Swartman gearresteer vir gesteelde motor

Image'n 31-jarige swartman is Sondag gearresteer vir die besit van 'n gesteelde voertuig in Katlehong, het de Gautengse polisie gesê.

Kaptein Godfrey Maditsi het gesê 'n wynrooi Toyota Conquest wat vandeesweek  naby Jeppestown gekaap is, is deur middel van die opsporingstoestel gevolg tot by 'n huis in die Khumalovalleiseksie.

In die huis het die polisie twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie gevind, asook 14 selfone en vier kameras.

Die man is gearresteer en aangekla vir die besit van 'n gesteelde voertuig, besit van vermoedelik gesteelde goedere en besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die man wat oorspronklik van Mosambiek afkomstig is, sal Maandag in Germiston se landdroshof verskyn, het Maditisi gesê.

sumake пневмоинструментданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae