Wat wil Afrikaners hê?

Die probleemstelling is dat Afrikaners ontnugter is. Vervreem van grond en selfregering. Almal besef nog nie die omvang daarvan nie. Die swaard swaai al deur die nek as gevolg van dreigende grondonteiening, geen Afrikaner skole of universiteite nie, minder werksgeleenthede, verarming, ens. Misdaad staan hoog op die lys en volksmoord heel boaan. Volksmoord is nie net die doodmaak van boere nie. Dit is ook gedwonge integrasie en die ontneming van basiese waardes van Afrikaners.

Onlangs is geskryf hoe blankes in staatshospitale behandel word. Die is realiteit is erger. Ons word sleg behandel deur antagonistiese en onopleibare mense wat veronderstel is om dienste te verrig in alle sektore van die samelewing. Steeds sien ek daagliks hoe Afrikaners die reënboognasie promoveer. Hoe dikwels hoor ons nie die opmerking “ek is positief oor die toekoms van Suid Afrika” nie. Net ʼn imbesiel kan so iets kwytraak. Die ironie is dat normale mense dit sê. Is dit subordinasie of stille diplomasie?

Wat wil Afrikaners hê? Konstitusionele bevryding?

Artikel 235 van die Grondwet van Suid Afrika behandel selfbeskikking en lui soos volg “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning nie van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal” (Suid Afrika (Republiek) Republiek van Suid Afrika Grondwet 1996). Geen kans op selfbeskikking deur sesessie in die konteks nie.

Dalk ʼn Verenigde Nasies opsie?

In die aanhef van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies resolusie 47/135 van 18 Desember 1992 word erkenning verleen aan die regte van minderhede wat behoort tot etniese, religieuse en linguistiese groepe. Dit word ook beklemtoon dat minderhede ʼn integrale deel vorm van die gemeenskap in geheel binne ʼn demokratiese raamwerk gebaseer op ʼn regstelsel en wat bydrae tot die versterking van vriendskap en samewerking tussen mense en state. Die Artikels van resolusie 47/135 beskryf die regte van minderheidsgroepe en is voorskrywend aan owerhede om alles in hul vermoë te doen om die regte te honoreer en te beskerm. In Artikel 8 word die standpunt van die Verenigde Nasies egter duidelik gestel dat die deklarasie nie goedkeuring verleen dat die territoriale integriteit, soewereiniteit en politieke onafhanklikheid van state deur enige aktiwiteit bedreig mag word nie. Die opsie kan net binne die reënboognasie uitgeoefen word. Dus geen vryheid nie.

Wil Afrikaners dalk ʼn geregtelike opsie oorweeg?

In die Internasionale Reg is daar ʼn gebrek aan vertolking oor die presiese betekenis, toepassing en bevoordeeldes van selfbeskikking. Daar is ekstreme uitgangspunte waar selfbeskikking aan die eenkant gesien word as staatlike selfbeskikking waar state funksioneer sonder eksterne inmenging en aan die ander kant is die siening dat selfbeskikking ʼn reg is van enige etniese, linguistiese, religieuse of nasionalistiese groep om af te stig van die hoofstaat. Die reg tot selfbeskikking is in die Internasionale Reg opgeneem en manifesteer in Artikel 1.2 van die Verenigde Nasies Handves as “The purposes of the United Nations are to develop friendly relations among nations based on the respect of the principle of equal rights and the self determination of peoples…” (De Wenne 1996: 6) Die betekenis van die Artikel skep nie noodwendig vir die Afrikaners ʼn eis tot selfbeskikking nie omdat die veronderstelling en beklemtoning geleë is in interne selfbeskikking. Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het in terme van die regte van minderheidsgroepe op 18 Desember 1992 bepaal dat minderheidsgroepe se etniese, godsdienstige en taalregte beskerm moet word. Die primêre funksie vir die beskerming is geleë in die betrokke staatsowerheid soos vervat in Artikel 1 van die resolusie.

Die IGH is inkonsekwent in sy uitsprake waar dit handel oor selfbeskikking. Die positiewe aspek is dat daar juis nie ʼn duidelike regsreël bestaan ten opsigte van selfbeskikking of sesessie as vorm daarvan nie en dit dus potensieel nuut beoordeel sal word sou Afrikaners wel die punt bereik waar selfbeskikking geëis word.

Ekonomiese of kulturele selfbeskikking?

Ekonomiese selfbeskikking is nie ʼn opsie nie. SEB en regstellende aksie kelder dit nog voordat dit begin het. Kulturele selfbeskikking is slegs ʼn opsie binne die raamwerk van interne selfbeskikking. Dan is ons steeds ʼn subordinante groep in die RSA. Praatjies oor stadstate en munisipale selfregering is idealisties.

Wil Afrikaners selfbeskikking verkry?

Aanspraak op selfbeskikking vir die Afrikaner wat internasionaal erken sal word, sal waarskynlik, soos Cassese dit stel as geregverdig beskou word in die volgende omstandighede: “A racial or religious group may attempt secession, a form of external self-determination, when it is apparant that internal self-determination is absolutely beyond reach. Extreme and unremitting persecution and the lack of any reasonable prospect for peaceful change may make secession legitimate. A racial or religious group may secede – thus exercising the most radical form of self-determination – once it is clear that all attempts to achieve internal self-determination have failed or are destined to”.
Vir my lyk dit of daar min vooruitsigte is om selfbeskikking konstitusioneel of deur ʼn regsproses te verkry. Die wêreld moet maar ex post facto kennis geneem van ʼn de facto situasie wat de jure erken sal moet word. In ʼn Afrikaner staat hoef ons nie te veg vir taal en kultuur en ʼn plek in die son nie. Dit sal daar wees. Suid Afrika het in vreemde hande geval na ʼn gewapende stryd oor dekades. Met die uitsondering van een of twee gevalle word alle selfbeskikkingeise gekenmerk deur gewelddadige konflikte. Die oorsaak van geweldadige optrede is of sterk nasionalisme of ekstreme marginalisering.

Afrikaners is homogeen en ʼn duidelik identifiseerbare groep. Die VF+ as politieke party behoort die regering te daag om ʼn referendum te fasiliteer waar Afrikaners hul keuse kan demonstreer. Net een eenvoudige vraag “Steun u ʼn onafhanklike Afrikaner republiek, Ja of Nee”. Dit sal dalk die enigste maatstaf wees om te bepaal wat Afrikaners wil hê.

топкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae