Kaapse regter blykbaar vermoor

Die moontlikheid word ondersoek dat 'n waarnemende regter in die Kaapstadse hooggeregshof vermoor is.

Aanvanklik is gemeen dat regter Patrick Maqubela 'n hartaanval in sy Seepuntse woonstel gehad het, maar daar word nou na ander moontlikhede gekyk nadat 'n nadoodse ondersoek nie die presiese doodsoorsaak gewys het nie, het supt. André Traut Dinsdag gesê.

Maqubela se lyk is Sondagmiddag in sy bed gevind.

'n Aanvanklike diagnose deur 'n patoloog was dat hy waarskynlik Vrydag aan 'n hartaanval dood is.

Maar na 'n "deeglike Polisie-ondersoek het inligting en getuienis na vore gekom wat daarop dui dat daar moontlik gemene spel by betrokke is en daarom is 'n moordondersoek geopen," het Traut gesê.

Daar is glo ook getuienis van 'n moontlike misdaad op die doodstoneel gevind.

Die uitslag van 'n tweede doodsondersoek word nou verwag.

Maqubela , 'n oud-MK soldaat wat in 1982 tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir hoogverraad, het aan die Heferkommissie in 2003 gesê hy weet wie die informant was wat die veiligheidspolisie oor sy doen en late ingelig het.

Hy het volgehou dat dit nie die toenmalige nasionale direkteur van openbare vervolging Bulelani Ngcuka was nie. Die informant, wat net as mnr X bekend gestaan het, word verantwoordelik gehou vir die ondermyning van Umkhonto weSizwe's (MK) se militêre operasies in KwaZulu Natal in die vroeë tagtigs.

Mac Maharaj en Mo Shaik wat Ngcuka daarvan beskuldig het dat hy 'n apartheisspioen was, het volgens Maqubela ook geweet wie eintlik die werklike spioen was.

стенды развал-схожденияФильчаков Александр Васильевич

SA top wapenuitvoerder

Die lys van die wêreld se top wapenvervaardigers onder ontwikkelende lande kan die ANC laat bloos aangesien die party nou sal moet verduidelik hoe Suid-Afrikaanse wapens in konflikgebiede in die DRK en Khartoem opduik.

President Mugabe is ook onlangs 'n besending nuwe Suid-Afrikaanse wapentuig vir sy polisiemag belowe. Denel, wat voorheen as Krygkor bekend gestaan het, word deesdae as 'n privaat wapenmaatskappy bestuur.

Suid-Afrika is nommer agt op 'n lys van top wapenuitvoerders wat Reuters gepubliseer het.

Die top tien invoerders, in volgorde van nuwe bestellings vir 2007 in miljoene dollar aangegee, is

1. Saudi Arabië 10600

2. Indië 5000

3. Pakistan 4200

4. Sirië 3700

5. Suid-Korea 2700

6. VAE 1900

7. Irak 1900

8. Egipte 1700

9. Oman 1400

10. Israel 1000

In volgorde van wapens gelewer in 2007

1. Indië 1600

2. Israel 1500

3. Egipte 1500

4. Saudi Arabië 1100

5. Pakistan 1100

6. Suid-Korea 1000

7. Venezuela 1000

8. Suid-Afrika 800

9. Taiwan 800

10. China 700

(Data in huidige dollars. Bron: Conventional Arms Transfers to Developing Nations 2000-2007, US Congressional Research Service)

коляска для куклы киевФільчаков Олександр Васильович прокурор

Nigeri? kry omkoopgeld wat Switserland terughou

Die regering van Switserland het onlangs gesê hulle sal $150 miljoen se omkoopgeld van Halliburton wat in Switserse banke teruggehou word oorbetaal aan Nigerië.

Switserland se minister van buitelandse sake, Michele Tealry-rey, het gesê haar land sien Nigerië as 'n ekonomies en polities strategiese land en sal alles doen om 'n goeie verhouding te kweek. Sy het Nigerië se minister van buitelandse aangeleenthede, Ojo Maduekwe, oor die aangeleentheid ontmoet.

Nigerië het aangedui dat 60 Switserse maatskappye in Nigerië teenwoordig is met investering ter waarde van $200 miljoen.

Die Nigeriese regering het hulle dankbaarheid teenoor Switserland verklaar dat hulle begrip toon in die Halliburtonsaak, nadat 'n eerste $150 miljoen in 'n bankrekening in Zürich opgespoor is. Die name van die rekeninghouers is nie bekend gemaak nie.

Ongeveer $180 miljoen is glo aan sommige Nigeriese hoëamptenare in omkoopgeld betaal deur filiale van Halliburton om $6 miljard se kontrakte te bekom.

парус на передней мачтеФильчаков прокурор харькова

Honde-aanval draai by Portugese konsulaat

Die voorval waar Herman van Coller en sy broer wat hulle honde op Jose Ferreira losgelaat het omdat hulle gedink het hy is swart, het nou in 'n diplomatieke herrie ontaard. Die gebrek aan polisieoptrede het die Portugese Konsulaat glo woedend.

Die aanval het op die Van Collers se plaas Hekpoort naby Delmas in Mpumalanga, plaasgevind op 12 Mei, nadat Ferreira se vragmotor vroeg die oggend daar sonder diesel gaan staan het.

Nadat hy om hulp gaan aanklop het, het die eienaars hulle honde op hom losgelaat. 'n Klag van poging tot moord is teen die broers aanhangig gemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die broers het glo gesê hulle het gedink hy is 'n "kaffer".

Die Portuguese konsul-generaal Carlos Pereira Marques het die insident as "skokkend" beskryf en die aanval as "brutaal" en die hoop uitgespreek dat die regstelsel sy gang sal gaan.

Die gesin het nie geld vir behandeling en berading nie en die konsulaat staan Ferreira nou by.

Die Ferreira's het hulle besigheid in Jeppestown in 2004 toegemaak toe Ferreira geskiet en beseer is in 'm rooftog. Hulle probeer nou oorleef van die verkoop van lekkers en koekies.

Delmas se polisiewoordvoerder Ntombifuthi Mashiane het aan The Star gesê die ondersoek is afgehandel en die staatsaanklaer sal teen die einde van die week 'n besluit neem.

Die plaaslike ANC-tak is ook ontstoke omdat insidente waar honde op mense losgelaat word glo dikwels voorkom.

пуско зарядное устройство купитьлобановский александр игоревич харьков

Zille bekook plan vir armes

Helen Zille se plan om spesiale ekonomiese sones op te rig om werk te skep is met skeptisisme deur die ANC en die Kaapstadse Kamer van Koophandel begroet. Haar plan behels die skepping van uitvoersones wat aan beleggers die geleentheid sal bied om teen verminderde tariewe te opereer.

Sy het vroeër dié maand in haar premiersrede aangedui dat sy só 'n stap beoog. Sy het gesê beleggers is nie vyande van die armes nie, maar moet geleenthede gegun word om nie aan bande gelê te word deur moeilike wette en oormatige regulering nie. Sodoende kan arbeiders wat nuut tot die mark toetree 'n kans kry om ekonomies produktief te word.

Die ANC se Garth Strachan het gesê sy party sal die sones teenstaan. Hy het gesê sulke sones het nêrens elders gewerk nie want beleggers vra meer aansporingsmaatreëls terwyl werkers se regte vertrap word.

Albert Schuitmaker van die Kaapstadse Kamer van Koophandel het gesê minder as 40% van vryehandelsones is suksesvol. Hy het gesê sulke sones moet naby 'n groot afsetgebied geleë wees om suksesvol te wees.

"Met Suid-Afrika is die potensiële mark Afrika suid van die Sahara, maar dit het nog nie werklik vrugte afgewerp nie," het hy gesê. Hy het bygevoeg dat navorsing nodig is om vas te stel wat die voorwaardes is om sulke sones op te rig en die redes waarom hulle suksesvol is.

Zille het gesê die grondwet gee uitvoerige magte aan die provinsies.

"Ons moet wys dat ons beleggersvriendelike beleid beter geleenthede vir die werkloses bied. Die armes weet dit reeds. Dit is waarom hulle in sulke aansienlike getalle hierheen trek."

купить тамбов компрессоры, пневмолинииАлександр Фильчаков

Switsers raak verregaande twak oor Kruger kwyt

Paul Kruger se dae as 'n vryheidvegter is vir goed verby, ten minste in Switserland.

Die Boereleier wat die Britte die stryd aangesê het vir die beheer van die noordooste van Suid-Afrika, het sy erestraat Maandag in die Switserse stad van St Gallen verloor.

In 'n seremonie wat deur Suid-Afrikaanse diplomate bygewoon is, het die boudirekteur Elisabeth Beery "Kruegerstrasse" as "Duerrenmattstrasse" herdoop. Friederich Duerrenmatt was 'n moderne Switserse dramaturg.

Beery sê die verandering is 'n poging om rassisme te verwerp.

Kruger, waarna die goue Krugermunte ook vernoem is, het glo volgens die boudirekteur deelgeneem in die slagtings van swart Suid-Afrikaners en het deurentyd in sy lewe na hulle as "barbare" of erger verwys. Sy idees het, volgens Beery, latere apartheidsleiers inspireer.

Kruger is in Clarens, Switserland, oorlede in 1904.what to post on instagram for businessлобановский харьков

Eskom se kapitaalbehoeftes 10 keer groter

Eskom se kapitaalbehoeftes het 10 keer groter geraak die afgelope vyf jaar, van R11 miljard na R104 miljard in 2010, het Jacob Maroga Maandag gesê.

Daar is 'n groot tekort in hulle finansies selfs nadat die regering se befondsing en lenings ingereken word en dit verduidelik die instelling se interimaansoek om 'n tariefverhoging van 34% wat uit die verbruiker se sak moet kom.

Maroga het by die Nasionale Energiereguleerder van SA in Pretoria gepraat by 'n tweedaagse openbare sitting oor die aansoek om tariefverhoging.

Eskom het aansoek gedoen om 'n verhoging in die huidige finasiële jaar en beplan later die jaar 'n verdere verhoging om die balans van die driejaarprysmodel aan te vul. Maroga het gesê dit sal 'n interimoplossing wees, aangesien daar nog nie finaal op 'n befondsingsmodel besluit is nie.

Die model "sal die behoefte aan 'n ekwiteitsinspuiting van die regering en lenings van beleggers asook tariefverhogings balanseer", en sal teen September 2009 gereed wees. Daarna sal Eskom vir nog 'n verhoging aansoek doen.

Eskom het na indringende vrae van Nersa gesê hulle het nie "duidelike oplossings" vir die impak wat die voorgestelde verhogings op die armes sal hê nie, maar het dialoog voorgestel as 'n probleem opduik.

Solidariteit en die Intensiewe Energieverbruikersgroep het die hoë kostes van die semistaatsinstelling bevraagteken in hulle gedetailleerde aansoek. Kaapstad en die Nelson Mandela-munisipaliteit het die aansoek teengestaan omdat hulle meen dit is onregmatig.

Advokaat Graham Richards van die Nelson Mandela Bay Munisipaliteit het gesê Eskom ondermyn wetgewing omdat Nersa 'n statutêre liggaam is wat administratiewe besluite neem en nie die mag het om oor onwetmatigheid te beslis nie.

Deur die interimtariefverhoging toe te laat sal munisipaliteite blootgestel word aan litigasie omdat Eskom nie by tysbepalinge gehou het nie en ook nie genoegsame redes verskaf het om die stygings te regverdigsoos die wet vereis nie.

Die Kamer van Mynwese het gesê Eskom se aansoek om tariewe te verhoog, is vaag. Cosatu het ook die aansoek verwerp. Hulle industriële beleidskoördineerder, Jonas Mosia, het aangedui dat meer as 208 000 werkers hulle werke verloor het agv die finansiële krisis en "nou moet die armes die las van hoër elekrtisiteitstariewe dra".

Solidariteit het Eskom versoek om na hulle twee grootste kostes te kyk naamlik steenkool en personeel. Dirk Herman het die instelling gevra waarom hulle kostes so "astronomies" is en voorts direk gevra dat Eskom 'n ondersoek doen "omdat daar iets verkeerd is".

Sedert 2008 het die prys van steenkool met 60% geval. Herman het 'n 12% verhoging voorgestel wat bedryfskoste sal dek, afhangend van die uitkoms van die ondersoek.

Die sitting sal Dinsdag voortgaan en Eskom sal teen 25 Junie 'n besluit neem.
купить интернет магазин украинаФільчаков Олександр Васильович

Agt sterf vermoedelik agv water

Watermonsters van 'n rivier in die Oos-Kaap is vir analise weggestuur nadat agt mense in die Mphekostat oorlede is, het die departement van waterwese Maandag gesê.

"Die departement sal 'n volledige ondersoek doen en het reeds watermonsters van tradisionele waterbronne in die gebied geneem naamlikvan die Mpheko Rivier en Phantsi Kwentabafontein, " het woordvoerder Sputnik Ratau gesê. Die uitslag sal teen Woensdag bekend wees, het hy bygevoeg.

Agt mense in die Mphekostat naby Mthatha is dood nadat hulle diarrhoea ontwikkel het en braking. Daar word vermoed dat besoedelde drinkwater dalk die oorsaak van die sterftes van die afgelope paar weke kan wees.

Gesondheidswoordvoerder van die Oos-Kaap Sizwe Kupelo sê daar was geen gevalle van cholera in die gebied aangemeld nie.

"Ek kan bevestig dat dit nie cholera is nie, omdat dit nie in die winter voorkom nie," het hy gesê.

Ratau sê departementele amptenare is na die gebied gestuur en hulle werk nou saam met die inwoners.

Die departement sal pogings in noue samewerking met die provinsie se departement van gesondheid en die OR Tambo-distriksmunisipaliteit koördineer as die waterdienstegesag in die gebied, het Ratau gesê.

slots slotsФільчаков Олександр Васильович прокурор

Swaai na regs in Europese verkiesings

Image

Geert Wilders van die Partij voor de Vrijheid

Die sentrum-regse Europese Menseparty het die Sosialiste bloedneus gegee in die verkiesings vir die Europese parlement wat gister plaasgevind het. Dit lyk tans asof die sentrum-regse koalisie van 74 konserwatiewe nasionale partye in Europese lande 267 setels in die Europese parlement gaan verkry, teenoor die Sosialiste se 159.

Nasionalistiese partye het ook in vele lande opgang gemaak. In Brittanje, Nederland, Oostenryk, Denemarke, Slowakye en Hongarye het die nie-tradisionele regse partye opgang gemaak.

Mnr. Nick Griffin, leier van die Britse Nasionale Party wat deur die hoofstroommedia in die Verenigde Koninkryk as "verregs" getipeer word, het vir die heel eerste keer 'n setel in die Europese parlement verkry. Griffin het 'n setel in die Noordwesstreek van Brittanje verower en Andrew Brons het 'n tweede setel vir die party in Yorkshire en Humber verkry.

In Nederland het Geert Wilders wat nie te lank gelede nie deur Britse polisie by Heathrow-lughawe verhoed is om die land binne te gaan weens sy vervaardiging van 'n anti-Moslem-film genaamd "Fitna", nie minder nie as 15% van die stemme ontvang. Sy Partij voor de Vrijheid wat maar eers in 2006 tot stand gekom het, het binne enkele jaar van 'n nulsteunbasis tot die huidige vlak gegroei.

In Oostenryk het die party van die ontslape leier, Jorg Heider, die Freiheitliche Partei Österreichs 13% van die stemme onder sy nuwe leier HC Strache behaal.

Sosialistiese en linkse partye is oor die algemeen swaar deur die kiesers gestraf, met die uitsondering van Frankryk waar die eertydse Maoïstiese studenteleier, Daniel Cohn-Bendit, 'n Groen koalisie gelei het wat 16% van die stemme behaal het, teenoor die 28% van president Nicolas Sarkozy se sentrum-regse UMP.

Die oorwinning vir die sentrum-regse groepering in die Europese parlement, sal waarskynlik daartoe lei dat Jose Manuel Barroso, 'n konserwatiewe figuur, as president van die EU se uitvoerende Europese Kommissie mag aanbly. Dié pos vereis die goedkeuring van die Europese parlement.

Martin Schultz, die hoof van die Party van Europese Sosialiste, het die uitslag as "'n bittere teleurstelling" beskryf. "Ons het vir 'n beter uitslag gehoop. In die meeste lande het dit sleg vir ons afgeloop."

Die opkoms in die Europese verkiesing was die laagste sedert die eerste stemmery in 1979 gehou is, naamlik 41%. Kritici van die stelsel meen dat 495 miljoen burgers in die 27-lidlande van die unie vervreem van die parlement voel. Die Europese parlement word as die magtigste politieke liggaam ter wêreld, naas die Amerikaanse Kongres, beskou.

Die nasionale gevolge van die verkiesing is egter reeds in vele lande voelbaar. In Brittanje gaan die swak vertoning deur die Arbeiders tot verdere druk om te bedank op die eerste minister, Gordon Brown, lei. In Duitsland egter, is kanselier Angela Merkel se kanse om in September herverkies te word deur die goeie vertoning deur konserwatiewe partye versterk.

In Italië het eerste minister Silvio Berlusconi ook 'n geringe oorwinning behaal, in weerwil van die resessie en skandale rondom sy liefdeslewe.

Die terugslag vir die Europese sosialiste kan in die volgende lande die heersende linkse regerings destabiliseer: Brittanje, Ierland, Letland, Griekeland, Hongarye, Bulgarye en Spanje.

сварочный инвертор сОлександр Фільчаков прокурор

Die varkgriephoofstad van die w?reld

Nege van die Brisbane Broncos en North Queensland Cowboys rugbyligaspelers is Maandag in afsondering geplaas nadat een van hulle spanlede positief getoets het vir varkgriep.

Die Nationale Rugbyligaspanne het besluit om alle spelers wat met Queensland se Ben Hannant in aanraking was, te isoleer.

Australiese toetskaptein Darren Lockyer het bevestig dat Israel Folau, Karmichael Hunt, Sam Thaiday, Justin Hodges en Peter Wallace in afsondering verkeer.

Die Cowboys het gelas dat Johnathan Thurston, Luke O'Donnell en Matt Scott soortgelyke behandeling ontvang.

Australië se bevestigde varkgriepinfeksietal het tot 1 051 gestyg, en 874 gevalle kom in die suidelike staat van Victoria voor waar die rugbyligawedstryd verlede Woensdag gespeel is.

Die meeste gevalle is in die noorde en weste van Melbourne aangeteken wat tans as die wêreld se varkgriephoofstad bekend staan, met die hoogste infeksiekoerse op die aardbol.

Victoria se owerhede het aangedui dat hulle die varkgriepbedreiging van "beheer" na "keer" opgegradeer het en sal dalk oorweeg om groot byeenkomste soos sportwedstryde te kanselleer indien die infeksiekoers bly styg.

каминные комнатылобановский александр харьков