praag.co.za

Rasgebaseerde programme herinner aan BJ Vorster: Lekota

Written by

in

Lekota het gepraat by 'n debat by die universiteit van KwaZulu-Natal. "Indien mens 100 arm mense het en 3 van hulle is blank en mens gee die program net vir die 97 sonder om dit vir die blankes te gee. Wat is dit? Wat is die verskil tussen ons en B.J. Vorster?"

"Geskiedkundig agtergeblewe is net nog 'n manier om te sê iemand is swart. Hoe kan ons die programme saamstel en sê dat dit net vir swartmense is?"

Hy het gepraat oor regstellende aksie en het gesê dat poste toegeken moet word aan bevoegde mense en nie eenvoudig gevul moet word op grond van kleur nie.

Die voormalige ANC voorsitter het gesê dat staatsamptenare aangestel moet word op grond daarvan dat hulle die beste persoon vir die pos is en nie vanweë hulle politieke affiliasies nie.

Lekota het gehou by die tema van politieke affiliasies en glo dat die land se gewapende magte en polisie nie geallieerd moet wees met enige politieke party nie.

Met verwysing na Zimbabwe het hy gesê dat daar 'n langdurige siening onder Afrika leiers is om nie in te meng met die interne sake van ander lande nie. Hy het wel gesê dat indien die interne sake "oorspoel" na buurlande toe, die SAOG lande 'n beleid dat aksie geneem kan word, moet implementeer.

котел на дровах для домаЛобановский

Comments

Leave a Reply