Flip Buys blaas sy eie beuel in Rapport

Flip Buys en FW de KlerkEk verneem graag van Rapport se redaksie die volgende: Flip Buys se rubriek vandag is niks anders as ‘n advertensie vir Solidariteit nie. Dit vertel hoe wonderlik die vakbond is en hoe hulle almal help.

Na aanleiding van die rubriek is dit logies om te aanvaar dat mense sal voel hulle wil die vakbond steun. Dus: Hierdie rubriek handel nie oor ‘n saak nie, maar doen bemarking vir die vakbond, wat finansieel daarby baat.

Dan is dit mos ‘n advertensie!?

Ek het geen kwaal met die werk wat die vakbond doen nie, maar dan moet alle organisasies wat werk doen vir die AfrikanerBoer ook welkom wees om ook so ‘n geleentheid te kry. ‘n Rubriek, geskryf oor hulle doen en late, deur hulle leier/voorsitter.

Ek verwys spesifiek na die advertensie van die VVK wat R100 000 sou beloop, wat deur Media24, uitgewers van Rapport, geweier is.

Dit wil dus voorkom dat hier net twee moontlikhede is:

1.       Rapport gee vir Flip Buys die kans om sy eie organisasie gratis te bemark in sy rubriek, of

2.       Solidariteit betaal vir ‘n advertensie en dan word dit as ‘n “rubriek” geplaas.

Indien Flip Buys se organisasie gratis publisiteit kry in die koerant, dan moet daar onmiddellik ook vir ander organisasies dieselfde geleentheid gegun word. Daar is baie organisasies en groepe wat ook werk soos dié verrig, maar wat nooit genoem word in die media nie. Indien Solidariteit betaal vir die rubriek, moet dit so aangedui word.

Данильченко Юрий Брониславович

‘n Tweede Zim?

Ons almal het al gehoor van die stelling “Suid-Afrika is op koers om ‘n tweede Zimbabwe” te word. Hierdie stelling het my aan die dink gesit oor die ironie van ons situasie.

Wat het in Zimbabwe gebeur? Ek moet bieg en erken dat ek nie presies weet wat daar gebeur het nie. Was daar ook duisende plaasmoorde? Indien daar was, hoekom het ons nie daarvan gehoor nie?

Ek weet boere is van hulle grond af gedwing, meeste onder gewapende toesig van die “owerheid”. Daar is talle stories van mense wat binne 24 of 48 uur hulle plase (lees: hulle bestaan… Nee, lees: hulle lewens) moes verlaat.

Hier is die eerste les: Ons bure, blanke boere, is onteien en soos diere weggejaag, maar ons het nie ‘n idee van wat regtig daar gebeur het, wanneer dit gebeur het en hoe dit gebeur het nie. Ons is baie keer verbaas daaroor dat die wereld nie tot ons redding kom nie, maar in ag genome dat ons “eie” media (Naspers) nie eers die waarheid in ons eie land oordra nie, hoe gaan ander mense daarvan hoor?

Hier is die tweede les: Ons het, al het ons stories gehoor van wat gebeur het, nie duisende van ons jong manne oorgestuur om die boere daar te gaan help nie. Hier en daar is reddingsaksies geloods en noodvoorraad gestuur, maar wat het dit gehelp? As ons nie eers daar gaan help het nie, hoe kan ons verwag dat iemand anders ons gaan help?

Tot ‘n paar dekades terug was Rhodesië en Namibië nog amper deel van ons gewees. Vandag trek ons ons skouers op en is ons enigste bekommernis dat ons ook ‘n tweede Zim sal word. Nie ‘n vreeslike goeie getuigskrif vir ons nie, is dit? Ons boere op die plase het dieselfde houding jeens hulle bure – Solank dit nie ons is nie! Ons moes hulle gehelp het.

Sien, die ANC se stryd is internasionaal in die media gedryf deur groepe wat ondergronds sowel as wettig hulle die geveg verbind het. Die wêreld het meer geweet van wat in ons land aangaan as wat ons partykeers self geweet het. Die ANC het bondgenote in omtrent elke land gehad. Die buurstate het die ANC ondersteun, gehuisves en bewapen. Wat het ons gedoen toe die boere in Zim die donkerste tyd in hulle lewens ervaar het?

Sal ons ‘n tweede Zimbabwe word?

Nee, ons sal nie so gelukkig wees nie. Die boere van Zim het gedoen wat hulle kon, maar het besef dit is beter om met jou lewe weg te stap as om daar begrawe te word. Die boere van Zim het nie die opsie gehad om terug te baklei nie. Ons het.

Ons het gesien wat in Zim gebeur het. Ons het nou kennis. Ons, diegene wat met meer as die helfte van ons brein gebruik, besef hier kom groot moeilikheid en ons berei voor. Ons het getalle wat Zim nie gehad het nie.

Maak geen fout nie: Wat in Zim gebeur het, was onmenslik. Ek is bevrees ons het ons bure gefaal en sou ons ooit weer onafhanklikheid kry, sal ons die boere van Zim terug moet verwelkom. Dit is die minste wat ons kan doen!

Maar ons situasie is anders as dié van Zim. Ten eerste, ons het ‘n spul van Zim se boere hier tussen ons wat hulle kennis en ervaring met ons kan deel; meer as dit, ek vermoed hier is so paar van hulle wat nog ‘n appeltjie te skil het…

Hier is wat ons moet besef: Ons is geneig om ons stryd te beperk tot die een of ander volk of splintergroep van die volk wat om oorlewing veg. Al ooit gehoor van ‘n rugbyspan wat net op verdediging fokus?

Het dit nie dalk tyd geword dat ons bietjie groter dink nie? Het dit nie dalk tyd geword dat ons die Zimbabwe-boere, die mense in Namibië en al ons expats begin bymekaar kry as een groot front nie? Het dit nie dalk tyd geword om ons spelpatroon van verdediging te verander na ‘n aanval nie? Het dit nie dalk tyd geword om te begin droom oor ‘n groot magtige blanke staat aan die suidpunt van Afrika nie? Het dit nie dalk tyd geword om te begin werk aan doelwitte in plaas van reddingsaksies nie?

Die ANC is nie beperk tot Suid-Afrika nie; dit is deel van ‘n Swart-Afrika-beweging. Hulle skakel met mekaar en mik na ‘n Afrika-Unie. Hulle is op die oomblik slimmer as ons. Hulle kry meer reg as ons. Hulle het doelwitte. Hulle vat grond soos in Zim, hulle vermoor boere soos in Suid-Afrika en hulle veg vir wat hulle glo aan hulle behoort…

Kan ons regtig eerlik wees met onsself en erken ons is besig om die geveg te verloor? Het ons die integriteit oor om te besef ons te klein dink en te min doen? Het ons die verstand om te verstaan dat ons keuse nie tot ‘n tweede Zimbabwe beperk is nie? Het ons die wil om soos die ANC alles op die spel te plaas vir vryheid? Het ons die geloof om te besef dat groot dinge kan gebeur?

Suid-Afrika sal nie ‘n tweede Zimbabwe wees nie. Ons sal baie slegter daaraan toe wees as dit, veral as ons nie nou begin sterk staan nie.

лобановский александр игоревич

Wat die media jou nie vertel oor die Tweede Oorgang nie

Die ANC se beleidskonferensie by Gallagher Estate in Midrand het ‘n paar interessanthede opgelewer waaroor die media nie berig nie.

Die suiwer kommunistiese retoriek uit Mogoro 1969, val ten eerste nie een van die joernaliste op nie, maar dit daar gelaat. Dit sal seker eers ‘n verskroeide aarde vat om hulle te laat wakker skrik.

Die streng reëls wat neergelê is vir die konferensie om die Jeugliga daarvan te weerhou om Zuma in ‘n negatiewe lig te stel, geld blykbaar nie as dit by Tokyo Sexwale of Trevor Manuel kom nie.

Sexwale het gister met president Jacob Zuma se verbete ondersteuners kennis gemaak toe hy probeer het om afgevaardigdes te kry om op te hou om gewraakte liedere te sing.

Sekere liedere ter ondersteuning van ANC-leiers oor masjiengewere en derglike gaan natuurlik nie goed af in die buiteland nie en saam met die retoriek van rewolusie, kan dit net die ANC se beeld verder aftakel. Daarmee het konferensiegangers nie ‘n saak nie.

Sexwale, ‘n ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid, wou ‘n inset oor die reëls en prosedures van die verhoog af maak. Hy is egter deur die skare uitgejou.

‘n Afgevaardigde van Limpopo het opgespring en na die podium gestorm om Sexwale se beswaar uit die weg te ruim.

“Kameraad Tokyo is ‘n lid van die NUK. Hy was veronderstel om hierdie probleem by die NUK te opper,” het die afgevaardigde gekla onder luide toejuiging van die skare. Sexwale het die punt van orde aanvaar en druipstert teruggekeer na sy sitplek.

Toe Trevor Manuel probeer om die meriete van nasionalisering te bespreek, is hy deur Jeugligalede uitgejou om stil te bly.

Volgens die “konferensie se kode van gedrag”, bykomend tot die reëls en die ANC-grondwet, moes sulke afgevaardigdes wat versuim om te voldoen aan die kode vir dissiplinêre optrede uitgesonder word en moontlik onbevoegdheid om te staan ​​vir enige posisie in die ANC.

Maar aangesien die twee ongewilde figure nie die president self is nie, is die “reëls” blykbaar buigsaam.

Kameraad Marthinus van Schalkwyk, die wit manlike ANC-minister van toerisme, was nêrens te siene nie, terloops. Nie-rassigheid moes ‘n stille dood gesterf het voor die beleidskonferensie en van die Suid-Afrikaanse reënboog het net die belofte van die pot goud oorgebly.

Die beloftes van die Tweede Oorgang het trouens aan die befaamde digter Yeats se pragtige gedig herinner.

Turning and turning in the widening gyre
The falcon cannot hear the falconer;
Things fall apart; the centre cannot hold;
Mere anarchy is loosed upon the world,
The blood-dimmed tide is loosed, and everywhere
The ceremony of innocence is drowned;
The best lack all conviction, while the worst
Are full of passionate intensity.

– The Second Coming, WB Yeats

Die mislukking van grondhervorming en ekonomiese vooruitgang is kennelik die mislukking van die regering self. Sexwale en Manuel, die deurwagters vir wit sakebelange in die ANC, se ongewildheid voorspel niks goeds vir die rigting waarin die party na swart rasseharmonie en grondgryp voortsnel nie. Dit beteken waarskynlik dat die ANC nie binnekort tot orde geroep sal word nie.

Wat die boere betref, sal die DA ongelukkig ook nie die knoop vir eiendomsreg deurhaak nie.

Dit is doodeenvoudig ‘n wanopvatting van die Grondwet dat die gewillige koper, gewillige verkoper beginsel daarin vervat is. Die onderhandelde dokument van 1994 vereis nie ‘n gewillige verkoper en gewillige koper vir die doeleindes van vergoeding by onteiening nie.

Dit is dus vrugteloos om te probeer om ‘n vereiste wat nie teenwoordig is nie in artikel 25 van die Handves van Regte te “hersien” soos Zuma aan die media verklaar het. Dis ‘n oefening in warm lug, wat meer met opsweping te make het as met die werklike grondwetlike kwessie.

Volgens die Grondwet kan eiendom reeds onteien word kragtens ‘n wet van algemene toepassing in die openbare belang onderworpe aan vergoeding wat tussen diegene wat geraak word of deur ‘n hof bepaal of goedgekeur is. Die openbare belang sluit grondhervorming in.

Wanneer ‘n hof die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling bepaal, moet dit ‘n billike balans tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word handhaaf. Die billike balans word nie bepaal deur die markwaarde alleen nie, maar ook deur ander faktore, insluitend die doel van die onteiening, die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom, en sy huidige gebruik.

Dié stukkie sotlikheid het ons aan Roelf Meyer se onderhandelingsvaardighede te danke.

Dit beteken dus in eenvoudige taal dat die Grondwet die swart regering reeds in staat stel om die plase te vat. Reken dus maar op die DA om die Grondwet te “beskerm” om swart steun te jaag en op die ANC om sy swart kiesers gelukkig te hou.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Afrikaner- en Boeremense: Die toekoms in…

My hart brand as ek aan my mense se lot dink.

Met so ‘n opskrif en swaar hart val ek weg met wat Grootse Strategie (Engels: Grand Strategy) beteken. Dit is wat my mense verdien in hierdie omstandighede om die toekoms in te gaan.

Grootse Strategie is wat leiers van ‘n volk mobiliseer om ‘n versameling planne en beleid vir ‘n eie land se hulpbronne en vermoëns – op elke terein, dws ekonomiese, militêre en nie-militêre terreine, uit te voer ten einde nasionale doelwitte na te jaag en te bereik. Grootse Strategie bestaan net in die werklike wêreld van “regeer”, of dit vooruit noukeurig formuleer en artikuleer word of ad-hoc ontstaan uit wêreldbeskouings en subjektiwiteite van wie “regeer”.

In hierdie konteks lê ons probleem: Ons het nie ‘n eie land vir ons Afrikaner- en Boeremense nie. Kan u glo: ons het dit nog nooit gehad nie. Gevolglik was dit nog nooit moontlik om ons mense as ‘n volk behoorlik te mobiliseer nie. Tog, beskik ons individueel, binne groeps- of organisatorise verband oor al die vermoëns op elke terrein om enige volksdoelwit na te jaag. As volk (sonder ‘n eie land) is ons wêreldbeskouing, ons subjektiwiteit, tewens ons hele wese vasgevang binne taal- en kultuurverband in so ‘n mate dat ons nog nooit werklik ‘vry’ was nie en ons verbrokkel staan. Ons word voortdurend gekortwiek deur niemand anders nie as net onsself.

Die vraag is wat om te doen omtrent ons dilemma? Die anwoord is redelik voor die hand liggend.

Ons moet leiers kry wat beskik oor die kennis, vaardigheid en insig met die wilskrag en deursettingsvermoë en Geloof om ‘n Grootse Strategie vir ons mense te ontwikkel. Dan, moet die Grootse Strategie geïmplementeer word sodat diegene wat die pad na selfbeskikking in ‘n eie onafhanklike staat wil aandurf, dit met volle en ongekwalifiseerde ondersteuning kan doen, ongegag wat dit mag behels om sukses te behaal.

Ons volk beskik oor al die kundigheid op elke terrein om ‘n uiters suksesvolle land te vestig in die internasionale gemeenskap van lande, hier binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika, deur ons reg wat verskans is in artikel 235 van die Grondwet uit te oefen. Dié reg word as internasionale reg erken.

Die lot van nasies word deur God bepaal.

Afhangend van die reaksie en belangstelling oor die vraag van selfbeskikking, sal ek graag in opvolgartikels verduidelik hoe so ‘n selfbeskikkingsproses aangepak moet word ten einde sukses te behaal. 
Pierre Hough is ‘n multidisiplinêre strateeg; stigterslid van die Strategiekomitee vir Selfbeskikking van die Afrikaner- en Boeremense; voormalige offisier in 1 Verkenningskommando en 44 Valskermbrigade; voormalige visevoorsiter: Suid-Afrikaanse Infanterievereniging

данильченко юрій броніславович

Afrika, die volgende front

Amerika se generaals is besig met die voorbereiding van die volgende front in die sogenaamde Oorlog teen Terreur: Afrika. Die Washington Post het dit verlede week op die voorblad aangekondig.

Moenie bekommerd wees nie, Afrika, Amerika sal die vasteland red, berig Donderdag se uitgawe van die Washington Post. “Amerika brei geheime intelligensie-operasies in Afrika uit,” met anti-terreuroperasies in Mali, Nigerië, Oeganda en Somalië.

Amerikaanse amptenare sê die Afrika-operasies is nodig om terroristegroepe in mislukte state op die vasteland op te spoor wat dreig om naburige lande te destabiliseer, skryf Craig Whitlock, Pulitzerpryswenner, skrywer van bekroonde stories en Withuis-persvrystellings.

In besonder handel die aankondiging oor die skepping van ‘n dosyn klein aanloopbane versprei regoor Afrika, wat klein, ongewapende vliegtuie op verkenningsmissies sal stuur om foto’s en video, infrarooipatrone op te neem asook radio- en selfoonseine.

Dit verskil in benadering van Amerika se gewone taktiek in plekke soos Afghanistan, Pakistan en Jemen, waar onbemande tuie wat wapens dra, gebruik word vir dieselfde funksie.

“Die meeste van die spioenasievlugte in Afrika egter, sal op die outydse manier – met vlieëniers in die kajuit – gedoen word,” skryf Whitlock. “Die konvensionele vliegtuig hou twee groot voordele oor onbemande tuie in: Hulle is goedkoper om te bedryf en veel minder geneig om aandag te trek, want hulle is so soortgelyk aan die vliegtuie wat gebruik word oor die hele Afrika.”

Die Washington Post se aankondiging is effektief ‘n verklaring dat die oorlog na die swart vasteland uitgebrei word. Nie dat dit kom as ‘n verrassing vir diegene van ons eintlik in Afrika woon nie, wat onder die indruk is van die teenwoordigheid van China en die VSA op die vasteland.

Simon Allison skryf in die Daily Maverick in Oktober verlede jaar: “Die Amerikaanse weermag, deur sy Africa-Command, het Al-Shabaab, al-Kaida in die Islamitiese Magreb en Boko Haram in Nigerië, aaneengeskakel om ‘n prentjie van ‘n soort super-Afrika terroristegroep op te tower.” Allison sê dis bloot ‘n verskoning om ‘n vastrapplek in Afrika te vestig, aangesien skakels tussen die groepe nie werklik bestaan om die bedreiging te internasionaliseer nie.

Dit is ‘n gevaarlike spel wat die VSA speel. Die retoriek oor ‘n bedreiging in Afrika wat eintlik maar ‘n reeks plaaslike probleme is, skep die risiko dat sulke probleme weliswaar in iets groter, en selfs meer ernstig omskep kan word en kan oorspoel in ‘n onverkwiklikheid vir lande waar daar geen konflik is nie.

Boko Haram, byvoorbeeld, is meer begaan oor plaaslike Nigeriese kwessies: ‘n Korrupte regering en maatskaplike probleme soos armoede en werkloosheid.

Al-Shabaab is soortgelyk. Die wedywering vir toegang tot hulpbronne is die onderliggende kwessie en nie soseer ‘n ideologiese stryd nie.

Dan is daar die Islamitiese Magreb met Aqim. Aqim het ook soos die bogenoemde twee bewegings ‘n vreesaanjaende internasionale reputasie probeer skep met hul gewaande “bande met al-Kaida” wat grootliks onverdienstelik is, aangesien hulle nie in staat is tot veel nie.

Al drie groepe hou dalk ‘n bedreiging in vir die lande en streke waarin hulle werksaam is, maar Amerikaanse betrokkenheid, egter, sal hul aansien verhoog eerder as om dit te verminder. Na meer as ‘n dekade van direkte Amerikaanse betrokkenheid in Afghanistan is die Taliban grootliks ongeskonde, en al-Kaida ‘n funksionerende bedryf. Skaars ‘n prestasie.

Die gevaar in Afrika is soortgelyk, veral gegewe die kontinent se arbitrêre grense en vlakke van armoede – dikwels die werklike oorsaak van militante optrede – en plaaslike konflikte kan vinnig buite beheer raak, met rampspoedige gevolge vir sigbare minderhede.

“Sommige staatsamptenare van die departement het voorbehoude oor die militarisering van die Amerikaanse buitelandse beleid op die vasteland uitgespreek,” verduidelik Whitlock in sy artikel. “Hulle het aangevoer dat die meeste terroristeselle in Afrika besig is met plaaslike doelwitte, nie globales nie, en nie ‘n direkte bedreiging vir die Verenigde State inhou nie.”

Die potensiaal vir ‘n gewilde teenreaksie wat simpatie genereer vir die VSA se vyande is beslis daar, ook verder suid.

прокурор харьковской области

Grensoorlog geopolities nie verniet nie II

Geo verwys na aarde. Geo-politiek beteken: die aarde (geografie) beïnvloed politiek, asook politiek (oorlog) beinvloed die aarde. Beide is waar.

Die geopolitiese Grensoorlog in Suider-Afrika, was bepalend vir watter staat op aarde die volgende soewereine supermoondheid sou word: Suider-Afrika onder die Afrikaners, of China onder die Chinese. Altwee kon nie tergelykertyd tot ekonomiese supermoondheid groei nie.

Twee baie bekende leiers op die wereldtoneel het die uitkoms van die “globale” Grensoorlog nie net beïnvloed nie, maar persoonlik bepaal. Hulle was Deng Xiaoping van China en Fidel Castro van Kuba.

As effektiewe leiers wat die geskiedenis van die wêreld rigting gegee het, was Deng en Fidel in die klas van Hendrik Verwoerd, wat net soos eersgenoemdes ook die voorblad van The Times gehaal het.

Hierdie hoofstuk oor die geopolitiek van die Grensoorlog handel oor Deng. Die volgende hoofstuk wat volg is oor Fidel.

Tydens en na die Grensoorlog, het Deng Xiaoping vir China weer op die wêreldkaart geplaas.

Deng het van China die supermoondheid gemaak wat dit vandag is. Daarvoor het Deng die VSA se hulp nodig gehad, wat die CIA en Nixon in 1972 belowe het, in ruil vir China as VSA-bondgenoot teen die Sowjet-Unie. Die Sowjet-Unie as supermoondheid was die gevolg van Engeland en die VSA se oorlogs-bondgenootskap met Rusland teen ‘n opkomende super-Duitsland.

Met die uitbreek van die geopolitiese Grensoorlog in 1975, was China alreeds aan die VSA se kant, en had China daarom alreeds sy steun vanaf die MPLA na die FNLA en Unita in Angola oorgeswaai.

Gedurende die mees kritieke tydperk van die “globale” Grensoorlog in Desember 1975, het die president van die VSA vir China persoonlik besoek om sekuriteits-sake van globale en gemeenskaplike belang, die Grensoorlog, met China te bespreek.

Deng van China was baie bekommerd oor die Grensoorlog. Op daardie stadium was Kissinger voltyds besig met die bestuur van die Grensoorlog. Daarom het die VSA se Nasionale Staatsekuriteit-Adviseur, Brent Scowcroft, vir Kissinger en Ford na China vergesel. George Herbert Bush, latere hoof van die CIA en president van die VSA, was reeds in China.

Kissinger se Grensoorlogplan was logies. Aangesien Pretoria letterlik alles kon verloor deur nie die magsvakuum in Luanda te vul nie, was dit logies dat Pretoria alles moontlik sou probeer om sy buurstad Luanda vanuit Suid-Wes te bereik en te beset. Dit was in belang van die VSA dat die Sowjet-Unie nie die magsvakuum in Angola vul nie, dus het Kissinger Pretoria se resies na Luanda gesteun.

Kissinger moes egter ook sy Chinese bondgenootsbelang in ag neem. Sou Suid-Afrika Luanda beheer, sou Pretoria direk of indirek die hele Suider-Afrika beheer. Dan sou die Pretoria-Windhoek-Luanda-as geneig wees om die hele Suider-Afrika tesame met wit Rhodesië, Mosambiek en samewerkende Bantoestans tot ‘n ekonomiese supermoondheid konfedereer en integreer, met gepaardgaande gevolge tot in die Kongo en Zambië, en sou Deng se rasionele strategie om China met handelshulp van die VSA globaal-ekonomies te laat groei tot industriële supermoondheid, maar afhanklik van minerale hulpbronne uit onontwikkelde Afrika, verseker skipbreuk lei. Industrialiserende China mog nie met die VSA se ander politieke vennote, naamlik Japan, Suid-Korea en Taiwan om beperkte hulpbronne in Suid-Oos Asie meeding nie. Daarom was China se groeiplan aan Afrika, insluitend Suider-Afrika gekoppel.

Deng het sy diep bekommernis so aan Kissinger, Scowcroft, Bush en Ford tydens die Grensoorlog-vergadering uitgedruk: “Suid-Afrika is die primêre probleem.” Deng wou net daar weet hoe die VSA die komplekse probleem sou kon oplos. Kissinger het eerlik geantwoord dat die VSA bereid is om: “Suid-Afrika uit te stoot sodra ‘n alternatiewe militêre mag geskep kan word.”

President Ford wou die bekommerde Deng dadelik verder tevrede stel en het bygevoeg: “Ons het niks te doen gehad met die Suid-Afrikaanse betrokkenheid nie, en sal aksie neem om Suid-Afrika uit te kry, sodra ‘n balans gehandhaaf kan word vir hulle om nie in te wees nie.”

‘n Week voor daardie Grensoorlogvergadering in China op 3 Desember 1975, het Kissinger en Ford se “geskape alternatiewe mag” om Suid-Afrika se militêre oppermag in Angola te balanseer, reeds Pretoria se opmars na Luanda by Ebo gestuit. Daardie balanserende mag was Kuba onder leiding van Fidel Castro.

Die CIA het Fidel toegelaat om voortdurend spesialiste en troepe baie ver vanaf Kuba na Afrika te laat vlieg en vaar, met die doel om Pretoria se permanente besetting van Luanda te stuit, en Suid-Afrika se militêre mag in Angola te balanseer, ter wille van die VSA se nuwe bondgenoot teen die Sowjet-Unie, die geniale Deng Xiaopeng van China, briljante beplanner van China se opkomende mag.

In werklikheid het Fidel Castro in die Grensoorlog dus nie teen die VSA nie, maar onbewustelik vir die VSA geveg. Beide die bewyse en die magsuitkomste bestaan. Hoe sou Fidel vandag reageer as Afrikaners dit in ‘n medelydende skrywe aan hom sou oordra? Sou Fidel ‘n ewig ongelukkige dood sterf?

Miskien sal Fidel se hart gaan staan by sulke ironiese nuus, want niemand op aarde het meer gedoen om die Grensoorlog te “wen”, as Fidel Castro self nie. Nie een keer nie, maar twee keer in sy lewe het Fidel persoonlik vir die manjifieke Suid-Afrikaanse oorlogsmasjien verhoed om Luanda te beset, deur self die Kubaanse operasies in Angola deur die dag en nag te bestuur. Beide kere was ‘n bo-menslik briljante Fidel suksesvol teen die “Boere” van Afrika, die mees gedugte gevegsmag in die Suider-Afrikaanse bos gedurende die 20ste eeu.

Teen die einde van die 20ste eeu, drasties anders as aan die begin daarvan tydens die ABO, was lugdominansie in oorlogvoering egter deurslaggewend. By gebrek aan lugdominansie in 1988 se tweede kritieke tydperk in die tweede en laaste stryd om Luanda, politieke oorlewing en 21ste-eeuse wêreldmoondheid, het Pretoria sy heel laaste gevegskaart gespeel, en vir VSA-satelliete ‘n kernbomtoetsskag oopgemaak.

Daaroor, en oor Fidel Castro se fantastiese avonture in Afrika tot voordeel van China, ‘n volgende keer.

In nog ‘n latere aflewering meer oor waarom die bekende Lockerbie-lugramp alles met die geopolitiese Grensoorlog te doen gehad het.

Elke Jan Rap en sy maat is geregtig op sy persoonlike geloofsopinie omtrent die Grensoorlog, maar feit is dat die Grensoorlog die pad oopgemaak het vir die geopolitieke konflikte van die grootste supermoondhede van die 21ste eeu, en dat die Koue-Oorlog Grensoorlog se gevolge nog met ons, ons kinders en kleinkinders sal wees, so ook met die van elke ander nasionaliteit op aarde.

Фильчаков прокурор харьков

Jeugdag sonder die jeug

Jeugdag, op 16 Junie, gaan blykbaar dié jaar sonder die jeug gevier word. Die opwelling van ontevredenheid reg oor die land lê aan die wortel van die versuim.

Kevin Allan, van Municipal IQ, ‘n organisasie wat 283 munisipaliteite monitor, sê dis net die begin van diensleweringsbetogings en opstand. Mei 2012, bewys hulle opname, het meer protes as enige ander maand sedert 2004 opgelewer.

Die meeste van die ongelukkigheid ontstaan ​​as gevolg van verstedeliking – die jong swartes stroom na die stede uit arm landelike gebiede om werk te kry. Hulle word gedwing om in informele nedersettings te woon wat nie oor basiese dienste beskik nie.

Dié week was daar diensleweringsbetogings in Kaapstad en Johannesburg. Die polisie is ontbied in Delft en Elsiesrivier in Kaapstad, en by Zandspruit in die noorde van Johannesburg. In Johannesburg, moes die polisie traangas afvuur en rubberkoeëls om orde te herstel. Helikopters moes die gebied patrolleer.

Die kommerwekkende kwessie is die aansienlike toename in geweld en hoë vlakke van frustrasie. Die Wes-Kaap het meer protes hierdie jaar as enige ander provinsie gehad, met die Vrystaat in die tweede plek. Noordwes en Oos-Kaap is ‘n gesamentlike derde.

Municipal IQ-ekonoom, Karen Heese, het gesê die protes het baie onderliggende bronne, maar die twis tussen die ANC en die DA in die Wes-Kaap is nie kernrede vir die opstand nie. Die twispunte is meermale etnies van aard, tussen bruin en swart asook teen die aanwesigheid van swart buitelanders.

Inwoners in Zandspruit sê weer hulle word gedwing om van die emmertoiletstelsel gebruik te maak en riool vloei oral deur die strate.

Om dus te verhoed dat president Jacob Zuma gekoggel en uitgejou word deur die ANC-Jeugliga, sal streng maatreëls by Jeugdag-vieringe geld.

Bronne in die ANC het gister gesê ontevrede ANC-jeugliga-lede sal probeer om ‘n “verleentheid” vir Zuma te skep na die skorsing van die voormalige president, Julius Malema, uit die party.

“Enigiets is moontlik, maar daar is planne teen diegene wat van plan is om die president in die verleentheid te stel,” het ‘n senior ANC-lid gesê.

Ander politieke jeugorganisasies sê hulle is ook nie genooi nie.

Vryheidsfront Plus-jeugleier, Wouter Wessels, DA-jeugleier Makashule Gana en ‘n woordvoerder vir die Jong Kommunistiese Liga, Buti Manamela, sê hulle is nie uitgenooi nie alhoewel hulle uitnodigings na verlede jaar se herdenking ontvang het.

Gana gesê dit is onregverdig dat die DA nie genooi is nie omdat die dag aan die Suid-Afrikaanse jeug behoort.

Wessels het gesê die Vryheidsfront Plus-jeug vermoed hulle is nie genooi nie, want hulle het kritiek op die Jeugontwikkelingsagentskap gelewer vir miljoene “gemors” op ‘n fees in 2010.

 

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Duitsers draai teen Obama

Obama se veiligheidsbeleidinisiatiewe – die aanvalle van onbemande tuie in lande soos Pakistan, Jemen en Somalië – het Duitse kritiek getrek. Nege en vyftig persent van Duitsers keur sodanige optrede af, ver bó die mediaan vir Europa.

Soos verwag kon word, steun slegs 29 persent van Duitsers aan die linkerkant van die politieke spektrum onbemande aanvalle, terwyl 41 persent van mense op die regtervleuel dit ondersteun.

Die sterkste goedkeuring kom van diegene wat hulself identifiseer as “politieke sentriste” – eintlik politieke opportuniste – met 45 persent.

Noemenswaardig is egter, die yslike geslagsgaping in Duitsland oor Amerika se onbemande aanvalle. Terwyl 54 persent van Duitse mans van sulke aanvalle goedkeur, dink slegs 24 persent van vroue dis reg. ‘n Manlik-vroulike ewenaar van daardie omvang word selde gesien in die openbare mening.

Verder, is daar ernstige Duitse teleurstelling met Obama se hantering van klimaatsverandering. In 2009, het die Pew Research Center gevra of Duitsers dink die nuut-verkose president van die VSA beduidende maatreëls sal neem om globale klimaatsverandering te beheer. Toe het 76 persent gesê hy sou. Nou is dit slegs 26 persent. Slegs die Franse onder Europeërs het hoër verwagtinge van ‘n Amerikaanse president gehad. Die teleurstelling is enorm.

In retrospek, was hoop vir ‘n Obama-presidentskap onrealisties hoog, veral onder Europeërs. Net in China en Japan het die nuwe-wunderkind se gewildheid Europese vlakke bereik.

Die meerderheid Duitsers beskou China tans as die enigste wêreldleier en nie meer die VSA nie.

Die werklikheid het dus die eers hoë verwagtinge ingehaal. Die werklike globale openbare mening dui daarop dat frustrasies met Obama en die Verenigde State toeneem. En die leiers in Berlyn, Washington en elders moet bewus wees van die implikasies daarvan, veral as die Amerikaanse volk Obama ‘n tweede termyn gee.

Фильчаков прокурор отзывы

Wat wil Afrikaners hê?

Die probleemstelling is dat Afrikaners ontnugter is. Vervreem van grond en selfregering. Almal besef nog nie die omvang daarvan nie. Die swaard swaai al deur die nek as gevolg van dreigende grondonteiening, geen Afrikaner skole of universiteite nie, minder werksgeleenthede, verarming, ens. Misdaad staan hoog op die lys en volksmoord heel boaan. Volksmoord is nie net die doodmaak van boere nie. Dit is ook gedwonge integrasie en die ontneming van basiese waardes van Afrikaners.

Onlangs is geskryf hoe blankes in staatshospitale behandel word. Die is realiteit is erger. Ons word sleg behandel deur antagonistiese en onopleibare mense wat veronderstel is om dienste te verrig in alle sektore van die samelewing. Steeds sien ek daagliks hoe Afrikaners die reënboognasie promoveer. Hoe dikwels hoor ons nie die opmerking “ek is positief oor die toekoms van Suid Afrika” nie. Net ʼn imbesiel kan so iets kwytraak. Die ironie is dat normale mense dit sê. Is dit subordinasie of stille diplomasie?

Wat wil Afrikaners hê? Konstitusionele bevryding?

Artikel 235 van die Grondwet van Suid Afrika behandel selfbeskikking en lui soos volg “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal” (Suid Afrika (Republiek) Republiek van Suid Afrika Grondwet 1996). Geen kans op selfbeskikking deur sesessie in die konteks nie.

Dalk ʼn Verenigde Nasies opsie?

In die aanhef van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies resolusie 47/135 van 18 Desember 1992 word erkenning verleen aan die regte van minderhede wat behoort tot etniese, religieuse en linguistiese groepe. Dit word ook beklemtoon dat minderhede ʼn integrale deel vorm van die gemeenskap in geheel binne ʼn demokratiese raamwerk gebaseer op ʼn regstelsel en wat bydrae tot die versterking van vriendskap en samewerking tussen mense en state. Die Artikels van resolusie 47/135 beskryf die regte van minderheidsgroepe en is voorskrywend aan owerhede om alles in hul vermoë te doen om die regte te honoreer en te beskerm. In Artikel 8 word die standpunt van die Verenigde Nasies egter duidelik gestel dat die deklarasie nie goedkeuring verleen dat die territoriale integriteit, soewereiniteit en politieke onafhanklikheid van state deur enige aktiwiteit bedreig mag word nie. Die opsie kan net binne die reënboognasie uitgeoefen word. Dus geen vryheid nie.

Wil Afrikaners dalk ʼn geregtelike opsie oorweeg?

In die Internasionale Reg is daar ʼn gebrek aan vertolking oor die presiese betekenis, toepassing en bevoordeeldes van selfbeskikking. Daar is ekstreme uitgangspunte waar selfbeskikking aan die eenkant gesien word as staatlike selfbeskikking waar state funksioneer sonder eksterne inmenging en aan die ander kant is die siening dat selfbeskikking ʼn reg is van enige etniese, linguistiese, religieuse of nasionalistiese groep om af te stig van die hoofstaat. Die reg tot selfbeskikking is in die Internasionale Reg opgeneem en manifesteer in Artikel 1.2 van die Verenigde Nasies Handves as “The purposes of the United Nations are to develop friendly relations among nations based on the respect of the principle of equal rights and the self determination of peoples…” (De Wenne 1996: 6) Die betekenis van die Artikel skep nie noodwendig vir die Afrikaners ʼn eis tot selfbeskikking nie omdat die veronderstelling en beklemtoning geleë is in interne selfbeskikking. Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het in terme van die regte van minderheidsgroepe op 18 Desember 1992 bepaal dat minderheidsgroepe se etniese, godsdienstige en taalregte beskerm moet word. Die primêre funksie vir die beskerming is geleë in die betrokke staatsowerheid soos vervat in Artikel 1 van die resolusie.

Die IGH is inkonsekwent in sy uitsprake waar dit handel oor selfbeskikking. Die positiewe aspek is dat daar juis nie ʼn duidelike regsreël bestaan ten opsigte van selfbeskikking of sesessie as vorm daarvan nie en dit dus potensieel nuut beoordeel sal word sou Afrikaners wel die punt bereik waar selfbeskikking geëis word.

Ekonomiese of kulturele selfbeskikking?

Ekonomiese selfbeskikking is nie ʼn opsie nie. SEB en regstellende aksie kelder dit nog voordat dit begin het. Kulturele selfbeskikking is slegs ʼn opsie binne die raamwerk van interne selfbeskikking. Dan is ons steeds ʼn subordinante groep in die RSA. Praatjies oor stadstate en munisipale selfregering is idealisties.

Wil Afrikaners selfbeskikking verkry?

Aanspraak op selfbeskikking vir die Afrikaner wat internasionaal erken sal word, sal waarskynlik, soos Cassese dit stel as geregverdig beskou word in die volgende omstandighede: “A racial or religious group may attempt secession, a form of external self-determination, when it is apparant that internal self-determination is absolutely beyond reach. Extreme and unremitting persecution and the lack of any reasonable prospect for peaceful change may make secession legitimate. A racial or religious group may secede – thus exercising the most radical form of self-determination – once it is clear that all attempts to achieve internal self-determination have failed or are destined to”.
Vir my lyk dit of daar min vooruitsigte is om selfbeskikking konstitusioneel of deur ʼn regsproses te verkry. Die wêreld moet maar ex post facto kennis geneem van ʼn de facto situasie wat de jure erken sal moet word. In ʼn Afrikaner staat hoef ons nie te veg vir taal en kultuur en ʼn plek in die son nie. Dit sal daar wees. Suid Afrika het in vreemde hande geval na ʼn gewapende stryd oor dekades. Met die uitsondering van een of twee gevalle word alle selfbeskikkingeise gekenmerk deur gewelddadige konflikte. Die oorsaak van geweldadige optrede is of sterk nasionalisme of ekstreme marginalisering.

Afrikaners is homogeen en ʼn duidelik identifiseerbare groep. Die VF+ as politieke party behoort die regering te daag om ʼn referendum te fasiliteer waar Afrikaners hul keuse kan demonstreer. Net een eenvoudige vraag “Steun u ʼn onafhanklike Afrikaner republiek, Ja of Nee”. Dit sal dalk die enigste maatstaf wees om te bepaal wat Afrikaners wil hê.

топкарго развод

Britse vieringe roep Republiekwording op

Ja, die Britse monargie het baie skade aan ons mense gedoen in Suid-Afrika.

Dit is egter nie wat my gedagtegang oorheers het toe ek die verrigtinge van Koningin Elizabeth se 60ste jubilee feevieringe op die BBC-kanaal gevolg het nie.

Ek het verkies om my bloot as individu te verloor in die vreugde van mense wat leef soos wat ek graag sou wou leef in ‘n eerste wêreld.

Die ordelikheid van die feesgangers – die ordelike gedisiplineerheid van die perde en hulle ruiters – met mense wat respek het vir hulle land volk en koningin en omgewing en mekaar. Die gedeelde vreugde van ‘n volk saamgebind deur hulle liefde vir hulle eie.

Die vreugde op die gesigte van die feesgangers. Alles wat aangebied is, is goed met presisie beplan en uitgevoer.

Dan dink ek terug aan die een uitstaande herinnering van ons Afrikanervolk toe ons ‘n republiek geword het en ek saam met my ouers op Kerplein in Pretoria gestaan het, waar daar skaars plek was vir ‘n muis. Ek onthou die vlae wat gewaai is en die spontane sing van ons volkslied, Die Stem.

Ek wil ontvlug na hierdie pragtige droomwêreld, sonder die realiteit waar ek my nou bevind in my land wat verniel en bemors is en deur die derde wêreld regeer word in die afgrond van barbarisme in, deur die verraad van my eie mense.

Фильчаков прокурор отзывы

Kerkleiers se versuim om Afrikaners in te lig

‘n 100 jaar gelede was daar kort na die Tweede Vryheidsoorlog, relatief min nie-blanke mense binne die ou Britse kolonies in Suidelike Afrika. Blankes het lateraan in ‘n toenemende mate gebruikgemaak van goedkoop nie-blanke arbeid. Dit was veral die landboubedryf en mynbedryf wat daarby baatgevind het en sodoende heelwat geld gespaar het. Hul kortsigtige najaag van finansiële winste het dikwels gepaardgegaan met die betaal van so klein as moontlik salarisse vir die maksimum hoeveelheid arbeid. Daardie ekonomiese strategie het egter op die kort termyn heelwat ekonomiese groei en tegnologiese vooruitgang aan die land gebied. Die gepaardgaande verryking van mynbase en sommige blanke boere, moet ook nie uit die oog verloor word nie. Op die lang termyn het daardie ekonomiese bestel daartoe aanleiding gegee dat duisende nie-blankes naderhand gewoon en gewerk het binne die ou Republiek van Suid-Afrika, sonder dat hulle dieselfde politieke regte as die blanke burgers geniet het.

Terwyl hebsug en die najaag van aardse rykdomme as struikelblokke op die weg na moksha of Nirvana deur Oosterse gelowe soos o.a. Hindoeïsme en Boeddhisme beskou word, was dit nog nooit een van die georganiseerde Christelike kerke se hoofprioriteite om hul lidmate daarteen te waarsku nie. Dit is welbekend dat die Rooms-Katolieke kerk onskatbare rykdomme deur die jare versamel het, waarvan die massiewe katedrale genoegsame getuienis is. Calviniste was deur die jare daarvoor bekend dat hulle ywerige ondersteuners van kapitalisme was. Kerkleiers van die ou Afrikaanse kerke het verplig gevoel om hul lidmate te waarsku teen die sondes van die vlees – “sondes” wat meer van toepassing was op seksualiteit as op die najaag van wins en die gepaardgaande misbruik van ander mense se goedkoop arbeid! Afrikaanse kerkleiers het gevolglik versuim om hul lidmate attent te maak op die toekomstige gevare wat die bg. ekonomiese stelsel op die ou end vir hul nageslag sou inhou.

Die meeste Afrikaanse kerkleiers het meer as 20 jaar gelede, óók versuim om aan hul kerklidmate te verduidelik in watter opsigte die beleid van Apartheid en die toepassing daarvan, immoreel was. Hulle het nié die onderdrukking van een bevolkingsgroep deur ‘n ander, pertinent veroordeel nie. Die verskil tussen Klein Apartheid en Groot Apartheid is nooit voldoende aan kerklidmate verduidelik nie. Klein Apartheid was die gevolg daarvan dat miljoene swart arbeiders teenwoordig was binne “blank-beheerde” Suid-Afrika, sonder dat hulle dieselfde publieke geriewe as blankes kon gebruik en sonder dat hulle dieselfde politieke regte as blankes geniet het. Groot Apartheid is die volledige geografiese skeiding tussen bevolkingsgroepe waar elke bevolkingsgroep in hul eie volkstaat woon en werk, met ‘n regering bestaande uit slegs lede van hul eie bevolkingsgroep. In laasgenoemde geval is daar dus géén lede van ‘n ander bevolkingsgroep in ‘n volkstaat teenwoordig wat onderdruk word nie. Nugter alleen weet in watter opsigte Groot Apartheid “onbybels” of “onchristelik” kan wees! Baie “linksgesinde” kerkleiers het naderhand besef dat Groot Apartheid nié teenstrydig is met enige van die driesuster kerke se tradisionele ekumeniese of “Drie Formuliere van Eenheid” geloofsbelydenisse nie, en daarom is besluit om ‘n bykomende geloofsbelydenis, nl. die Belhar belydenis, te aanvaar. Die Belhar belydenis het veral betrekking op die verhoudings tussen bevolkinsgroepe en daarom verpolitiseer dit op ‘n manier die oorspronklike “evangeliese boodskap” van Protestantisme. Die onlangse aanvaarding van daardie belydenis deur die Algemene Sinode van die tradisioneel “blanke” NG Kerk, kan egter lei tot ‘n verdere uittog en vervreemding van baie van hul blanke lidmate.

Vir etlike jare het baie blankes hulself as verhewe bo en “slimmer” as die nie-blankes beskou. Hulle het geglo dat nie-blankes nog nie “gereed” was vir die Witman se politieke stelsel nie en was bang dat die verskaffing van gelyke regte aan nie-blankes, tot die ondergang van hul “blanke” beskawing sou lei. In plaas daarvan om spoedig genoeg ánder gebiede aan nie-blankes beskikbaar te stel waarbinne hulle hulself kon regeer, het blankes gerieflikheidshalwe verkies om vir eers van ‘n moontlike toekomstige dilemma te vergeet en om nog rustig voort te gaan om nie-blankes op hul plase en in hul huise as bediendes te gebruik. Baie blankes het op die ou end wegbeweeg vanaf daardie onhoudbare situasie wat die onderdrukking van ‘n meerderheid nie-blankes deur ‘n minderheid blankes behels het. Hul besluite het toe noodgedwonge gelei tot die ANC bewindsoorname in 1994.

Sou Suid-Afrika vandag noodwendig ekonomies agterlik gewees het, sónder die vroeëre gebruikmaking van nie-blanke arbeid? Sou ons vandag in tente gewoon het indien dit nie was vir die “voordelige” invloed van internasionale mynmaatskappye nie? Indien ons die toestande in Suid-Afrika vergelyk met dié in Australië, moet ons onsself afvra waarom Suid-Afrika deesdae die 28ste grootste ekonomie in die wêreld het teenoor Australië se 13de plek en waarom Australië die sesde hoogste per capita-inkomste het, teenoor Suid-Afrika se 70ste plek? Albei lande se ekonomie het aanvanklik landbou en later minerale hulpbronne as basis gehad en albei is lande van die sg. Nuwe Wêreld. Blankes het Australië sedert 1770 en Suider Afrika sedert 1652, in toenemende mate beset. ‘n Insiggewende verskil is egter in die samestelling van die bevolkings – waar Australië 23 miljoen inwoners het waarvan 1,7% Aborigines is, het Suid-Afrika ‘n bevolking van 50 miljoen waarvan 80% swartmense is. Australiërs presteer dus ekonomies beter terwyl hulle nooit tot dieselfde mate gebruikgemaak het van goedkoop nie-blanke arbeid nie. Lees gerus hierdie brief op Rapport se webblad in verband met die laasgenoemde gegewens.

Het die Christendom werklikwaar méér voor- as nadele vir Afrikaanse blankes ingehou, of was dit miskien een van die hoofoorsake van die meeste van hulle se huidige oningeligte status? Hoe is dit moontlik dat ‘n boek, die Bybel, wat na bewering deur die Alwyse Skepper van die heelal aan mense geopenbaar is, nié aan hulle duidelike riglyne kon verskaf in verband met die korrekte optrede teenoor mense van ander bevolkingsgroepe nie? Indien Afrikaanse kerkleiers byvoorbeeld al meer as 60 jaar gelede hul lidmate gewaarsku het teen die moontlike toekomstige gevare wat die gebruikmaking van goedkoop nie-blanke arbeid vir hulle sal inhou, sou ons nie vandag die probleem gehad het van ‘n minderheid blanke Afrikaners wat onderdruk word deur ‘n swart meerderheidsregering nie; asook nie die moontlikheid van ‘n toekomstige onderdrukkende (moontlik kommunistiese) eenpartydiktatuur nie. Die versuim van kerkleiers om hul lidmate te waarsku, het dus indirek gelei tot die geleidelike vernietiging van Afrikaners se eiesoortige lewenswyse, waardes, taal en kultuur.

Multinasionale maatskappye het veral die afgelope dekades geweldige belangstelling in Afrika getoon en het al heelwat gebaat by die verkryging van Afrika se minerale rykdomme. Baie regeringsleiers van Afrika-lande bevoordeel hulself finansieel ten koste van die res van die mense in hul eie land, deur samewerking met sulke besigheidsmense. ‘n Korrupte swart elite verskaf sodoende makliker mynkonsessies aan hebsugtige internasionale geldbelange.

Die Oppenheimer-familie is daarvoor bekend dat hulle al vir baie jare die meer “liberale” partye soos o.a. die ou PFP/DP, ondersteun het in hul strewe na die inwerkingstelling van “een-mens-een-stem” in die land. Ek het as kind dikwels gewonder waarom daardie superryk mense dan gestrewe het na ‘n situasie waarbinne hul eie geld en eiendomme dan moontlik gekonfiskeer word deur ‘n toekomstige sosialistiese “swart” regering. Óf hulle was werklikwaar bekommerd oor die welstand van die meeste swartmense, óf hulle het in ‘n toekomstige swart meerderheidsregering, besigheidsmoontlikhede gesien waardeur hulle hulself nog verder kon verryk. Ek sien alreeds in my geestesoog hoe die skatryk Harry Oppenheimer tydens die ou Suid-Afrika in trane uitgebars het terwyl hy verby ‘n arm swart township in sy spogmotor gery het en die ellende daar waargeneem het…

Die feit van die saak is dat daardie prominente besighede deesdae sekere voordele geniet in ‘n land wat deur ‘n hoofsaaklik “swart” regering regeer word – voordele wat hulle nié kon geniet het onder byvoorbeeld die bewind van dr. Verwoerd nie. Sodanige voordele impliseer veral dat die minerale rykdomme van Suid-Afrika leeggesuig is deur internasionale mynmaatskappye soos o.a. Anglo American en De Beers, met die gepaardgaande suurwaterprobleme wat as gevolg daarvan ontstaan het. Hulle maak ook nog steeds gebruik van goedkoop swart arbeid – arbeid wat indirek aanleiding gee tot die verdere toename in swart bevolkingsgetalle. Grondgrype is ook uiteindelik deel van die groter strategie van die geldmagte. Hulle is deeglik bewus daarvan dat die nuwe “opkomende” swart boere nié in staat is om die plase suksesvol te bedryf nie. Nadat die plase dan uiteindelik in krotbuurtes verval, sal die plase goedkoop deur magnate opgekoop word.

Internasionale geldbelange leen geweldige hoevelhede geld aan Afrika-lande om dan kwansuis die Afrikane te help om hul lande “op te bou”. Konsessies om besighede te bedryf, word dan maklik deur die Afrika-regerings aan daardie belange toegestaan. As gevolg van nepotisme, korrupsie en die wanaanwending van die geld, word Afrika-regerings dikwels “nie-amptelike” marionette van daardie geldbelange. Die gevolge daarvan is die verdere verryking van die korrupte swart elite, die verarming van die meeste ander swartmense en natuurlik die toename in rykdomme van internasionale geldbelange. Daar is heelwat inligting beskikbaar oor die skade wat deur super-kapitaliste aangerig is in die wêreld en ek wil nie eintlik in verband daarmee as’t ware wéér die “wiel herontdek” nie.

Samewerking tussen die internasionale geldmag en kommunistiese regerings is al in verskeie boeke duidelik uiteengesit. Die kommunistiese leiers van die ou Sowjetunie het hulself verryk ten koste van die meeste inwoners van hul land, terwyl hulle slegs voorgegee het dat hulle daarna strewe om uiteindelik aan andere te gee volgens hul behoeftes. Dit is ook duidelik dat die ANC regering die afgelope 17 jaar hulself verryk het ten koste van die welstand van die meeste inwoners van die land. Ongelukkig is dit so dat in die meeste Afrikalande, óú korrupte regerings deur núwe korrupte regerings vervang word. Politici wat nuut op die toneel verskyn gee dikwels voor dat húlle, anders as die huidige regering, hul werklikwaar bekommer oor die welsyn van die behoeftiges. Nadat hulle die bewind oorgeneem het, word die gaping net groter tussen die superryk elite en die arm mense. Julius Malema se mooiklinkende besware teen ryk wit mans aan die een kant, en sy spogwoning in Sandton aan die ander kant, is ‘n uitstekende voorbeeld daarvan.

In plaas daarvan dat kerklidmate ingelig word oor die gevare wat die internasionale geldmag vir die land se mense inhou en die maniere waarop die geldmag die korrupte ANC regering as marionette gebruik, luister hulle na ‘n alewige gesanik oor die gevare en “sondes” van pornografie, homoseksuele dade en ongetroude paartjies wat saamwoon. Sodoende funksioneer kerke as weerligafleiers deurdat hulle hul lidmate se aandag fokus op minder belangrike “probleme”. Is daar kerkleiers wat hul kerklidmate doelbewus mislei en daarvoor vergoed word deur duistere magte? Dit is welbekend dat die Afrikaner Broederbond (AB) in die verlede ‘n groot invloed gehad het op die besluite van beide die ou Nasionale Party regering én die sinodes van die Afrikaanse driesuster kerke. Terwyl die AB in die vroeë dekades van die vorige eeu gestig is met die uitsluitlike doel om die belange van die Afrikanervolk en die Christendom te bevorder, het dit gaandeweg ontaard in ‘n organisasie waarvan die lede mekaar bevoordeel het ten koste van hul mede-Afrikaners. Ek onthou nog goed hoe daar teen kinders op skole gediskrimineer is omdat hul pa’s nié lede van die AB was nie!

Kerkleiers probeer om hul volgelinge gerus te stel deur aan hulle te vertel dat God méér magtig is as beide die ANC regering én die toenemende probleme in die land en dat hulle op Hom moet vertrou om uiteindelik al die probleme op te los. Daardie valse hoop weerhou kerklidmate daarvan om die realiteite van die land behoorlik te begryp en vervolgens hul lewens beter te beplan. Deur aan die een kant gelowiges gerus te stel deur hulle aan God se genade te herinner, en aan die ander kant hul aandag te fokus op die bogenoemde “sondes”, word hulle daarvan weerhou om die wáre oorsake van hul probleme doeltreffend te begryp en op te los. As gevolg van jarelange misleiding is baie Afrikaanse kerklidmate vandag onbewus van die bedreiging van die internasionale geldmag en van behoorlike “morele” optredes teenoor mense wat aan ander bevolkingsgroepe behoort. Afrikaners kan in die toekoms in toenemende mate wegbeweeg vanaf hul tradisionele Calvinistiese waardes, namate die kerke toenemend irrelevant word en verpolitiseer as gevolg van die aanvaarding van o.a. die Belhar belydenis. Sodoende sal baie Afrikaners materialisme (asook ateïsme?) omhels en uiteindelik óf emigreer, óf vergeet van hul Afrikaanse kultuur en voortaan fokus op oorlewing en die verkryging van aardse rykdomme binne ‘n “Azanië” wat elke dag toenemend “verafrikaniseer”.

Фильчаков прокурор

Elizabeth II wuif vir ‘n verslaafde volk

Koningin Elizabeth II se diamantjubileum, wat grootliks op die langdurigheid van haar heerskappy gefokus het, was ook ‘n demonstrasie van die Gemenebes se lang tentakels. Vir diegene wat nog gewonder het waar Suid-Afrika inpas, het Mandela se gesig telkens opgeduik in die uitgesoekte videomateriaal van die vrolikheid.

Daar was uiteraard nie foto’s van Afrikanerkinders in konsentrasiekampe of die onlangse feeste na 1994 om die swart aandeel namens Engeland teen die Boere te vier nie.

Die koningin meen die geleentheid het haar “nederig” gemaak en sy sê sy voel geraak deur al die mense wat saam feesgevier het, het die BBC berig. “Dit het my diep geraak om so baie duisende families, bure en vriende te sien wat saam fees vier,” het sy gesê.

Dit was beslis roerend om te sien hoe etnies, nasionalisties en volksgerig die eilande kan wees wat ander volke nie dieselfde gun nie. Die hele grys tuisgebied was oortrek met die rooi, wit en blou van die Union Jack.

Elizabeth II se uitreik na Noord-Ierland is tot vervelens toe herhaal as haar groot triomf. Die Iere was tevrede met drie woordjies in hul eie taal by die staatsbanket tydens die koningin se rede.

Maar sy het ook voor ‘n volk, haar eie, gestaan wat die VSA en Spanje verbygesteek het as die voorste kokaiengebruikers per kapita in die Westerse wêreld.

Die jubileumkonsert se populistiese aanslag, was ongelukkig ‘n viering daarvan. Die groot winste uit dwelmhandel, is die meevaller vir hoofsaaklik banke in die Angelsaksiese invloedsfeer, Brittanje en die VSA, waar finansiële reguleerders wegkyk vir reusebedrae wat gewas word deur middel van hul stelsels.

Die mees verreikende en gedetailleerde analise van die dwelm-ekonomie in ‘n land tot op hede – in hierdie geval, Colombia – toon dat 2.6% van die totale straatwaarde van die kokaïen geproduseer in die land bly, terwyl ‘n verstommende 97,4% van die wins deur misdaadsindikate afgeskep word, en gewas word deur banke in die eerste-wêreld.

Die ekonomie vir Colombiaanse kokaïen is buite Colombia, ten spyte van die VSA se “oorlog” teen die dwelm. Dieselfde situasie is tans in Mexiko aan die ontwikkel.

Die meganismes om dwelmgeld te was is verlede jaar in Miami te berde gebring in ‘n saak tussen die Amerikaanse federale owerhede en die Wachovia-bank, wat die oordrag van $110 miljoen in dwelmgeld erken het, maar versuim het om behoorlik ‘n verbysterende $376 miljard uit Mexiko oor vier jaar te monitor. (Wachovia is sedertdien oorgeneem deur Wells Fargo, wat saamwerk met die ondersoek.)

Die “toesig” deur die Amerikaanse en Britse owerhede oor “geldwassery” verleen dus aan hulle ‘n voordeel om weg te kyk indien die wassery hulle tot voordeel strek.

Met Brittanje as die wêreld se grootste verbruiker van kokaïen, het die Wachovia-ondersoek getoon dat baie van die dwelmgeld ook gewas word deur die Stad van Londen. Die fluitjieblaser, Martin Woods, wat in die bank gewerk het en dit ontdek het, is intussen afgedank.

Dit is taboe om die groot banke aan te vat, want dit is politieke selfmoord in hierdie ekonomiese klimaat, omdat die bedrae geld so hoog is.

Dit mag aangenaam wees om glimlaggend vir die arme onderdane te wuif, maar die werklikheid van wat die Ryk staande hou, sal die VK eersdaags inhaal.

Александр Фильчаков

Werk die reënboognasie rêrig?

Sedert 1994 is daar meer rassehaat onder etniese groepe as ooit vantevore. Geen multikulturele land werk regtig nie, want selfs Kanselier Angela Merkel van Duitsland het onder andere gesê in Oktober 2010 dat haar Duitse multikulturele omgewing gefaal het. Die gewese President van Frankryk, Nicolas Sarkozy en huidige Eerste Minister David Cameron van Brittanje het dit in Februarie 2011 beaam en nog ander lande se staatshoofde het dit erken. Almal se gevolgtrekking is dat dit tot ekstreme dade lei en haat onder mense met kultuurverskille aanwakker.

Hoekom glo Suid-Afrika se multi-volkere en -kulture dat dit gaan werk? Ons moet begin na realiteite kyk. Tale word misken, kultuurskatte word vernietig en die lys raak oneindig, omdat ‘n sekere kultuurgroep sy visie en idees vooropstel ten koste van die ander kultuurgroepe in Suid-Afrika
Die Khoisanvolk word die ergste misken deur almal . Histories is hy eerste hier gewees

Die Afrikaner het die land gebring tot ‘n ekonomiese reus in Afrika, maar sy geskiedenis, taal en kultuur word om elke hoek en draai vernietig, soos Moeletsi Mbeki en Bantu Holomisa in onlangse rubrieke in die Rapport bevestig het.

Die Kleurlinge en Indiese gemeenskappe word ook nou opsy geskuif omdat hulle nie meer onder die “African” vaandel val nie.

Selfs onder die swart volke is daar kultuurverskille, maar die media en die regering hou dit geheim. Daar is van hierdie volksgroepe wat glo hulle vind geen baat by die Nuwe Suid-Afrika nie.

Talle ander Afrika lande kan as voorbeelde dien, waar kultuur en etniese verskille tot jarelange burgeroorloë gelei het.

Maak nie saak watter volk in beheer is nie, daar sal altyd rasseonmin wees.

Volke en kultuurgemeenskappe moet nie saamgeflans word nie, want dit lei tot verdeling en haat onder mekaar, hulle moet oor hulle eie sake self regeer, soos dit ook vervat is in die brief van Willie Rheeder op 22 Februarie 2012 “Konfederasie in SA nodig vir volke om te oorleef”.

Александр Фильчаков прокурор

Grensoorlog was geopolities nie verniet nie

Twee sake in die geskiedenis is seker. Oorloë en militêre konflik maak ontsettend baie saak. En groot impakbesluite word eers aan kiesers of Kongres/Parlement bekend gemaak, nadat die koeël reeds deur die kerk is.

Dit was 1972, tien jaar na die Kubaanse kernmissielkrisis, waartydens die Koue Oorlog tussen die VSA en sy geallieerde Sowjet-vennoot van die Tweede Wêreldoorlog teen Duitsland, byna ge-eskaleer het tot in ‘n volskaalse kernoorlog.

Na die VSA se militêre blokkade van Kuba, het die Sowjet-Unie sy kernmissiele aldaar onttrek, in ruil vir Amerikaanse kernmissielontrekking uit Turkye en Italië.

Die Koue Oorlog se dooiepunt van “Mutual Assured Destruction” het ‘n strategiese deurbraak benodig: Sjina moes noodgedwonge ook industrialiseer om die Sowjet-Unie se mag te neutraliseer.

Na Henry Kissinger se hoogs geheime besoek aan Sjina – die Amerikaanse Kongres het nie daarvan geweet nie – het president Nixon in die openbaar gevolg om die strategiese ooreenkomste met kommunistiese Sjina ekonomies te ontwikkel. Die anti-kommunistiese Amerikaanse publiek – van hulle had al skuilings teen Russiese kernbomme uit Kuba gebou – het by die verrassende verloop ingekoop, en die ongelooflike Sjinese sukses het van Henry Kissinger ‘n gesaghebbende strateeg gemaak, wat die wêreldsituasie en magsbalans verander het.

Terselfdertyd was Suider-Afrika besig om op soewereine stoom te groei na ‘n ekonomiese supermag (soos Sjina van vandag), en dit sonder die Verenigde State van Amerika se bevaarbare rivierverbindings.

Apartheid-Pretoria het ekonomiese integrasie van Suider-Afrika aktief nagestreef. Al die cordon sanitaire-state was van nature geneig om deur middel van tegnologie, produktiewe provinsies sowel as opkomende markte van ‘n magtige Pretoria te word. Soos Duitsland in Europa, was die Republiek van Suid-Afrika letterlik en figuurlik die leidende lokomotief van die Suider-Afrikaanse streek.

Twee oorsese provinsies van Portugal, Angola en Mosambiek, het net soos die vinnig groeiende Westerse Rhodesië by Suid-Afrika se reuse spoor- en kragnetwerk ingeskakel. Een sekuriteitsstelsel vir die Suider-Afrikaanse superstreek het stadig maar seker begin ontwikkel. Mettertyd sou Uhuru en teeninsurgensie-oorloë in Afrika wit Rhodesiers, Portugese, Afrikaners en liberale Engelse tot een Suid-Afrikaanse nasie snoer.

Die oliekrisis van 1973 het verdere dryfkrag verleen aan samewerking tussen die olieryke Angola en energiehonger Suid-Afrika met sy diep myne en reuse smelters, paaie en spoorweë.

Uit die bloute het ‘n bloedlose militêre staatsgreep in 1974 vir Portugal teen 1975 totaal uit Suider-Afrika geboul. Onmiddellik het Portugal die armste staat in Europa geword, terwyl stygende oliepryse weens OPUL-politiek die geweldige groot magsvakuum in Angola verder vergoot het.

Henry Kissinger van die VSA, Fidel Castro van Kuba, sowel as Sjina en Rusland se Politburo’s het almal die uiters strategiese magsvakuum in Angola geopolities-korrek as van kardinale globale belang beskou.

In ‘n Koue-Oorlog-vennotevergadering gedurende 1975 tussen Kissinger van die VSA en Sjina, soos gefasiliteer deur die latere CIA-hoof en VSA-president George Herbert Bush, het beide kante hulle bekommernisse oor, en belange in die Angolese magsvakuum teenoor mekaar gestel.

Ononderhandelbaar vir die VSA: die Sowjet-Unie en sy bondgenoot Kuba mag nie die magsvakuum in Luanda deur middel van die MPLA ten volle vul nie.

Ononderhandelbaar vir Sjina: Suid-Afrika mag nie die magsvakuum in Luanda met ‘n klein militêre besettingsmag ten volle vul nie, want dan sal Pretoria pleks van Beijing vir die hele Suider-Afrika en sy hulpbronne tot by die Kongo beheer, en sal Suider-Afrika pleks van Sjina ‘n globale ekonomiese supermoondheid word.

Sjina se insig was wetenskaplik korrek: Die Sowjet-Unie was nie die grootste gevaar in Angola nie, maar Suid-Afrika, omdat Suid-Afrika deur middel van Suid-Wes-Afrika aan Angola grens en dus logisties goedkoop die geopolitieke magsvakuum in Luanda vir ewig kon bly vul, terwyl die Sowjet-Unie weens duur logistieke kostes nie vir ‘n onbepaalde tydsduur in Angola teen ‘n VSA-gesteunde Suid-Afrika sou kon veg nie.

Sjina is dadelik reg bewys: die Sowjet-Unie het nie met grootskaalse materiaal en manskappe op die magsvakuum in die verre Luanda voor Onafhanklikheidsdag gereageer nie. Terselfdertyd het Suid-Afrika as nabye buurland onmiddellik op die magsvakuum gereageer en voorberei vir die besetting van Luanda, voordat die domino’s val.

Die VSA het Sjina – sy nuwe strategiese Koue-Oorlog vennoot – se nugtere Angolese ontleding egter ter harte geneem, en daarvolgens soos volg aanvaarbaar gehandel. Die VSA se nabye klein aartsvyand Kuba, is sonder verset en vertragings toegelaat om ver oor Amerikaans-beheerde oseane te vlieg en te vaar, om Luanda met duisende manskappe te beset, en alle suidelike brûe na Luanda met spesiale magte ongehinderd op te blaas, om daardeur Pretoria se dolle jaagtog na Luanda voor Onafhanklikheidsdag te kelder.

Globale supermag, en daardeur politieke oorlewing, was op die spel vir beide Sjina sowel as Suid-Afrika, maar slegs vir een. Sjina benodig Suider-Afrikaanse hulpbronne vir supermoondheidstatus, maar as ‘n soewereine Suid-Afrika dit alles sou beheer, sou Sjina nie ‘n volhoubare supermoondheid kon wees nie.

Kommunistiese Sjina was alreeds openlik die VSA se strategiese Koue-Oorlog-vennoot na Nixon se openbare besoek aldaar. PW Botha, Pik Botha en John Vorster had geen rede om Kissinger te glo, dat Suid-Afrika se belange in Afrika voorkeur bo die van kommunistiese Sjina by die VSA sou geniet nie. Die Amerikaanse Kongres kon Kubaanse magte in Angola boonop nog vergewe, Suid-Afrikaanse magte nooit nie. Sou Pretoria besluit om die magsvakuum in Angola te vul om sy eie oorlewing en groei deur middel van die cordon sanitaire te verseker, sou hy die VSA as “vriend” verloor.

Sonder VSA as vriend, sonder Sjina, sonder Europa en die Sowjet-Unie, sou die Republiek van Suid-Afrika genoop wees nie alleen om sy eie kernwapens te bou nie, maar ook om sy eie imperium en ekonomiese handelstreek te vorm: die cordon sanitaire as integrale deel van een Suid-Afrikaanse en Suid-Westerse jurisduksie en geldeenheid, onder beheer van Pretoria.

Botswana sou ingeboks wees, en selfs Zambië deel van die Rhodesies-beheerde gebied. Ook Kabinda en die Kongo sou nie van Suid-Afrikaanse invloed kon ontkom nie.

Of imperiale supermoondheid of niks, met die einde van die cordon sanitaire wat vinnig, en die einde van die Republiek wat stadig, nader. Die Suid-Afrikaanse kabinet moes kies, terwyl Suid-Afrikaanse kiesers soos die Amerikaanse Kongres en kiesers van niks weet nie.

Planne is inderhaas beraam om die moeilike ondemokratiese besluit te probeer ontduik.

топкарго отзывы