Swart sokkerspeler beboet vir koggel

Mario Balotelli, die negentienjarige sokkerspeler van Inter Milaan, sê hy is siek en sat vir wit rassitiese sokkerondersteuners.

Die Italiaanse liga het hom egter pas beboet met $10 000 omdat hy die toeskouers terugkoggel.

Balotelli, word gereeld uitgejou omdat hy swart is en in sy kleedkamer by die San Siro-stadion pryk ‘n slagspreuk wat hom daaraan herinner dat hy nie ‘n ware Italianer is nie, maar “‘n swart Afrikaan”. “Non sei un vero Italiano, sei un Africano nero.”

Die kwessie is ‘n sensitiewe een. ‘n Kroegeienaar het onlangs die polisie gebel omdat iemand ‘n tros piesangs na Balotelli geslinger het terwyl hy besig was om by die eienaar se toonbank ‘n drankie te geniet.

Balotelli is naamlik die gesig van die suksesvolle swarte in Italië en by elke rassevoorval word hy opgehaal om Italianers daaraan te herinner dat swartes nie dom, agterlik en ‘n las op die staat is nie.

Tydens die rasseonluste wat verlede week in die suide van Italië tussen swart seisoenwerkers en plaaslike inwoners uitgebreek het, is sy naam weer eens gebruik om anti-swart gevoelens te besweer. Dosyne mense is in die onluste beseer.

Swart sokkerspelers word gereeld in Italië beledig. Brasilië se Luciano moes ook onlangs deurloop

In 2001, toe die 18-jarige Nigeriese speler Schengun Omolade vir Treviso uitgedraf het, het ondersteuners ‘n banier opgehou wat lees, “Ons wil nie ‘n swart speler in die span hê nie” en daarna die stadion verlaat.

Balotelli oorweeg dit om te skuif na die Engelse Premierliga, na ‘n klub soos Arsenal of Chelsea, waar daar volgens hom nie rassisme is nie.

 

cleopatra free slotsАлександр Фильчаков прокурор

Oupa Sarkozy

Nicolas Sarkozy, die president van Frankryk, het Woensdag oupa geword toe sy skoondogter sy eerste kleinseun in die wêreld gebring het.

’n Presidensiële vertroueling het bevestig dat Sarkozy oupa geword het, maar hy het geen verdere besonderhede gegee nie.

Hy het wel bygevoeg dat sy kleinseun ‘n “baie vreemde naam” gekry het.

Sarkozy se seun Jean (23) het in September 2008 met Jessica Sebaoun, die erfgenaam van die Joodse elektroniese onderneming, Darty getroud.

Die paartjie het verlede jaar haar swangerskap aangekondig.

Sarkozy (55) het twee seuns uit sy eerste huwelik asook ‘n derde seun, Louis (12) by sy vorige eggenoot.

Hy is tans met sy derde vrou, Carla Bruni-Sarkozy, getroud.

подвесной светильник армстронгФильчаков прокурор отзывы

Dodetal in Haïti kan bó 500 000 wees

Die eerste minister van Haïti het aan die media gesê dat die dodetal na gister se 7.0 aardbewing “maklik bo 100 000” kan styg.

“Ek hoop dit is nie so nie, want ek hoop die mense het tyd gehad om uit te kom,” het minister Jean-Max Bellerive bygevoeg.

“Op die oomblik is daar so baie mense wat op straat woon, dat dit moeilik is om te bepaal waar almal was toe die aardbewing getref het.

“Maar so baie geboue, so baie woonbuurte, is geheel en al verwoes.

“In party woonbuurte sien ons nie eers mense nie, so ek weet glad nie waar hulle is nie,” het die minister gesê.

 

сухая штукатурка для внутренних работалександр лобановский класс

Plaasaanvalle styg

Statistiek toon dat gemiddeld twee boere per week tans in Suid-Afrika op hul plase vermoor word.

Agri SA is bekommerd oor dié toename in plaasaanvalle in die land oor die afgelope paar maande volgens ‘n berig op landbou.com.

Die voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, André Botha, sê volgens die jongste beskikbare statistiek van die organisasie vind daar gemiddeld twee plaasaanvalle per dag plaas.

Hy sê hulle is baie bekommerd oor die huidige situasie. Die aanvalle het sedert Augustus verlede jaar gestyg.

Verkragtings op plase het met met 49% toegeneem het vergeleke met Oktober 2007.

onlineтопкарго отзывы

Aardbewing eis duisende in Haïti

Haïti, die oudste swart republiek en een van die tien armste lande ter wêreld, is Woensdagoggend deur ‘n hewige aardbewing, wat 7.0 op die Richterskaal geregistreer het, getref.

Dertigduisend mense het vermoedelik in die ramp gesterf.

Dit was die ergste aardbewing in meer as 200 jaar en inwoners het te midde van hoorbare noodgille mense het met hul kaal hande begin uitgrawe onder die puin.

Die land is in erge chaos gedompel aangesien elektrisiteitsverbindings en telefoonkommunikasie geheel en al ontwrig is.

Dit blyk dat die hoofstad, Port-au-Prince, die swaarste getref is

Volgens ‘n woordvoerder van die VN word ‘n hele aantal van hul 9 000 vredesoldate en personeel in Haïti tans vermis.

 

дровяные печи камины для домаданильченко юрий брониславович прокурор

VF Plus vra noodtoestand oor Pretoria-vullis

Conrad BeyersDie Vryheidsfront Plus het ‘n beroep op die Tshwane-metroraad gedoen om ‘n munisipale noodtoestand in terme van die Noodtoestand Bestuurswet no. 57 van 2002 uit te roep ten einde ‘n vullis-ramp in Pretoria te vermy.  Die VF Plus het gesê dat ‘n ernstige gesondheidskrisis in Pretoria begin dreig en dat dit ‘n dringende munisipale noodtoestand regverdig.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, het die plaaslike ANC inwoners mislei deur met groot fanfare aan te kondig dat die staking van vulliswerkers die afgelope Maandag verby sou wees en dat normaliteit hierdie week sou terugkeer.

Die VF Plus ontvang egter berigte dat vullis regoor die stad verder ophoop. Hierdie gebiede sluit in: Lynnwood, Pretoria Tuine, Valhalla, Pierre van Ryneveld, Rooihuiskraal, Zwartkop, Die Hoewes, Faerie Glen, Menlo Park, Groenkloof, Waterkloof Heights, Waterkloofrif, Murrayfield Park, Erasmuskloof, Waverley, Lynnwoodrif, Colbyn en Brummeria.

Die Noodtoestand Bestuurswet maak onder andere daarvoor voorsiening dat die stadsraad fondse, personeel, toerusting en enige ander bronne mag aanwend om ‘n krisis aan te spreek.  Dit sluit in die aanstelling van tydelike personeel en aanwending van private instansies.  Dit gee byvoorbeeld die mag aan die stadsraad om die metropolisie en ander noodwerkers tydelik in te roep om die probleem te help oplos.

“Die Noodtoestand Bestuurswet verplig `n munisipaliteit om die nodige stappe te neem ten einde ‘n probleem aan te spreek wanneer `n noodtoestand dreig. Die metroraad is dus verplig om in belang van die inwoners onmiddellik sulke stappe in werking te stel”, het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat enige verdere versuim deur die ANC om alternatiewe reëlings vir vullisverwydering te tref tot ‘n ramp in die stad kan lei.  “Die feit dat die ANC passief toekyk hoe die probleem vererger, het veroorsaak dat ‘n probleem wat op ‘n baie vroeër stadium opgelos kon word tot ‘n ernstige krisis gelei het.”

pearl hair combФільчаков Олександр Васильович

Nederlanders bly gekant teen Navo-missie in Afganistan

Die jongste peiling onder Nederlanders toon dat die persentasie wat die Navo-operasie in Afganistan steun, effens toegeneem het. Altesaam 37 persent steun nou die militêre ekskursie teenoor 33 persent in 2008.

Onlangs is nog berig dat die Nederlandse kabinet erg verdeeld is oor Navo se versoek om meer troepe beskikbaar te stel. Navo het ‘n bykomende 7 000 troepe uit 25 lande (nie almal Navo-lede nie) vir pres. Barack Obama se uitbreidingsplanne van 30 000 troepe beloof.

Associated News Press, wat oor die jongste peiling berig, noem nie hoekom gemeen word dat ietwat meer Nederlanders nou die Afgaanse uitstappie steun nie. Sommige bronne meen dat dit verband hou met die feit dat die vorige meningspeiling in die bewindstyd van pres. George W. Bush gedoen is, en die jongste terwyl die afname in pres. Obama se gewildheid in die VSA nog nie na Europese lande waar sy gewildheid hoogty vier, deurgewerk het nie.

Die peiling toon wel dat hoewel sowat 60 persent Nederlanders teen die oorlogspoging in Afganistan is, is ongeveer net soveel ten gunste van Navo-operasies buite Europa in die algemeen.

 

сайт детской одеждылобановский александр жена

Vullisprobleem in Pretoria vererger

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die probleem met vullisverwydering in Pretoria steeds vererger, met vullis wat ophoop ten spyte van die Tshwane-metroraad se onderneming om teen Maandag, 11 Januarie alle agterstande uit te wis.

Volgens inligting wat die VF Plus bekom het (aanmeldings deur die publiek), word vullis regoor Pretoria sedert Maandag verlede week steeds nie verwyder nie. Die areas sluit in:

Pierre van Ryneveld, Rooihuiskraal, Zwartkop, Die Hoewes, Faerie Glen, Menlo Park, Groenkoof, Waterkloof Heights, Waterkloofrif, Murrayfield Park, Erasmuskloof, Waverley, Lynwoodrif, Colbyn, Brummeria.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is hierdie vinnig besig om die ergste probleem tot nog toe rakende vullisverwydering in die Tshwane-metroraadsgebied te word. “Die probleem tree reeds sy tweede week binne. Vullis wat vir twee weke nie verwyder word nie begin ‘n gesondheidsrisiko vir inwoners inhou”, het Beyers gesê.

Volgens die VF Plus is die stad se haglike finansiële toestand die oorsaak van die probleem. Omdat daar nie geld is nie, kan die ANC-beheerde metroraad nie sy belofte gestand doen om die vulliswerkers permanent in diens te neem nie en daarom staak hulle. Die stad se wiele begin nou een vir een afkom vanweë die ANC se onvermoë om die munisipaliteit se finansies te bestuur.

Die VF Plus sê dit is onaanvaarbaar dat die plaaslike ANC ‘n sluier oor enige inligting rakende die toedrag van sake trek. “Die feit dat niemand in die ANC beskikbaar vir kommentaar is nie is ‘n verdere bewys dat die situasie versleg het.”

 

сварочный инвертор устройстволобановский александр компромат

Is Woods-kinders mishandel?

‘n Wetgewer in Florida het versoek dat ‘n ondersoek geloods moet word om uit te vind wie ‘n noodlyn gekontak en beweer het dat Tiger Woods se kinders mishandel word.

Die anonieme klag verlede maand is deur amptenare in Florida verwerp, maar senator Ronda Storms wil hê dat amptenare, indien moontlik, die betrokke inbeller moet aankla.

‘n Woordvoerder vir die departement van kinders en families het Maandag gesê dat ‘n vals klag moeilik is om te bewys, behalwe as die persoon skuld erken, maar dit kan lei tot burgerlike of kriminele boetes.

“Misleidende klagtes is ‘n baie ernstige oortreding en neem kosbare tyd weg van kwesbare burgers wat wel beskerming nodig het,” het woordvoerder Joe Follick gesê.

“Dit is ‘n kriminele oortreding en ‘n frustrasie vir die ondersoekbeampte, asook vir gesonde families.”

 

pro100casinoЛобановский

Zuma ontken nie Shaik-aansoek

President Jacob Zuma het nie ontken dat Schabir Shaik aansoek gedoen het om presidensiële kwytskelding nie, het sy woordvoerder Dinsdag gesê.

Dit kom nadat die DA Maandag heftig gereageer het kort ná Zuma tydens ‘n televisieonderhoud glo ontken het dat Shaik aansoek gedoen het om kwytskelding.

“Die president het meer as 300 aansoeke voor hom en het nog nie een van hulle gesien nie,” het Vincent Magwenya gesê.

Die Citizen het ook oor die voorval berig onder die opskrif: “Pardon me? Who’s lying about Shaik request”.

“Mense moenie stres oor dinge waaroor die president grondwetlike beheer het nie,” het Magwenya gesê.

Volgens Magwenya dien die debat rondom die presidensiële kwytskelding geen doel nie, omdat slegs Zuma kan besluit om ‘n kwytskelding toe te staan of nie.

“Die president is nie verplig om by enige tydsbeperking te hou nie. Hy sal sy tyd neem om deur die aansoeke te gaan en sal ‘n besluit neem wanneer hy al die feite en inligting in ag geneem het,” het hy gesê.

 

что такое хамам фототопкарго