Plaasaanvallers by Brits op vrye voet

Die polisie in Noordwes is steeds op soek na vier verdagtes wat ‘n 74-jarige boer naby Brits vermoor het.

RSG berig dat nog drie mense wreed aangerand en beseer is tydens Vrydagoggend se aanval.

Die boer is drie keer in die bors geskiet.

Volgens die polisie is ‘n 94-jarige vrou beseer, terwyl ‘n 68-jarige vrou geskiet en met ‘n mes gesteek is.

‘n Sestienjarige is ook verskeie kere in die rug gesteek.

Die verdagtes het met ses selfone, R10 000 kontant, drie vuurwapens en ‘n voertuig gevlug.

Die voertuig is later verlate gekry.

Фильчаков прокурор

Sagteware-guru vas vir moord

Die sagteware-guru John McAfee, wat deur owerhede in Belize gesoek was in verband met die moord op sy buurman, is ná weke deur die polisie aangekeer, het ‘n inskrywing op sy blog Saterdag gelui.

“Ons het ‘n onbevestigde berig ontvang dat John McAfee op die grens van Belize en Mexiko aangekeer is,” het ‘n verklaring op sy amptelike blog, whoismcafee.com, gelui.

Die webwerf, wat deur McAfee geskep is om sy weergawe van gebeure te gee, het gesê meer inligting sal volg wanneer dit bevestig is.

Die polisie in Belize sê hulle wil die 67-jarige entrepreneur bloot ondervra oor die moord op sy Amerikaanse buurman, Gregory Faull, wat verlede maand dood in ‘n poel bloed in sy huis op die eiland Ambergris Caye gevind is.

Faull, 52, is agter in sy kop geskiet.

McAfee het ná die moord gesê hy vrees vir sy lewe, en voer aan dat hy deur owerhede geteiken word sedert hy geweier het om ‘n skenking aan ‘n plaaslike politikus te maak.

‘n Bron by die Amerikaanse ambassade het gesê vriende van McAfee in die dorp Carmelita het ontken dat hy aangekeer is.

topcargo

‘Vegkop’ inspireer glo nie

Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos “Vegkop”, “Maagdedye” en “Op die boude” sal glo hersien word.

Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word.

“Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer nie,” het LUR Senzo Mchunu gister in Durban by die bekendstelling van ‘n program om die skoolstelsel in die provinsie te transformeer, gesê.

Mchunu het gesê sy departement het ‘n aantal skole in KwaZulu-Natal ontdek waarvan die name “onvanpas en oninspirerend” is en was “geskok” om dit te sien.

“Hoewel ons erken dat skole na plaaslike inwoners, plaaslike prestasies en vooraanstaande persoonlikhede vernoem is, is die name in baie gevalle, nie bespreek met gemeenskappe nie.

“Die departement is bekommerd oor ‘n paar van die name en dit is om hierdie rede dat ons konsultasie sal begin met alle belanghebbendes hieroor,” het hy gesê.

Name van skole in die provinsie sluit die volgende in: Mgwazeni (Steek hom), Tilongo (Gevangenis), Ukufakwakhe (Sy dood), Hlaba (Slag), Esinqeni (Op die boude), Nkawu (Aap); Mkhuthuzeni (Sakkeroller), Mbambankunzi (Besteel hom) en Bhekumkhonto (Kyk vir spies).

Mchunu het gesê skole met Afrikaanse name sal ook verander word, maar hy het nie die skole by name genoem nie. Een so ‘n skool kan egter Vegkoplaerskool wees. ‘n Inwoner, Johan Venter, het egter gesê hulle kan maar die naam gerus verander, maar dit sal nie verander wat gebeur het by Vegkop nie.

Vegkop-stadion in Windhoek se naam is voorverlede jaar na die FNB Windhoek High School (WHS) Stadium verander. Dié stadion huisves ‘n skolerugbytoernooi.

“Ons wil nie name van die Amakhosi (tradisionele leiers) waarna sommige skole vernoem is, verander nie. Maar, as ‘n departement, het ons sterk gevoel daar is ‘n behoefte vir ‘n verandering. Gedurende die uitgebreide konsultasieproses, sal ons toelaat dat ‘n skool drie name opgee en ‘n naam sal daaruit gekies word.”

 

topcargo отзыв

M23 traag om Goma te verlaat

Kongolese rebelle van M23 het nog geen daadwerklike poging aangewend om uit die stad Goma te onttrek nie, het die Verenigde Nasies gesê.

Die VN se Veiligheidsraad het Woensdag gesê hy sal verdere sanksies teen die M23-rebelle, en diegene wat hulle ondersteun, oorweeg. Spesifieke lande is egter nie uitgesonder nie.

Die besluit is ook deur die VSA ondersteun.

Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het Woensdag gevra dat alle partye wat by die konflik betrokke is, hulle steun aan die M23-rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo moet staak.

Die rebelle het vroeër beweer dat hulle reeds uit die gebied begin onttrek het. Eduardo del Buey, die VN se adjunkwoordvoerder, het egter Woensdag gesê lede van die VN in die Kongo berig dat die M23-groep nog geen poging aangewend het om Goma te verlaat nie.

VOA berig dat die rebelle wel uitbeweeg maar dat die VSA “bekommerd is oor die vakuum” wat gelaat sal word as die rebelle onttrek.

лобановский харьков класс

SA verwelkom VN-besluit oor Palestina

Suid-Afrika het die Verenigde Nasies-besluit verwelkom om nie-lid waarnemerstatus aan Palestina te verleen.

Die VN het die besluit met 138 stemme teen nege goedgekeur, terwyl 41 lande buite stemming gebly het. Amerika, Israel en Kanada is van die lande wat teen die besluit gestem het.

Die besluit beteken dat Palestina kan aanspraak maak op verskeie noodsaaklike dienste van die VN soos toegang tot die Internasionale Strafhof, die Wêreldbank en die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Die Vatikaan is die enigste ander nie lid met waarnemerstatus.

лобановский александр биография

Cosatu wil tolpadstellasies afbreek

Volgens berigte dreig die vakverbond Cosatu om die beplande tolpadstellasies op die hoofweë af te breek uit teenkanting teen die stelsel. Die vakbond gaan ook teen die omstrede e-tolstelsel betoog.

Uitsprake van Cosatu dui daarop dat daar beplan word om Johannesburg en Pretoria tot stilstand te dwing voordat hulle volgende week met nóg betogings voortgaan.

Volgens Eyewitness News het Dumisani Dakile, Cosatu se Gautengse sekretaris, dié berigte egter ontken en gesê Cosatu se voorneme is om te eis dat die stellasies afgebreek word.

“Ons sal die departement van behuising en die plaaslike regering vra om die tolpadstellasies af te breek soos wat hulle huise in Lenasia afgebreek het.”

Phutas Tseki, Gautengse voorsitter van die vakbond, het vroeër ‘n beroep op die publiek gedoen om Vrydag, 30 November aan die optog deel te neem.

Александр Фильчаков прокурор

De Doorns: Nog ‘n staking kom

Wes-Kaapse plaaswerkers gaan volgende week hul staking oor lone en lewensomstandighede voortsit, het hul koalisie gesê.

“Mense sal op 4 Desember nie gaan werk nie. Ons moedig mense aan om plaasdorpe vir die dag tot stilstand te dwing,” het Mario Wanza, ‘n aktivis, namens die stakingskoalisie gesê.

Hy sê hulle beplan om in die gees van “vrede en vriendskap” met boere byeen te kom, om die pad vorentoe te bespreek.

Die koalisie verteenwoordig organisasies soos Women on Farms, Sikhula Sonke, the Black Association of the Wine and Spirit Industry, Cosatu en plaaswerkers wat nie aan vakbonde behoort nie.

Werkers het aan die begin van die maand in De Doorns begin staak om ‘n dagloon van R150 te ëis. Die meeste plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag.

Daarna het die betogings na 15 ander dorpe versprei, waar geweld uitgebreek het en twee sterftes aangemeld is.

Werkers het daarna ooreengekom om die staking tot 4 Desember op te skort sodat ‘n kommissie ondersoek kon instel.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het egter vandeesweek gesê dit is onmoontlik om dié spertyd te haal.

Sy het aangekondig dat die minimumlone eers in April volgende jaar hersien kan word.

лобановский александр игоревич класс

Marcus sê staatsbeheerde bank is ‘n vermorsing

‘n Staatsbeheerde sentrale bank sal ‘n vermorsing van miljarde rande wees, het Reserwebankvoorsitter, Gill Marcus, gister gesê.

“Wat wil jy bereik as ‘n staatsbeheerde bank wat anders is?” het sy gevra.

Die kwessie is geopper tydens ‘n National Union of Metalworkers van SA-konferensie waar Marcus as ‘n spreker genooi is.

Vroeër hierdie jaar, het Numsa sy standpunt dat die Bank genasionaliseer moet word herhaal.

Marcus het gesê aan die unie se afgevaardigdes dat die goewerneur van die Bank deur die president aangestel word en aandeelhouers het geen sê in die opstel van sy beleid nie.

Marcus het gesê sy is nie ten gunste van die nasionalisering van die Bank nie.

“Hulle het nie vir jou gesê dat die doelwit van nasionalisering is om hulself te verryk nie.

“Julle benadering sal die Bank in gevaar stel,” het sy gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Mandela-stigting sal Gerwel se wysheid, leiding onthou

Die Nelson Mandela-gedenksentrum het namens Mandela, die raad van trustees en die personeel hul medelye betuig met die familie van hul voorsitter, prof. Jakes Gerwel.

Gerwel het Woensdagoggend in die ouderdom van 66 in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal gesterf.

“Ons sal diep verlang na ‘prof’, soos ons liefdevol na hom verwys het,” het die sentrum gesê.

“Ons stigter (oudpres. Mandela) het jare lank saam met prof. gewerk, deur sy presidentskap en lank ná sy aftrede.

“Toe Madiba in 1999 ná een termyn as president van Suid-Afrika uitgetree het, het professor Gerwel, sy direkteur-generaal, die kantoor van die president verlaat om by Madiba aan te sluit vir sy presidensiële werk ná sy presidentskap.

“Prof. het die Nelson Mandela-stigting se raad van trustees en personeel gelei deur ons onlangse oorgang na die Nelson Mandela-gedenksentrum.

“As uitvoerende hoof van die gedenksentrum, het mnr. Achmat Dangor gesê: ‘Ons sal sy wysheid en kalm leiding mis’.”

Die 66-jarige Gerwel was Dinsdag in ‘n kritieke toestand nadat hy vroeër vandeesmaand ‘n drievoudige hartomleidingsoperasie ondergaan het.

Gerwel is op 18 Januarie 1946 in die Oos-Kaapse dorp Somerset-Oos gebore en het aan die Hoërskool Paterson in Port Elizabeth gematrikuleer.

топкарго кидалы

China wil een-kind-beleid ophef

China oorweeg dit om sy beleid wat slegs een kind per gesin toelaat in sekere omstandighede, te verander, het ‘n voormalige gesinsbeplanningsamptenaar gesê.

Die regering oorweeg die besluit neem omdat China, die land met die grootste bevolking ter wêreld, se bevolking vinnig besig is om te verouder.

Volgens die voorgestelde veranderings sal gesinne glo toegelaat word om ‘n tweede kind te hê, al is een van die ouers nie ‘n enigste kind nie, het Zhang Weiqing, voormalige hoof van gesinsbeplanning, Woensdag gesê.

Volgens die huidige reëls word ouers net ‘n tweede kind toegelaat as beide ouers nie broers of susters het nie.

Amptenare het daarop gewys dat die beleid soos dit tans toegepas word, verantwoordelik is vir die vinnige veroudering van die Chinese bevolking, wat in die toekoms groot ekonomiese implikasies kan inhou.

прокурор харьковской области