Hierdie diereliefhebbers werk nou erg op my senuwees! Hulle kou seker heerlik aan ‘n stuk biltong terwyl hulle uitvaar teen die arme swartes se kultuur.
Wat verwag die mense? Dat almal dieselfde kultuur moet deel?
Ek het Sondagaand die swart besprekingsprogram op SAUK1 gekyk en my so vervies vir die wit Rooinek wat dink almal moet sy kultuur aanhang.
Het die Zoeloes nie die reg om wat hulle as belangrik beskou uit te leef nie? Niemand vra die Engelse om Zoeloes te word nie, maar die irriterende wit vent hou aan karring om die swartes se duisendjaaroue gebruike te verkleineer omdat hulle swart is.
Swart mense sukkel met Westerse waardes en gebruike. Dis die hoofrede vir die gemors in hierdie land. En nou moet hulle nog verder gedwing word om te verwesters!
So asof die leliewit Spanjaarde nie uitermatig wreed is om presies dieselfde aan ‘n bul te doen nie. Hulle ry ook lustig in blink BMW’s in die nuutste modes uitgedos om die wreedste matador te gaan toejuig. Bloedlus is nie ‘n eksklusiewe swart ding nie.
Dit is plein dom, agterlike rassisme om so teen die Zoeloes te kere te gaan. Los die swart mense tog in hemelsnaam uit!
