Zuma se waarskuwing

Image

Jacob Zuma

Die voormalige adjunkpresident, Jacob Zuma, het Sondag gewaarsku dat ’n heksejag teen persone uit die vorige politieke bedeling “probleme” kan skep. Hy het net buite Durban opgetree tydens die onthulling van ’n monument ter ere van UDF en ANC-aktiviste wat tydens politieke geweld dood is.

Die uitdaging vir die Nasionale Vervolgingsgesag én die land is om by die waarheid uit te kom, maar terselfdertyd nie versoening te benadeel nie, het Zuma gesê. Sy waarskuwing kom net nadat AZAPO ’n beroep op die regering gedoen het om “apartheidsluipmoordenaars“wat deur die WVK “vrygespreek“ is, te vervolg.

AZAPO wil ook hê dat FW de Klerk vervolg moet word. Volgens hulle kon hy “as die hoofskakel in die apartheidsbevelketting“ nie voorgee dat hy nie bewus was van apartheidsmisdade nie. “Wanneer iemand volksmoord pleeg, moet ons hom nie op mindere klagtes verhoor nie,” lui die AZAPO-verklaring.

FW de Klerk het verskeie koerante met regsaksie gedreig ná berigte dat hy moontlik betrokke sou wees by apartheidsmisdade.

Volgens Mbeki se kantoor hou die onlangse besluit om Adriaan Vlok en Johan van der Merwe te vervolg geen gevaar in vir die versoeningsproses in die land nie. Die riglyne wat die Nasionale Vervolgingsgesag tans volg is deur die kabinet goedgekeur en reeds deur die parlement aanvaar, het ’n presidensiële woordvoerder gesê.

или насоснаяОлександр Васильович Фільчаков

Hoe ry die trein, Suid-Afrika se soustrein…

Nozizwe Madlala-Routledge, adjunkminister van gesondheid, het dit goedgedink om haar seun en ’n konsultant in haar departement, Sukhthi Naidoo, saam te neem na Spanje. Die drie het besigheidsklas gevlieg, in ’n luukse hotel tuisgegaan en vrygewige dagtoelaes geniet.

Ministers en adjunkministers moet toestemming van die president se kantoor verkry voor hulle oorsee mag reis. In hierdie geval het die adjunkminister sonder toestemming gereis. Dit is deur middel van ’n anonieme brief aan Mbeki dat die president van hierdie reis kennis geneem het.

 

Volgens Madlala-Routledge is sy deur die Internasionale Vigs-Inisiatief genooi om hulle seminaar op 12 Junie vanjaar te gaan toespreek. Sy het die waarnemende minister van gesondheid, Lulu Xingwana, ingelig dat sy haar seun, Simon, asook die konsultant, sou saamneem. Totale koste vir die reis het sowat R161 000 beloop. Xingwana het haar egter geantwoord deur te sê dat sy die president hieroor moes raadpleeg. Op 11 Junie, die dag voor sy moes vlieg, het Madlala-Routledge ’n brief van Mbeki ontvang waarin hy die reis afgekeur het. Ten spyte hiervan het die adjunkminister wel voortgegaan met haar reis na Spanje.

 

In die anonieme brief word verder beweer dat Sukhthi Naidoo gereeld besigheidsklas vlieg en in luukse hotelle tuisgaan, alles op die belastingbetaler se onkoste. Gedetailleerde bewyse van sy spandabelrigheid is in die vorm van fakture by die brief aangeheg.

принцип ручной дуговой сваркиалександр лобановский харьков

Blade Nzimande ?n dief ?

Image

Blade Nzimande

Beide die City Press en Sunday Times het vandag berigte gedra oor Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), wat van diefstal verdink word.

Charles Kasinja Modise, ’n sakeman, beweer dat hy in 2002 R500 000 aan die SAKP geskenk het wat nooit die party se koffers bereik het nie. Hy het vroeër vandeesweek ’n saak by die Bedfordview-polisiekantoor aanhangig gemaak.

 

Modise beweer in sy verklaring aan die polisie dat die geld nooit uitgekom het by die partytesourier, Philip Dexter, nie. Hy het dit aan Willie Madisha van Cosatu gegee, wat dit op sy beurt aan die SAKP-sekretaris-generaal oorhandig het. Madisha het Modise vir ’n donasie genader ten einde die party uit ’n  finansiële verknorsing te red.

Nzimande het ’n ruk gelede vir Dexter uit die party geskors. Dexter het ’n jaar lank vrugteloos gesoek na wat van die donasie geword het. Hy het reeds met die polisie oor hierdie bewerings van diefstal gepraat.

Gwede Mantashe, voorsitter van die SAKP, meen egter daar steek niks in die klag nie en dat dit alles ’n poging is om Nzimande se reputasie te skaad.

оборудование дляпрокурор Фильчаков

Polisiekommisaris glo Zim is geen krisis

Image

Gelade…

Terwyl die besighede flink sake doen in Louis Trichardt agv lewensmiddeltekorte in Zimbabwe, en oorlaaide voertuie ‘n algemene gesig in die dorp is, het die toestroming van mense beslis ongewenste gevolge vir Suid-Afrika.

Abram Luruli, werknemer by die munisipaliteit, sê die Musina se sakeondernemers glimlag ook breed, maar die mensegolf het ‘n negatiewe impak op die plaaslike ekonomie. Zimbabwiërs is bereid om vir heelwat minder as Suid-Afrikaners te werk en is besig om plaaslike arbeid te vervang.

 
Daar is ook geen digitale spoor van mense wat deur die grensdrade kruip nie en dit maak dit uiters moeilik om enige boosdoener vas te trek. Zimbabwiërs wat dus by misdaad betrokke is, is amper onnaspeurbaar. En daar is aanduidings dat die vlugtelinge toenemend by misdaad betrokke raak vanweë hul hopelose situasie.

‘n Ander kwessie is dat verhoudinge tussen plaaslike inwoners en nuwe die aankomelinge ten beste gelade voorkom. ‘n Sypaadjiesmous kla byvoorbeeld dat ‘n jong Zimbabwiër (27) wat beeldjies en potjies in die skadu van ‘n kremetart verkoop om te oorleef, sy "plek" gesteel het.

"Dit gebeur dikwels hier," sê een van die oues wat tussenbeide tree om die dispuut te probeer ontlont. "Die Suid-Afrikaners is vies oor die koms van die Zimbawiërs wat hulle stelselmatig uitdryf op alle terreine en hul enigste bron van inkomste steel."

Edward Pusula, prokureur-generaal, is beslis dat oortredinge deur Zimbabwiërs aan die toeneem is. Hulle is, volgens Pusula, reisigers na groter sentra soos Johannesburg en Durban en is slegs tydelik in Musina.
 

"65% van oortredings wat deur die hof  Musina aangehoor word, word deur Zimbawiërs gepleeg, wat van diefstal, verkragting, inbraak en sluikhandel aangekla word." Maar volgens die polisiekommisaris se segspersoon, Moplafela Mojapelo, is die heersende toestand egter onder beheer.

"Ons het ‘n paar onwettige immigrante hierdie jaar aangekeer," sê hy. "As hulle gevang word, word hulle teruggestuur. Dis ‘n probleem, maar die situasie kan nog nie as ‘n krisis beskryf word nie."

 

куклы пупсытопкарго развод

Orgie van seksuele geweld in DRK

Die VN se spesiale ondersoeker, Yakin Erturk, het aan die begin van die week gesê dat die menseregtevergrype in die DRK "ver meer" as die gewone soort skendings behels en seksuele slawerny, gedwonge bloedskande en kannibalisme insluit. Dié vergrype is die heel ergste wat sy in vier jaar teëgekom het in haar ondersoeke na geweld teen vroue.

Erturk was op ‘n missie van 11 dae en het so pas teruggekeer om haar bevindinge bekend te maak. "Die vergrype wat gewapende groepe pleeg is van ‘n graad van wreedheid wat verkragting oorskry," het sy gesê. Vroue word deur bendes verkrag, voor hul gesinne en gemeenskappe en dikwels word  manlike  gesinslede met wapengeweld gedwing om mekaar te verkrag.

 
"Vroue word dikwels in hul genitalieë geskiet of gesteek nadat hulle verkrag is. Vroue wat maande se seksslawerny oorleef vertel dat hulle gedwing word deur hul folteraars om ontlasting te eet of die vleis van vermoorde gesinslede," het sy bygevoeg.

Die toestand in die land is volgens haar "kommerwekkend en moet dadelik aangespreek word." Daar is blykbaar al 4 500 gevalle van verkragting vanjaar aangemeld, maar sy meen die syfer kan baie hoër wees. Die meeste slagoffers woon in afgeleë gebiede en rapporteer nie verkragting nie of oorleef dit selfs nie. Die Panzi-hospitaal in Bukavu ontvang jaarliks 3 500 gevalle van vroue wat aan fistula en ander ernstige genitaliese beserings ly.

Seksuele oortredinge is  "buite beheer" en word deur rebelle, regeringsmagte en die nasionale polisie gepleeg. "Groot dele van die bevolking beskou dit as normaal," het Erturk verklaar. Burgerlikes is uitgelewer aan gewapende jong mans. Indien hulle met die "verkeerde" mense praat of hulle huisves, word hulle aangerand, verkrag en ook vermoor.

Erturk was ook "geskok" om te verneem dat die polisie en weermag sonder enige inhibisie teen onrusmakers optree en hulself bó die wet ag. Hulle plunder, martel en voer groepsverkragtings uit sonder om te aarsel. Sy het verwys na ‘n geval waar 70 polisielede so ‘n wraakaanval uitgevoer het.

бытовые глубинные насосыалександр лобановский харьков

Skool afgebrand

‘n Leerling en onderwyser by die Badirile Secondary School is deur mede-leerlinge aangerand en die skool is aan die brand gesteek. Die aanranding het tydens skooltyd op die perseel geskied.

Die leerder, wat ‘n pleidooi wou lewer dat sy skoolmaats weer hul klasse hervat, is is deur mede-leerders geslaan en geskop. Hy het ontsnap, by ‘n polisiestasie gaan skuiling soek en die saak gerapporteer.

Die skoolboikot in Khutsong duur nou al etlike maande en leerders weier om na die klaskamer terug te keer.

Toe die polisie egter by die skool opdaag was die administrasiegebou sowel as die klaskamers reeds in ligte laaie.

‘n Onderwyser wat eweneens die kinders aangemoedig het om terug te keer, is ook aangerand. Nooddienste is ontbied om die brand by die skool te blus.

Nooddienspersoneel is daarna met klippe bestook toe hulle gepoog het om die vlamme te beheer.

сколько стоит гипсовая штукатуркаАлександр Фильчаков Васильевич

Passasiers bestorm stasie

Ontstoke passasiers het Maandag ‘n treinstasie in die noorde van Pretoria bestorm en skade aan die gebou aangerig. Hulle het tot geweld oorgegaan omdat die aankondiger blykbaar nie ‘n rede kon verskaf vir die feit dat treine nie betyds opdaag nie.

Nadat passasiers by die Mabopane-stasie se kaartjieskantoor ingebreek het, kaartjiemasjiene, rekenaars, ‘n mikrogolfoond, yskas en ander goedere gesteel het, het hulle gepoog om die gebou aan die brand te steek. 

Toe die brandstigting onsuksesvol blyk te wees, het hulle daarna hulself tot die treine gewend en begin om waens onder klippe te steek.

Treingebruikers kla dat die treine se laatkommery of onverkrygbaarheid hulle laat maak vir werk. Sedert Donderdag is daar probleme met treinvervoer. ‘n Woordvoerder van Tshwane Metrorail het die gedrag van passasiers nietemin veroordeel.

Polisie-inspekteur Ramaloko het volgens die Citizen bevestig dat daar ‘n saak teen die onlusmakers aanhangig gemaak is, maar niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die fout wat aanleiding tot die vertragings gegee het is glo intussen herstel.

 

светильник уличный на столб ркуФильчаков прокурор отзывы

‘SAPD versterk destabiliseringsaksie’ – Limpopoboere

Image

Gideon Meiring

“Die SAPD (Suid-Afrikaanse polisiediens) versterk die destabiliseringsaksie op die Limpopogrens.” Aldus mnr. Gideon Meiring van TLU-veiligheid wat gister op Sky News verskyn het waar hy en sy plaaswag onwettige immigrante gearresteer en aan die polisie vir deportasie oorhandig het.

Hy sê verder: “My bekommernis is: ons is nie verniet naby aan Zimbabwe nie, die polisie toon dat hulle kant kies vir die onwettige immigrante, te oordeel aan die uitspraak van die provinsiale polisiekommisaris, Calvin Sengani.”

Sengani het gister tydens ’n onderhoud wat gisteraand op die SAUK-TV uitgesaai sou word, maar weens politieke sensuur teruggetrek is, beweer “dat daar geen wet ter wêreld is wat enigiemand verhoed om ’n grens oor te steek of deur ’n grensdraad te kruip nie”. In sy reaksie aan die SAUK, het Meiring dit as “absurd” bestempel en gewys op die nuwe immigrasiewet, wet 13 van 2002, wat bepaal dat enigeen wat die land binnekom anders as deur ’n wettige grenspos met ’n paspoort ’n misdaad begaan.

“Hulle pla nou die goeie mense wat wet en orde probeer handhaaf,” het Meiring voortgegaan. “Dis ’n tipiese Zimbabwe-reaksie wat toon dat ons land insgelyks gedestabiliseer gaan word.”

“Is die SA grense nou oop vir almal?” wou Meiring weet. Ook mnr. Dries Joubert, voorsitter van die distrikslandbou-unie van TLU-SA in die Noord-Transvaal het “met kommer” kennis geneem van die polisiehoof se standpunt dat Zimbabweburgers nou maar vrylik oor die grens mag kom.

In ’n verklaring wat intussen n.a.v. die burgerlike arrestasies van Zimbabwiese insypelaars deur die SAPD in Limpopo uitgereik is, word sulke arrestasies as “onwettig” bestempel en die boere as “vigilantes” afgemaak. Dieselfde woord is op Sky News gebruik om die boere se aksies te tipeer, hoewel die TV-snit nie in die geheel as negatief teenoor die boere getipeer kan word nie.

In reaksie hierop het mnr. Gideon Meiring vanmôre telefonies verklaar: “Ek hoop dis by gebrek aan ’n beter woord. ’n Vigilante neem die reg in eie hande, hy vang, verhoor, veroordeel en straf mense op die plek soos in sommige gemeenskappe in Suid-Afrika gereeld gebeur. Ons, daarenteen, is wetsgehoorsame burgers. Ons vang hulle (die onwettige Zimbabwiërs) en oorhandig hulle aan die polisie.”

In ’n verdere onderhoud wat gister op Sky News uitgesaai is, is die broer van Thabo Mbeki, Moeletsi Mbeki, vir sy mening rondom die Limpopokrisis uitgevra. Volgens hom is “die situasie tiperend van ’n regering wat totaal en al beheer verloor het en wat die boere nou doen, is korrek. Hulle het geen ander uitweg as om hul eiendom te probeer beskerm nie.”

Teenoor diegene wat meen dat daar binnekort verandering in Zimbabwe gaan kom, het Moeletsi Mbeki gesê dat “dit duidelik is dat hulle nie die Afrikakonteks goed verstaan nie. Mugabe is in beheer van die veiligheidsmagte. Solank as wat hy hulle beheer, sal hy aan bewind bly.”

Dat daar nou konfrontasie aan die oplaai is tussen Afrikanerboere in die Limpopoprovinsie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, wat blykbaar onwettige immigrasie vanuit Zimbabwe toenemend goedkeur, is gewis. Op ’n mediakonferensie gister het die polisiekommissaris van Limpopo, Calvin Sengani, verklaar dat boere geensins onwettige immigrante mag arresteer nie – totdat hulle misdade soos verkragting, plaasaanvalle of roof gepleeg het.

Boere soos Gideon Meiring en sy span wat dit wel doen, is met inhegtenisneming gedreig. Sengani het ook vorige uitsprake van sy eie polisielede weerspreek deur te beweer daar geen toename in onwettige immigrante vanuit Zimbabwe is nie. Dít, terwyl die polisie onlangs verklaar het dat tot 15 000 onwettiges binne ’n periode van twee weke in die Limpopoprovinsie gearresteer is.

Sengani het voorts gesê: “Hier is geen krisis in Limpopo of aan die land se noordelike grens met Zimbabwe, soos wat die afgelope tyd in die media berig is nie.

“Wanneer daar ’n toename in plaasaanvalle en rooftogte is, dan is daar ’n krisis, maar nie nou nie.”

Weereens in direkte teenspraak met sy vorige verklaring dat enigeen die grens mag oorsteek, het Sengani tydens die perskonferensie gesê dat dit die polisie se werk is om onwettige immigrante aan te keer en nie die boere s’n nie.

“Ons sal optree teen diegene wat onwettiges in hegtenis neem sonder dat hulle ’n misdaad gepleeg het, want diegene wat dit doen, maak hulself aan ’n misdaad skuldig. Indien ’n onwettige immigrant kla omdat sy hande en voete vasgebind is wanneer hy deur boere aangekeer word, kan hulle ’n klag van aanranding by die polisie indien.” Aldus Sengani.

Maar volgens Gideon Meiring en sy plaaswag gaan hulle “nie ophou om patrollies te ry, die onwettiges aan te keer en ons eiendom te beskerm nie. Die minister (Charles Nqakula) het mos gesê ons moet self iets doen om misdaad te bekamp, so nou doen ons dit.”

Daar heers ongekende buitelandse mediabelangstelling in die Limpopokrisis en al die groot nuusagentskappe, asook die BBC, is in die omgewing ontplooi om te berig oor hoe die Zimbabweramp besig is om na Suid-Afrika oor te spoel.

Intussen het die SAUK-TV, wat die onderhoud met Gidoen Meiring en kommissaris Sengani “weens tegniese redes” nie kon uitsaai nie, berig dat die Metodistekerk in die middestad van Johannesburg onderdak aan onwettige immigrante uit Zimbabwe verskaf. Dit verteenwoordig ’n oortreding van artikel 42 van wet 13 van 2002 wat “enige hulp, ondersteuning of huisvesting van onwettige immigrante” verbied.

Volgens Paul Verryn, die Metodistebiskop van Johannesburg, verskaf sy kerk tans slaapplek aan duisende onwettige Zimbabwiërs, sowel in Johannesburg as in Marabastad in Pretoria, met openlike minagting van Suid-Afrika se immigrasiewette.

play online slotДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Betogers versper N2-snelweg in Kaapstad

Betogers het die N2-snelweg naby die Borchardsteengroefafrit met motorbande en vullis afgesper, het die Kaapstadse polisie so pas laat weet.

“Omtrent 300 mense van Nyanga het die pad met motorbande en vullis Dinsdagnag versper,” het Jones gesê.

Rubberkoeëls is gebruik om die skare uiteen te jaag.

“Die situasie was gespanne en rubberkoeëls is gebruik om die skare uiteen te jaag,” het Jones gesê.

Hy kon nie sê waaroor die skare betoog het nie.

инструмент дляФільчаков прокурор

Melkmere en botterberge verdwyn

Image

Duur Duitse melk

Melkmere en botterberge mag dalk binnekort iets van die verlede wees in Europa. Melkprodukte kan met soveel as 50% styg. Markwaarnemer, Erhard Richarts het in die Dortmundse koerant, die Ruhr Nachrichten, gewaarsku dat daar ‘n prysskok gaan kom "soos wat Duitsland nog nooit belewe het nie."

Die Melkindustrie het aangedui dat ‘n blokkie botter wat tans 79 sent kos sal styg tot 1,19 euro. ‘n Liter melk se prys gaan van 5 sent tot 10 sent verhoog word. Die Uitvoerunie vir melkprodukte sê dat botter op ‘n twintigjarige prysrekord staan.

 
Die tweede grootste melkverwerkingsonderneming in Duitsland, Humana Milchunion, het ‘n drastiese prysverhoging vir melk en melkprodukte aangekondig. Volgens ‘n Rynland-Wesfaalse Instituut vir Marknavorsing moet verbruikers gewoond raak aan die verhoging in lewensmiddelpryse. Dit is nie probleme onder kuddes wat verantwoordelik is vir duurder melk nie, het die Instituut gesê.

"Aanvraag uit opkomende lande soos China en Indië asook die opbloei in biokragstowwe dryf die pryse van grondstowwe," het Torsten Schmidt, marknavorser, aan die koerant verduidelik. "Dit vind die Duitse verbruiker ook nou uit."

Ander kenners meen nietemin dat gesonde wedywering die verbruiker oor die lang duur sal beskerm teen pryse wat te hoog raak.

play arabian nightsДанильченко Юрий отзывы