praag.co.za

Indringende vrae aan Partye

Written by

in

Ek verwys na Helen Zille (DA-leier) se artikel in Beeld (12 Januarie 2011) met titel “Ja,ja,ja, o nee”.

In die lig van die naderende verkiesings in 2011 en feit dat elke party die Grondwet van SA, aan die hand van die “Beperking-Van-Regte-klousule” (a.36 van die Grondwet) binne ‘n eie ideologiese konteks re-interpreteer, sal dit nuttig wees as die DP en ander partye soos die ANC, Christen-demokratiese partye (bv. CDP) en VF+, spesifieke antwoorde gee op die volgende vrae, onder meer voorbeelde:

Mbt a.6 hoe gelyke taalberegtiging van die amptelike tale verwesenlik sal word?

Mbt a.9(2) watter standpunt oor “affirmative action” ingeneem word?

Mbt a.11 oor die reg op lewe, die standpunt oor die doodstraf en aborsie?

Mbt a.15 die standpunt oor ‘n akte (a.234) vir die bevordering en beskerming van die reg op godsdiens, eie oortuiging en mening (a.15)?

Mbt a.19 oor politieke regte die standpunt in sake proporsionele verteenwoordiging, van gelyke deelname aan verkiesings sonder finansiële bevoordeling en gelyke spraakvryheid in die wetgewers?

Mbt a.21 oor vryheid van beweging, hoe so ‘n party die willekeurige massaverskuiwings van gemeenskappe van een deel van die land na ‘n volgende gebied gaan orden en beperk?

Mbt a.24, oor ‘n omgewinsbeleid, hoe die besoedeling van lug en water teengewerk sal word?

Mbt a.25, oor eiendom, oor waarborge vir die reg op persoonlike eiendom?

Mbt a.29(3) die standpunt oor die subsidiëring van onafhanklike onderwysinstellinge?

Mbt a.30 oor die aanvaarbaarheid van ‘n kultuurakte (a.234) vir etniese gemeenskappe?

Mbt a.31(1)(b) waarborge vir die selfbeskikking van instellinge van die burgerlike samelewing?

Mbt. a.33 oor regverdige administratiewe optrede, die persoonlike juridiese aanspreeklikheid van amptenare in sake hulle posbeskrywing?

Mbt a.35 oor beskuldigde persone in sake die howe se reg om lyfstraf toe te kan, al dan nie?

Mbt hoofstuk 8 oor wyses en maniere om die howe vry te maak van politieke inmenging?

Mbt. hoofstuk 9 hoe die werksaamhede van die Openbare Beskermer (a.182) opgeskerp, die Menseregtekommissie (a.184) verbeter, die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens en Taalgemeenskappe (a.185) funksioneel gemaak kan word en hoe al die mekaar-dupliserende menseregte-instrumente gerasionaliseer kan word?

Mbt a.185 en 235 die standpunt oor die reg op selfbeskikking van taal-, godsdiens- en kulturele gemeenskappe?

Bogenoemde aspekte is van kardinale belang in die burgerlike uitoefening van demokratiese keusevryheid, in plaas van ‘n gegorrel van woorde, soos bv. die onlangse toespraak van president Zuma en antwoord van mev. Zille.

школьные рубашки для девочекданильченко юрий брониславович прокурор

Comments

Leave a Reply