Nuwe name vir nuwe sake

Image

Natalse fisant, Francolinus natalensis

Met die verkenning van die land en sy diere en plante het daar natuurlik 'n behoefte aan nuwe name ontstaan. Bestaande name is soms oorgeneem. So is Kango 'n verminking van Khoi-Khoi-woorde wat "die vallei tussen die heuwels" beteken.

In die Kango is een van die mooi natuurverskynsels van die land in 1780 ontdek: die wonderlike kalkklipgrotte in die Swartberge digby die huidige Oudtshoorn. Die grotte, vandag as die Kangogrotte bekend, was op 'n plaas wat bekend was as de Combuys aan de Cango, die eiendom van Hermanus Steyn. Die ontdekker was moontlik ene Van Zyl. Hy het dit per ongeluk gevind terwyl hy 'n bokkie agtervolg het wat in 'n grot gaan skuiling soek het. Volgens 'n ander bron was dit 'n veewagter van Van Zyl wat beeste gesoek het. Van Zyl is toe met 'n tou laat sak in die gat wat die beeswagter gesien het.

In die sewentiende en agtiende eeu is tallose nuwe woorde vir die nuwe plante en diere, die boerdery en die maatskaplike lewe geskep. Die koloniste het aanvanklik soms Nederlandse benamings wat eintlik nie toepaslik was nie, vir nuwe plante en diere gebruik. Die gevolg is dat Afrikaans soms name gekry het wat vir heeltemal ander plante of diere gebruik is as die Nederlandse. Die Afrikaanse patryse lyk so veel op die Europese dat dit heeltemal natuurlik is dat die Suid-Afrikaanse voëls die Nederlandse naam gekry het. Nou word die groter voëls by ons fisant genoem, terwyl wat in Nederland onder fazant verstaan word, ander voëls is. In Nederland is die vink lid van die Fringillinae, waartoe ook die mossie behoort, terwyl die vinke by ons veel groter voëls is wat behoort tot die Ploceidae. Ons tier is in Nederlands 'n panter of luipaard, terwyl die dier wat in Nederlands tijger heet, hier nie voorkom nie.

Party van die baie wetenskaplikes wat die Kaap besoek het, meld ook die name wat die koloniste aan plante en diere gegee het. Die Sweedse plantkundige A. Sparrman wat in 1772 en 1776 aan die Kaap was, gee Kaapse benamings soos ijzervarken, tijgerkat, klipspringer en strandwolf. Hy het ander interessante dinge opgemerk: "Baas noem die slawe alle Christene, veral die opsieners en huishere."

Die reeds vermelde Franse reisiger, Francois le Vaillant, skryf dat die kinders hom "oom" genoem het en die mans "neef". (M.H.K. Lichtenstein meld weer dat mense hulleself "neef" of "niggie" genoem het.) Le Vaillant sê dat die mans hom met 'n handdruk ontvang het, die vroue met 'n soen. Dadelik ná sy aankoms is tee aangebied, en as die tafel gedek is, is die vreemdeling genooi om saam te eet. Ook is dit as vanselfsprekend beskou dat hy die nag onder hul dak deurbring. Vaillant het die boervroue aan die grens bewonder, wat net so onverskrokke as die mans geveg het teen wilde diere en vyande. Hy vertel van 'n weduwee wat haar plaas alleen bestuur het. Wanneer die San haar beeste bedreig, het sy op haar perd gespring en nie gerus voordat hulle verwilder is nie. Op 'n ander plaas het die 21-jarige dogter haar pa op togte vergesel.

simple bridal necklaceлобановский харьков

Verkenning van die land

Kusskeepvaart het tot in die negentiende eeu nodig gebly weens die gebrek aan goeie paaie. Die oudste pad in Suid-Afrika, die

Image

Fran?ois Levaillant, 1753-1824

"wagenpad na 't bos", het van die Kasteel af om Duiwelspiek en verby die huidige Rondebosch na die kloof bokant Kirstenbosch geloop waar die Kompanjiewerkers bome afgekap het.

Daar is in 1653 met die pad begin en dit het teen 1666 oor Constantianek tot by Houtbaai geloop. Die "ou Kaapse wapad" het al op die rand van die Kaapse Vlakte geloop na Pampoenkraal (waar Durbanville is) en dan na die Hantam. Die los duinsand op die Kaapse Vlakte het dit te moeilik gemaak vir 'n wa.

Van die Kompanjie se ekspedisies het beweeg oor die huidige Citrusdal en Clanwilliam tot by die mond van die Oranje. In 1655 het 'n ekspedisie gevorder tot by die huidige Malmesbury, en in 1667 tot by Clanwilliam. 'n Ekspedisie onder Simon van der Stel het die "Koperberge" naby Springbok in 1685 bereik. Al die paaie van Kaapstad na die binneland of die ooskus moes oor die bergreeks kom wat van Kaap Hangklip tot by Porterville strek. 'n Roete is in 1657 deur Abraham Gabbema verken. Die nasionale pad van Kaapstad na Johannesburg loop tot by die Paarl nog hoofsaaklik langs dié roete, behalwe dat die Roodezandpas of Tulbaghpad meer noord is as die Dutoitskloofpas. Dit was 'n gesukkel om oor berge en riviere te kom. Brûe het ontbreek; hier en daar was 'n pont, maar die meeste het driwwe gebruik.

Op Van der Stel se reis het Hendrik Claudius gekleurde tekeninge van diere en plante gemaak. Hy was een van talle mense wat die Kaapse natuurlewe beskryf het. In Rijk Tulbagh se tyd het J.A. Auge 'n groot bydrae gelewer tot die kennis van die Suid-Afrikaanse plante, onder meer ná 'n reis in 1761-1762 in Namakwaland tot oorkant die Grootrivier of die Gariep, soos die Khoi-Khoin dit genoem het. Dié rivier het op 23 Desember 1777 'n nuwe naam gekry. Kaptein Robert Jacob Gordon het in Oktober 1777 met 'n geselskap 'n soektog na die vermeende "Groot Rivier" begin. Net suid van die huidige Bethulie het hulle die rivier bereik en Gordon het die vlag van die prins van Oranje gehys en die naam Oranje aan die rivier gegee. Hy en luitenant William Paterson was die eerste blankes wat in Augustus 1779 die mond van die Oranje besigtig het. Gordon was een van die grootste ontdekkingsreisigers van ons land, maar sy reisjoernale en ander geskrifte is eers in 1964 in Engeland gevind.

Auge was gids op een van die reise van die Sweedse botanikus C.P. Thunberg, "vader van die plantkunde aan die Kaap", se eerste ekspedisie in 1772. Op dié tog is ook 'n menigte voëls en diere gesien. Thunberg maak melding van die pragtige hout wat die reisgeselskap veral anderkant Swellendam by die koloniste gesien het. Baie boere het kamassiehout gebruik vir meubels, maar vir tafels geelhout. Die mooiste van alles was egter die stinkhout. Stinkhout het ook 'n groot indruk gemaak op die Franse reisiger, Francois le Vaillant, wat in die 1780erjare drie jaar binne en buite die kolonie rondgeswerf het. Dit was vir hom die waardevolste houtsoort van Afrika. 

палатки купить киевФильчаков прокурор

Bedreiging van die lewendes

(met apologie aan Breyten Breytenbach)

 

Dames en here, vergun my om u voor te stel aan haar,

nie so maer; sy dra groen oë

en trek haar gebleikte hare om by die swart

wortels vir u ’n gedig uit te grawe        soos byvoorbeeld:

ek is bang om my oë uit te haal

én te sien wat aangaan

die hospitale van my land is stampvol gaterige mense

wat die vensters en die mure

die strate en die sypaadjies afgeslag

en glibberig rooi reën

 

my oë staar styf

ek/jy word op so ’n koeëldag begrawe

as vroue swart gesaad is        rou

die blare en blomme knak nat

die lig is weggeknaag die lug sweet wit bloed

maar ek sal weier om my oë te stil

 

knip die benerige vingers af

té pyn vir die mond om ooit te sê

trek stewels aan vir skop

sodat die dood hoorbaar die voete soen

swart kantel die gladde bekke metaal, bloeisels knal rooi

prewel vir ons groen gebede, o monnike!

 

plant ons heuwels vol verskeurde oorblyfsels van die leeubekke

hulle sal op ons grafte kak

in oop riole

kranksinnig en geslepe dwaal hulle sonder siele

vrese vrese vrese deurweek koppe

en my tong sal weier om my pen te troos

 

Kyk, hulle is erg skadelik; reken hulle elke kwaad toe.

[Met verwysing na Breyten Breytenbach se gedig “Bedreiging van die siekes”, soos gepubliseer in die bundel Die ysterkoei moet sweet, Afrikaanse Pers-Boekhandel 1964.]

 

кирпичные бани фотоДанильченко Юрий прокурор

Skipbreuke en die held Woltemade

ImageBartolomeus Dias het die Kaap “Stormkaap” genoem, en die naam was gepas. Sedert 1500 het honderde skipbreuke aan die Suid-Afrikaanse kus voorgekom. In die nag van 17 op 18 Junie 1722 het sewe Nederlandse en drie Engelse skepe byvoorbeeld in Tafelbaai vergaan en seshonderd man verdrink. Een van die skipbreukelinge van die Britse skip Chandos, 'n Portugese seun Ignácio Ferreira, het aan 'n leë wynvaatjie of 'n plank vasgeklou en op die strand uitgespoel. Aan die goewerneur het hy gesê dat hy ná die bittere ervaring nooit weer wil vaar nie, en het dringend gevra of hy aan die Kaap mag woon. Hy het verlof gekry om aan die Kaap te bly en het die stamvader van die Ferreira's geword.

Op 21 en 22 Mei 1737 het agt skepe in Tafelbaai vergaan, is 208 man dood en het byna twee miljoen gulden se handelsware verlore gegaan. Die noordwester was so 'n gevaar vir skeepvaart dat skeepskapteins opdrag gekry het om van 15 Mei tot 15 Augustus nie in Tafelbaai te anker nie, maar Simonsbaai. Dié opdrag is soms geïgnoreer want verversings was in die Kaap volopper as in Simonstad.

Ook in stryd met die opdrag het vyf skepe op 31 Mei 1773 in Tafelbaai gelê toe 'n noordwesterstorm hulle oorval. Die ankerkabels van een van die skepe, De Jonge Thomas, het vroeg die môre van 1 Junie tussen vyf- en sesuur gebreek, en die skip het teen halfsewe by Paardeneiland naby die mond van die Soutrivier teen die strand vasgeval. Geweldige branders het die maste verbrysel. Die skip het verbrokkel en baie het verdrink. 'n Aantal mense het egter aan die romp van die skip vasgeklou.

Burgers en soldate was van vroeg op die strand om te help. Later die oggend het onder andere Wolraad Woltemade daar opgedaag met voedsel vir sy seun wat lid was van 'n afdeling soldate wat die uitgespoelde goedere bewaak het. Woltemade wat êrens tussen 1700 en 1708 in Duitsland gebore is, was 'n tyd lank in diens van die Kompanjie en van 1771 af 'n melkboer op die plasie Malta, vermoedelik tussen die huidige Observatory en Soutrivier.

Toe Woltemade die wanhopige hulpgeroep van die mense op die skip en in die water hoor, probeer hy eers 'n reddingstou na die skip gooi, maar dit het misluk. Sy perd was sterk en gehoorsaam en het sonder om 'n oomblik te aarsel, op aansporing van sy baas die golwe ingegaan. Sewe keer het hy met die perd die sowat 300 meter na die skip afgelê en elke keer twee drenkelinge gered. Toe hy dit die agtste keer waag, het paniekbevange drenkelinge op hom en sy perd gespring en het almal verdrink.

Die res van die skip is ook te pletter geslaan. Nog 53 mense het die land bereik. Maar die res het verdrink — altesaam 138 matrose. Twee dae daarna het Woltemade se lyk uitgespoel en hy is sonder seremonie in 'n onbekende graf begrawe.

Die Here XVII was vol bewondering vir Woltemade se heldedaad. Hulle het sy vrou en seuns beloon en 'n nuwe skip, De Held Woltemade, na hom genoem. In die twintigste eeu het C.Louis Leipoldt en A.D. Keet gedigte oor hom geskryf. Die hoogste Suid-Afrikaanse eerbewys vir dapperheid deur 'n burger is in 1970 na Woltemade genoem.

уборочная техника,Фильчаков прокуратура харьков

Sewe Duiwels

"10:42:23 Jy doen nooit iets agter my rug nie." Dié woorde van Kruger aan Leyds was kenmerkend van die President. In die

Image

Piet Joubert

presidentsverkiesing van 1893 het die verkiesingskomitee van sy teenstander, genl. Piet Joubert, hom beskinder. Toe hy dit hoor, sê Kruger dat hy ook heelwat weet van Joubert, wat teen hom gebruik sou kon word. Op 'n vraag waarom hy dit dan nie doen nie, was sy antwoord: "Nee. Dit verbied ek elkeen, want dit weet ek uit die tyd toe ons nog vriende was."

Die President was dus 'n vyand van die Praatduiwel, soos Ou Oom Jan dit sou genoem het. Die Praatduiwel was een van die duiwels wat die skrywer Ou Oom Jan van 1882 af aan die lesers van die Patriot voorgestel het. Hulle was ook as klein boekies by D.F. du Toit & Co te koop. Dit was Di drankduiwel (1882), Di geldduiwel (1882), Di liegduiwel (1883), Di praatduiwel (1884), Di spogduiwel (1892). Later was daar ook Di afgunsduiwel (1897) en Di baasduiwel (1898). Die verhale is naderhand in een bundel uitgegee en het bekend geraak onder die titel Sewe duiwels en wat hulle gedoen het. Dit was een van die mees gelese vroeë boeke. Minstens een groot moderne roman sluit by Sewe duiwels aan. Dit is Kroniek van Perdepoort van Anna M. Louw (1975).

Ou Oom Jan was Jan Lion Cachet (1838-1912), die derde seun van gekerstende Amsterdamse Joodse ouers, uit Lyon (vandaan die Lion), Frankryk. Sy jonger broer was Frans Lion Cachet wat NG predikant in Transvaal was. Jan Lion Cachet was predikant in ‘n paar Gereformeerde gemeentes en van 1892 professor aan die teologiese skool van die Gereformeerde kerk in Burgersdorp. Hy was 'n vurige ondersteuner van die Afrikanerbond en medewerker van die Patriot. Die Dorslandtrekkers het Cachet beroep vir die "trekkende gemeente der Gereformeerde Kerk van Zuid-Afrika". Hy het vir die beroep bedank, maar hulle in 1881 in Angola besoek. In 1869 het hy sy allegoriese gedig "Di Afrikaanse taal" geskryf wat in 1896 gepubliseer is. Daarin is Afrikaans 'n "boerenôi" wat by vele "min geag" is; maar as sy eendag haar vryer kry, "'n Digter fol van moed", dan "fat ek hom by di hand,/ En maak ek hom, hoe swak ek skyn, / nog koning in die land".

Sewe duiwels was knap geskryf, al wil Cachet sy lesers elke keer iets leer, baie keer met tekste wat in die storie aangehaal word. In Di Liegduiwel het die dominee gepreek oor: "Lieg niet tegen elkander"; en Ou Oom Jan voeg by: "Party mense het kwaad geword, omdat Meneer die leuen 'n Afrikaanse landsonde genoem het." Dit was 'n kwaai aanklag, en daarby 'n oorveralgemening. Maar sommige buitelanders het Afrikaners in die negentiende eeu van oneerlikheid en onbetroubaarheid beskuldig. 'n Nederlandse vrou in Transvaal was geskok dat mense soms hul onderneminge nie nakom nie en hulleself dan verweer met die woorde: "Ek is nie 'n slaaf van my woord nie." Inderdaad was dié houding ver verwyder van die tyd toe 'n Afrikaner se woord sy eer was.

Cachet het gespot met die ydelheid en Engelse mode van sy tyd. In Di praatduiwel wou die jong nooiens van Praatville hul ongetroude jong nuwe dominee met ‘n adres verwelkom. Party wou dit in Engels hê, maar dit word afgestem, “die Patriot sou net weer spot”. Di Spogduiwel begin met Oom Karel se woede omdat sy pleegseun die naam van sy plaas Saaifontein verdoop het na Poplar Grove. Cachet het glo die meeste van Di Geldduiwel as verhaal gehou. En die Baasduiwel? Dit was die Duiwel van Huigelary!

одежда для барбиОлександр Васильович Фільчаков

Vandag is GRA-dag

Image

GRA-wapen

14 Augustus is inderdaad ʼn uitstaande baken op die pad van die Afrikanervolk. Dit was op 14 Augustus 1875 dat die Genootskap van Regte Afrikaners gestig is. Dit was hoegenaamd nie ʼn volksbeweging wat daartoe aanleiding gegee het nie. Inteendeel, dit was slegs ʼn paar begeesterde en doelgerigte manne wat die taak op hulle skouers geneem het.

Hoekom was dit nodig dat ʼn liggaam soos die GRA gestig moes word? Kom ek skets baie kortliks die faktore wat daartoe aanleiding gegee het.

In 1652 stig Jan van Riebeeck die verversingspos aan die Kaap. Al gou verander dit van ʼn verversingspos na ʼn kolonie waar mense uit Europa hulle kom vestig. Dit was hoofsaaklik mense uit Holland en Duitsland. Vir byna 150 jaar bly die Kaap ʼn Hollandse kolonie. Gedurende hierdie 150 jaar het daar meer Duitsers na die Kaap gekom as al die ander immigrante uit die ander lande tesame, Hollanders inkluis. In 1688 kom die Franse Hugenote. Hulle grootste bydrae was hul godsdienssin, hul kennis van wynbou en die vanne soos Du Plessis, Marais, Delport en  De Villiers.

In hierdie 150 jaar het die boere bekend as die Vryburgers, al hoe verder ooswaarts, weswaarts en noordwaarts beweeg, maar veral ooswaarts. Die verbinding met die moederkolonie Holland was uit die aard van die saak baie swak. Daar was nie boeke, koerante of skole nie, met die gevolg dat die taal, veral dié van die Vryburgers, begin verander het van Hoog Hollands na die sogenaamde Kaapsch Hollands. Hulle het dus nie meer suiwer Hollands gepraat nie, maar ʼn vereenvoudigde weergawe daarvan.

In 1795 word die Kaap vir die eerste keer deur Engeland verower en in 1806 vir die tweede keer. In 1814 word die Kaap ʼn permanente Engelse besetting. Die veroweraar het nou toestande in die lewe geroep wat die voortbetaan van die Hollandsprekendes as ʼn aparte nasie met ʼn eie taal bedreig het. Nederlands was toe nog die amptelike taal van die staat, die kerk, die Bybel, die skool en die platform. Die spreektaal was Afrikaans, toe nog genoem Kaapsch Hollands. Met die geringe skoolopleiding van daardie dae kon niemand Nederlands werklik magtig word nie en in briewe en toesprake is die verafrikaanse vorm gebesig. Dit was die natuurlike proses waartydens die spreektaal nog nie tot kultuurtaal verhef is nie.

Die Engelse veroweraar was van plan om van die Kaap ʼn Engelse kolonie in die ware sin van die woord te maak. Dit moes geskied langs die weg van verengelsing van alles en almal en die taal wat tog maar die nasieskap bepaal, moes dit eerste ontgeld.

Wat die staat aanbetref, kom daar op 5 Julie 1822 die volgende belangrike aankondiging: Na 1 Januarie 1823 moet alle amptelike stukke aan die goewermentsekretaris in Engels wees. Na 1 Januarie 1825 moet alle dokumente in Engels wees. Na 1 Januarie 1827 sou Engels die enigste amptelike taal van die geregshowe wees. Die taal van 90% van die bevolking is daarmee uit die regswese verban. As gevolg daarvan sou daar duur betaal moes word vir ʼn tolk in enige regsproses. Dit was dan ook een van die redes vir die Groot Trek, volgens Piet Retief se manifes.

In 1826 word die riksdaalder, skelling en oulap vervang deur pond, sjieling en pennie. Wat die kerk aanbetref, is die verengelsingsbeleid ook aktief toegepas Predikante is deur die staat betaal. Vanaf 1822 word ʼn aantal Skotse predikante ingevoer. Die sinode besluit in 1834 dat daar gestreef moes word om Engels in sommige van die eredienste te gebruik. Onder die voorwendsel om dit aantrekliker te maak vir die jong mense en om Engelse na die dienste te lok, is die aanddienste in Kaapstad, Worcester en Stellenbosch in Engels gehou. Ook die liedere het afgewyk van die Psalm- en Gesangeboek. Kerke in die platteland het gelukkig vry gebly van die invloede. Suiwer Boerekultuur het hier behoue gebly.

In 1809 het ʼn sekere Collins gesê: “Import English teachers and the next generation will be English.” In 1822 word Skotse onderwysers ingevoer en in elke dorp ʼn staatskool gestig. Vir die grootste deel van die bevolking was die skool egter net ʼn middel om die kinders Hollands te leer lees en skryf, sodat hulle die Bybel kon lees en uit die katkisasieboek kon leer. Waar die staatskole nie in hierdie behoefte kon voorsien nie, is van privaatonderrig gebruik gemaak en teen 1830 loop die staatskole feitlik leeg.

In 1839 gee die owerheid ʼn bietjie toe. Die kinders kon nou Hollands as vak neem as die ouers dit verlang. Verder sou alles Engels wees. In sommige dele van die land het die mense begin tevrede raak met die toestande sodat daar byvoorbeeld in Colesberg nie een leerling was wat Hollands as vak wou neem nie.

Verengelsing het stadigaan sy kloue begin inslaan in die volkslewe. Die siening was: Laat die kinders maar Engels leer, Hollands kom vanself. Die Afrikaners het begin minderwaardig voel. In die klaskamer is hulle gekonfronteer met die grootheid van die Britste ryk, ʼn ryk waaroor die son nooit ondergaan nie. Op die skoolterrein moes hulle net Engels praat. Dieé wat oortree het, is swaar gestraf. Hulle moes die Dutch Mark dra en honderde reëls uitskryf, soos “I must speak English”.

In 1870 tipeer CP Hoogenhout, ʼn digter bekend as Jan wat versies maak, die toestand soos volg: “Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy siet en hoor. In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.” In 1870 hoor ons vir die eerste keer dat mense van Afrikaans praat en dit kan beskou word as erkenning vir Afrikaans as selfstandige taal in teenstelling met die ou opvatting dat dit ʼn soort Hollands is.

Daar tree nou ook manne na vore wat hulle daadwerklik vir Afrikaans beywer. Onder hulle staan Hoogenhout, Pannevis en SJ du Toit uit. Pannevis en Hoogenhout skryf ʼn Afrikaanse Volkslied wat verafrikaans word deur SJ du Toit en DF du Toit:

“ʼn Ider nasie het syn Land

Ons woon op Afrikaanse strand

Vir ons is daar geen beter grond

Op al die wye wêreld rond

Trots is ons om die naam te dra

Van kinders van Suid-Afrika

 

ʼn Ider nasie het syn Taal

Ons praat van die Kaap tot in Transvaal

Wat almal maklik kan verstaan

Wat gaan die ander tale ons aan

Ons praat soos Pa en Oupapa

die landstaal van Suid-Afrika.”

 

Pannevis wou graag die Bybel in Afrikaans vertaal, maar die algemene opvatting was dat die tyd nog nie ryp was vir so ʼn gewigtige stap nie. Die Afrikaners moes eers taalbewus en nasiebewus gemaak word. Dit was dan ook die ideaal van die stigters van die GRA wat op 14 Augustus in die huis van Mnr. Gideon Malherbe in die Paarl vergader het. Die taalmonument is later op hierdie plek opgerig. Op daardie dag is die GRA dan ook amptelik gestig.

Teenwoordig was:

CP Hoogenhout, Voorlopige Voorsitter, 32

August Ahrbeck, voorlopige sekretaris, 24

Ds. SJ du Toit, predikant, 27

DF du Toit, onderwyser, 29

DF du Toit, wynboer, 25

PJ Malherbe, wynboer, 22

 

Opvallend is hulle jeug, hul baie sterk godsdienssin en hulle geloof. Elke hervormer is ʼn geloofsheld wat glo dat die onbestaande moontlik sal word. Die doel en strewe van die GRA was: Om te staan vir ons TAAL, ons NASIE en ons LAND. Op al hulle vergaderings en in alle amptelike stukke moet die Afrikaanse taal gebruik word.

Die belangrikste publikasie van die genootskap was ʼn koerant met die naam Die Patriot. Die Patriot maak op 15 Januarie 1876 sy eerste verskyning. Dit was aanvanklik ʼn maandblad wat 50 sent per jaar gekos het. In 1877 word dit ʼn weekblad. Vanaf 1878 is DF du Toit die redakteur, bekend as Oom Lokomotief. Die Patriot is wyd gelees tot in Transvaal en die Vrystaat en het reusewerk verrig in die belang van Afrikaans in die ou Kolonie.

Image 

SJ du Toit, in ʼn politieke frontverandering, kies kant vir Rhodes met die Jameson-inval in 1896 en kritiseer president Kruger. Die intekenare daal en Die Patriot sterf ʼn finansiële dood. Die Tweede Vryheidsoorlog speel ʼn groot rol hierin.

Ná die oorlog vlam die taalstryd weer op en kom die 2de Taalbeweging aan die gang. ʼn Mens voel maar klein as jy daaraan dink wat andere vir Afrikaans gedoen het, maar terselfdertyd behoort dit ʼn ieder en ʼn elk aan te vuur om ook vandag sy deel te doen. Gedurende hierdie tyd was daar manne wat ʼn reusestryd in belang van Afrikaans gevoer het. Ek sonder enkeles van hulle uit:

O, koud is die windjie en skraal

En blink in die doflig en kaal

So wyd as die Heer se genade

lê die velde in sterlig en skade

En hoog in die rande

Versprei in die brande

Is die grassaad aan roere

Soos winkende hande

 

O teurig die wysie op die ooswind se maat

Soos die lied van ʼn meisie in haar liefde verlaat

In elk’ grashalm se vou

Wink ʼn druppel van dou

En vinnig verbleek dit tot ryp in die kou!

 

Die gedig “Winternag” bewys dat Afrikaans ook die draer van die diepste gevoelsuitinge kan wees. “Winternag” is inderdaad ʼn keerpunt in die stryd vir Afrikaans. Dink daaraan dat die taal onveranderd gebly het soos die gedig in 1905 neergeskryf is!

Ek dink aan dr. DF Malan wat so ʼn groot bydrae gelewer het tot die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925. “Bring bymekaar almal wat bymekaar hoort uit innerlike oortuiging.”

Ek dink aan die politieke en vreeslose taalheld, CJ Langenhoven, wat die geleenthede om Afrikaans in die parlement te bevorder, goed gebruik het. Hy is natuurlik die skepper van “Die Stem”. Sy humor en satire is tot vandag toe vir sy lesers ʼn bron van plesier. Dis hy wat by geleentheid in die Parlement gesê het: “Die helfte van die parlementslede is bobbejane.” Natuurlik moes hy die opmerking terugtrek. Hy doen dit met die woorde: “Die helfte van die parlementslede is nie bobbejane nie!”.

Deur sy pittige en soms ernstige skryfwerk, het hy Afrikaans geweldig bevorder. Een van sy sêgoed het my as jong seun diep beïndruk en ʼn rigsnoer in my lewe geword. Afrikaans is my pêrel van grote waarde waarvan dit ʼn goedkoop prys sou gewees het as ek tot die betaling daarvan geroepe sou gewees het om al my besittings af te staan. Toe dit goed met ons gegaan het, het ek nooit daaraan gedink nie. Vandag het daardie woorde weer besondere betekenis verkry.

Ek haal nog ʼn taalheld aan, Jan FE Celliers:

Ek hou van ʼn man wat sy man kan staan

Ek hou van ʼn man wat ʼn slag kan slaan

ʼn oog wat nie wyk, wat ʼn bars kan kyk

en ʼn wil wat so vas soos ʼn klipsteen staan

 

Ek hou van ʼn man wat sy moeder eer

In die taal uit haar vrome mond geleer

En…

 

Daar is vandag vele wat redeneer oor wie die Afrikaner en wat die herkoms van Afrikaans is. Die swart mense in Mosambiek praat Portugees, maar dit maak hulle nie Portugese nie. Baie van die inwoners van Sentraal-Afrika praat Frans, maar dit maak hulle nie Franse nie. Baie kleurlinge in Suid-Afrika praat Afrikaans, maar dit maak nie van hulle Afrikaners nie.

Op grond van my kennis van die Afrikaanse, Nederlandse en Duitse grammatika en letterkunde kan ek met groot oortuiging sê dat Afrikaans ʼn suiwer Germaanse taal is. Die storie dat Afrikaans ʼn produk van die slawe en die Hottentotte aan die Kaap is, is absolute snert, al sê watter hooggeleerde professor dit ookal. Daarvoor is die Afrikaanse grammatika ʼn bietjie te ingewikkeld.

Natuurlik is daar leenwoorde uit die Bantoe-tale, uit Maleis, Portugees en uit Khoisan. Daar is ook leenwoorde uit Engels en Frans, maar dit is min en beperk tot selfstandige naamwoorde en bywoorde. Elke taal het sulke leenwoorde. Die werkwoord, die hart van enige taal, en die sintaksis is onaangeraak deur vreemde invloede – dis suiwer Germaans.

Ons spreekwoorde kom uit Nederland en Duitsland, byvoorbeeld:  Je Kahler der Junker desto ärger der Prunker – in Afrikaans – Hoe kaler jonker, hoe groter pronker. Hierdie spreekwoord kom uit die ou Oos-Pruise, die mees oostelike provinsie van die Duitse ryk.

Huidig lewe ons weer te midde van ʼn erge taalstryd. In baie opsigte is dit veel erger as aan die begin van die vorige eeu. Dit is wel waar dat geen taal uitgeroei kan word, tensy die hele volk wat die taal praat, uitgeroei word nie. Dit is die goeie nuus, maar die slegte nuus is dat ʼn volk nie net fisies vernietig kan word nie, maar ook geestelik.

In hierdie situasie is daar geen beter hoop of troos of raad as CJ Langenhoven se laaste strofe van Die Stem nie:

Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou

Skenk ook ons die krag, o Here om te handhaaf en te hou

Dat die erwe van ons vaadre vir ons kinders erwe bly

Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou o Heer

Met ons land en met ons nasie, sal dit wel wees God regeer.

карданный светильник фотоАлександр Фильчаков

By die uitspanplek

ImageDie trekkers het volgens Op Trek (redakteur J. Celestine Pretorius) in groepies getrek en gekampeer omdat daar nie weiding vir almal se vee was nie. Sulke groepe het oor en weer gekuier, koffie gedrink en soms saamgeëet, soos op Nuwejaar. Wanneer gevaar dreig, het die geselskappe gekonsolideer. Die meeste trekkers wat in vyandelikhede dood is, se waens was in klein groepies uitgespan en nie in 'n laer saamgetrek nie. Tog was daar hardkoppiges wat nie in groot laers wou saamtrek nie. Die klassieke vorm vir die walaer was die sirkel, met soms 'n kleiner sirkel binnekant vir beskerming van die vroue en kinders.

Omdat hulle goeie jagters was, was daar altyd vleis, maar dit moes gesout of gepekel word om te hou. Een resep vir pekel was 6 bottels water, 1½ pond sout, ½ pond bruin suiker, ½ ons salpeter, ½ ons potas wat saamgekook word, en dan nog speserye na smaak. Ander kos was moeiliker bekombaar. Middele soos meel, koffie, tee, suiker en rys is wel saamgeneem, maar rys en brood is later net vir siekes gegee. Soms is lank genoeg oorgestaan om landerye te begin, want behalwe die implemente het saad, stiggies en moere saamgereis. Ook is koring, mielies, soetriet, piesangs, patats, heuning en pampoene van swart mense geruil. By laasgenoemde het hulle sorghum leer eet. Sout was skaars en wanneer hulle by 'n soutpan verby is, is 'n groot voorraad opgelaai. Koffie en tee is algemeen gedrink; die koffiebone is by smouse gekoop. Vir vuurmaak is 'n tonteldoos gebruik, want vuurhoutjies was daar nog nie. Ook is bietjie kruit op 'n droë lappie gegooi en 'n klip gebruik om 'n vonk mee te slaan.

Onontbeerlik vir die vroue was die wit kappies met gestyfde rande wat hulle teen die son, wind en weer moes beskerm. Dit was byna 'n skande om deur die son verbrand te wees. Kappies maak was 'n fyn kuns; vir die rande was sulke fyn stekies nodig dat die vroue buite in die son moes sit en werk. Die rokke was lank en het net bokant die grond gehang. Naalde was kosbaar. Soms is ure gesoek na 'n naald wat geval het. As die punt afbreek, moes 'n nuwe punt op 'n klip geslyp word. Mooi borduurwerk is soms gedoen. Verder is kerse gemaak, seep gekook, velle gelooi, rieme gebrei, velskoene gemaak en swepe gevleg. Swepe, sambokke en rieme moes snags weggebêre word anders het hiëna's nadergesluip en dit opgevreet!

In groot laers was die omstandighede soms haglik. Weens diefstalgevaar moes die trekkers die vee partykeer in die laer injaag, wat die ongerief vererger het. By die laers en uitspanplekke was daar streng maatreëls vir sanitasie, verwydering van afval en die voorsiening van skoon water. Die meeste trekkers het hul eie "huisapteke" saamgeneem. Hulle het groot waarde geheg aan wit-, rooi- en bruindulsies wat hoofsaaklik uit 'n alkoholoplossing van kaliumasetaat bestaan het. Ander middels was kasterolie vir 'n ongestelde maag, wonderessens vir slegte spysvertering, Hoffmans- Haarlemmer- en versterkdruppels, soetolie en dergelike meer. Baie van die middels was net 'n troos. As een middel nie help nie, is maar 'n volgende ingegee. Die siektes wat die meeste voorgekom het, was masels en "koors".

люстры италия брендыалександр лобановский харьков

Op die trekpad tydens die Groot Trek

Image10:59:05 Die trekkers was heeltemal afhanklik van die trekosse en het hulle goed opgepas. Snags is soms groot vure gemaak om wilde diere weg te hou. 'n Span het gewoonlik uit twaalf tot sestien osse bestaan, en elke os het sy eie naam gehad. In Tregardt se trek was daar 'n Ribbok, Somer, Friesland, Rooiland, Wiegeland, Robbert, Duiker, Joeman, Vryman, Liefhebber, Witbol, Fluit, Witsenberg, Tiegerberg, Blouberg, Regter en Roman. Elke os het 'n vaste plek in die span gehad. Links van die wadrywer op die wakis was die hotkant en regs die haarkant. In 'n span van 12 was daar dus 'n hotvoor, haarvoor, hotnaasvoor en haarnaasvoor, hot-op-ses, haar-op-ses, die hot- en die haarnaasagter, en die hotagter en haaragter.

Die snelheid van die ossewa was gemiddeld ongeveer 5 km per uur. As die reis voorspoedig was, kon 'n trekker tot 32 km per dag aflê. Die osse moes gewoonlik rus nadat hulle so drie uur lank getrek het. Dit was dan 'n "skof". Teen dagbreek het die sweep reeds vir die oggendskof geklap. Op 'n baie warm dag is daar nie in die hitte getrek nie, en is die osse uitgespan. Teen laatmiddag is daar weer 'n skof getrek. As die maan helder is, en daar nie te veel leeus was nie, is soms 'n nagskof afgelê.

Elke wadrywer het 'n sweep gehad. Die bamboesstok was meer as vier meter lank en die sweep self minstens vyf. Voor aan die punt van die sweep was die voorslag ('n dun wildsbokvelriempie) van minder as 'n meter lank.

Die trekpad het baie gevare en ontberings opgelewer: donderstorms, haelbuie, ysige winternagte, versengende hitte; roofdiere, slange en giftige insekte. Waens wat omval, byvoorbeeld teen 'n steilte of in 'n drif, of selfs wanneer die osse op loop sit daarmee, het groot skade veroorsaak. Die veld was soms so ruig dat die mans met byle 'n pad vir die wa moes oopkap. Verskriklik was dit as sulke ruigtes of die laer aan die brand raak. Op 2 Junie 1839 het daar 'n brand in die laer van Jacobus Potgieter uitgebreek en is die ganse laer in as gelê. Die trekkers het net die klere aan hul lyf oorgehou, sommige nie eers 'n hoed nie. Die groot hoeveelheid kruit op die waens het veroorsaak dat die laer heeltemal uitgebrand het. Vier mans en 'n paar kinders het omgekom.

Twee van die grootste hindernisse op pad was die Oranjerivier en die Drakensberge. Party het die Oranje oorgesteek by Buffelsvlei naby die huidige Aliwal-Noord en ander trekke by Zanddrif. J.H. Hatting vertel dat hulle eers die waens met vlotte oorgeneem het, daarna die vrag en die kleinvee. Die beeste moes maar self deurswem. Uiteindelik is die vroue en kinders oorgeneem. Onder die sing van "Komt! treên wij dan gemoedigd voort" (Gesang 20 vers 9) het hulle die oorkant bereik.

Voordat die waens in 1837 na Natal is, het die mans die Drakensberge goed verken. Wildspaadjies was soms 'n aanduiding waar waens kon ry. Sterk rieme van buffelvel is aan die waens vasgemaak en die mans het met alle mag aan die bergkant van die waens gehang om te voorkom dat hulle afstort. Om te keer dat die waens op loop raak, is remskoene gebruik, en om die vaart verder te stuit, is soms takke aan die agterstel vasgemaak.

средство для десенлобановский александр дочь

?n Nuwe geldstelsel aan die Kaap

Image

Hollandse goue munt uit 1776

Die koms van die Britse bewind aan die einde van die agtiende eeu het vanselfsprekend ingehou dat, behalwe die nuwe taal, ook 'n nuwe muntstelsel aanvaar sou word. In die vroeë jare van die Kaap was daar verskeie munte in omloop, maar in 1781 het die Kaapse bewind begin om papiergeld uit te reik — die bekende Kaapse rijksdaalder of riksdaalder.

Hoewel Britse muntstukke skaars was, het die gebruik daarvan aan die Kaap sedert 1806 geleidelik toegeneem. In 1816 is die muntreeks in Brittanje herskep en het die pond, halfpond, kroon, halfkroon, eensjielingstuk en sikspens (in silwer) en die pennie, half- en kwartpennie (in koper) verskyn. Later is die silwerfloryn (2 sjielings) vier- en driepenniestukke bygevoeg.
 
Lord Charles Somerset het op 6 Junie 1825 'n ordonnansie uitgevaardig wat die pond sterling aan die Kaap as betaalmiddel gewettig het. (Sterling, "eg", "van standaardwaarde", kom miskien van die sterretjies wat vroeër op Britse pennies verskyn het.) Gebrek aan klinkende munt het die oorskakeling vertraag. Geld was so skaars dat die riksdaalder ná 1825 verskeie drukke beleef het en eers in 1831 herroep is. Dis toe deur sterlingnote in denominasies van £1, £5, £20, £50 en £100 vervang. Die laaste datum van inruiling was 31 Maart 1841.

Die riksdaalder was in 1806 nog 4 sjielings (4s. of 4/-) werd, maar deur die beleid van verskeie goewerneurs, wat onder meer telkens nuwe note laat druk het, het die waarde daarvan gedaal tot 1s. 5½d. in 1825. Die waarde van die Hollandse munte is in 1825 vasgestel op 1s. 6d. vir die riksdaalder asook die Kaapse gulden, 1s. 2d. vir die stuiwer en 2¼d. vir die skelling. Daar was heelwat ontevredenheid onder die Kapenaars, want hulle het gemeen dat die waarde van die ou geld veels te laag vasgestel is. Die riksdaalders is geleidelik aan sirkulasie onttrek, maar dit het baie lank nog as 'n waarde-eenheid gedien. Tot in die 1960erjare het party Afrikaners van 1s. 6d. as 'n "daalder" of "daler" gepraat. Die uitdrukking "'n bietjie dik vir 'n daalder" leef vandag voort in die betekenis van "te duur" of "te erg".

Daar was 12 pennies in 'n sjieling, en twintig sjielings in 'n pond; die kroon was 5 sjielings, die floryn 2 sjielings, die sikspens 6 pennies en die trippens of tiekie 3 pennies. Die afkortings vir die pond was £, 'n L vir die Latyn librae met 'n strepie deur die L, vir sjielings s (solidi) en vir pennies d. (dinarii). Dit het die Suid-Afrikaanse geldstelsel gebly tot in 1961 toe dié geld deur die desimale stelsel vervang is. Toe die Boererepublieke in die 1840er- en 1850erjare tot stand kom, is die riksdaalder, skelling en stuiwer aanvanklik as rekeneenhede gebruik, maar teen 1852 was die Britse stelsel ook daar gevestig.

So ingeburger was die Britse geldname, veral die halfkroon, in die Afrikaanse kultuur dat dit opgeneem is in uitdrukkings soos: "Hy het 'n halfkroon opgetel" (Hy het geval) of "Jy skuld my 'n halfkroon" (Jou gulp is oop) en "ook 'n stuiwer in die armbus gooi" (ook saampraat). Oulap, ou benaming vir 'n pennie, is nog te vinde in die ou gesegde: "'n Oulap se rooi maak mooi".

casino slotтопкарго

Die Afrikaner se eerste demokratiese opvattings

Image

Skets van die Kasteel in die tyd van die V.O.C.

Die sendingywer wat in die agtiende eeu in Europa ontstaan het, was een van die nuwe stromings waarmee die Afrikaners aan die einde van die agtiende eeu sou kennis maak. Die tweede was nuwe opvattings oor vryheid en demokrasie.

Dié nuwe ideë word weerspieël in twee politieke geskrifte wat in Mei 1778 aan verskeie Kapenaars gestuur is. In die eerste, wat vir die agtiende eeu nog baie revolusionêr was, word betoog dat die volk die reg moet besit om sy owerheid self aan te wys en hom desnoods weer van sy mag te onthef as omstandighede dit noodsaak. Die nuwe politieke ideë van Europa, maar ook van die Amerikaners wat al vier jaar besig was met hul vryheidsoorlog, het die Kaap bereik en die gemoedere van die leidende Afrikaners beïnvloed.

Die tweede geskrif handel oor die soort probleme aan die Kaap waaroor die klagskrif van Adam Tas aan die begin van die eeu gegaan het: die korrupsie van die amptenare en die wyse waarop hulle die vryburgers uitgebuit het.

Minder as 'n jaar ná die verspreiding van dié geskrifte het 'n gebeurtenis groot onrus veroorsaak. 'n Vryburger, Carel Hendrik Buijtendag, is in 1779 sonder verhoor uit die land verban. Leidende vryburgers het gevra om hul saak voor die Here XVII te gaan stel. Die versoek is geweier, maar vier manne het verlof gekry om as individue te gaan, en het op 16 Oktober 1779 'n lang memorandum aan die Here XVII oorhandig.

Die burgers aan die Kaap moes vier jaar vir 'n antwoord wag. 'n Versoek om burger-verteenwoordigers in die politieke raad, die belangrikste politieke liggaam in die land, is geweier, so ook hul ander groot versoek, naamlik om die handel vir alle inwoners oop te stel. Die manne aan die hoof van die Kompanjie was nog te vasgevang in die denkbeelde van die sestiende eeu, terwyl die burgers hulle op die nuwe denkbeelde van hul tyd beroep het. Hulle wou seggenskap in die bestuur van die land hê en nie langer soos onmondige kinders behandel word nie.

Die burgers het hul stryd voortgesit. Dit is in die loop hiervan dat die eerste eg demokratiese verkiesing in Suid-Afrika op 11 Oktober 1784 plaasgevind het. Dit was om deur die deelnemende "Volks-Stemme" 'n paar mense aan te wys as "'s Volks Representanten", wat waar nodig, hul saak moes stel. Die stryd teen die heersers was egter tevergeefs, behalwe in een opsig. Twee kommisarisse-generaal, S.C. Nederburgh en S.H. Frykenius, wat die Kompanjie van bankrotskap moes probeer red, het die Kaap aangedoen om hervormings en besuinigings te probeer deurvoer. Hulle het oor baie dinge verslag gedoen, soos die klasloosheid van die Afrikanersamelewing. Maar 'n gevolg daarvan was dat die een swieriger en weelderiger as die ander probeer leef het. Hulle het ook gemerk dat die wit mense nie veel van hande-arbeid gehou het nie.

Nederburgh en Frykenius het in 1793 die burgerrade as verteenwoordigers van die inwoners erken. Dit was 'n belangrike oorwinning vir die burgers, die belangrikste sedert dié oor Willem Adriaan van die Stel. 'n Nuwe politieke bedeling kon daaruit gegroei het. Maar voor dit kon gebeur, was die Nederlandse tyd ten einde.

пуско зарядное устройство купить в спбтопкарго кидалы

Grondhervorming lei tot ontnugtering en uiteindelike selfvernietiging

Kom ons vergeet die window dressing, toneelspelery, opgesmuktheid, politieke retoriek, woordgimnastiek, intellektuele ego-orgies, talkshops, geldmaak-konsultasies, die sogenaamde regsgeleerde menings, die sensasionele vergrype van die media, plastiek politieke korrektheid en die gewetenspropaganda.

Kortom – kom ons hou op lieg vir mekaar!

Kom ons kom by die pit van die perske uit – die waarheid. Geen illusies, relativering en persepsies van persepsies nie.

Die volgende bewerings word gemaak: grond is geld; grond word gelykgestel aan armoedeverligting; grond moet uitgedeel word aan die massas ter wille van die oorlewing van “the people"; en die toekenning van grond word ’n morele saak – dis die regte ding om te doen!

Net voor ek verder gaan: as jy voortdurend in jou lewe die waarheid ontduik, die waarheid vrees en nie die waarheid in die oë kan kyk nie, altyd probeer om die populêre standpunt te steun en “in” te wees met die groep, moenie verder lees nie.

Ongeveer 4 jaar gelede in Zambië praat ek met ’n swartman wat redelik geletterd en ingelig is. My vraag aan hom – omgesit in Afrikaans:

"Ek hoor die mense in Zimbabwe praat van grond vat by die wit boere en dat hulle dan beter gaan leef… dis blykbaar die regte ding om te doen?

Ja, ek hoor die ding!

Is jy ’n man van Zambië?

Ja!

Hoe lyk die lewe dié kant , hier in Zambië?

Die lewe is baie swaar dié kant.

Hoe so?

Hier’s nie werk nie.

Nie werk nie, nou hoe dan? Hoekom is hier nie werk nie?

Hier is nie wit boere nie!"

Ek val amper om, maar slaag tog daarin om my ewewig te herwin… Ek buk, vat ’n handvol grond en laat dit tussen my vingers deurloop.

“Die ding van grond­ – dis mos grond hierdie?

 Ja, dis grond!

 So julle het grond?

 Ja, ons het grond.

 Julle het gras?

 Ja!

 Bome?

 Ja!

 Reën?

 Ja!

 Die son – hy skyn ook hier?

 Ja!

 Die wind – hy waai hy ook hierdie kant?

 Ja – hy waai!

 Maar julle het dan dieselfde hulpbronne as wat ons in Suid-Afrika het?

 Ja – dis waar… ons het dieselfde.

 Nou wat is dit dan wat Zambië nie het nie?

 Hoekom is daar soveel werk en kos en geld in Suid Afrika – wat kom kort hier in Zambië?

 Die boere, meneer. Dis die boere wat werk skep… wat die verskil maak."

 “Ek sien in Mosambiek is duisende werkgeleenthede geskep kort ná die wit boere van

 Zimbabwe na Mosambiek getrek het.

 Ja – ek hoor die ding.

 Beteken grond dan geld?

 Nee, meneer, grond beteken nie geld nie – werk bring geld!

 Hoekom is daar dan nou skielik werk in Mosambiek waar eers niks was nie – net bos?

 Dis die boere, meneer. Waar die boer gaan – gaan die werk saam!

 Is jy gelukkig met jou omstandighede?

 Nee!

 Wat soek jy in die lewe?

 Ek soek werk en geld en kos vir my vrou en kinders… opvoeding vir my kinders…

 Maar wat van die politiek… jy kan mos stem?

 Meneer, politiek maak ons arm – laat ons swaarkry!"

Ek skud sy hand, groet en ry weg – die vlaktes in, terwyl ek na die ongerepte aarde rondom my kyk. Ek sien nêrens geld nie… net tiene van duisende hektaar onbenutte grond?

Sy laaste woorde aan my… “meneer, kom maak besigheid hierso, kom skep werk, ons gee vir jou grond, jy hoef nie te koop nie. Ons kinders is honger – asseblief, kom help ons!"

In my kop maal talle vrae en feite oor Afrika en die status quo op die kontinent wat kosvoorsiening, kosproduksie en politieke stabiliteit betref.

Harde werk, pligsbesef, vasbyt, kennis, selfrespek, selfdissipline – het Afrika dit?

 Ek hoor weer die retoriek… uitdrukkings wat reeds ‘n irriterende vlak van herhaling bereik het… “We need land – land for the people to be prosperous. For the poorest of the poor…” Voor my doem skadu’s van Afrika op. Ek worstel en soek na “prosperity” in Afrika, waar miljoene hektaar onbenutte grond lê.

Wat sien ek? Mosambiek se emigrerende honger massas; Zimbabwe se ontwrigte honger massas; Uganda se vlugtende honger massas; Angola se kreperende honger massas; die Kongo se vegtende honger massas; die Sudan se sterwende honger massas; Ethiopië se pleitende honger massas…Reuse-armoede en -ellende in Afrika-state… in lande waar grond geen kwessie is nie?

Logiese gevolgtrekking: Grond per se het niks, maar niks, met jou persoonlike welstand te make nie. M.a.w. “grond”op sigself maak nie arm of ryk nie.

Hoe is dit dan dat letterlik miljoene van die mense wat na dié land toe hardloop, juis weghardloop van lande waar grond geen kwessie is nie, waar grond in oorvloed is? Hulle wil nie op die vlaktes bly om te “boer” nie, maar bondel eerder saam in die krotbuurte van hul stede, of ons stede in Suid-Afrika!

Waarom het 10 000 arbeiders nou skielik werk in Mosambiek op die blom-, groente- en tabakplase van die Zim- boere? En dit op onbesette en onbewerkte grond waartoe die plaaslike mense wel toegang gehad het, maar waarop niks aangegaan het nie, geen sinvolle ontwikkeling van enige aard plaasgevind het nie… jare lank net gelê het. Grond wat deur die Mosambiekse regering gegee is vir die vlugtende wit boere van Zimbabwe – honderdduisende hektaar wat nog steeds daar lê – braak…onbenut!?

Maar, die sogenaamde “armoede” in die grondryke Mosambiek en Zimbabwe dryf hul mense uit na Suid-Afrika, waar die wit boer sy rug breek, kos produseer, ’n bestaan prober maak op marginale grond, met nie net die natuur en misdaad teen hom nie, nee… selfs die staat is teen hom. Dink byvoorbeeld arbeidswetgewing, geen subsidies, waterwetgewing, grondbelasting, misdaad, ens.

As grond dan geld en die alfa en omega is – die sleutel tot armoedeverligting – en politieke stabiliteit beteken, waarom verlaat desperate swart massas hul geboortelande waar miljoene hektaar grond braak en on-ontwikkel lê, en vlug letterlik in hul tienduisende weg van die land waar hulle grondbesitters is, na dié sogenaamde verdrukkende en geknelde apartheidsland waar die wit boer beskawing gekap het uit bar Afrika – waar juis nie grond is nie, waar enorme druk op grond is?

Die politiek gefabriseerde persepsie is mos: grond is geld; grond verlig armoede en maak ryk; grond bewerkstellig politieke stabiliteit en geweldloosheid; grond is ‘n onvervreembare erfreg wat jy nie minag en eenkant laat verwildernis nie; grond maak gelukkig en kalmeer politieke aggressiwiteit. (Dié persepsies word mos voortdurend as voertuig gebruik om sekere politieke doelwitte te bereik.)

Weereens, waarom verlaat jy dan die gunstige klimaat wat grond by implikasie bewerkstellig en wat grens aan die “paradyslike” met al die groot potensiaal, en vlug letterlik van jou “erfgrond” af na ‘n plek waar jy as vlugteling in terme van wetgewing geen reg het om grond te besit, te bekom of om te stem nie, ens… en meesal nie eens belangstel om enigsins op grond ( plaasgrond ) te werk nie?

Dis duidelik dat die aanname dus gemaak kan word op grond van bogenoemde feite en gebaseer op omstandigheidsgetuienis elders in Afrika dat grond opsigself: nie armoede verlig nie; nie outomaties rykdom beteken nie;

nie hongersnood voorkom nie; nie politieke stabiliteit bewerkstellig nie; nie werk skep nie; nie ‘n basis skep vir beskaafde leefstyle nie, nie werklik die status het wat daaraan toegedig word deur die liberaliste, die oorsese konsultante met verskuilde agendas en die regering nie.

Ál hierdie dinge is wel moontlik, maar word verkry deur: KENNIS, DISSIPLINE, RESPEK, HARDE WERK, ‘n KOMPETERENDE GEAARDHEID, ETIKET, DRYFKRAG, WERKSTROTS, DOELWITGEDREWENHEID EN PRODUKSIEGERIGTHEID.

Maghebsug, korrupsie en sogenaamde gelyke beregting knak enige land.

Om Nietzsche aan te haal: “Wrong never lies in unequal rights, it lies in the pretention of equal rights.”

In die natuur soos deur God geskep, sien ek nêrens gelykheid onder lewende organismes nie.

Nie een land of regering het dit nie en sal dit ook hê nie… dis nie ‘n bereikbare ideaal nie.

Dis net ‘n voertuig of instrument vir regerings van die wêreld om die massas verder vir die bereiking van politieke doelwitte te manipuleer.

Net voor jy met die “window dressing “en plastiek politieke argumente begin: Sowat 15 miljoen verbode immigrante hoort nie in dié land nie. Miljoene inwoners van Zimbabwe, Mosambiek en ander state belas dié “geknelde land “ op vele terreine.

Die werkloosheid, armoede, misdaad en sogenaamde "grondhonger” vererger omdat hier te veel mense is wat nie hier hoort nie. Verbode immigrante parasiteer op die land en sy natuurlike hulpbronne (geweldsmisdade is ook ‘n direkte uitvloeisel van dié byna onbeheerde instroming) en maak selfs ook aanspraak op behuising. Hulle oefen uiteraard ook druk uit op die grondkwessie ter tafel en op munisipale begrotings – belastinggeld wat weer van wie verhaal word?

Bestaande landbougrond in swart besit is grootliks onproduktief. Dis ‘n oorbekende feit.

Wat gaan in die tradisionele tuislande aan? Waarom verlaat derduisende hul grond en drom saam in die groot stede?

Waarom is duisende hektaar stamgrond grootliks onproduktief, onderbenut en/of verniel deur onbeheerde gronderosie en ander wanpraktyke m.b.t. boerdery?

Is dit dalk omdat boerdery nie werklik so aantreklik, maklik of ekonomies is nie? Of vereis boerdery dalk te veel in die vorm van harde werk, toewyding, uithouvermoë, kennis, ‘n werklike liefde vir grond, ‘n aanvoeling vir boerdery en alles wat daarmee saamgaan?

Daar’s talle voorbeelde van die totale ineenstorting van eens pragplase wat ekonomies hul bestaan geregverdig het, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, ens.

Ek was persoonlik en fisiek op talle van hulle.

Werk op dié eens ekonomies suksesvolle projekte en pragplase is voorheen verskaf aan honderdduisende van “the people… the poorest of the poor” oral in Afrika voor die wit boer uitgedryf is uit vele Afrika-state. Ons ken die geskiedenis.

Tans heers armoede, wetteloosheid, honger en politieke chaos in daardie state en streke. As jy die wit boer land-uit jag, jaag jy armoede, honger, wetteloosheid en chaos die land-in. Probeer dit nog ‘n laaste keer – hier in Suid-Afrika.

Waarom altyd weghardloop as die harde werklikheid m.b.t. Afrika bespreek word? Waarom altyd die skuldgevoelens? Waarom altyd vreesbevange en huiwerig om die feite te noem?

Sommige wit boere in Zimbabwe huur hul eie grond terug van die sogenaamde “war veterans”af wat die eens spogplase – nou afgebreekte plase – verlaat het en teruggetrek het stad toe, soos jare gelede ook die geval was in die Trichardsdal-distrik naby Tzaneen.

Ontnugterd omdat boerdery, geldmaak en sukses harde werk vereis.

Dinge gaan hand-uit ruk omdat die insypeling uit ons buurlande eerder aangemoedig as bestuur word in belang van “the people” van Suid-Afrika.

Grond in Suid-Afrika is dieselfde as grond in die res van Afrika – net so bruikbaar, of onbruikbaar!

Onthou, daar is wel grond, gras, bome, wind, son en reën in die res van Afrika. Die res van Afrika bestaan nie net uit een groot klipbank nie – en dis ook nie waar dat die een droogte op die ander noord van Suid-Afrika se grense heers nie, al wil sommige dit aanvoer as rede vir al die mislukkings wat kosproduksie, werkloosheid en onstabiliteit betref!

Maar, helaas, dis nie die byl nie – dis die man wat die byl swaai wat die verskil maak!

Die situasie in Afrika se state noord van ons wat die wit boer uitgedryf het, het gewys wet en orde en struktuur stort daarna mettertyd in duie, en dan volg armoede. Dis geen geheim nie.

Die onoordeelkundige uitdeel van grond en die onbetwiste gevolge daarvan, gaan hierdie regering ook uiteindelik tipeer as ’n voortsetting van die rits mislukkings wat Afrika voortge- bring het.

Dit gaan weer in ’n bespotting ontaard: selfvernietiging, uiterste armoede wat juis “the people” gaan raak, mislukking en murasies.

Net die politici word positief geraak deur die grondkwessie-ideologie – sien Zimbabwe. Zimbabwe jaag die wit boer uit sy land. Van die boere word gewerf deur Zambië. Nou voer Zambië die eerste keer mielies uit en verkoop aan die roggelende Zimbabwe dieselfde mielies wat deur die 250 verjaagde Zim-boere geproduseer is.

Dis ‘n sirkus – amusant, om die minste te sê…

Die pers, by monde van verskeie ingeligte persone uit swart geledere, het onlangs berig dat die kultuur van die “Bantoestamme “in Afrika deur die eeue nie voorsiening gemaak het vir landbouers nie, maar dat die mense net bestaansboere was en dus nie kommersieel “dink” wat betref landbou nie.

Prominente swart politieke leiersfigure verklaar in die pers die swartman wil nie en kan nie boer nie.

Bestaansboerdery word oral in Afrika bedryf en is oorbekend aan diegene wat in Afrika reis. Ongelukkig is die tyd aan die verbygaan dat bestaansboerdery versoenbaar is met ekonomiese vooruitgang, werkverskaffing en grootskaalse kosproduksie aan die massas.

Die vraag duik op – gaan Suid Afrika dieselfde pad volg as die res van Afrika? Vir enige ingeligte persoon is dit geen nuus dat die grondkwessie as ‘n politieke instrument gebruik word in verskeie state noord van ons nie. Ook hier by ons is ‘n radikale faksie wat dié “perd” bloots ry.

Wie en wat dryf dié faksie? En wat is die doelwit?

’n Baie bekende en gewilde Amerikaanse sielkundige wat gereeld op TV is, maak ’n uitlating wat kommerwekkend is:   “Past behaviour determines future behaviour." Mens hoop nie dis van toepassing op Suid-Afrika en sy huidige politieke beleid nie, want skynbaar steek daar waarheid in… as ek noord kyk.

My boodskap aan die regering en ander is: word wakker, oordeel nugter en realisties; weerhou jou daarvan om weg te skram van die waarheid. Bestuur die grondkwessie sinvol en intelligent. Maar as jy die tipiese Afrika-mentaliteit gaan deel maak van die bestuursproses, sal dié soort bestuurstyl ook die tipiese Afrika-resultaat oplewer – mislukking, murasies, geweld en die ineenstorting van die sosiale orde en infrastruktuur.

Kyk noord en oordeel self of ek lieg, en of dit die politici, konsultante en die misbruikte of gebruikte pers is wat lieg.

‘n Belangrike opmerking: onbetwiste finansiële voordele vir die sterk ekonomiese lande in die Weste lê gesetel in die verarming van Afrika.

Die strategie: Adviseer die swart regerings oor “gelykheid” m.b.t. sekere dinge soos landbougrond en eiendomsreg. Vervreem dan die grond van die suksesvolle wit boer. Die gevolg is dat die arm, honger, werklose swartman wat homself nie kan help met kosproduksie nie, gevoer moet word deur sy regering met kos-invoer uit die groot lande waarvoor ten duurste betaal moet word. Iemand maak groot geld!

Grondstowwe betaal daarvoor en voortspruitend daaruit sekere besigheidstransaksies en “joint ventures “wat plaasvind tussen sekere prominente regeringsamptenare en vriende, (gelykes m.a.w.) van die onderskeie lande. Net mense (gelykes) wat in bevoorregte posisies is om sulke transaksies aan te gaan, kan uiteraard betrokke raak. Onthou jy die aanhaling “wrong never lies in unequal rights, but lies in the pretention of equal rights”?

 “Voedsel vir die armes-programme” volg, wat die een ná die ander misluk in Afrika omdat die regeringsamptenare en ander gelyke vriende wat effens meer gelyk is as die ander gelykes, net vir eie gewin dié kos versprei en verkoop soos dit hulle pas.

Dit is ‘n spiraal dié wat uiteindelik maar weer net destruktief inwerk op Afrika. Maak bedelare van die naïewe mense van Afrika, wat dan uiteindelik maar weer bakhand moet staan en vir ander witmanne van ander lande uit die Europas en Amerikas vra om pap in sy bord te kry…

Abraham Lincoln het eenkeer gesê:

“He reminds me of the man who murdered both his parents, and then, when sentenced was about to be pronounced, pleaded for mercy on the grounds that he was an orphan.”

So tipies van die situasie in Afrika… wanneer die betrokke land (soos Zimbabwe) in duie stort, dan wil die mense weet maar waarom die allerverskriklikste lyding hulle en hulle families tref, en waarom die ekonomie knak, en waarom die lewe hel geword het in hulle verarmde gemeenskappe… en dit nadat dieselfde lotsbeklaers hulle dan beywer het vir die dinge deur saam te gaan met hulle regering se selfvernietigende beleidsrigtings en strategieë om bv. die landbou dood te druk…boere land-uit te jaag, die gans wat die goue eiers lê se lewe uit hom uit te wurg…

Nie lank hierna, sleep die burgers hulleself met moeite oor die stowwerige strate en leë markpleine van ‘n flenter ekonomie, ‘n stukkende land…

Selfvernietiging volg op die uitdeel van waardevolle landbougrond aan onbevoegde mense wat nie die vermoë, ambisie of werklike drang het – om watter rede ook al – ‘n suksesvolle boer/voedselprodusent/of werkverskaffer in die landbousektor te wees nie.

Verander die negatiewe propaganda. Kry ‘n ander voertuig vir politieke oorlewing, en leef.

spravka Фільчаков прокурор

Godsdienstigheid van die trekboere

Image

‘n Statebybel, oopgeslaan

Simpatieke reisigers uit Europa en besorgde Kapenaars het in die agtiende eeu soms gevrees dat die boere in die binneland mettertyd sou verwilder en barbare word. Tog het dit dit nie gebeur nie.

Hoewel skole nagenoeg onbekend was, het plaaskinders by rondswerwende "skoolmeesters" leer lees, gewoonlik ontslane matrose en soldate, wat deur hul ouers gehuur is. Die skoolboeke was 'n ABC, dan die vervolg hierop met onderrig aan leerlinge van die tweede "trap", die AB-jab, wat woorde van twee lettergrepe bevat het, asook die spelboek, die Trap der Jeugd. Kinders het net leer lees, skrywe en reken, en het daarby 'n bietjie godsdiensopvoeding ontvang.

Met dié kennis was die mense in staat om die Bybel te lees. Feitlik elke gesin het die massiewe Statenbijbel gehad wat met die grootste sorg opgepas is. Dit is die Bybel wat op las van die Staten-generaal (die Nederlandse volksverteenwoordigers) tussen 1626 en 1635 vertaal en volgens besluit van die sinode van Dordrecht in 1637 uitgegee is. Die meeste het ook die gesange van Willem Sluyter, die Heidelbergse kategismus en die Kortbegrip van Helmbroek gehad. Party families het daarby 'n predikasieboek besit. Die bekendste preekbundel was Den Donderslag der Godlozen (wegens het schrikkelyk oordeel en de pyne der Hellen), in dieselfde band met De hemelsche vreugde voor de gelovige zielen.

In die lewe van die pioniersfamilies het huisgodsdiens 'n belangrike plek ingeneem. Etes is begin en beëindig met 'n tafelgebed, wat die plig was van een van die kinders of 'n besoekende grootouer. Die dag se werk is nie begin voordat daar "boekegevat" is nie — en saans ná aandete het "Die Boek" weer op die tafel verskyn. Die huisgesin het aan tafel bly sit, terwyl slawe of Khoikhoi langs die muur neergehurk het. Nadat die huisvader iets uit die Bybel en miskien 'n preekbundel gelees en 'n gebed gedoen het, het almal saam 'n gesang of psalm gesing, wat hulle meestal van buite geken het. Sondae was daar 'n spesiale godsdiensoefening.

Dikwels het trekboere petisies aan die Goewerneur gerig om 'n kerk te vra. Die enkele kerke is gereeld en pligsgetrou bygewoon, hoewel hulle lank moes reis om daar te kom. Die meerderheid was te ver om elke Sondag te gaan, maar het moeite gedoen om een of meer keer per jaar die Nagmaal by te woon. Dan het die katkisasie van jong mense en aanneming van nuwe lidmate ook plaasgevind. Voordat 'n kind aangeneem is, wou die ouers hulle nie toestemming gee om te trou nie.

Ernstige sosiale euwels soos dronkenskap was op die platteland onbekend. Talle boere was geheelonthouers en dié wat drank gebruik het, het dit matig gedoen. Mense het respek gehad vir mekaar se lewe en eiendom. Skriftelike koopkontrakte was onnodig — 'n man se woord was sy eer. Kinders het eerbied teenoor hul ouers betoon.

Aan die begin van die agtiende eeu was daar maar min kleurgevoel teenoor bruin mense. Huwelike is gesluit tussen wit mense en gedoopte slavinne en Khoikhoi. Dit is sosiaal aanvaar en het godsdienstige sanksie geniet. Kinders uit dergelike huwelike is sonder aarseling in die wit gemeenskap opgeneem. ‘n Gevoel teen bloedvermenging het geleidelik ontstaan. Toe die koloniste teen 1770 met die swartes in aanraking kom, was die kleurgevoel sterk genoeg om bloedvermenging met hulle te verhinder.
 
Lees ook deur Jaap Steyn:

Hoe ’n admiraal en ’n prins Afrikaans gered het

 

блузка для девочки 4 летФильчаков Александр Васильевич