China oorweeg dit om sy beleid wat slegs een kind per gesin toelaat in sekere omstandighede, te verander, het ‘n voormalige gesinsbeplanningsamptenaar gesê.
Die regering oorweeg die besluit neem omdat China, die land met die grootste bevolking ter wêreld, se bevolking vinnig besig is om te verouder.
Volgens die voorgestelde veranderings sal gesinne glo toegelaat word om ‘n tweede kind te hê, al is een van die ouers nie ‘n enigste kind nie, het Zhang Weiqing, voormalige hoof van gesinsbeplanning, Woensdag gesê.
Volgens die huidige reëls word ouers net ‘n tweede kind toegelaat as beide ouers nie broers of susters het nie.
Amptenare het daarop gewys dat die beleid soos dit tans toegepas word, verantwoordelik is vir die vinnige veroudering van die Chinese bevolking, wat in die toekoms groot ekonomiese implikasies kan inhou.
