Die polisie se reddingspan moes ook onder die siedende vloedwaters induik om deure en diefwering oop te breek om diegene binnekant te kan red.
Op sommige plekke in die provinsie is tot 400 mm reën gemeet. Kommunikasiestelsels is ontwrig en modderstortings het op dele van die N2 plaasgevind.
Omtrent twintig bejaardes moes van die dakke van huise by die Club Marina-oord in Ifafa gered word toe 'n rivier sy walle oorstroom en die huise onder water gedompel het.

'n Kernkragvoorstel deur die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies-veiligheidsraad tesame met Duitsland het Sondag geen formele reaksie van Iran ontlok nie.
Bedieners het gister in duie gestort toe miljoene mense van regoor die wêreld probeer het om die nuwe weergawe van die gratis webblaaier Firefox af te laai.
Thabo Mbeki, die Suid-Afrikaanse president, gaan vandag na Zimbabwe reis om sy Zimbabwiese ampsgenoot Robert Mugabe te ontmoet.
Die British International Express berig dat 'n VN-aanbeveling om van die koningin van Engeland ontslae te raak, woede in die Britse paleis veroorsaak het.