verkryging van nege stemme] te kyk en ek dink ons ​​sal dit bestuur,” het Malki gesê.

Malki het die name van Gaboen, Nigerië en Bosnië as sleutelroterende lede van die Raad genoem wat hy hoop om oor te wen na die Palestyne se kant. Tydens verlede week se Algemene Vergadering van die VN, het die drie “swaaistate” nie openbaar of hulle ten gunste van die Palestynse VN-lidmaatskap sal stem nie.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор