'n Beseerde Franse om-die-wêreld-seiljagvaarder is gered deur die Australiese vloot en is weer terug op die land nadat hy tydens sy solovaart afgehaal is in die afgeleë Suidelike oseaan.
Yann Elies is van die vloot se fregat HMAS Arunta afgedra op 'n draagbaar kort nadat die fregat by Fremantle-hawe naby die wes-Australiese hoofstad Perth aangekom het.
Die 34-jarige Fransman wat twee dae in die kajuit van sy seiljag in erge pyn deurgebring het nadat hy reeds Donderdag sy been gebreek het, was onder verdowing en het nie met die wagtende media gepraat nie.
Hy het net gewaai en die duim-in-die-lugteken gegee voordat hy in die ambulans gelaai is en geneem is vir dringende mediese behandeling.
Die bevelvoerder van die HMAS Arunta, Steven Bowater, het gesê dat Elies sou sterf indien die vlootvaartuig nie sy posisie sowat 800 seemyl suid van die Australiese vasteland bereik het nie.
"Ek kan bevestig dat die dokter 'n ondersoek gedoen het, en dat hy sou sterf indien ons nie daar aangekom het nie," het kommandeur Bowater aan verslaggewers gesê.

'n 31-jarige swartman is Sondag gearresteer vir die besit van 'n gesteelde voertuig in Katlehong, het de Gautengse polisie gesê.
Stygende geweld in Somalië, burgerlikes wat ontwortel word in die oostelike Kongo en gebrekkige mediese voorrade in Mianmar en Zimbabwe is onder die toptien humanitêre krisisse van 2008, volgens 'n jaarlikse lys wat deur Dokters sonder grense vrygestel word.
Cholera het in Zimbabwe reeds 1,123 mense gedood, sê die Verenigde Nasies en