Boeliestaat

Enkele jare gelede was die media vol berigte van hoëspoed-konvooie wat hulle klaarblyklik nie net as bo die reg verhewe beskou het nie; daar was ook berigte van waar hierdie eietydse cowboys op ander motoriste geskiet het en op ander wyse geviktimiseer het.

Dié era is ongemaklik in herinnering geroep met ‘n insident waarby me Winnie Madikizela-Mandela en haar lyfwagte betrokke was. Min of meer al wat duidelik is, is dat die motor waarin sy en haar lyfwagte gery het, die spoed liederlik oorskry het, dat sy laat vir ‘n afspraak was, en dat daar ‘n onlekker woordewisseling was toe sy deur die polisie afgetrek is.

Hiervandaan, so wil dit voorkom, is op amptelike vlak eenvoudig aanvaar om haar en haar lyfwagte se weergawe van die gebeure te aanvaar. Die twee polisiemanne is blykbaar in die proses informeel skuldig bevind en gevonnis. Die polisielede is byvoorbeeld aangesê om Madikizela-Mandela om verskoning te vra.

Pas het die vakbond, Solidariteit, die SAPD gewaarsku om die een polisielid by die saak betrokke, nie te viktimiseer nie. Dié lid is ook lid van Solidariteit, en die vakbond het reeds sy regspan opdrag gegee om die lid by te staan.

By die algemene publiek sal daar instinktief ‘n ander gewaarwording wees oor die voorval as wat die polisie waarskynlik onder politieke druk sal ervaar. Midikizela-Mandela het immers ‘n paar na-1994 kriminele skuldigebvindings op die lyf geloop, en volgens een van die interpretasies moes sy eintlik nou gediskwalifiseer gewees het om weer parlementslid te kon word.

Verder, uit die era voor 1994 is daar ook nie positiewe herinneringe oor haar lyfwagte nie, met die Stompe Sipei-geval wat nog in baie mense se geheues leef. Haar lyfwagte het as ‘n sogenaamde sokkerklub bekend gestaan.

Die insident het egter wyer implikasies as net die individue wat nou betrokke is. Dit handel oor die grondwetlike beginsel dat almal gelyk voor die reg is.

Was daar nie nuusdekking en vakbondingryping nie, lyk dit of die beginsel sou geld dat sommiges meer gelyk as ander voor die reg is.

Ongelukkig staan hierdie voorval ook nie in ‘n vakuum nie. Die Julius Malema-era van konvooie wat ook aan verkeerslui verduidelik wat hulle met die spoedboetes kan doen, en volgens aanduidings daarmee weggekom het, is nog vlak in die geheues.

As wetteloosheid vir sommiges toelaatbaar word, staan die land op die vooraand van ‘n Wilde Weste-era. In heelwat van die gevalle was die insidente wit-swart, wat ‘n bykomende dimensie daaraan verskaf.

Die politieke leiers moet die voorbeeld stel, nie die werklike posisie misbruik nie.

instagram clothing linesФильчаков прокуратура харьков

Indringende vrae aan Partye

Ek verwys na Helen Zille (DA-leier) se artikel in Beeld (12 Januarie 2011) met titel “Ja,ja,ja, o nee”.

In die lig van die naderende verkiesings in 2011 en feit dat elke party die Grondwet van SA, aan die hand van die “Beperking-Van-Regte-klousule” (a.36 van die Grondwet) binne ‘n eie ideologiese konteks re-interpreteer, sal dit nuttig wees as die DP en ander partye soos die ANC, Christen-demokratiese partye (bv. CDP) en VF+, spesifieke antwoorde gee op die volgende vrae, onder meer voorbeelde:

Mbt a.6 hoe gelyke taalberegtiging van die amptelike tale verwesenlik sal word?

Mbt a.9(2) watter standpunt oor “affirmative action” ingeneem word?

Mbt a.11 oor die reg op lewe, die standpunt oor die doodstraf en aborsie?

Mbt a.15 die standpunt oor ‘n akte (a.234) vir die bevordering en beskerming van die reg op godsdiens, eie oortuiging en mening (a.15)?

Mbt a.19 oor politieke regte die standpunt in sake proporsionele verteenwoordiging, van gelyke deelname aan verkiesings sonder finansiële bevoordeling en gelyke spraakvryheid in die wetgewers?

Mbt a.21 oor vryheid van beweging, hoe so ‘n party die willekeurige massaverskuiwings van gemeenskappe van een deel van die land na ‘n volgende gebied gaan orden en beperk?

Mbt a.24, oor ‘n omgewinsbeleid, hoe die besoedeling van lug en water teengewerk sal word?

Mbt a.25, oor eiendom, oor waarborge vir die reg op persoonlike eiendom?

Mbt a.29(3) die standpunt oor die subsidiëring van onafhanklike onderwysinstellinge?

Mbt a.30 oor die aanvaarbaarheid van ‘n kultuurakte (a.234) vir etniese gemeenskappe?

Mbt a.31(1)(b) waarborge vir die selfbeskikking van instellinge van die burgerlike samelewing?

Mbt. a.33 oor regverdige administratiewe optrede, die persoonlike juridiese aanspreeklikheid van amptenare in sake hulle posbeskrywing?

Mbt a.35 oor beskuldigde persone in sake die howe se reg om lyfstraf toe te kan, al dan nie?

Mbt hoofstuk 8 oor wyses en maniere om die howe vry te maak van politieke inmenging?

Mbt. hoofstuk 9 hoe die werksaamhede van die Openbare Beskermer (a.182) opgeskerp, die Menseregtekommissie (a.184) verbeter, die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe (a.185) funksioneel gemaak kan word en hoe al die mekaar-dupliserende menseregte-instrumente gerasionaliseer kan word?

Mbt a.185 en 235 die standpunt oor die reg op selfbeskikking van taal-, godsdiens- en kulturele gemeenskappe?

Bogenoemde aspekte is van kardinale belang in die burgerlike uitoefening van demokratiese keusevryheid, in plaas van ‘n gegorrel van woorde, soos bv. die onlangse toespraak van president Zuma en antwoord van mev. Zille.

школьные рубашки для девочекданильченко юрий брониславович прокурор

Groen longe, bosslapers en toerisme

Ter wille van die gesondheid van stedelike inwoners word groen longe uitgelê. Dit sluit ontwikkelde parkies, soms met swaaie en skoppelmaaie vir kinders, begraafplase, koppies met wisselende vlakke van bewaringsstatus en vele meer in.

Die persentasie oppervlak wat vir groen longe benodig word, hang van verskeie faktore af soos die reënval, die heersende winde, of die stad ‘n deel van die jaar onder ‘n sneeukombers lê, bewoningsdigtheid, vlakke van elektrisifisering en nog ander faktore af.

Die gebiede word gewoonlik geïdentifiseer tydens die beplanning vir dorpsuitleg, deur areas te identifiseer wat te kleiagtig vir die bou van woonhuise is, waar te veel geraasbesoedeling plaasvind, die verspreiding en dit sal immers dwaas wees om ‘n begraafplaas op ‘n klipbank uit te lê.

Bloemfontein is in verskeie opsigte ‘n unieke stad, met ‘n wildtuin op ‘n koppie in die middel van die stad. Hierdie koppie, en ander koppies in die omgewing, het hoë statusse as bewaringsgebiede wat ontwikkeling tot die allernoodsaaklikste beperk. Talle historiese en moontlik selfs argeologiese verskynsels kom in dié areas voor.

Dit bied die ideale geleentheid vir ekotoerisme. Wandelpaaie word onder meer ontwikkel, en stedelike bewareas het al in verskeie Suid-Afrikaanse stede ontstaan.

Dit bied egter ook ‘n heenkome aan bosslapers. Van die koppies in woongebiede is naby die bosslapers se slaapplekke so van menslike slagysters gesaai dat daar van wandel min sprake is. Wippe word gestel waarin ook mense uit die omgewing se troeteldiere aaklig tot hul einde kom.

En nou is dit groot voorbladnuus dat ‘n Britse toeris tydens ‘n staptog op ‘n wandelpad vlak voor die voordeur van die Vrystaatse premier verkrag is. Dadelik is daar groot kommer oor wat die insident aan die streek se toerisme gaan doen. Die vrou is gek oor die buitelug en het al dwars oor die wêreld soortgelyke ekskursies geniet, net om in die hartjie van Suid-Afrika deel van die verkragtinghoofsetel van die wêreld se statistiek te word.

Dalk meer as net statistiek, want Suid-Afrika tel onder die hoogste Vigs-syfers ter wêreld en ‘n verkragting kan ook ‘n doodsvonnis behels. Gelukkig is anti-retrovirale behandeling beskikbaar.

Die owerhede sit met ‘n dilemma. Deur besoekers afdoende teen gevare te waarsku is sleg vir toerisme. Verskeie strandoorde aan riviermondings het aanvanklik e-Coli-tellings as waarskuwing vir besoekers daagliks bygehou. Toe dit skadelik vir toerisme blyk te wees, is ‘n algemene waarskuwing opgerig dat die water besoedel mag wees. Oplaas is die borde verwyder. Die probleem is egter nie verwyder nie. Dit verhoog trouens die kanse van regsaanspreeklikheid.

Die beste oplossing bly om die probleme te nie net te verwyder nie, maar op te los.

free slotscasino gamesФильчаков

Mnr Leopodt Scholtz se ‘insig’?

Dr Leopodt Sholtz se insig is stereotiep as dit kom by die probleem waaronder min of meer die res van die wêreld en ons ly.

By gebrek aan ware insig ten opsigte van die funksionering van die swarte in Afrika, het ‘n volstruisideologie as medium ontwikkel om sodoende die ongemaklike realiteite te ignoreer en in dié verwarrende milieu lukraak menings te vorm wat absoluut geen kontak met die werklikheid maak nie.

Vandaar die sinnelose mening dat die swarte geregtig op ons land SA was. Noudat hulle ons land gekry het en dit verniel het tot ‘n derdewêreldland in ‘n skrale 16 jaar, is dit nog steeds ons plig om sonder enige statutêre mag hierdie mense te dra wat nou die land regeer.

Miskien kan dr Scholtz vir ons die logika rondom hierdie mening van hom verklaar?

Wat afgelei word van dr Scholtz se skrywe in Die Burger is dat hy die onvermoë van die swartes by implikasie erken, maar weereens die onus op die blankes plaas om vanuit hulle posisie van onmag die mislukte gevolge van insiglose mense soos dr Scholtz te dra. Graag sal daar verneem word van dr Scholtz hoe  hy dit sien gebeur?

Sou ‘n meer logiese insig nie wees om die ANC-regering van die dag aan te spreek om hulle verantwoordelikheid na te kom nie?

Of moet daar afgelei word van u skrywe dat u dit steeds as die blanke se verantwoordelikheid beskou omdat u by implikasie besef/erken dat die ANC-regering nie in staat is om verantwoordelik te regeer nie.

Dr. Scholtz, u logika is gekortwiek deur gebrek aan insig wat dus u artikel degradeer tot n sinnelose gebrabbel.

Ek skryf wel onder my regte naam.

укладка паркета своими руками видеоуроклобановский александр

Amerikaners se kennis van die grondwet getoets

Volgens die Christian Science Monitor neem die openbare debat in die VSA toe oor die doeltreffendheid en rol van die Amerikaanse grondwet. Dié koerant het dus besluit om ‘n aanlyn-opname te doen waarin lesers hul kennis van die grondwet kan toets.

Dit sal interessant wees om te sien hoe goed Amerikaners werklik hul grondwet ken.

Die VSA is in baie opsigte die toonaangewer met die begrip grondwetlike demokrasie. Baie lande het uit die grondwet geput om hul eie te skryf, waaronder die ou Vrystaatse Republiek.Oor die jare is talle wysigings aangebring, waarvan sommige “Ammendments” soos dit bekend staan, veel bekender is as die basisdokument.

Die dokument is ook nie oral klokhelder geskryf nie, en enkele jare gelede was daar selfs ‘n debat oor of afgelei kan word dat dit God as hoogste gesag erken.

Uit die howe, en die federale hof se toepassing het daar ook afleidings gekom wat nie noodwendig deur ander lande nagevolg word nie. Die beginsel van “reg op lewe” word elders ter wêreld dikwels vertolk as ‘n verbod op die doodstraf, maar ironies nie op aborsies op aanvraag nie.

In die VSA pas verskeie deelstate die doodstraf egter steeds toe, en sommiges het dit selfs heringestel, en dit is duidelik dat die beginsel van “reg oplewe” anders vertolk word.

Trouens, kort voor pres. Barack Obama se verkiesing tot president was daar ‘n groot moontlikheid dat die Federale Hof die beslissing van Roe versus Wade tersyde sou stel, en dat aborsies op aanvraag gestuit sou word.Verskeie deelstate het selfs reeds die wetgewing op hul wetboeke begin plaas in antisipasie hiervan. Met Obama se verkiesing het die Christian Coalition of America verklaar is die stryd teen aborsies op aanvraag met dekades teruggesit.

‘n Opname onder die Suid-Afrikaanse kiesers oor die grondwet sal stellig ‘n druipsyfer oplewer wat die matriek-druipsyfer na ‘n skitterprestasie sal laat lyk.

Die onkunde is ook nie net op voetsoolvlak nie, geoordeel aan die talle kere wat die regering in die Grondwethof bloedneus kry.

тамбов икДанильченко

As die pap eers laat val is

Baie mense ken die gevoel om op voorskrifmedikasie te wees, en net voor ‘n pil in die mond kom, te voel hoe dit uit die vingers glip en op die grond beland. En dan is dit weg. Dit het onder die yskas ingerol, of in die hond se waterbak beland…maar vir verdere gebruik is dit verlore.

So kan die verkiesing in die Ivoorkus beskou word.

Soos die meeste kuslande in Wes-Afrika, het die Ivoorkus ook ‘n groot Moslembevolking wat hoofsaaklik in die Noorde woon, en ‘n Christen-animistiese bevolking wat hoofsaaklik aan die kus woon. Dikwels is die kusbevolking meer deur die eertydse koloniale mag kultureel aangeraak as die binneland.

Op die gevaar af om te vereenvoudig, geld dit in breë trekke ook vir die Ivoorkus. Trouens, die Franse koloniale heersers het maar betreklik kort voor die land onafhanklik geword het, werklik doeltreffend tot die binneland deurgedring.

Die grootste moondheid in die gebied, Nigerië, het hierdie werklikheid staatkundig ondervang. In dié land moet Moslem en Christenpresidente mekaar aflos, natuurlik so lank die demokrasie hou wat tot dusver te gereeld in die slag gebly het.

Die Ivoorkus se posisie is afgesien van die ooreenkomste met Nigerië ook baie uniek. Die bevolking praat sowat 70 Afrikatale, die voorouers van die huidige inwoners het betreklik onlangs eers in die land gevestig, en die grootskaalse volksverhuisings het weens streekkonflikte ook nog nie mooi gestabiliseer nie. Tussen die Moslem-noorde en Moslem-buurlande is die staatkundige grens min of meer irrelevant.

Die land se opgetekende geskiedenis dui ook nie op ’n groot godsdienstige onverdraagsaamheid nie. Die jarelange Christen-president Felix Houphouët-Boigny het in 1990 die huidige verkiesingswenner, die Moslem Alassane Ouattara as premier aangestel, ‘n pos wat hy tot 1993 met die president se afsterwe beklee het. Ouattara is ‘n internasionaal hoogaangeskrewe ekonoom, en sy internasionale loopbaan, onder meer as jeugdige adjunk-direkteur van die IMF het eers politieke aspirasie gekry toe Houphouët-Boigny hom nader getrek het. Na 1993 het die politieke situasie in die Ivoorkus baie vloeibaar geword, en Ouatarra het meestal sy internasionale loopbaan as ekonoom voortgesit.

Maar hy het ook die leier van ‘n Moslemparty geword. Sy kandidatuur vir die presidentskap is egter telkemale in die wiele gery, en hy is onder meer gediskwalifiseer oor hy ‘n deel van sy jeug in Burkina Faso deurgebring het, en ook in ‘n stadium ‘n paspoort van daardie land gedra het. In die Ivoorkus is hy die sondebkok gemaak vir ongeveer alles wat verkeerd gegaan het, soos mislukte staatsgrepe.

Toe hy uiteindelik wel kon deelneem, was sy oorwinning vir niemand, behalwe oud-president Laurent Gbabgbo ‘n verrassing nie. Hoewel syfers baie verskil, is die algemene opvatting dat die Ivoorkus beduidend meer Moslems as Christene het. Gbagbo skop vas, en dis heel moontlik dat hy werklik glo dat baie van die Moslem-kiesers wat sy ondersteuners na die verkiesing gediskwalifiseer het, se burgerskap weens die vloeibare grense onder verdenking is.

Die Ivoorkus se dilemma toon hoe belangrik dit is dat wanneer ‘n grondwet onderhandel en opgestel word, die betrokke land se werklikheid in ag geneem word. In die Soedan het soortgelyke faktore tot ‘n dekadeslange burgeroorlog gelei, en miljoene mense het die lewe gelaat. Selfs tussen die Arabiese Moslems, en die nie-Arabiese Moslems van Darfoer, was konflik en ‘n gevolglike volksmoord.

In Suid-Afrika gaan gereeld stemme op dat Kemptonpark her-onderhandel moet word, ‘n duidelike aanduiding dat sekere Suid-Afrikaanse realiteite nie behoorlik verreken en ondervang is nie. In die Ivoorkus neem die ongevalle toe, en is klaarblyklik nog nie ‘n aks met onderhandelinge en selfs dreigemente gevorder nie. As die pilletjie eers geval het …

печи дровяные дляЛобановский

Geen vryheid sonder werk

Die Boere-Afrikanervolk verkeer vandag seker in sy grootste bestaanskrisis sedert volksplanting. Alhoewel daar in sy geskiedenis, soos bv. by Vegkop, Bloedrivier en tydens die Tweede Vryheidsoorlog, wesenlike gevaar van fisiese uitwissing bestaan het, kon ons voorsate hul vyand fisies waarneem en hulself teen dié met geweer en koeël verdedig.

Die jaar 2010 sal deur alle regdenke Boere-Afrikaners onthou word as ‘n jaar waarin die voortgesette aanslag teen ons mense sedert dr Verwoerd se dood op alle terreine van die samelewing in feller mate toegeneem het. Van die “vrede, veiligheid en voorspoed” wat mnr F W de Klerk en sy OU-NP so hoog opgegee het, het daar weer eens hierdie jaar slegs ON-vrede, ON-veiligheid en NUWE-teenspoed gekom.

Die afgelope dekades was die aanslag so subtiel en bedrieglik dat selfs die beste en mees bekwame strateeg, die vyand nie maklik sou kon herken of waarneem nie! Aanslae word feitlik vanuit alle oorde denkbaar, op die volk gerig. Ons is die teiken van ‘n totale aanslag wat fisies, sielkundig, geestelik, ekonomies, ja, ‘n aanslag wat op feitlik alle terreine en sfere van ons volkslewe gevoer word.

Die gevaar is egter dat die vyand vandag nie net vanuit die ANC en sy meelopers se kant kom nie, maar ook vanuit eie volksgeledere!

Die geskiedenis het bewys dat geen volk teen sulke aanslae en verraad bestand is nie en dat dit uiteindelik ontaard in ‘n kanker wat die volk vanself van binne vernietig, tensy daar ‘n goed-gestruktureerde belange-organisasie bestaan wat hierdie aanslae effektief kan beveg.

Die jaar 2010 sal ook onthou word as die jaar waartydens die volk, te midde van hierdie verergerende toestand, nie daarin kon slaag om noemenswaardige goedbeplande en gekoördineerde VERSET regoor die land onder ons mense teen hierdie aanslag te monster nie.

Plaasmoorde gaan steeds onverpoosd voort en elke keer word daar deur landbouleiers slegs kritiek en afsku daaroor uitgespreek. VERSET deur diegene wat nog iets daadwerkliks aan die saak wil doen, word dikwels deur volksgenote wat self die slagoffer van hierdie moorde is, verongeluk.

In teenstelling met die toestand ‘n honderd jaar gelede waar die Boerevolk ook deur ‘n soortgelyke aanslag en basies deur dieselfde vyand, nl Engeland, oor ‘n relatief korter tydperk bedreig is, en alle kragte moontlik gemonster is om dit teen te staan, blyk dit dat ‘n groot persentasie van die huidige “Boerevolk”, eerder verder in die vyandige strukture van ‘n sg nuwe SA, ingesak het.

Pogings om die volk te verenig het weer eens nie geslaag nie en sit ons polities en andersinds basies steeds in dieselfde toestand as verlede jaar hierdie tyd en verder terug.

In hierdie verband verwys ons na die Volksverkiesingskommissie (VVK) wat poog om die volk vir ‘n volksverkiesings op 31 Mei ’11 te registreer. Syfers wat onlangs bekend gemaak is van die hoeveelheid volksgenote wat al geregistreer het, is glad nie gerustellend nie en daar sal ‘n grootse poging aangewend moet word om die volk vir hierdie allerbelangrike saak wakker te maak.

Die barometer vir hierdie saak is egter die volk se houding daarteenoor: indien die volk self nie opgewonde daaroor kan raak en self uit hul toestand van rus in die eeue gesus, kan opstaan en insien dat dit waarskynlik die allerlaaste geleentheid sal wees waarvan gebruik gemaak kan word om ons vryheid op ‘n vreedsame wyse te kan verkry nie, sal geen persoon of instansie dit regkry om hulle tot so ‘n siening te oortuig nie.

Wat ons dus wil sê is dat diegene wat nog nie geregistreer is nie, mag nie sit en wag vir ‘n registrasiebeampte om hom/haar te kom opsoek nie maar moet uit sy/haar gemaksone opstaan en ‘n registrasie-beampte vir sy gebied opsoek om hom/haar te laat registreer. Dit is die minste wat van elke volksgenoot verwag kan word. Die dae dat daar vir ‘n registrasiebeampte gesit en wag is, is lankal verby!

Die verhaal van die verkryging van ware en standhoudende vryheid vir die Boerevolk loop simbolies gesien, soos ‘n sterk ketting met verskeie onsigbare swak skakels deur sy geskiedenis. Die redes vir die ontstaan van hierdie swak skakels kan onses insiens aan verskeie redes en faktore toegeskryf word wat elke keer veroorsaak het dat die ketting by daardie swak skakels gebreek het met die gevolglike verlies van ons vryheid:

  • Politieke leiers wat nie werklik ‘n begrip of duidelike beeld of visie het van wat ware en standhoudende vryheid vir die Volk beteken nie. Hierdie probleem kom reeds ‘n baie lang pad saam met ons. Tydens die Vrede van Vereeniging is die Boerevolk gedwing om die Westminister partypolitiekestelsel te aanvaar. Voor daardie tyd was daar in die Boere Republieke geen sprake van politieke partystelsels nie maar wel van Boere Volksverkiesings.  Tydens Presidentsverkiesings was daar bv die Kruger- en die Joubertmense. Boere is vooraf die geleentheid gegee om die goeie en slegte eienskappe van kandidate te oorweeg en dan vir die man en nie vir ‘n  politieke party te stem. Wanneer die stemmery afgehandel is, was alle deelnemers steeds Boere en nie verdeeld in verskillende politieke partye nie.
  • Ná die sluiting van die Vrede van Vereeniging vind die Boere wat so dapper vir die vryheid van hul volk geveg het en steeds ernstig oor die herstel van hul republikeinse ideaal gevoel het, dat hulle uitgelewer was aan ‘n volksvreemde bestel van party politieke spelreëls. Hulle het egter geen keuse gehad nie en het besluit om tog maar aan die vyandige Westministerstelsel deel te neem in ‘n poging om hul vryheid weer te herwin. Dit het egter vernietigend op hul ideaal ingewerk en dié toestand sou voortduur tot vandag toe.
  • By die draai van die vorige eeu vind ons manne soos  Jan Smuts en Louise Botha -beide Boere-generaals: eers skryf Jan Smuts ‘n boek met die titel “‘n Eeu van Onreg” waarin hy die wandade van die Britse Imperialisme teenoor die Boerevolk uitwys.  Na die oorlog, toe hy die politiek betreë het en deur die einste Britse Imperialistiese Westministerstelsel d m v die meerderheidsteun van die “blankes”aan bewind gekom het, kry hy ‘n skuldige gewete en verban hy sy eie boek! Dit is dus duidelik dat hy terwille van politieke, persoonlike en eie finansiële voordeel opgetree het. Waarskynlik is dit ook die rede waarom hy en genl Louis Botha die Boere-kommandant Jopie Fourie, destyds deur ‘n vuurpeleton van afgedwaaldes van hulle eie mense laat doodskiet het asook die Boere-generaal Christiaan de Wet in die tronk gestop het
  • In ons tyd het ons ook ons Jan Smutse en Louis Botha’s, by name P W Botha en F W de Klerk, gehad. Eers het hulle Apartheid gekoester as die enigste uitweg vir die witman/blanke om in hierdie land te oorleef. Hier was dit weer eens die Britse Imperialistiese Westministerstelsel wat gemaak het dat hulle, ten spyte van mandate wat hulle tydens verskeie verkiesings van die meerderheid blanke kiesers  verkry het, terwille van politieke, persoonlike en finansiële voordeel, geswig het. Terwyl F W de Klerk nog met die meerderheid stemme van die witman/blankes aan bewind was het hy wit/blanke polisie- sowel as weermagmanne aangewend om enige vorm van verset of protes van die Boerevolk se kant dood te smoor. Dink maar bv aan die Ventersdorp- en Mbabathovoorvalle.
  • Nog nader aan ons tyd vind ons dat ten spyte van die feit dat daar weer ‘n dapper groep Boere was wat voor die 1994-verkiesing bereid was om alles op te offer  vir die vryheid van hulle volk en vaderland, hulle weer eens aan die volksvreemde Westministerbestel uitgelewer is.  Na aanleiding van die destydse uitsprake deur die ANC/SAKP oor die volkstaatkwessie is dit nou meer as ooit te vore duidelik dat die gedagte om sekere leiers te oorreed om aan daardie verkiesing deel te neem, slegs as geelwortel gebruik is om daardie Boere wat bereid was om die wapen op te neem, te ontlont sodat die indruk geskep kon word dat die Boerevolk ook aan die sg demokratiese verkiesing deelgeneem het en dit dus goedkeur. Soos ná die sluiting van die Vrede van Vereeniging, weet ons vandag dat dié besluit ook selfvernietigend vir ons volk was.
  • Die huidige politici vir wie dit hoofsaaklik gaan oor eie belang en partypolitieke voordeel kan, na al die verset en stryd wat die Boere ingesit het om die oorgawe aan die ANC/SAKP te keer, sommer daarna besluit dat “……ons nou weer terug is by 1902”  en dat  “……. die stryd soos destyds nou weer van vooraf moet begin”(!). Die feit dat hulle weer aan die Westministerstelsel tydens die daaropvolgende verkiesings deelgeneem het, is bewys daarvan dat hulle nie werklik die belange van die Boerevolk sover dit sy vryheidstrewe betref, op die hart gedra het nie.

Al bogenoemde “swak skakels” in die oënskynlike sterk ketting van die Boerevolk, sowel as baie ander wat nie genoem is nie, het gemaak dat ons vandag weer eens ons vryheid verloor het; dat ons vyande van onsself geword het; dat ons inderwaarheid teen onsself veg en inderdaad  teen onsself verloor het!

Dit sal jammerlik wees indien politici, soos die leiers van 1910, weer die verkeerde, die breë weg moet volg. Destyds het genl Smuts met groot opwinding ‘n brief aan sy Britse bewonderaars geskryf waarin hy in vervoering geraak het oor “……die groot wonderwerk wat hier gebeur het nl dat twee onlangsverowerde Boererepublieke en twee Britse Kolonies bymekaar kon kom en besluit het om een groot Suid-Afrikaanse staat te vorm…….”, nogal “…….met ‘n sterk gesentraliseerde grondwet”.

In dieselfde brief sê genl Smuts dat niemand waarvan hy weet ‘n oplossing selfs in sig het vir een van die grootste vraagstukke van daardie tyd, nl die “Native Question” nie. Hierdie probleem sal, soos hy dit gestel het, maar vir die toekomstige geslagte gelaat moet word om op te los!  Vir daardie daad van hom kan hy vandag miskien vergeef word omdat hulle die regte weg nog nie geken het nie.

Die geskiedenis het egter sedertdien baie lesse duidelik uitgespel sodat die volk en die politici van vandag die waarheid en die regte weg voor hulle oë het en kan sien. En die regte weg om van die Westministerstelsel ontslae te raak is om ons eie volksverkiesing soos deur die VVK voorgestel, te hou. Voordat ons dus nie onder die besef kom dat partypolitieke stelsels vir die doeleindes van die verkryging van ons vryheid, uitgedien is nie en dat ons nooit weer ons vryheid by ‘n stembus van die sg “nuwe SA” sal herwin nie, is daar geen hoop nie.

Mens sidder om te dink wat ‘n leier soos dr H F Verwoerd vandag sou gesê het nadat hy op 17 Maart 1961 voor die Suid-Afrikaklub in London ná SA se ontrekking uit die Statebond tydens sy welbekende “DIé LAND IS ONS LAND”-toespraak gelewer het, as hy die huidige toestand waarin SA en ons volk tans verkeer, gade kon slaan. Tydens dié toespraak het hy o a gesê: “Die Witman (bedoelende die Boer; die Afrikaner) het dus nie net ‘n ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en leë valleie en afgesonderde berge in ‘n moderne nywerheidstaat ontwikkel het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne en moet dit syne bly”.

Hoe hartseer ookal, feit bly staan dat HIERDIE LAND egter vir ‘n aantal dekades lank nie meer ons land is nie, maar allemansland! Sy grense is oopgegooi vir die hele Afrika en die hele wêreld! Die dure besef waaronder elke Boere-Afrikaner dus vir die nuwe jaar by hernuwing gebring sal moet word is dat daar geensins verwag moet word dat die swartman ooit ‘n deel van SA aan hom sal “gee” nie. Voordat ons weer “HIERDIE LAND IS ONS LAND” of ‘n gedeelte daarvan “ONS LAND” sal kan maak, sal daar weer van vooraf besetting van grond moet plaasvind waarop die Boere-Afrikaner die meerderheid uitmaak. Selfs dan sal alles nie soos manna uit die hemel op ons neerdaal nie, maar sal erkenning van dit wat ons ons eie wil maak alleen deur VERSET, stryd en harde arbeid en selfs deur bloed en trane tot stand gebring moet word. Miskien het dr Verwoerd met sy visie en versiendheid geweet dat HIERDIE LAND NIE VIR ALTYD ONS LAND SAL WEES NIE. Vandaar dan ook sy welbekende slagspreuk: “SKEP JOU EIE TOEKOMS !”

Dit wil verder voorkom asof baie Boere-Afrikaners nog steeds nie besef wat hierdie slagspreuk of leuse van dr Verwoerd beteken nie want hulle gaan nog steeds, te midde van die toestand waarin ons verkeer, soos al die jare met vakansie na hul luukse vakansiehuise, -plase strandhuise, tyddele ens., met hul luukse motors en karavane!

As in aanmerking geneem word dat ons in ‘n sekere sin in ‘n erger stryd om oorlewing is as ons voorgeslagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog, en hulle tydens daardie stryd nie “vakansie gevat” het nie; dat Jopie Fourie in sy tyd gedurende Desember 1914 toe hy vir volk en vaderland gesterf het, ook nie “vakansie gevat” het nie, dan kan daar ‘n groot vraagteken agter die huidige geslag se sg VERSET en VRYHEIDSTRYD geplaas word! (Ten minste is ‘n instansie soos Radio Pretoria darem eerlik as hulle sê hulle hou die vryheidsvlam brandende – al doen hulle verder niks nie!).

Bogemelde slagspreuk van dr Verwoerd het hy reeds op 16 September 1959 in die aanloop tot die Volksraadsverkiesing van 14 Oktober van daardie jaar in die Pretoriase stadsaal van die destydse NP van Transvaal gerig. Twee jaar daarna is daar in ooreenstemming met en in die gees van sy slagspreuk, deur harde werk ‘n toekoms vir ons geskep en het ons ‘n Republiek buite die Statebond gedurende 1961 geword. Daarmee het dr Verwoerd bewys dat ‘n volk wat nie bereid is om vir homself en sy toekoms te werk nie, nie mag terugsit en sê dat die Allerhoogste sal voorsien nie. Inteendeel, daarmee het hy sy afhanklikheid van die Allerhoogste bely en in oorenstemming daarmee ook dat God die mens alhier geplaas het om sy eie lotgevalle uit te werk. Sy opdrag is immers: BEWOON EN BEWERK …………

Hierdie Republiek is ook deur die swartes van ons geplunder en ons sal dit of ‘n gedeelte daarvan ad infinitum nie terugkry nie tensy ons opstaan en daarvoor werk, want: GEEN WERK –  GEEN TOEKOMS; GEEN VERSET – GEEN TOEKOMS; GEEN VREDE – GEEN TOEKOMS EN DERHALWE GEEN VRYHEID!

cleopatra gamesФільчаков Олександр Васильович

Openbare verantwoordelikheid

Die Vrystaatse LUR vir Sport, Kultuur en Ontspanning, Dan Kgothule, verskyn eers vandag in die landdroshof nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy glo teen 235 Km per uur gery het. Hy is dus nog nie skuldig bevind nie, en die omstandighede, soos ‘n moontlike noodgeval, wat tot die voet in die hoek-voorval gelei het is dus nog nie bekend nie.

Dat opposisiepartye vra dat hy na behore gestraf word, is dus geen verrassing nie. Hy is immers ‘n openbare verteenwoordiger en moet as rolmodel optree. Boonop het die owerheid, as deel van sy veldtog om die padslagting oor Kerstyd hok te slaan, onder meer baie klem gelê op die slagspreuk: “Speed kills.”

Teen die agtergrond dat die ANC ‘n skoon administrasie beloof, en dat kader-ontplooiing aanstellings met voldoende meriete moet oplewer, is die vraag egter nie of Kgothule behoorlik gestraf moet word nie, maar of hy volgens internasionale konvensie hoegenaamd in sy pos kan aanbly.

Nie alleen kom dit voor asof ‘n swak voorbeeld gestel is nie, maar dat die LUR die regering en sy eie party se formele standpunt oor padveiligheid in die wind geslaan het.

Gaan Kgothule dus sy goedjies vat en self loop?

Of, indien nie, gaan Premier Ace Magashule nou in die aanloop tot die verkiesing wys dat praatjies oor skoon administrasie inderdaad skoon administrasie beteken?

Net te veel insidente duik op. Tot krediet, tree sommiges soos die ANC-woordvoerder Jackson Mthembu berouvol op. In ‘n ander geval is ‘n polisiehoë met die trekpas beloon omdat hy ‘n ANC-ringkop se vervolging op ‘n aanklag van beweerde dronkbestuur in die wiele gery het.

Die Vrystaat het ook sy kwota omstredenheid. Op die oomblik wag Vrystaters nog op die afloop van ‘n geval waar die burgemeester van Mangaung na bewering middernagtelik in ‘n ongeluk met ‘n ander voertuig betrokke was, maar toe na bewering deur ‘n senior munisipale amptenaar van die ongelukstoneel “gesteel” is, die tyd van die ongeluk aangepas is sodat dit heeltemal van die tyd wat ooggetuies aangegee het en in die ambulanslog ingevul is verskil, en boonop iemand anders as bestuurder aandui. Hierdie voorval sloer nou al gans te lank om opgeklaar te word.

Die Vrystaat is die provinsie waar op Limpopo na die minste wetstoepassing vir dronkbestur plaasvind – slegs 57 per 100 000 per jaar teenoor die landsgemiddeld van 128 per 100 000 en die Wes-Kaap se 292 per 100 000 per jaar. Boonop is die gemiddelde voertuigouderdom in die provinsie onder die hoogstes in die land. Die toestand van Vrystaatse paaie is gereeld in die nuus.

Dan word veel beter van ‘n LUR verwag.

что такое справка 086Фільчаков прокурор

Ons wil net normaal lewe, mnr. Zuma

Mnr Zuma die 2010-sokkerwêreldbeker gaan nie werk skep nie, ‘n positiewe gesindheid gaan nie werk skep nie, samehorigheid gaan nie werk skep nie, patriotisme gaan nie werk skep nie,  projekbestuurslesse geleer uit die 2010-sportgebeurtenis gaan nie werk skep, nie die land wat fokus om die ekonomie uit te brei, gaan werk skep nie.

Werkskepping word gerealiseer deur ‘n verantwoordelike regering – beskou u uself en u kabinet as ‘n verantwoordelike regering? Met u nuwe wetgewing om druk op blankes te plaas om hulle blanke werknemers te vervang met swartmense – sou u se dit is ‘n verantwoordelike besluit om ekonomiese groei aan te wakker? Daar mag dalk net n paar honderd swartes wees wat gegradueer het – wat van die duisende blankes wat gegradueer het? Blankes het nie hulle werk verloor as gevolg van die ressessie nie; hulle het dit verloor deur die ANC se diskriminerende regstellende aksie wat al meer as 16 jaar volgehou word.

Beskou u dit as verantwoordelike bestuur van ‘n land om mense te laat instroom van ander lande af ten koste van die eie burgers aan wie die ANC nie in staat is om verkiesingsbeloftes na te kom nie? Of gee die ANC doodgewoon nie om vir hulle mense nie? Beskou u dit as verantwoordelik om die blankes te verplig om winsgewende boerderye aan die ANC af te staan en sodoende voedselsekerheid te vernietig waarvan die impak alreeds baie duidelik is?

Beskou u dit as verantwoordelike bestuur om mense  toe te laat in die land wat ons blankes wreedaardig uitmoor sonder om ons blankes toe te laat om onsself te beskerm wat u regering nie bereid is om te doen nie? Is u bereid om te erken dat die ANC die stryd verloor het teen die kriminele element in die NSA en dat die land tans regeer word deur kriminele? Erken u dat die ANC-regering dit vir die blanke onmoontlik gemaak het om voort te gaan onder die onmenslikheid teenoor blankes waaraan die regering hom skuldig maak?

Ek stel dit aan u kategories dat ek nie meer kans sien om ‘n staalhok te woon nie.

Ek sien nie meer kans om altyd bang te wees om buite my hekke te gaan nie.

Ek sien nie meer kans dat my kinders nie meer veilig is om buite ons woning te speel nie.

Ek sien nie meer kans dat die vuilgoedsakke voor my deur in die straat ophoop weens wanbestuur nie.

Ek wil nie meer bang wees om die water uit my kraan te dink nie.

Ek wil nie elke snytjie brood ondersoek vir bakterieë voor ek dit eet nie.

Ek wil my nie meer blootstel aan vuil hospitale en onbekwame verpleegpersoneel nie.

Ek wil nie meer bang wees om beroof te word wanneer ek kruideniersware gaan koop nie.

Ek wil nie Sjinese klere koop wat nie pas nie.

Kortom, ek wil nie meer deel wees van die ongebakerde agteruitgang van die land onder ANC-bestuur nie; ek wil weer vry wees om te bou aan eerstewêreldstandaarde waaraan ek eens gewoond was in my land. 

Ek wil net lewe; ek wil net saam met my eie mense normaal lewe.

освещение магазинов обувиДанильченео

2011: ‘n Tree na vryheid

Op die vooraand van 2011, ‘n jaartal wat ook ‘n wiskundige priemgetal is, heers groot opgewondenheid onder vele Afrikaners. Die algemene gevoel is dat die huidige stelsel van meerderheidstirannie, korrupsie, geweld en diskriminasie homself as onhoudbaar bewys het en dat verandering dus net om die draai lê.

Praag wil al ons lesers bedank vir hul getrouheid gedurende 2010, toe praag.co.za trouens ook sy tiende bestaansjaar gevier het. In die Dawid-en-Goliat-stryd wat ons voer om teen die groot mediagroepe om gehoor te word, is dit altyd goed om te weet dat daar nog nugterdenkende mense is wat nuus en kommentaar sonder ideologiese oogklappe waardeer.

Die keiser van die NSA is inderdaad kaal en ons kan nie langer gebluf word nie. Die hele bestel is verrot: grondwet, afskuwelike vlag, landswapen en al. Vanjaar vind daar ‘n munisipale verkiesing plaas, maar die logika van die rassesensus sal sorg dat die ANC weer met groot meerderhede herverkies word, wat korrupsie, wanbesteding en wanbestuur net nog verder sal bestendig.

Daar is slegs twee keuses: emigrasie of die vryheidstryd wat oor die afgelope weke en maande nuwe momentum verkry het. Verskeie internasionale voorbeelde soos Kosowo of die huidige onafhanklikheidsreferendum in Suid-Soedan toon dat ‘n volk wat oor die wil om vry te wees beskik, nie vir altyd oorheers kan word nie.

Onlangs het ‘n groep Praag-afgevaardigdes Orania besoek om dié gemeenskap wat reesds ‘n hoë mate van plaaslike outonomie en selfstandigheid geniet van naderby te leer ken. Hoewel Orania te ver van die huidige markte, infrastruktuur en ekonomiese aktiwiteit geleë is om snel te kon ontwikkel, het die dorp se moedige vooruitgang tog getoon dat Afrikaners deur selfwerksaamheid en veral saamstaan uit feitlik niks voorspoed en welvaart kan skep. Op die duur kan groot gebiede van Suid-Afrika só herwin en bevry word sodat ons sonder geweld of diefstal in vrede kan voortleef. Tydens die braaivleis langs die Oranjerivier op die vooraand van ons vertrek, het ons spontaan Afrikaanse volksliedere begin sing. Sarie Marais, Bobbejaan klim die berg, maar ook:

Die Hoogland is ons woning,
die land van son en veld,
waar woeste vryheidswinde waai
oor graf van meenge held.
Die ruimtes het ons siel gevoed,
ons kan g’n slawe wees,
want vryer as die arendsvlug,
die vlugte van ons gees.

[REFREIN]
Dis die tyd, dis die dag,
om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag,
hoog Oranje-blanje-blou!
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!

online casino noтопкарго отзыв

Blik Oor oor Sledging en slegsê

As ek my nie misgis nie, gaan sledging nou vir ‘n hele ruk in Afrikaans ingeburger raak. Dis nou na die Proteakaptein en die Indiese bouler, Skree Seertand mekaar so met die woorde probeer doodgooi het.

En Smittie amper vir Seertand met die kolf gewiks het.

Eintlik beteken sledging om iemand met ‘n voorhamer by te dam. Trouens, van onse Viking-voorouers het ons ‘n mooi beskrywende dag, Donderdag, oorgehou na aanleiding van die Nordiese dondergod, Thor, wat so vreeslik met sy voorhamer kon moker.

Amper het Smittie vir Seertand vroeg in die week al ‘n Donderdag besorg. Dis seker oor die Indiërs nou so min karre in hul span het dat die Proteas nie meer so lekker kan paneelklop nie. Om te dink, op ‘n tyd was die karre Tendulkar. Manjereikar, Prabakar en Agarkar.

In elk geval, so met die ontstaan van rugby was daar ook ‘n paar terme wat Smittie in oorweging sou neem: hacking (om die ander een se bene onder hom uit te skop), en stragging (om die opponent te wurg tot hy die bal los).

Maar is daar nie goeie Afrikaanse woorde nie?

Ek bedoel, om ‘n opponent se kakebeen so af te slaan sonder dat die skeidsregter jou sien? Is daar ‘n beter woord as ‘n betrekhoutjie?

Of as jou opponente se losskakel aan jou skrumskakel slaan, en jou agsteman laat die kapokhaantjie-losskakel harpuis ruik. Dan het daai agsteman mos die mooiste Naasslaaanwerk denkbaar vir sy span gedoen.

Maar by rugby is die skeidsregters half teë op dié soort goed, en kry die opponente nie net geleentheid om die bal deur die mikke te sool nie, die speler wat, volgens die kommentators laat in die wedstryd aan die “groet” gegaan het moet in die boefblik gaan afkoel, of kry heeltemal die trekpas. Dis amper net so verkeerd as om hoesmedisyne te drink.

Ek wonder nog hoekom Gerhard Viviers nie van die pynpolisie mag gepraat het nie. Wat is nou ‘n beter beskrywing vir die manne in uniform wat so hinkepink oor die veld gesnol het as ‘n speler ‘n groot eina opgedoen het? En Boer Coetzer is nog lank voor die boefblik uitgevind is, van die veld gejaag omdat hy ‘n opponent gepootjie het. Gelukkig het hy hom nie met “hacking” planke toe gestuur nie, want dan was Boer seker lewenslank geskors, en kon hy nie tot ouderdom 57 nog vir Collegians die pap dik aangemaak het nie.

Ai, en die Goue Leeus se grootbaas, Kevin de Kapper, het op sy speeldae darem ‘n pikhoutjie op die opponent se kortribbetjie vervolmaak. Mos die opponent se eie skuld, want voor die wedstryd het De kapper vir die man verduidelik hy spring nie vir sy, Kevin, se balle nie.

Trouens, heelwat rugbyspelers het die reputasie gehad dat hulle, sonder dat die skeidsregter dit kon sien, opponente lekker met ‘n opgerolde plathand kon klap.

Dan was daar die windmakerige haker, maar hy het sy eie skrum meer ontwrig as dié van die opponente.

Die dae voor die skeidsregter ‘n mikrofoontjie saamgedra het, het die spelers blykbaar ‘n aansienlike woordeskat ingespan. Dié het aan die lig gekom toe die TV-kameras nabyskote kon begin neem, en dowe kykers wat kon liplees gaan kla het oor die vuil taal wat uitgesaai word.

Of die rugbyskeidsregters dit kan vat, en of die spelers hulle daarvan weerhou om op die veld onvleiend na die skeidsregters te verwys, weet ek nou nie. Maar op Wimbeldon het ‘n Afrikaanse tennisspeler by wyse van spreke met moord weggekom toe hy kliphard die skeidsregter ‘n Afrikaanse gemakshuisie genoem het. Nou nie daai woord nie, maar een met dieselfde, maar meer gevoelvolle strekking.

Ai, by ‘n bekende rugbyskool net so buite die Rosestad het ‘n klompie ouers ‘n gebedsgroep gestig vir die afrigter-skoolhoof, wat so meegevoer langs die veld kon raak dat hy nou nie sy woorde so mooi getel het nie.

Vertel een van die ma’s, hulle het nog skaars binne hoorafstand van die man begin bid, of hulle sien hy het na die oorkant van die veld verkas. So het die skoolhoof en gebedsgroep dié dag baie oefening so al om die veld gehad.

‘n Mens hoef natuurlik nie altyd in woorde ‘n mens se gevoelens uit te druk nie. By geleentheid het die skeidsregter ‘n speler goed die leviete voorgelees. Toe die vuilbekkige speler na sy spanmaats terugdraf sien hy die TV-kamera volg hom. Met ‘n dodelike waarskuwing onder lede bly hy tjoepstil, en maak van vingertaal gebruik om vir die kykers te vertel wat hy van hulle dink.

En soos Pa Blik gesê het: Hy was hierna so diep in die moeilikheid terwyl hy net één ou vingertjie gebruik het. Hy sou seker lewenslank geskors gewees het as hy al vyf vingers ingespan het.

машинки для девочекФильчаков Харьков

Transvalers in die Wes-Kaap

Ek ag dit my plig om ‘n lansie te breek vir die Transvalers/Pretorianers.

Vervolgens wil ek meld dat dat dit my vier jaar geneem het om my te begin beskou as ‘n Wes-Kapenaar. Van meet af aan het ek die Wes-Kaap kruis en dwars deurgereis om bekend te word met my nuwe tuiste alhoewel my hart gehunker het na die dieprooi aarde van die Transvaal met sy pragtige doringbome en malse wuiwende mielielande – ‘n verlange wat seker maar altyd sal bly – eweneens het ek my hele hart en siel ingegooi agter Wes-Kaap – my doelbewus ingestel om die pragtige, wuiwende koringlande – die ongerepte skoonheid van die dorpies – en die pragtige blou berge te waardeer.

Lojaliteit vir die Blou Bulle sal nie die kind van die katel afstoot nie – ek het al gevorder van primêre lojaliteit tot verdeelde lojaleit dus kom ons gun mekaar met begrip dít wat vir jou kosbaar is.

Glo my die Transvalers hier waar ek woon in n kusdorpie het niks anders as voorspoed in ons dorpie gebring nie – “ons dorpie” is hoe ek voel.

Dus in retrospek wees geduldig met die ontwortelde migrante wat net ‘n veilige hawe vir hulle gesin kom soek in “jullle” pragtige Wes-Kaap – en gun die Transvalers ‘n klein stukkie van hulle hart wat agtergebly het in die Transvaal en die heel belangrikste: waardeer die bydrae wat hulle kan en wil lewer.

***********************************

NEIL KROESE se brief in die Beeld waarop ek gereageer het – ek verkies egter om hom te antwoord op Praag waar my mense gesels:

Ek ag dit my plig as voorsitter van die “Welkom, Transvaler-projek” om Moedelose Pretorianer welkom te heet in die Wes-Kaap en om hom of haar te bedank vir die bona fide-omgee vir ons pragtige provinsie.

Dan wil ek ook ter wille van suksesvolle integrasie net die volgende punte onder sy of haar aandag bring. Die oormatige gebruik van frases soos “in Pretoria het” of “in Pretoria is” of “toe ek in Pretoria was” is nou nie juis frases wat voordelig is vir aanvaarding of goeie buurmanskap in die Wes-Kaap nie.

Ook nie ’n Blou Bul-vlag op jou voorstoep of Blou Bul-klokke om jou bakkie se sleepstang nie. Hou dié goedjies maar liewer vir jou binnekamer.

Ek kan wel aan hom of haar noem dat ons in die Wes-Kaap wel herwinning doen. Mag ek aan Moedelose Pretorianer voorstel dat hy of sy “Recycle in Western Cape” in Google se soekenjin tik. Google werk in die Kaap, nes in Pretoria. Daar sal hy of sy ’n magdom inligting kry oor herwinning in die betrokke gebied.

Dinge in die Kaap werk weliswaar ’n bietjie anders as in Pretoria, iets waaroor die meeste Kapenaars in die algemeen bitter dankbaar is.

NEIL KROESE

латки камерные круглыеАлександр Фильчаков Васильевич

2010 staan einde se kant toe

Baie kulture met hul wortels in die Christelike geloof het ‘n sinnetjie met variasies ontwikkel: “Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwejaar.”

Baie is al geskryf oor die ontaarding van veral Kersfees, en nou word ook baie geskryf oor die herkoms van die Kerstyd.

Dit is ook ‘n besige tyd vir politieke ontleders. Wat is die belangrike punte wat die jaar sou kenmerk? ‘n Beskeie, nietige kommentator staan immers die kans om in die anale opgeteken te staan as die een wat ‘n nuwe verwikkeling raakgesien, en effektief genoeg “wolf – wolf!” geskree het dat daarvan kennis geneem word.

Wat gaan op politieke kommentators se “spyskaart” wees?

Politieke korrektheid sal stellig maak dat plaasmoorde nie die prominensie kry wat dit verdien nie, selfs nie in die jaar waarin dit groot internasionale aandag getrek het nie. Die moord op Eugene Terre’Blanche het dit immers internasionaal in rooi onderstreep. ‘n Belgiese burger, en daarna ‘n Kanadees burger, is in plaasmoorde vermoor, en het iets tot die internasionale karakter bygedra. ‘n Filantroop is vermoor en die mite dat dit weerwraak oor swak behandeling van plaaswerkers is, die nek ingeslaan. Toe is die tweejarige Willemientjie Potgieter saam met haar ouers vermoor. Sedertdien het nog minstens drie mense in plaasmoorde gesterf, en dit is nog ‘n hele skof voor die einde van die jaar.

Dit is ook die jaar waarin die liedjie, “Maak dood die Boere,” opslae gemaak het en die ANC appèl aanteken teen ‘n hofbesluit waarvolgens dit tot haatspraak verklaar is. Onlangse peilings bevestig dat tussengroepverhoudings in die land nie waffers is nie. Verskeie kunstenaars het onder skoot gekom oor hulle – moontlik lomp – die kwessie by die naam begin noem het.

Die uiteinde van die groot sokker is dat die land nou weet dat ‘n politieke wil misdaad kan temper, maar dat die kopseer van peperduur stadions al is wat oorgebly het omdat toegelaat is dat ‘n euforie in ‘n reuse babelas te verander.

Dit bly politiek inkorrek – in Suid-Afrika in elk geval – om na gebreke in die grondwet te verwys. Dit het wel breë gebruik geword om die praktiese neerslag van grondwetlike gebreke by die naam te noem, en die laaste paar maande was die voorste voorpraters van die goeie grondwet-mite aan die stillerige kant.

Die ANC se mediaplanne was die jaar ook groot nuus, en die persvryheidswaghond, Verslaggewers Sonder Grense, het die ANC uiteindelik hard aangespreek, en toe die regering nie luister nie, die land vyf plekke op die internasionale persvryheidsindeks laat tuimel. Vroeër die jaar het Freedom House Suid-Afrika van persvrye land tot gedeeltelik persvrye land geherklassifiseer.

Ook van belang, is dat al hoe meer stemme opgaan oor die inkomstegaping in die land. Onder die meetbare lande is Suid-Afrika al ‘n paar jaar lank die land met die grootste inkomstegaping, maar waarnemers wat hierop en die implikasies gewys het, is tevore min of meer doodverswyg.

Dit is miskien te vroeg om te bepaal of die afstof van oorlede apartheid om huidige mislukkings te verklaar, ‘n nuwe histeriese dimensie gekry het. Wat egter duidelik is, is dat dit tot die polarisasie bydra – sommige meningsvormers wat weier om nog bagasie hieroor saam te dra, en ander wat woedend reageer hieroor – mense wat nog baie stamina het om hierdie dooie perd te gesel en te verwag ander moet meedoen.

Baie sake gaan ook soos die stokkies van aflosresiese na 2011 oorgegee word. Cope se warboel is een, verskeie sake teen Julius Malema, baie munisipaliteite wat meer aan sirkusse herinner, suur mynwater, en vele meer se afloop is nie in sig nie.

Mugabe se beergreep op die ANC lyk nog onaantasbaar.

Effens nuut is die planne met kommissies wat ingestel gaan word om oor nasionalisering en oor die toekoms van die provinsies te besin.

Wat die Afrikaner betref – daar gaan volop advies wees oor hoe om saam te staan. Hoe om die vloeibaarheid in die werklikheidstoneel ten beste te benut, waar om kruisies te trek.

игра для девочэклобановский александр игоревич класс

Oproep om volkseenheid

Aan alle reggeaarde volksgenote, leiers van groeperings, organisasies en instansies:

Is dit waar? Eendrag maak mag. Dit sal ons moet bewys en nie later as nou nie!

Die aanslag en die moord op ons volk gaan nie einde kry nie. Ons moet dit stop. Hoe? Ons sal nie weet as ons nie bereid is om te beplan en te organiseer nie. 

Ons gaan dit ook nie alleen regkry nie. Ons moet as Volk bymekaar kom en begin doen. Dit sal nie spontaan kom nie. Dit moet ons organiseer. Daarom wil ons optree as fasiliteerder en u nooi om vir ons u siening oor die pad vorentoe, te kom uitspel. Dit is laat in die dag en ons kan nie langer stilsit nie.

Ek hoor die stem van vermoordes in ‘n koor. Ek hoor die baritonstem van ‘n man wat bereid was om te veg maar vermoor is; ek hoor die kinderstem van Willemientjie Potgieter : “Uit dieptes gans verlore,” roep hierdie stemme luid.

Mense, kom ons sit alles eenkant en ons begin werk aan hierdie Reddingsaksie. Genoeg is genoeg. Kom ons sit koppe bymekaar en planne op die tafel. Vat hande. Ons kan weer later verskil want daar sal verskille wees, maar laat ons nie van verskille geskille maak nie.

Ek probeer reël om u bymekaar te kry dat ons kan praat. Ek doen dit, nie om aandag te trek of vir enige ander instansie as ons Volk nie. As daar enigiemand anders is wat dit wil doen, val ek daarby in. Langer stilsit kan ons egter nie. Ek is u dienswillige dienaar. Kom ons vat hande. Hierdie volk dors na groot leiers met ‘n Volksvisie. Ons speek u aan omdat u gewys het dat u visie en vergesigte vir ons volk het!

Piet Rudolph: Aksiekomitee: Orde Boerevolk

автоматическое освещение лестницыданильченко юрій броніславович компромат