PRAAG inspireer ons almal

Ek is bly om te hoor alles is weer in orde met die webwerf ná gister se probleem met julle databasis.

Dit is verbasend, en inspirerend, hoe julle dit regkry om onverskrokke en sonder einde, aan te hou om die boodskap te verkondig, mense in te lig, en terug te baklei vir die res van ons, en dít in die voorste linie waar dit die gevaarlikste is. Tog is dit die rede vir julle sukses. Niks wat die moeite werd is, kom sonder gevaar en opoffering, asook harde werk nie.

Ek raak soms moedeloos, maar dan word ek skaam vir myself wanneer ek weereens besef dat ek hier “gemaklik” sit in die buiteland, terwyl julle ouens soveel moet opoffer en op die spel plaas, om te kan doen, dít wat julle so ongelooflik goed doen, daar aan die onveilige kant van die laer.

So ek wil julle graag bedank, nie net vir julle harde werk nie, maar ook vir al die onselfsugtige opofferings wat julle maak en die gevaar waarin julle julleself en julle geliefdes plaas om vir ons te baklei. Ek besef dit is ‘n groot las en daarom wil ek julle spesifiek daarvoor bedank. Julle inspireer ons almal.

Baie dankie!

диагностика авто черезданильченко юрій броніславович компромат

Die heengaan van politieke korrektheid

Pas het pres. Jacob Zuma in sy Versoeningsdagtoespraak daarop gewys dat rassisme steeds lewend is. Dit is te betwyfel of Zuma bereid is om agter die deur te vee soos wat nodig is, soos blyk uit ‘n spesiale fokus in die Afrikanerbond se nuusbrief wat dieselfde dag uitgestuur is.

Die nuusbrief val sonder ‘n omsigtige inkleur weg met: “Met die oog op Dag van Versoening wat op 16 Desember gevier word is die Afrikanerbond ernstig bekommerd daaroor dat die jaar 2009 gekenmerk gaan word as ‘n skandvlek op Suid-Afrika se roem tot ‘n nie-rassige demokrasie.

Na ons mening is dit ‘n ongelukkige toedrag van sake dat die jaar 2009, wat die 15e jaar is sedert die oorgang na ‘n demokrasie in 1994, ‘n jaar geword het waarin kru rassistiese ondertone, haatspraak en opruiende uitsprake gefloreer het. Nog erger is dat die uitsprake vir korttermyn politieke gewin gebaseer is op erge veralgemenings wat Suid-Afrika se brose demokrasie ernstig kan benadeel.”

Die baba, by wyse van spreke, word by die naam genoem en die nuusbrief vervolg: “Dit het egter duidelik geword dat veral die regerende party se kaders, die ANC jeugliga met mnr Julius Malema voorop, Cosatu en dan by name veral die Wes-Kaap se sekretaris, mnr Tony Ehrenreich en Noordwes se sekretaris mnr Solly Phetoe, sowel as die Black Management Forum hulle geensins steur aan die gees en bedoeling van die grondwet nie.

“Hulle veldtog wat gebaseer is op blinde aantygings en naakte rassisme gaan teen elke grein van die grondwet se handves van regte, sonder enige vorm van optrede deur enige instelling wat juis die grondwet in stand moet hou.” Hierdie nuusbrief volg kort op ‘n hoofartikel in Volksblad en Beeld waarin vierkantig vir Afriforum in die bres getree word nadat Gwede Mantashe van ANC en SAKP-faam dié burgerregte-organisasie van rassisme beskuldig het.

Die blote feit dat Die Burger, volgens die elektroniese argiewe, slegs Mantashe se aanval gedra het en nie ook die betrokke hoofartikel nie, dui moontlik daarop dat daar anderkant die Wingerdgordyn nog meer bewegingsruimte vir politieke korrektheid is. Dit is tog opmerklik dat politieke korrektheid sodanig weggekalwe is dat invloedryke koerantredakteurs nou erken dat die huidige grondwet geen towerproduk is nie, en selfs dat onderhandelaars verbrou het, al word gemaan dat dit nutteloos is om te bly verwyt en in die proses die oog van die bal in spel te haal.

Die ironie is dat dit juis swart redakteurs was wat die uittog uit die benouende ruimte van politieke korrektheid gelei het, en dat die wit redakteurs toe gevolg het. Die swart redakteurs het by name openlike erkenning hiervoor gekry. Dit wil egter voorkom asof die swart redakteurs eintlik bedoel het dat die destydse president, Thabo Mbeki, voëlvry verklaar word en nie die praktyke wat in en om die ANC posgevat het nie.

In die onlangse vermanings en selfs dreigemente teen wit mense om nie swart mense te kritiseer nie, het van dieselfde swart redakteurs se name saam met negrofiliste soos dr. Nico Smith opgeduik, as die wat ‘n jaar tevore krediet vir die exodus uit die slawerny van politieke korrektheid gekry het.

Die damwal het egter reeds gebreek, en rassisme deur swart leiers gaan op die oog af steeds genadeloos aan die groot klok gehang word, of selfs soos in die geval van die TLU SA, nie skroom om prominente mense soos adjunk-pres. Kgalema Motlanthe vir beweerde haatspraak by die Menseregtekommissie te verkla nie.

Die AB se nuusbrief meld juis dat dit ‘n brief aan die Speaker van die parlement geskryf het om te kla oor die Menseregtekommissie en die Kommissie vir die Bevordering van die Regte van Kultuur, Godsdiens- en Taalgemeenskappe nie hul grondwetlike pligte nakom om gevalle wat in die oog spring, aan te spreek nie.

Die gevolg daarvan om nie ewehandig op te tree nie, is dat polarisasie tussen gemeenskappe vergroot, en peilings dui daarop.

металлические брекеты ценаданильченко юрій броніславович

Statutêre staatsgreep?

Twee hoofsoorte staatsgrepe kan onderskei word – een waar ‘n regering deur ‘n ander persoon sonder ‘n verkiesing omvergewerp word, of waar ‘n sittende regering of regeringshoof die grondwet ophef, soos wat Lebua Jonathan in Lesotho gemaak het toe hy destyds die verkiesing teen dr. Ntsu Mokhehle verloor het.

‘n Statutêre staatsgreep hoef egter nie in ‘n enkele optrede te geskied nie. Die geleidelike ondergrawing van ‘n grondwet, wat in Engels as ‘n coup by stealth bekend staan, en in Afrikaans ‘n trapsgewyse staatsgreep genoem kan word, is net so gevaarlik.

Kort nadat pres. Jacob Zuma vir sy respek vir die grondwet by die DA ‘n een uit tien gekry het, het die president volgens berigte in ‘n radio-onderhoud openlik verklaar dat die Nasionale Vervolgingsgesag noodwendig aan die regering verantwoording moet doen.

Ongeag of Zuma die begrip van skeiding van magte, of die trias politca begryp, het ‘n mens hier te make met iets wat deur die grondwet self vereis word, naamlik dat die NVG onafhanklik moet wees. Zuma kan nie onkunde pleit nie, aangesien hy reeds oor sy aanstelling van adv. Menzi Simelane as hoof van die nasionale vervolgingsgesag voor die hof gesleep is, en die DA die kwessie van die grondwetlike vereiste meer as een keer geopper het.

Die kommer strek egter verder as bloot die aanstelling van Simelane. In die VF+ se jaarlikse rapport oor die regering se regeerprestasies het justisie slegs drie uit tien gekry.

Zuma se optrede oor die hele spektrum van juridiese onafhanklikheid laat talle vrae ontstaan, wat strek van die samestelling van die Regterlike Dienskommissie, die hantering van die Hlope-aangeleentheid en die herontplooiing van die Openbare Beskermer as voorsitter van die Menseregtekommissie. In die geheel word die indruk geskep – ook deur uitsprake – dat die begrip, skeiding van magte, aan hom onbekend is.

Die werklike gevaar tree in by die punt waar die juridiese gesag, hetsy weens skoothond-aanstellings of deur die erodering van mag, nie meer in staat sal wees om die grondwet aan die uitvoerende en wetgewende gesag op te dwing nie.

Alhoewel daar in lande soos Australië ‘n debat woed oor hoe sterk die Regsrekende gesag moet wees omdat dit in beginsel die demokratiese uitdrukking van die bevolking kan rem, word die beginsel in Suid-Afrika vanuit ‘n ander hoek benader. In Suid-Afrika het die Kemptonparkse minderheidsonderhandelaars vir ‘n grondwettipe geskik wat nie, soos byvoorbeeld die Indiese, Spaanse en ander, minderheidsregte geografies en in elemente van gewaarborgde minderheidsverteenwoordiging in die nasionale parlement ondervang nie.

Die sogenaamde wigte en teenwigte, hoe gebrekkig ook al, is juis in die grondwet se meganismes vir ‘n onafhanklike regsprekende gesag gesetel.

Pres, Jacob Zuma se ampseed, soos in die grondwet opgeneem, behels juis dat hy respek moet hê vir die grondwet en die instandhouding daarvan.

Dit is moeilik om nie raak te sien dat hier al ‘n taamlike pad gevorder is met die voltrekking van ‘n statutêre staatsgreep nie.

Koeranthoofartikels en rubrieke het al dikwels, sonder om die baba by die naam te noem, oor die motiewe hiervan bespiegel. Die mees algemene is dat Zuma alles in die stryd werp om te verhinder dat hy sy dag in die hof kry oor klagtes wat met sy korrupte verhouding met Shabir Shaik verband hou. Indien hierdie teorie water hou, is dit tragies dat een man se gekruisde lyne met die reg ‘n hele land se grondwetlike heil gyselaar hou.

Die verloorder is nie net die kiesers nie, maar die hele konsep van grondwetlike demokrasie. Dit noop die bevolking om nie voete te sleep by die gebruik van regsprosesse om hierdie erodering te stuit solank die howe nog potent genoeg is om dit te doen nie.

автоподъемник ценаФильчаков прокурор харьков

Padvarke se Kersfees

Te midde van talle berigte oor die swak toestande van baie paaie in veral sommige provinsies, soos die Vrystaat wat ‘n belangrike deurryprovinsie is, trek baie motoriste steeds hul varkpakke aan as hulle agter die stuurwiel inklim, ook wanneer hulle met vakansie gaan.

Die media het ook heelwat ruimte afgestaan om voornemende vakansiegangers attent te maak op die talle plekke waar padbouwerk veral met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-sokkertoernooi aan die gang is.

In baie gevalle word Bacchus saamgeneem met vakansie. Heelwat motoriste is skynbaar die slagoffer van die mislukte leerplanmodel en hul syfervaardighede laat hulle nou erg in die steek wanneer hulle die voertuie wat hulle bestuur, se spoedmeters moet lees.

Dit is die onafwendbare gevolgtrekkings wat gemaak moet word uit die padsterftesyfer van byna 200 in minder as twee weke nadat Desember aangebreek het. Dié syfers kom in hoofsaak uit die periode voor die skole gesluit het, en is slegte nuus vir die groot volumes verkeer wat rondom Kersfees en Nuwejaar op die paaie sal wees.

Baie van die slagoffers sou onskuldige partye wees van ongelukke waar hulle passasiers was, of kop aan kop botsings waar ‘n padvark van voor verkeer teen ‘n blinde hoogte verbygesteek het. Na elke vakansie of langnaweek vertel padverbruikers grootoog van die talle gevalle van uiters gevaarlike bestuurwerk wat hulle aanskou het.

Uit beskikbare gegewens wil dit voorkom asof verkeersmense binne enkele dae bykans ‘n honderd mense in net twee provinsies weens beweerde dronkbestuur aangekeer het.

Padvarke moet kennis neem dat die Kerstyd vir baie mense gesinstyd is wanneer hulle graag ‘n vreedsame tyd die geboorte van hul Verlosser wil gedenk – nie by oop grafte van geliefdes wil staan wat onskuldige slagoffers van ‘n ander se onverantwoordelikheid was nie. Trouens, stemme gaan wêreldwyd op om nog strenger norme vir drink en bestuur – selfs vlakke van geen alkohol hoegenaamd nie – af te dwing, terwyl daar hier in Suid-Afrika op hoë vlak stemme opgaan om dronkbestuurders van moord of poging tot moord aan te kla, afhangende van of iemand gesterf het.

Motoriste wat wangedrag by mede-padgebruikers bemerk, word aangemoedig om dit by 0861 400 800 aan te meld.

Diegene wat kan en mag, word aangemoedig om ook ‘n draai by die Bloeddiens te maak.

 

синус лифтинг стоматологияЛобановский

Paniek onder Afrikanerintellektuele

Ek wil dr. Dan Roodt bedank vir sy antwoord op my brief “Daar is geen Afrikaners meer nie” waarin hy my meedeel dat hy nie die brief gaan plaas nie, my dan vrae vra, en dan d.m.v. van sy e-posstelsel verhoed om terug te antwoord.

Ek aanvaar nou dat hy nie hierdie e-pos gaan antwoord nie, maar ek behou nou die reg voor om ons korrespondensie aan derde partye te toon.

Dit is nou duidelik dat hy ‘n (opbetaalde?) amptenaar van die VF+ geword het en dat hulle so bedreig voel dat hulle briewe, soos Naspers, gaan sensor.

Ek besef nou dat my hoop dat Praag ‘n oop debatsforum vir behoudende AfrikanersBoere gaan wees, effens misplaas was.Ons is weer terug op die 1930s-Broederbondmodel waar “slim” Afrikaners vir die res wil dink.

Dit is tans komieklik om te sien hoe hierdie “slim” Afrikaners, soos bv. Breyten Breytenbach en Herman Giliomee, wat hulle lewens daaraan gewy het om die Afrikanerdom af te breek tot vrydenkende individue, nou weer wil hê Afrikaners moet saamstaan en opstaan. Hulle jongste uitsprake en Roodt se optrede getuig van toenemende paniek oor die gevolge van hul optrede in die tydperk 1976-1994.

Ná die val van Pretoria in 1900 moes die Boeremagte basies van al hul militêre leiers ontslae raak, wat die produk was van die sosiale stand van daardie tyd. Charles de Gaulle bevestig hierdie verskynsel in sy boek “The edge of the sword” (ek kan ongelukkig nie Frans lees nie) en stel dat in tye van groot nood die leiers wat na vore tree gewoonlik persone is met minder sosiale aansien.

Of soos kmdt. Willem Ratte sê: “Die Afrikaners het nog nie genoeg gely vir opstaan nie.”

Repliek deur Dan Roodt:

Beste Albert de Villiers,

Moenie ons webblad beledig deur ons met Naspers te vergelyk nie. Ons pas geen “sensuur” toe nie en publiseer ‘n wye verskeidenheid menings omdat ons debat en kritiese denke wil aanmoedig. Daar is ook niks met my e-posstelsel verkeerd nie en dit blokkeer net Viagra-advertensies en soortgelyke gemorspos.

Ek is wel ‘n lid van die VF+ omdat dié party tot Afrikanerselfbeskikking verbind is, maar behou steeds ‘n eie standpunt oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. In weerwil van pogings om die VF+ dood te swyg as die enigste Afrikanerparty wat aan verkiesings deelneem, slaag die party tog daarin om gehoort te word en beskik hy oor ‘n hele aantal dinamiese jonge politici – mans en vroue – wat hulle vir die Afrikanersaak en -vryheid beywer.

Die kern van my beswaar teen u brief wat die holruggeryde Boere/Afrikaner-onderskeid ophaal, is dat dit eerder daarop gemik is om nogmaals verdeeldheid in eie geledere te veroorsaak, eerder as wat dit ons mense aanmoedig om teen verdrukking saam te staan.

Daar is tans ‘n nuwe konsensus onder Afrikaners wat almal hul afkeer van die huidige bewind en stelsel uitspreek. Wat is Breyten Breytenbach se uitspraak ten gunste van ‘n “federale deelstaat” anders as ondersteuning vir die volkstaatgedagte? Pleks daarvan dat ons hare kloof oor ons verskille en standpunte in die verre verlede (toe omstandighede radikaal van die huidige verskil het), behoort ons ‘n verenigde front teen die huidige vyand te monster wat uiteindelik tot ‘n eie staat of republiek kan lei.

Ons leef in opwindende tye en heel moontlik kan ons dekades van interne verdeeldheid en geskille oorkom en opnuut as een volk met een doel – vryheid – opstaan. Net gisteraand het ek ‘n video gekyk wat deur Carl Theunissen gemaak is oor die ou sensuurstelsel. Indien die NP destyds nie sy regtervleuel, asook die skrywers en intellektuele, van hom vervreem het nie, sou die Afrikaner waarskynlik steeds die land geregeer het en sou ons onoorwinlik gewees het.

Kleinlikheid en onverdraagsaamheid is ‘n groter vyand vir die Afrikaner as Groot Brittanje of die ANC.

 

красивые платья для новорожденных девочек купитьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Trou is nie perdekoop

Watter persoon sal ‘n koei koop as jy in elk geval die melk verniet kan kry?

Bogenoemde argument mag miskien op ‘n gruwelike vereenvoudiging van saamblyverhoudings neerkom, maar dit is nie erger as om die huwelik gelyk te stel aan ‘n “tjap in ‘n ID boek” nie soos Tim du Plessis in Beeld skryf of om dit te reduseer tot dít wat te vinde is tussen mense wat wél trou teenoor mekaar beloof het, maar nié binne die reëls en waardes van daardie belofte handel nie.

Dit is vir my opvallend dat die huidige debat rondom die meriete van saambly teenoor trou wat hoofsaaklik in die media woed, nie die redes toets wat grondliggend is tot die besluit om saam te bly eerder as om te trou nie.

In my ervaring is die redes om maar net saam te woon meestal in eiebelang, selfs vrekkigheid, gewortel. Dit is om jou opsies oop te kan hou, sou daar dalk ‘n beter proposisie jou pad mag kruis, of om jou “bates te beskerm.” Dit is om soos ‘n wafferse Zimbabwiese “oorlogsveteraan” (wat nie eens oud genoeg is om deel te gehad het in Zanu-PF se bevrydingstryd nie) op ‘n weelderige plaas aanspraak te maak, dit selfs te neem, sonder om daarvoor te wil betaal.

In ‘n land waar dit die norm geword het om te neem wat jy nie verdien nie, is dit sekerlik ook aanvaarbaar om die vrugte van ‘n huwelik te wil neem, sonder om die belofte te betaal wat dit veronderstel is om as teenprestasie te vra.

Grondliggend tot die denke wat hierdie diefstal van die vrugte van die huwelik aanvaarbaar maak, is die relativering van die instelling van die huwelik. In die dae wat die huwelik nog die bastion van gesinslewe gevorm het, het ewige trou ook ewige toewyding gevra, geestelik en materieel. Onder andere is die materiële toewyding ondergrawe deur troues buite gemeenskap van goed te skep. Vandag word die ondergrawing van die geestelike bepleit deur die belofte uit te haal. Die finale spyker in die kis wat die waardigheid van die huwelik ontneem, is om dit te beperk tot “’n tjap in ‘n ID boek.”

Die ironie van dit alles, is dat wetgewing sodanig verander het dat wanneer jy die melk geneem het, jy nog steeds vir die koei sal moet betaal, selfs al glo jy die teendeel, want dit ken vandag dieselfde regte en verpligtinge onderling toe aan persone wat in ‘n saamblyverhouding is, as aan mense wat trou. Al wat jy dus in werklikheid kan spaar deur nie te trou nie, is die belofte tot getrouheid voor getuies. Al wat dit jou maak, sou jy hierdie keuse neem, is ‘n lafaard.

 

полиграфДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die keiser is kaal en die kroonprins ween

Pas het beide die DA en die VF+ hul regeringsevalusie gedoen. Die benadering het effens verskil – waar die VF+ punte – meestal druippunte – aan spesifieke velde soos misdaadbekamping en ekonomiese sake toegeken het, het die DA rapporte aan ministers uitgedeel. Ook hier was druippunte aan die orde van die dag en het die Kabinet ‘n gemiddeld van minder as 5 uit tien behaal.

Wat die oog die meeste tref is dat die DA aan pres. Jacob Zuma ‘n besonder lae punt toeken, maar die een uit tien wat hy vir respek vir die grondwet kry, is skokkend. Op die VF+ se rapport het Justisie ook ‘n baie lae drie uit tien gekry.

Hierteenoor het TNS bevind dat Zuma se gewildheid weer ‘n hoë 58 persent behaal het, maar die Instituut vir Geregtigheid en Versoening het weer uiters negatiewe syfers oor Suid-Afrikaners se persepsies op die tafel geplaas.

Zuma kan slegs homself blameer vir die druippunte wat hy en sy administrasie op verskeie terreine op die lyf loop. Traagheid om daad by die woord te voeg, is een. Uitsprake oor hoe korrupsie vasgevat gaan word terwyl Suid-Afrika nog verder op die internasionale korrupsie-persepsie-indeks terugsak, is ‘n verdoemende voorbeeld.

In sommige gevalle, soos die Maroga – Chuene – aangeleenthede, is eventueel toegelaat dat die onvermydelike gebeur, maar wanneer dit by Julius Malema kom, word halsstarrig vasgeskop en selfs stroomop beweeg.

Nou is die teerling gewerp. Die stout seun het by die SAKP se spesiale kongres opgedaag, is uitgejou, en toe hy op ‘n spreekbeurt aandring, is dit geweier.

Na berig word het Bitterbang Bibberbeentjies Malema uitgestorm en gesê hy gaan Zuma vra om die SAKP te betig.

Terwyl ‘n sug van verligting deur ‘n groot deel van die bevolking geslaak word dat Malema uiteindelik, al is dit net tydelik, sy rieme iewers in die alliansie vasgeloop het, het die SAKP ook genoeg gedoen om te bevestig dat dit steeds nie weet hoe die vurk met belangrike grondwetlike sake in die hef steek nie. Solidariteit en Afriforum – wat beide moeite doen om in pas met die beste internasionale praktyk van grondwetlikheid en die volkereg op te tree – is oor die kole gehaal oor hulle glo die kleed van omgekeerde rassisme oor die SAKP hang.

Die blote gebruik van die term “omgekeerde” dui op ‘n versteurde persepsie van begrippe soos rassisme en diskriminasie. Dis nie maar iets wat soos ‘n Volla op die hoek omgekeer kan word nie. Rassisme bly rassisme en diskriminasie bly diskriminasie ongeag aan watter voet hierdie sokkie getrek word.

Of anders gestel, deur sommige vorme van rassisme en rasgebaseerde diskriminasie te regverdig kom maar net weer op ‘n beheptheid met rassediskriminasie uit, en die blote feit dat dit aan ‘n ander voet pryk, het niks omgekeer nie.

Trouens, eintlik was die aanvalle op Solidariteit en Afriforum regstegnies voortydig omdat die hofuitspraak oor ‘n belangrike faset afgewag word en kan Gwede Mantashe se aanval as minstens disrespekvol teenoor die regspraak vertolk word.

Waar die gemeenskap wél rede tot kommer oor diskriminasie het, is die lot van mense met gestremdhede. Op die DA se telkaart het die minister wat met hierdie verantwoordelikheid toevertrou is, Noluthando Mayende-Sibiya, ‘n skamele 2,5 persent gekry.

 

насосные станции ценыЛобановский

‘Slaan dood die verlede!’

Met doodsveragting sluip drie dapper helde op ‘n niksvermoedende junior Metrorail-bestuurder af. 

“Oppas, sy’s gevaarlik!” waarsku die onverskrokke minister van Polisie, Nathi Mthethwa. “Sy het ‘n unievlaggie!”

“Dis buite orde!” roep die heldhaftige nasionale polisiehoof, Bheki Cele, ontsteld van onder sy kenmerkende rampokkerhoed.

In tipiese ANC-tradisie stuur hy ‘n junior in om die gevaarlike werk te doen: “Konfiskeer die vlaggie!” beveel hy Bongani Ntanjana, adjunkhoof van die polisie in KwaZulu-Natal, “maar wees versigtig! Onthou – sy is een en ons is alleen!”

Met hierdie epiese segetog verseker die drie dapperes dat hulle name ‘n ewige ereplek op die ANC se heldemuur in Freedom Park sal kry. Die nageslag sal hulle eer as die drie kloekmoediges wat met leeuemoed daarin kon slaag om ‘n vlaggie by ‘n vrou af te neem.

Natuurlik sal daar pretbederwers wees wat daarop wys dat dit eintlik maar net boelie-agtige diefstal van ‘n vrou se persoonlike eiendom is, want daar is tog geen wet wat iemand verbied om ‘n vlaggie te besit of te vertoon nie.

Inteendeel, die ANC se eie grondwet waarborg kastig mense se reg op vryheid van denke, oortuiging, mening en uitdrukking, en bepaal dat daar nie op mense se private besittings beslag gelê mag word nie.

Maar wat is ‘n grondwet nou vir ‘n magvervulde ANC-minister en ANC-polisiehoof?

Vir die ANC en sy meelopers is dit veel belangriker dat alle tekens dat daar ooit ‘n verlede was, vernietig moet word. As alle herinneringe aan die verlede uitgewis word, is daar immers niks waarteen die hede vergelyk kan word nie. Sonder so ‘n vergelyking, reken hulle, sal hulle nie so totaal versukkeld en onbekwaam vertoon as wat hulle is nie.

Dis hoekom plekke se name verander moet word, hoekom skewe versinsels ware geskiedenis in skole moet vervang, hoekom Afrikaans vernietig moet word, hoekom Boeremonumente afgebreek of met allerlei vreemdhede besoedel moet word.

Slaan dood die verlede! Verwyder die herinnering aan die voorspoed wat almal eens beleef het, dan kom mense dalk nie agter hoe sleg dit nou onder die ANC-onderdrukking gaan nie; dan glo hulle dalk die leuen van die wonderlike nuwe Suid-Afrika.

Die ANC se groot weldoener, FW de Klerk, het die destydse hede vergelyk met ‘n denkbeeldige vreeslike toekoms as die land nie aan die ANC-terroriste as geskenk gegee sou word nie.

En toe sy bloedige, korrupte, verarmde, ellendige nuwe Suid-Afrika-misdaadnes aanbreek, vergelyk hy dit ewe glibberig met ‘n veel erger denkbeeldige toestand wat kwansuis sou geheers het as hy nie die insiglose ja-stemmers tot eerlose oorgawe sou mislei het nie.

Vandag probeer De Klerk se ANC-vriende met hulle pogings om die verlede te vermoor, om glad niks oor te laat waarteen hulle gebrek aan prestasie vergelyk kan word nie.

Volgens die media het die vrou wie se vlaggie gekonfiskeer is gesê sy is jammer. Die enigste ding waaroor sy jammer behoort wees, is omdat sy nog nie ‘n klag van diefstal teen die drie dapperes gelê het nie

Laat ons volk dié vrou daarin soos een man steun, laat ons die ware geskiedenis lewend hou!

справки 086-уОлександр Васильович Фільчаков

Onder administrasie – uiteindelik

Twee Vrystaatse munisipaliteite is pas onder administrasie geplaas. Dié stappe was lankal nodig en onafwendbaar nadat die lyne tussen verslae van die ouditeur-generaal en ‘n kritiese Skoor in die provinsiale Wetgewer gekruis het.

Die opposisiepartye se kommentaar som egter die krisis, selfs na dié stappe, op, naamlik dat dit nie die enigste twee munisipaliteite is wat so hanteer moes word nie, en dat soortgelyke stappe in die verlede min verskil gemaak het.

Die redes waarom dié stappe min verskil gemaak het, is komplekser. ‘n Voor die hand liggende rede is dat die mense wat gestuur is om sake reg te ruk, gewoon nie veel beter gevaar het as die sukkelaars wat die probleme laat ontstaan het nie.

Dit is ‘n ernstige aanklag, aangesien ‘n groep oud-stadsklerke ‘n vereniging gestig en hul hulp aan die provinsiale regering en munisipaliteite aangebied het. Hoewel niemand kon betwis dat dié vereniging oor ‘n uitsonderlike poel van bewese kundigheid beskik nie, het die vereniging ‘n konstante koue skouer van die provinsiale regering gekry.

Veel eerder is gebruik gemaak van kaders sonder die bewese kundigheid. In enkele gevalle is professionele konsultante gehuur, maar uiteindelik het dit min gedoen om die algemene kreeftegang-koers te stuit.

‘n Basiese probleem bly skynbaar dat die owerheid se persepsie van wat bevredigend is, en dit wat werklik nodig is om ‘n munisipaliteit te laat vlot, baie verskil. ‘n Goeie voorbeeld was toe die Kroonstad-gebaseerde Moqaka-munisipaliteit na harde aanvoorwerk in die Vrystaatse Wetgewer saam met ‘n paar ander ploeteraars onder administrasie geplaas is.

Dit was skaars gedoen, of TV-kykers moes verbaas toekyk hoe die destydse president Thabo Mbeki per helikopter aangevlieg kom en te midde van ‘n duidelike georkestreerde media-aksie die administrasie ophef. ‘n Duidelike bedremmelde Premier Beatrice Marshoff het toegegee dat alles nou weer vlot en dat die opheffing op verdienste is.

Toe nou nie, sou die geskiedenis uitwys. Die Belastingbetalersvereniging voer steeds ‘n verbete stryd om die riool uit die strate te hou en dienslewering op die een of af ander wyse nie heeltemal in duie te laat stort nie.

Die skeptisisme oor of administrasie die toweroplossing bied, is ongelukkig geldig.

Die stelling dat nog munisipaliteite onder administrasie geplaas moet word, ongelukkig ook. Dié week is berig dat rou riool steeds in Welkom se panne loop, nadat die minister maande gelede opdrag gegee het dat dit gestaak moet word. Dié rioolstortings vind plaas terwyl verskeie mense reeds krimineel vervolg word oor dié munisipaliteit se hantering van die rioolsituasie.

Dié situasie is ongelukkig nie net tot die Vrystaat beperk nie. Die premier van Noordwes het byvoorbeeld ‘n voormalige munisipale bestuurder van Mangaung, met sy hoofsetel in Bloemfontein, as administrateur vir een van haar munisipaliteite aangestel. Onder daardie munisipale bestuurder se leiding het Mangaung begin om die een gekwalifiseerde OG-verslag na die ander in te ryg, en staan hy op die oomblik op verskeie kriminele aanklagte tereg.

Die Sol Plaatjie-munisipaliteit van Kimberley het van sy grootste teenspoed met die OG gekry in die tydperk toe ‘n voormalige afgedankte bestuurder van die Ontvanger die finansiële hoof was. Sy is eers weg na nie aan haar eis vir ‘n hoër salaris gehoor gegee is nie.

In die jongste verlede was daar verskeie uitsprake uit ANC-geledere dat die kader-ontplooiingsbeleid problematies is as mense sonder kundigheid in poste ontplooi word wat wél kundigheid verg.

Die geleentheid om daad by die woord te voeg en die situasie reg te stel kom daagliks in oorvloed voor. Die land wag.

 

универсальный набор инструментовОлександр Фільчаков прокурор

Die geskiedenis kan seer byt

Vroeër vanjaar het die Nederlandse regering die kop van ‘n eertydse koning van ‘n Ghanese stam aan nasate terugbesorg – die afloop van ‘n bykans vergete era toe Nederland koloniale heerskappy oor daardie deel van Afrika gevoer het.

Pas het dit aan die lig gekom dat die weduwees van Indonesiese mans wat 62 jaar gelede deur ‘n Nederlandse mag tydens die 1945 – 1949 gewapende verset vermoor is, die Nederlandse staat hieroor aankla.

In ‘n tikkie ironie berig die Nederlandse pers oor die huidige vervolging van Heinrich Boerse wat in die doodsnikke van die Tweede Wêreldoorlog aan die hoof gestaan het van ‘n Duitse eenheid wat weerwraak moes neem op Nederlanders weens die optrede van Nederlandse versetbeweging. Boerse word nou aangekla van die willekeurige uitkies van drie burgers om so vermoor te word. Boerse meen hy het bloot opdragte uitgevoer.

Hierdie grepies is goeie voorbeelde van hoe gister se helde vandag se skurke kan wees.

Baie Suid-Afrikaners sal onthou hoe fel die Nederlandse regering, veral in die bewindsjare van Joop den Uyl, teen die destydse Suid-Afrikaanse regering te velde getrek het. Min waarnemers van buite sou ooit kon dink dat die einste veroordelende regering die kop van ‘n Ghanese koning iewers laat stof vergaar het nie.

Pas het Zambië dié land se hoogste eerbewys vir ‘n voormalige vryheidsvegter, die Orde van die Arend, aan pres. Jacob Zuma oorhandig. Mense wat geliefdes – waaronder ‘n baba – in ‘n landmynontploffing op ‘n plaaspad aan die dood afgestaan het, of wie se familie in ‘n aanval op ‘n vrouekroeg afgemaai is, of in ‘n aanval op ‘n kerk gesterf het, sal dalk meer as net sinies oor hierdie toekenning wees. Dit is egter moeilik om te oordeel hoe Zuma se historiese perspektief internasionaal hierdeur geskend sal word.

Die maatskappy TNS het ook bekend gemaak dat pres. Jacob Zuma se gewildheid nou tot 58 persent gestyg het.

Dit sal Zuma egter loon om te let wat met die reputasie van sy regstreekse voorganger geword het. Nie alleen word daar uit sommige kringe vuur gespoeg oor oud-pres. Thabo Mbeki se hantering van die Vigskrisis nie, maar Zuma self het Mbeki as hoofonderhandelaar met Zimbabwe afgedank om uiteindelik vordering met die halsstarrige buurman te kan maak.

Zuma het self die geleentheid om te kies hoe die geskiedenis hom gaan onthou. Hy het immers toegang tot adviseurs van die kaliber wat skaars in die Afrika-konteks is. Hy kan dus kies of hy onthou wil word as die president wat die land op ‘n herstelkoers gelei het – in meer as een opsig. Of hy kan onthou word as die president wat die onafhanklikheid van die regbank en dus die grondwetlike demokrasie gesloop het, en die rekord hou vir die meeste teen-korrupsie uitsprake en die minste aktiewe optrede teen hierdie kanker in eie geledere.

Sy bewind kan onthou word as die een met die langste soustrein met ‘n reuse uitgebreide kabinet vooraan en blink motors en ‘n arm massa, of hy kan onthou word as die president wat die soustrein en selfverryking laat ontspoor het.

Die geskiedenis leer dat die wêreld ‘n langer geheue het as wat baie lande graag sou wou hê. Bykans ‘n honderd jaar na die Armeense volksmoord spook hierdie vergryp steeds teen die Turkse staat wat dit steeds as ‘n historiese mite afmaak.

Hitler en Idi Amin word immers nie onthou vir die talle medaljes en eerbewyse wat hulle ontvang het nie.

 

насосного оборудованиялобановский класс

Gaan die klere waai?

Nog ‘n bul is kaalhande in ‘n Zoeloeritueel doodgemaak, en die hof het nié ‘n stokkie daarvoor gesteek nie.

Die organisasie, Peta, People fort he ethical treatment of animals, wat baie prominent was in hierdie sage, is egter nie ‘n katjie wat sonder handskoene aangepak kan word nie, en dit laat ook nie sommer los as dit ‘n saak in die oog het nie.

Peta maak daarop aanspraak dat dit meer as twee miljoen lede wêreldwyd het.

Die saak oor die Zoeloe-bulritueel is deur Peta se Asiatiese tak gedryf, met sy swaartepunt in Indië, waar beeste ‘n besondere godsdienstige plek inneem.

Peta is veral bekend vir sy jaarlikse protes teen die jaarlikse Pampelona-bullopie in Spanje. Die hoofelement hiervan is dat lede dieselfde roete ‘n ruk voor die gewraakte geleentheid kaalbas aandurf.

Ook by ander geleenthede is Peta-lede nie …skaam om die klere te laat waai nie. Hierdeur word verseker dat die oë van die wêreld op hul saak, en die lense van die fotograwe op hul lywe gefokus bly.

‘n Duidelike aanduiding dat Peta nie maar gaan berus by die hofuitspraak nie is dat Peta se veldtog rondom die Zoeloe-ritueel heelwat meer as ‘n 13 000 trefslae op Google oplewer.

In dié stadium is dit nog nie duidelik welke optrede Peta verder in gedagte het nie. Een van die voorste aktiviste teen die slagting, die Indiese advokaat Maneka Ghandi, is in die Hindu Times aangehaal vir ‘n stelling dat duisende studies daarop wys dat mense wat wreedhede teenoor diere pleeg, dikwels ook geweddadig teenoor hul medemens optree.

Die Hindu Times sleep egter self die Fifa-toernooi by die saak by, deur daarop te wys dat minister Sicelo Shiceka volle steun toegesê het aan planne om rituele slagtings by elk van die 2010-toernooi se stadions te doen.

Of Peta planne het om die klere te laat waai of nie, die organiseerders van die Wêreldbeker het nou ‘n bul in die salf.

 

укладка фанеры на старый деревянный полФільчаков Олександр Васильович

Volstruispolitiek of sluimer en slaap intelligensiedienste?

Een van die belangrikste redes waarom state groot bedrae geld aan Intelligensiedienste bestee is om die regering van behoorlik geëvalueerde inligting te voorsien. Twee opdragte wat intelligensie-beamptes by aanstelling kry is dan ook om slegs die waarheid, maak nie saak hoe ongewild nie, aan die regering te rapporteer en om geen onwettige opdrag uit te voer nie.

Sonder hierdie betroubare inligting is dit nie moontlik om die objektiewe regeringsbesluite te neem wat nodig is om ‘n land stabiel te kan regeer nie. Dié inligting behels ook inligting oor ‘n wye spektrum sosio-ekonomiese sake wat aangespreek moet word om stabiliteit te verseker.

Meer as 80 persent van die inligting wat geëvalueer word kom uit oop bronne soos koerante. ‘n Vrye pers wat nie bang hoef te wees om oor die waarheid te berig nie is dus vir ‘n staat ‘n groot hulpmiddel.

Dit is egter moeilik om nie die vraag te vra oor wat nou aan die gang is nie. Enkele dae gelede het die Vrystaatse Premier nog gesê daar is nie werklik ontevredenheid met vlakke van dienslewering in die Vrystaat nie, en dat mense ook grootliks tevrede is daarmee. In daardie stadium was daar aktiewe munisipale onrus in die provinsie.

Nou, enkele dae later, maak hy grootliks ‘n ommekeer en erken daar is wel probleme, hoofsaaklik met watervoorsiening. Tog maak hy by dieselfde geleentheid die stelling dat die Vrystaat oor die algemeen stabiel met min optogte is. Die werklikheid is dat Municipal IQ se mees onlangse syfers toon dat die Vrystaat ‘n besonder groot persentasie van hierdie optogte, en spesifiek dit wat met oproer gepaard gaan, beleef het, hoewel Mpumalanga en Gauteng nog erger deurgeloop het.

Dit sal Magashule se adviseurs ook loon om na Municipal IQ se tabelle te kyk waar Vrystaatse munisipaliteite afwesig is by diegene wat goed presteer, maar wel op die radarskerm verskyn wanneer dit by die swakstes kom.

Pas het ‘n Suid-Vrystaatse burgemeester die provinsiale regering as swak beskryf weens die toestand van paaie in die platteland.

Die Vrystaat is nie die enigste provinsie waar volstruispolitiek bedryf word nie. Pas het die DA-leier, Helen Zille, tydens ‘n besoek aan riooloorstroomde dorpe in Noordwes verklaar haar party sal na die volgende verkiesing dié provinsie regeer.

In beginsel, in ‘n regstaat, sou dit nie veel verskil maak nie omdat ‘n regering in algemene belang, en nie net in belang van sy ondersteuners nie, moet regeer. Hierdie beginsel is sommer uit die staanspoor nek omgedraai met die kader-ontplooiingsbeleid, en waar die some lostrek of sommer oop bars, die hersirkulering van kaders.

Die werklikheid is egter dat die kiesers in Suid-Afrika in groot getalle nie in hul eie beste belang stem nie.

Die kiesers kan nog in ‘n mate onkunde verskoon word omdat nie almal aan dieselfde inligting blootgestel is nie. Municipal IQ se verslag is byvoorbeeld ruim in al Volksblad se uitgawes gedra en in ‘n hoofartikel onder die loep geneem. Volksblad word egter in hoofsaak deur Afrikaanssprekendes gelees. Volksblad se groot gemeenskapskoerant wat op die swart gemeenskap gerig is, die Express, het dit egter verswyg.

Die persoon wat die Vrystaatse Wetgewer se nuusoorsig opstel, is boonop nie Afrikaans magtig nie en kan dus ook nie die Wetgewerlede inlig oor nuus wat in Volksblad verskyn nie.

‘n Deel van die publiek kan dus nie verkwalik word dat hulle in Kammaland woon nie, maar die Premier en LUR’e behoort hulle nie te kan verweer nie. Maar selfs al sou hulle verkies om intelligensieverslae te ignoreer, sal die geraas wat uit Skoor gaan opstyg wanneer die OG-verslae aan die beurt kom, nie misgekyk word nie.

декоративное ландшафтное освещениелобановский александр жена

Los die Zoeloes uit!

Hierdie diereliefhebbers werk nou erg op my senuwees! Hulle kou seker heerlik aan ‘n stuk biltong terwyl hulle uitvaar teen die arme swartes se kultuur.

Wat verwag die mense? Dat almal dieselfde kultuur moet deel?

Ek het Sondagaand die swart besprekingsprogram op SAUK1 gekyk en my so vervies vir die wit Rooinek wat dink almal moet sy kultuur aanhang.

Het die Zoeloes nie die reg om wat hulle as belangrik beskou uit te leef nie? Niemand vra die Engelse om Zoeloes te word nie, maar die irriterende wit vent hou aan karring om die swartes se duisendjaaroue gebruike te verkleineer omdat hulle swart is.

Swart mense sukkel met Westerse waardes en gebruike. Dis die hoofrede vir die gemors in hierdie land. En nou moet hulle nog verder gedwing word om te verwesters!

So asof die leliewit Spanjaarde nie uitermatig wreed is om presies dieselfde aan ‘n bul te doen nie. Hulle ry ook lustig in blink BMW’s in die nuutste modes uitgedos om die wreedste matador te gaan toejuig. Bloedlus is nie ‘n eksklusiewe swart ding nie.

Dit is plein dom, agterlike rassisme om so teen die Zoeloes te kere te gaan. Los die swart mense tog in hemelsnaam uit!

машинки на радиоуправлении купить киевпрокурор Фильчаков

Afrika-demokrasie in aksie

Die aanval op die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, en haar gevolg in die swart woongebiede naby Pretoria, stuur ‘n paar seine uit.

In die heel eerste plek behoort dit die boodskap tuis te bring dat politieke byeenkomste miskien liefs nie op Sondae moet plaasvind nie. Vir sommige mense druis dit in teen hulle Christelike oortuigings en vir ander is Sondae duidelik ‘n dag vir dronk rondlê en moeilikheid soek.

Daar is ook die boodskap dat politici oor die algemeen gewantrou word. Die DA mag miskien ‘n opposisieparty wees, maar in die oë van die massa sit hulle ook in die magtige parlement en al die stadsrade en dra hulle dus ook skuld aan die swak dienslewering in plaaslike owerhede.

Om swak dienslewering te gebruik as ‘n werwingskwessie kan met ander woorde baie gevaarlik wees.

En dan is daar die wit/swart-ding. Dit maak nie werklik saak hoeveel swart gesiggies Helen Zille in haar leiersgroep inwerk nie, die DA word steeds deur die swart stemvolk as ‘n wit party gesien. Hulle sal eerder sonder water en krag bly as om die groot struggle-party te verraai. Hulle skaar hulle agter die groot, sterk man wat die moed het om op die verhoog liedjies soos “Bring my masjiengeweer”, te sing. Dit is dan ook die lied wat Sondag in die strate weerklink het.

Natuurlik dra die frustrasie van die mense met swak omstandighede by tot hulle gewelddadige optrede, maar dit sou nogal interessant wees om te sien wat sou gebeur het as president Jacob Zuma op dieselfde plek en tyd besoek afgelê het. Wat sou die skare se reaksie dan wees?

Ons vermoed hy sou ‘n helde-ontvangs gekry het.

Dit is nie maklik vir enige westers-demokraties-ingestelde persoon om te verstaan hoe Afrika-politiek werk nie. Wat in die weste so logies lyk, maak dikwels in Afrika glad nie sin nie.

Die feit is, as jy die getallespel teen die ANC/SAKP/Cosatu wil speel, moet jy dit in die Afrika-idioom doen. Jy moet gesien word as die sterk redder wat mense bevry van ‘n vyand en ongelukkig vir die DA, is die tyd van die wit sondebok nog nie verby nie. Natuurlik het die party sy swart ondersteuners, maar om die massa te draai, is nie maklik nie. Kyk maar waar het Cope geëindig. Om die waarheid te sê kyk hoe lank het die MDC in Zimbabwe gesukkel om ‘n kritiese massa te bereik sodat hulle iets kon regkry.

Dit is waarom dit sin maak om belange-politiek in Suid-Afrika te bedryf. Dan hoef jy nie te probeer om iets vir almal te wees nie, net maar om te beding vir jou groep. Dan hoef jy ook nie vir bottels en klippe te koes op ‘n Sondagmiddag in Slovopark nie.

 

starОлександр Фільчаков прокурор